Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Reis & vakansie » O stille swye, heilige gemors
O stille swye, heilige gemors [boodskap #100894] Do, 06 Januarie 2005 19:24 na volgende boodskap
Booner  is tans af-lyn  Booner
Boodskappe: 18
Geregistreer: Desember 2004
Karma: 0
Junior Lid
Eerstens, wil ek om verskoning vrae vir my afwesigheid. Ek was op
vakansie in Hartenbos, saam met hordes middelklas afrikaners -
bierpense, snorre en Twincabs.
Maar porkchop: Geseende Kersfees.

Nou dat dit gesê is, kom ons oorweeg die kersverhaal. Kom ons bring
dit meer in 'n hedendaagse konteks, dan sal die historiese meriete
daarvan mos duideliker raak.

Kom ons gestel 'n publieke opsweper genaamd Paulus het 50 jaar gelede
'n boek geskryf oor 'n wonderbaarlike geboorte van die godmens. Die Ma
was 'n maagd (selfs na geboorte), die engele het in kore gesing en wyse
manne het geskenke gebring. 'n Wrede heerser het al die babas
doodgemaak. Of so beweer die boek, geen ander getuienis, argiewe of
boeke kan enige feit beaam nie. Terloops daar is nog nooit hiervan
gehoor voor die boek nie.

Nou dink jy dis nogal snaaks, want al die temas het in ander verhale
voor die een gebeur. Apollo en Achilles het godelike pa's en aardse
ma's gehad, selfs Alexander het uit 'n ongelooflike konsepsie ontstaan.
Dit wil voorkom asof hierdie een van daai 'slapstick' stories is wat al
die voriges kombineer.

Maar daar lê sy sukses, almal vind iets vir sy tradisie om aan vas te
klou. Nou begin 'n dude, Markus, ook skryf. Hy maak die storie mooi
Joods. Lukas skryf vir ons Griekse liggelowiges en Johannes gee die
'Hollywood Touch'. Maar baie ander weergawes verskyn, almal met meer
veskille as ooreenkomste. Soms bly hulle in Bethlehem, soms in
Nazereth. Die engel verskyn soms aan Maria en dan weer aan Josef. Die
kerk het tot die 2de eeu nog geglo Jesus het eers 'n God geword na sy
dood, toe was dit na sy doop, en laastens sommer van geboorte af. Ag,
en vir 'n bonus, kom ons maak die ma ook spesiaal.

Vandag sal mens hierdie goed in die uitvekopingrakkie in die CNA
sien...
Re: O stille swye, heilige gemors [boodskap #100902 is 'n antwoord op boodskap #100894] Vr, 07 Januarie 2005 15:51 Na vorige boodskap
PietHein  is tans af-lyn  PietHein
Boodskappe: 64
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
"Booner" schreef in bericht
:

> Eerstens, wil ek om verskoning vrae vir my afwesigheid. Ek was op
> vakansie in Hartenbos, saam met hordes middelklas afrikaners -
> bierpense, snorre en Twincabs.

Hoe seënryk en heerlik is tog hierdie geheimenis van die Afrikaner
kultuur!

> Maar porkchop: Geseende Kersfees.

Insgelyks vir julle! En 'n Voorspoedige Nuwejaar vir almal!

Baie dankie vir die preek dominee:
Ek herken dit van die hollywoodflieks. :))
Ek het sedert my doop as babatjie geen ernstige kerkdiens bygewoon nie.
Hierdie kerk is teenwoordig 'n moskee. :(

Ek het lekker vuurwerk afgeskiet met Oujaar/Nuwejaar. :))

http://www.vuurwerkshow.nl/site/m46-46.wma

--
PietHein
Vorige onderwerp: Kersfeesvrolikheid
Volgende onderwerp: Namib se motorfietse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 16:34:06 MGT 2024