Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Gogga in my swembad

So., 21 November 2004 07:17

Ek moet eerder sê goggas. Ons is nie seker wat dit is nie, my man reken dis
een of ander kokkerot, ek reken dis 'n kriekerige ding. Wat ookal dit is,
die goggas is rofweg dieselfde grote as 'n muis. Ek vermoed as ons vleis
opraak kan ek net so tweetjies in die tuin gaan grawe en die sal ons redelik
goed aan die gang hou vir 'n rukkie.

Die eerste een het verlede jaar sy verskyning gemaak, en ons het deur die
loop van die jaar seker so twee uit die swembad gevis. Ek reken hierdie
jaar donner die weer hulle bietjie op of iets, want elke keer as dit
toegetrek was, of as dit gereën het (en dit gebeur elke aand, al is dit net
twee druppels wat neer spoeg), vis ons minstens 3 van die afskuwelik
gediertes uit die swembad.

Ek wonder of die goggas nie as iets klein begin het, en toe in SASOL of
ISCOR se slykdamme beland het nie. Shame, die arme goed is gemutate...

Groete
Elaine

Ns. Antie, moet asb nie moan oor my spelling nie, dis 9 vm, en ek het nog
nie geslaap nie - ek gaat nie nou spelling check nie :)

Troeteldiere | 16 kommentare

Jake White se probleempie

Vr., 19 November 2004 12:54

Na afloop van die 3-nasies toernooi het Jake White en John Smit met groot
genoegdoening aan die media vertel dat die span die beste is, en dat dit
kwansuis op meriete gekies is. Almal het geweet dat dit 'n infame leuen is.
Nou verloor die manne en wil White die oneffektiewe spelers van kleur
vervang met beter spelers. Maar dit word hom nie toegelaat nie. Slim het sy
baas gevang.
Slim gaan ook sy baas vang indien ons (die wittes) nie effektief beswaar
maak teen die aanstelling van onbevoegde gekleurdes in sekere posisies nie.
'n Mens verdien seker maar jou politieke heersers?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Jake White se probleempie

Vr., 19 November 2004 04:30

"Jonas" skryf

> 'n Mens verdien seker maar jou politieke heersers?

Ja-nee, jong, dis seker maar wat die nie-blankes
gedink het daardie eeue en eeue wat hulle nie in
opstand gekom het teen die onheilige heerskappy
van die witnerwe nie.

Tant Hessie van Riemvasmaak

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Waarom is dit so stil hier?

Do., 18 November 2004 14:42

...julle vaklansie het tog nog nie begin nie...?

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

'n Bietjie SPAM vir julle, maar wees asseblief simpatiek.......

Wo., 17 November 2004 21:02

Ek het 'n webwerf opgestel vir 'n insameling vir 'n liefdadigheidsprojek,
sal julle so gaaf wees om te gaan kyk en te ondersteun as julle kan? Indien
moontlik ook die woord te versprei onder julle e-pos kontakte.

Groete.

--
Francois www.soois.co.za

****

The day will come when, after harnessing space, the
winds, the tides and gravitation, we shall harness
for God the energies of love. And on that day, for
the second time in the history of the world, we
shall have discovered fire.

Pierre Teilhard de Chardin

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Uit " Joernaal van Jorik " deur D.J. OPPERMAN

Wo., 17 November 2004 20:22

Uit "Joernaal van Jorik"

vlakke en beelde skuif deur alles heen

en niks is in sy tyd en stof gesluit

maar alles stroom deur grens en eeu aaneen

Prosa & poësie | 0 kommentare

5 plate wat ek nooit weer wil hoor nie

Wo., 17 November 2004 11:19

Dit sal my beter laat voel as ek dit hier kan noem:

Ebony and Ivory - M Jackson en P McCartney
Wichita Lineman - Glen Campbell
Skarumba - mooi blonde meisie
Jy is my liefling - Min Shaw
En dan enige van die Janet Jackson-agtige toonlose, herhalende liedjies wat
ek nie van mekaar kan onderskei nie, dus gelys as een lied.

