Ek sal baie bly wees as iemand my kan laat weet of ou kopieë van Vrye Weekblad
nog êrens beskikbaar is. Het sopas Max du Preez se boek "Pale Native" gelees en
ek graag al die ou uitgawes van Vrye Weekblad versamel.
Eerstens, wil ek om verskoning vrae vir my afwesigheid. Ek was op
vakansie in Hartenbos, saam met hordes middelklas afrikaners -
bierpense, snorre en Twincabs.
Maar porkchop: Geseende Kersfees.
Nou dat dit gesê is, kom ons oorweeg die kersverhaal. Kom ons bring
dit meer in 'n hedendaagse konteks, dan sal die historiese meriete
daarvan mos duideliker raak.
Kom ons gestel 'n publieke opsweper genaamd Paulus het 50 jaar gelede
'n boek geskryf oor 'n wonderbaarlike geboorte van die godmens. Die Ma
was 'n maagd (selfs na geboorte), die engele het in kore gesing en wyse
manne het geskenke gebring. 'n Wrede heerser het al die babas
doodgemaak. Of so beweer die boek, geen ander getuienis, argiewe of
boeke kan enige feit beaam nie. Terloops daar is nog nooit hiervan
gehoor voor die boek nie.
Nou dink jy dis nogal snaaks, want al die temas het in ander verhale
voor die een gebeur. Apollo en Achilles het godelike pa's en aardse
ma's gehad, selfs Alexander het uit 'n ongelooflike konsepsie ontstaan.
Dit wil voorkom asof hierdie een van daai 'slapstick' stories is wat al
die voriges kombineer.
Maar daar lê sy sukses, almal vind iets vir sy tradisie om aan vas te
klou. Nou begin 'n dude, Markus, ook skryf. Hy maak die storie mooi
Joods. Lukas skryf vir ons Griekse liggelowiges en Johannes gee die
'Hollywood Touch'. Maar baie ander weergawes verskyn, almal met meer
veskille as ooreenkomste. Soms bly hulle in Bethlehem, soms in
Nazereth. Die engel verskyn soms aan Maria en dan weer aan Josef. Die
kerk het tot die 2de eeu nog geglo Jesus het eers 'n God geword na sy
dood, toe was dit na sy doop, en laastens sommer van geboorte af. Ag,
en vir 'n bonus, kom ons maak die ma ook spesiaal.
Vandag sal mens hierdie goed in die uitvekopingrakkie in die CNA
sien...
Ek is besig om bouplanne te teken vir 'n outjie wat in Engeland werk en sy
geld in grond hier aan die kus belê. Hy werk in London en is 'n ingenieur.
Hy reken die rede hoekom die SA'ers so maklik werk kry is omdat die Engelse
vergeet het wat werk is. Hulle werk op die onderhoud van geboue. As die
temperatuur binne die gebou daal tot onder 21º [ek dink!] dan kan die
werkers maar huistoe gaan. Die ligintensiteit van die ligte in die gebou
het ook 'n sekere spesifikasie en as iets fout kom en die lig daal, dan is
dit huistoe. Hy sê die Engelse kla oral dat hulle te hard werk. Werk wat
hulle kwoteer vir sê 2 ure se arbeid, verander die bestuur in 8 ure se
arbeid en sê dis die standaard daar. Hulle het ook al klagtes van die
werkers se 'union' gehad oor hulle te vinnig werk afhandel en hul
medewerkers gaan kla het.
Ek skryf net weer oor die klug van die lotto. Jisliaak ons word darem
lekker bevark met die Lotto. Eerstens is die lotto daar om die swart volk
te bevoordeel en te verryk en tweedens staan jou ses nommertjies nie 'n kat
se kans om te wen nie, al glo jy hoe hard in jou nommers en al kies jy hulle
nou volgens 'n streng tradisie hulle beteken boggerol WANT die lotto is
gerekenaarniseerd...as jy jou lyntjtie speel word jou lyntjie onmiddelik
geregistreet by Uthingo se rekenaar sentrum waar hulle jou kombinasie
nommers kan sie asook waar jy gespeel het, so 'n ou wat in Constantia speel
dop net daar en dan al sy nommers waar 'n ou in Soweto se kanse
verdriedubbel!
Nou voor die Draw Manager kies watter balletjie en masjien gebruik gaan word
(dit is net so 'n groot fokop want dit gekiesery is ook 'n klug. Hulle kies
die masjien en balletjies redelik vroeg met genoeg tyd om die goed te
dokter) het hulle by Uthingo alreeds alle kombinasies nagaan om te kyk wat
gespeel is en watter nie, so elke keer as die Lotto oor rol dan het hulle 'n
ongespeelde kombinasie die wen nommers gemaak. As iemand wen wees verseker
dit is ou Philemon van Soweto wat weer gewen het!
