The day will come when, after harnessing space, the
winds, the tides and gravitation, we shall harness
for God the energies of love. And on that day, for
the second time in the history of the world, we
shall have discovered fire.
'n Ou Mark: Langs kalkstrepe op die Plein
staan groen vragmotors, ongeskeerde mans
uit die Pêrel, Wellington en Drakenstein,
Verdruk-my-Nie en van Kleinwolwedans;
Bruinmense met tamaties en kropslaai,
en Grieke koop geelwortels en radyse!
Wie het die appels in papier gedraai?
Hier lê 'n springbok, daar 'n paar patryse.
Hy hoor die karretjie met groot geraas
van wiele en van perdepote om die hoek,
en die Maleier sy vals beueltjie blaas
en skree: " Kabeljou, galjoen en snoek!"
Ek lees vanoggend van 'n gay-ou wat plek by 'n koffiewinkel wou bespreek vir
sy verjaardagparty, maar toe die eienares uitvind dat dit 'n gay-groep gaan
wees, toe stel sy nie meer belang nie. Nou is die ou baie ongelukkig oor
die vrou diskrimineer teenoor hom en sy gay-geid. Hy voel sy mag hom nie
wegwys net omdat hy en sy vriende gay is nie.
Die vraag wat by my opkom is of gay mense nie besef dat baie van hul
optrede en gewoontes vir gewone mense aardig is en hulle ongemaklik laat
voel nie? Hierdie vrou voel dalk dat sy nie in so 'n situasie wil beland
nie, juis omdat sy dit nie kan hanteer nie en daarom eerder die situasie
vermy. Ek sou reken die gay-ou moet eerder dankbaar wees dat sy die
situasie stop voor dit dalk handuit ruk?
Sekere dele van Johannesburg sit nou al vier dae sonder krag. Dit gaan
sommer groot sports wees as die elektrisiteitsprobleem, wat al van 1994 al
erger word, totaal oorneem wanneer die 2010 sokkertoernooi aangebied word:))
--
Groetnis
Annette
Met Ian se niggie van Engeland wat hier is vir 2 maande, en die feit dat ons
nog steeds nie genoeg tyd het om alles te kan sien net hier in die Kaap nie,
weet ek nie of ek moet skaam of teleurgesteld moet voel vir die
reisagentskappe wat toere aanbied, teen 'n groot koste, en mense wat in duur
hotelle bly en hulle half oorhoeks eet, en dan woerts-warts hulle deur die
hele SA in 17 dae.
Gister ontmoet ons 2 dames op so 'n toer by die V&A wat 'n dag van die toer
apart wou wees - ek het maar vir hulle vertel van die Scratch Patch, en om
'n taxi te neem van Seepunt teen sononder na Signal Hill.
Hulle het glo Kirstenbosch besoek, maar het skaars 'n uur gehad om deur die
tuine te hardloop. Dieselfde vir al die toeristeplekke - kyk en ry, al die
pad - en die mense het nie die vaagste benul wat hulle kan sien en leer by
die plekke wat hulle besoek nie.
17 Dae is nie eers genoeg om die Kaap behoorlik te sien nie, wat nog van die
hele SA.
Nog 'n ding wat definitief vinnig in die kiem gesmoor met word, en ek het
dit in die besoekersboeke aangeteken, is dat mense wat privaat toer altyd
vir toergroepe moet opsystaan.
Dit is sommer nonsens.
--
Groetnis
Annette
Goed om te sien dat jy nog hier kuier - of moet ek sê - welkom terug?
Ek deel jou siening mbt die Anti en die lefties. Weet darem nie of jyself in
daardie kategorie val nie. Lefties kan nie baie ouer as dertig wees nie ....
Dis so stil op hierdie ng, mens kan kots daarvan. Waar's julle almal?
Gebeur daar niks in die wêreld wat interessant is nie? Die Bokke kry 'n
ongelooflike drag slae en niemand sê iets nie. Het die resultate van die
VSA verkiesing die klomp linkses se wiele so pap gemaak dat hul bekke so
wragtag stil is?
Planne om pres. Robert Mugabe van Zimbabwe in Kanada weens misdade teen
die mensdom te vervolg, kan Suid-Afrika in 'n erge diplomatieke
verleentheid dompel, meen 'n volkeregkenner.