Lees dat die statistieke wys dat die kans dat 'n blanke vrou se bloed met
Vigs besmet is, 3 kanse uit 'n 100 000 is. Blanke mans is iets soos 9
kanse uit 'n 100 000 en dat die gebruik van swart mense se bloed die kanse
dat jy Vigs daardeur gaan optel dit opstoot na 65 kanse uit 'n 100 000. Sê
mos die heeltyd dat hierdie bloot 'n praktiese probleem is wat niks te doene
het met die politiek of rassisme nie. 'n Dokter het 'n eed gesweer om die
beste vir sy pasiënte te doen en as daai beste beteken net om lae
risiko-bloed te gebruik, dan is dit so.
Boer sê vir Jonas: Ai Jonas, jy werk stadig, jy eet stadig, jy
loop stadig,
is daar iets wat jy vinnig doen??
Jonas sê: Ish ek word vinnig moeg ...
--
Groetnis
Annette
'n Vrind van my se bejaarde moeder is op soek na Vera Lynn se "Somewhere in
France with you" - ek soek al 10 dae en 10 nagte daarna - sonder sukses.
fana...@hotmail.com
Wat gemaak met 'n rekenaarsleutelbord wat met/in Coke gedoop is - behalwe
om dit weg te gooi. Enige skoonmaakwenke sal op prys gestel word.
www.artistdirect.com/nad/store/artist/album/0,,1621443,00.ht ml
Jy kan daar luister ...
... en hier koop:
www.amazon.com/exec/obidos/tg/detail/-/B00000K25A/102-220193 4-6507335?v=glance
Ek kon dit nie in SA opspoor nie, maar probeer gerus een van die meer
spesialis CD winkels ...
Sleutelborde is goedkoop deesdae - "spoil yourself for Christmas" met een
van daai draadlose tipes met al die knoppies - die dinge kan amper selfs
koffie maak, maar sal ook nie van Coke hou nie.
Jy kan probeer oopmaak, met water spoel en goed droogmaak, maar die
suikerwater (Coke) is 'n probleem veral as daar elektronika in die
sleutelbord is wat ook geCoke is. Op die plaas het ons geroeste moere met
Coke losgemaak en opblaas koeie (agv bloekom boom se blare) afgeblaas. Sterk
maar lekker.
"Jonas" skryf in boodskap news:cp8q8g$4kn$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> 'n Vrind van my se bejaarde moeder is op soek na Vera Lynn se "Somewhere in
> France with you" - ek soek al 10 dae en 10 nagte daarna - sonder sukses.
> fana...@hotmail.com
>
> Wat gemaak met 'n rekenaarsleutelbord wat met/in Coke gedoop is - behalwe
> om dit weg te gooi. Enige skoonmaakwenke sal op prys gestel word.
>
Ek sien nou net dat Michael Moore se Fahrenheit 9/11 het die nominasie
van die "People's Choice Awards" gekry as een van Amerika se mees
gewilde flieks van die jaar.
Hoe vreeslik ironies snaaks is dit nie? Veral omdat die People's
Choice gewoonlik 'n baie goeie indikasie is van wat "mainstream"
Amerikaners dink en voel.
Ek haal aan:
"Fahrenheit 9/11" has been nominated by the People's Choice Awards as
the American public's "Favorite Film of the Year." The five nominees
were chosen from a poll of thousands of Americans in mid-to-late
November. The other nominees for best film are "Spiderman 2," "The
Incredibles," "Eternal Sunshine of the Spotless Mind" (with Jim
Carrey), and "Shrek 2." It is the first time ever a documentary has
been nominated for best film by the People's Choice Awards.
The People's Choice Awards are considered, among all the awards shows,
to be the one which most accurately reflects the "mainstream" public
opinion in the United States
Franse polisie het glo bommateriaal geplant in 'n reisiger se bagasie, sodat
die polisiehond dit kon uitsnuffel as as deel van sy opleiding.
Ongelukkig is die bagasie gelaai en polisiemanne het die spoor van die
bagasie verloor voordat die hond by dit kon uitkom, en ongeveer 100 rederye
wat vanaf die hoofgebou van Charles de Gaulle vertek is gewaarsku oor die
"bom" in die niksvermoedende reisiger se bagasie
Beeld-forum:
Peppadew dui die patentregpad aan
Ferdi Greyling
In 'n vorige eeu, toe baie mense anders oor goed gedink het as vandag, het
die Engelse digter Alfred, lord Tennyson (1809-1892) die volgende oor 'n
blom in 'n muur geskryf:
Flower in the crannied wall, I pluck you out of the crannies; Hold you here,
root and all, in my hand, Little flower - but if I could understand What you
are, root and all, and all in all, I should know what God and man is.