K

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Vlaanderen gaat economische banden met Zuid-Afrika aanhalen

Wo., 17 November 2004 09:38

(tijd) - Premier Guy Verhofstadt en de Zuid-Afrikaanse president, Thabo
Mbeki, zijn vast van plan de politieke en militaire samenwerking te
versterken. Gisterenavond is ter afsluiting van het tweedaagse bezoek
van Mbeki een interventieverklaring ondertekend om een gemengde
commissie op te richten. Vlaanderen wil op haar beurt de economische
relaties met Zuid-Afrika aanhalen.

Na een drukke agenda te hebben afgewerkt, met een opvallend lang
onderhoud bij koning Albert II, bood premier Guy Verhofstadt de
Zuid-Afrikaanse president, Thabo Mbeki, gisteravond een officieel diner
aan op het Egmontpaleis. Daar ondertekenden de federale minister van
Buitenlandse Zaken, Karel De Gucht (VLD), en zijn Zuid-Afrikaanse
collega, Nkosazana Dlamini-Zuma, een intentieverklaring om een gemengde
commissie op ministerieel niveau op te richten. In de gezamenlijke
verklaring staat dat België en Zuid-Afrika gezamenlijke standpunten
willen uitwerken over 'global governance', defensie, veiligheidszaken
en ook in het Congo-dossier en heel de regio van de Grote Meren. Er zal
worden onderzocht of een trilaterale samenwerking tussen Zuid-Afrika,
België en Congo in elkaar kan worden gebokst.

De intentie om een gemengde commissie op te richten past in het
voornemen om voortaan op regelmatige en gestructureerde basis politiek
en militair te overleggen. Dat overleg zou niet alleen gaan over
Centraal-Afrika, maar ook over multilaterale en wereldwijde
aangelegenheden. Zo hebben Zuid-Afrika en België wederzijds interesse
in een zitje in de VN-Veiligheidsraad.

Ook de Vlaamse regering liet in een onderhoud met president Mbeki
verstaan de samenwerking voort te willen zetten en te versterken. Ging
het tot dusver uitsluitend over ontwikkelingssamenwerking, dan is het
de bedoeling dat Vlaanderen ook meer economisch gaat samenwerken.
Vlaanderen en Zuid-Afrika hebben daarom twee intentieverklaringen
ondertekend, met name over een samenwerking in de wereld van de KMO's
en in de diamantsector. Mbeki hoopt op Vlaamse steun voor de
Zuid-Afrikaanse informele economie.

Op 24 november komt de Zuid-Afrikaanse minister van Buitenlandse Zaken,
Dlamini Zuma, terug naar ons land, om met de Vlaamse minister van
Buitenlandse Zaken, Geert Bourgeois (N-VA), de krijtlijnen uit te
tekenen voor de samenwerking. Het is de bedoeling de samenwerking meer
toe te spitsen op een beperkt aantal sectoren. Het budget zou rond 5
miljoen euro per jaar blijven draaien. Het wordt volgende week ook
uitkijken of Vlaanderen, samen met Zuid-Afrika, zich wil engageren in
het Congo-dossier, wat tot dusver niet het geval is.

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

SMS, een sent duurder.

Di., 16 November 2004 10:49

In Italië het die (slim) regering besluit om belasting te hef op SMS'e. Die
mense het verlede jaar 27 miljard SMS'e gestuur.

Wens ek kon 'n sent vir elkeen van daai SMS'e kry!

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Ek eet snot as niemand my sien nie.

Di., 16 November 2004 10:02

Ek kom nou net uit 'n vergadering waar die een man ten aanskoue van die hele
tafel gesit en snot eet het. Niemand het eintlik iets daaroor gesê of gedoen
nie...

Hy't nie alleen snot geëet nie, maar ook in sy hare gekrap en, wat ookal hy
daar gevind het, ook in sy mond gedruk.

Smerig!

En nou's dit lunchtyd en my eetlus is weg...

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    341  342  343  344  345  346  347  348  349  350  351  352  353  354  355  356    »]
Tyd nou: Ma. Mrt. 30 09:38:29 UTC 2026