Die lotto moet afgebreek word tot iets basies....soos Italie se
lotto.......'n klomp eenderse kleur balletjies word in 'n draad hokkie
gegooi wat 'n slinger het wat dan met die hand gespin word na so 'n paar
draaie word dit gestop en 'm klein meisie of seuntjie haal 'n balletjie uit
en die draw manager maak dit oop en haal die wen nommer binne die balletjie
uit. So gaan die proses aan tot all ses balletjies uitgehaal en oop gemaak
is. Geen manier vir crook nie meer kans dat regte geluk aan jou kant is.
So stop om jou geld te mors of gaan koop jou kaartjie in die plakkerskamp.
Met hierdie nuwe poging, geborg deur FNB, genaamd Homecoming Revolution, of
dit enigsins hondhaaraf sal maak, ten spyte van die wortels en die
gepaardgaande monitêre vergoeding?
Sal die xpats hul daaraan steur?
Ek meen nou maar- alles is nog presies dieselfde as die redes hoekom hul die
land verlaat het, nl, hoë misdaad, swak openbare skoolopleiding, swak
provinsiale hospitale, swak maatskaplike ondersteuning, werkloosheid en
korrupsie in groot maat op alle regeringsvlakke.
--
Groetnis
Annette
Jy, heelmaker, opspoorder van verband,
ontleder, agtervolger, agonis,
daag my tot tweespraak, kwalik aangeland
waar sinsbou, klemtoon, ritme anders is.
Ek, wankelaar, my ou houvas verloor,
smekend om redding en maar half bereid
tot nuwe onderhandeling, gee my oor
met klein kramptrekkings van terugwilligheid.
Hoe kan ek, wat voor elke windstoot swig,
jou digtheid balanseer, 'n slypsteen wees,
spitskorrelige weerstand vir jou gees?
Tog: as die dors ons dryf om, en in sig,
toevlug te neem tot die begin, word woord
weer vlees, ontvonk uit friksie oerakkoord.
Een van die interessantste besoekers aan ons kus hierdie jaar was 'n familie
mense wat uit ons land weg is na Australië so 'n drie-vier jaar gelede en
nou weer in ons land kom kuier het. Die aanvanklike indruk wat mens kry is
dat Oz wonderlik is en dit kan net nie beter nie. Werkloosheid in Oz is
blykbaar minder as 2% en as jy nie werk kan kry nie, vul jy net 'n vorm in
en ontvang iets soos 540 dollar per week van die staat af om te oorleef.
As jy later vir werk wil aansoek doen op 'n plek, koop die staat ook vir jou
ordentlike klere [as jy nie het nie] sodat jy reg vir jou aansoek is.
Skoolopvoeding daar is iets om van te droom. Ongeletterdheid bestaan
omtrent nie en as 'n kind in 'n skool inkom wat 'n immigrant is en wat
sukkel met die Engels en die standaard sal hulle maklik 'n spesiale
onderwyser aanstel net vir daardie enkele kind. Al die kinders op skool in
Oz word blykbaar jaarliks getoets vir skolastiese standaard en as 'n kind
nie op standaard is nie, dan subsidieer die staat jou die geld om jou kind
spesiale onderrig te kry sodat hy kan bykom! Niemand in Oz maak eintlik
voorsiening vir hul oudag nie, want dis nie nodig nie....die staat gaan
sorg.
Kan dit beter wees? Julle sal seker nooit weer in ou Suidwes wil om
bly nie? Ons wag net vir die kinders om hul skool te voltooi en teen
daardie tyd sal ons genoeg geld gemaak het om terug te keer Nam toe, is die
verassende antwoord. Maar hoekom? Julle's in Utopia?
Weet self nie eintlik nie, maar maak nie saak wat jy doen in Oz nie, jy
sal nooit werklik in hart en siel 'n Australiër wees nie en sal die Ozzies
jou ook nooit werklik volkome aanvaar nie. Dis nie jóú land nie. Die
vryheid van die ooptes van Namibië bestaan nie daar nie. Alles is
gereguleer en niemand het eers die guts om die spoedbeperkings te oortree
nie, ens, ens. Die laaste tyd voel hulle lusteloos en die dae vloei
inmekaar.
Skielik gaan daar 'n lig by my op. In 'n land soos Oz word prestasie
goed beloon, maar uit die breë vlak van die bevolking, hoeveel kan nou
werklik top-presteer? Uit die breë algemeen seker nie meer as 10% van die
bevolking nie? Vir die res is die lewe so georganiseer dat daar nie
eintlik meer uitdagings oor is in hul alledaagse lewens nie. Hulle hang
maar net en wag dat die lewe omgaan. In Afrika, waar dinge so effe
deurmekaar is, is oorleweing 'n uitdaging elke dag en dis ....OPWINDEND!
Die eerste rededele wat mens leer
vóór drie jaar oud is lewenslank genoeg
om die akuutste nood te formuleer
soos : ek het honger.. hou van jou. is moeg.
Plots uit die soet ontmoeting weggeruk
het hulle 'n nuwe saamkomplek ontdek
om oor en oor, onnosel van geluk,
toereikend te verduidelik : jy en ek.
'n Maand daarna - want tyd bring raad - hanteer
hul moeiteloos die diggeweefde sin,
die voegwoorde van kunstige verweer
soos : daarenteen.. ondanks.. desnietemin.