Vandag in die 21ste eeu sal Tennyson dalk verwilderd wees as vrae daaroor
gevra word - veral as die blommetjie wat sy romantiese verbeelding so aan
die gang gesit het, 'n mooi enetjie is wat oor die dekades vergete geraak
het en nou die verbeelding van tuiniers aangryp.
Hy sal baie meer vrae kry as waaraan hy kon gedink het.
Prokureurs sal hom byvoorbeeld vra waar hy die blom vir die eerste keer
gesien het en of die muur aan hom behoort. Indien nie, of iemand hom van die
blommetjie vertel het.
Hulle sal met blink oë ook aan hom vra of hy nie dalk self die blommetjie
daar geplant het en of hy nie self (hier gaan hul asems 'n bietjie begin
hyg) die plantjie dalk uit twee ander plante gekruis het nie.
Hy sal gevra word om dokumente te teken en, as hy gelukkig is, sal sy naam
bo-aan die dokumente staan. As hy minder gelukkig is, sal daar bloot staan
hy sedeer alle regte rakende die genoemde blom aan iemand anders, alle eise
uitgesluit.
En uiteindelik sal hy 'n antwoord kry wat vir hom groot insig sal bring,
hoewel nie die soort insig wat hy aanvanklik van die muse gevra het nie.
'n Prokureur (met 'n balju of wat agter hom) sal hom inlig dat hy (of iemand
anders) nou die patentreg op die "flower in the crannied wall" het en dat
niemand dit mag kweek of voortplant sonder om aan hom (of iemand anders)
geld te betaal nie.
En dan sal hy weet dat die mensdom vandag deur geldmaak gedryf word en dat
die rykste mens as die beste mens beskou word.
Dié vreemde hedendaagse denkwyse is onlangs weer geïllustreer deur die
regslawaai oor die rissiepeper wat die naam peppadew gekry het.
'n Plaaslike maatskappy het sogenaamde planttelersregte op die plant
gevestig en net hulle mag dit kweek. As enigiemand dit wil kweek en bemark,
moet hulle dié maatskappy betaal.
Die peppadew se geskiedenis is volgens alle aanduidings nog in verwarring
gehul. Iemand sê hy het dit aan die Kaapse Suidkus raakgesien, gepluk,
ingemaak en agtergekom dit smaak lekker.
Ander mense sê weer hy het die plant en die resep by hêl familie gekry en
beweer nou hulle het dit eerste raakgesien.
Wat ook al die waarheid gaan blyk, die man het dit aan die maatskappy
verkoop wat tans die eienaar is en dié maatskappy het nou die "patentreg van
plante" op die betrokke rissie.
En dit is net waar - na my mening - die vreemdheid geïllustreer word wat ons
siening van die lewe vandag kenmerk.
Iemand het 'n plant raakgesien, die feit iewers gaan registreer en sê nou hy
besit die regte op die plant te kweek en te plant.
In 'n vroeëre, meer godsdienstige dekade sou iemand seker gesê het God besit
daardie regte.
Omgewingsaktiviste sal kan vra wat van die mikrobes in die grond. Hulle doen
seker meer as die eienaars van regte om die plant te laat groei?
Van ver uit die graf hoor 'n mens ook die donderende stem van die Walliese
digter Dylan Thomas wat sê: The force that through the green fuse drives the
flower drives my green age; that blasts the roots of trees Is my destroyer.
And I am dumb to tell the crooked rose My youth is bent by the same wintry
fever...
Wat hy sê, is dat die bruisende kragte van die natuur ons en die blom gemaak
het en dat dit nie as 'n patent deur prokureurs geregistreer kan word in die
naam van iemand wat dit maar net raakgesien het nie.
Maar met genetiese manipulasie gaan dinge vorentoe erger word. Mense
argumenteer reeds dat omdat hulle op genetiese vlak ingegryp het, hulle die
plant wat tot stand kom, geskep het. (Het iemand iets van Frankenstein
gesê?)
Hulle vergeet om te noem dat genetiese ingryping maar dieselfde is as om
plante te kruis, dit word net op kleiner skaal gedoen.
Waar het ons aan die idee gekom dat ons die natuur kan patenteer?
Sou 'n hedendaagse Tennyson dalk geskryf het: Flower in the crannied wall, I
pluck you out of the crannies; Hold you here, root and all, in my hand, and
I cross you with another, root and all. Now I will for a patent call and I
should soon know a sum of money worthy to be called god and all - and then
men will be slaves to me... (hee, hee!).