Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Charles en Camilla

Sa., 12 Februarie 2005 16:30

Die troudatum word klaarblyklik na 1 April verander - dit sal meer vanpas
wees.

(Hoe vertaal mens - "non-event"?)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Padongeluk

Vr., 11 Februarie 2005 17:17

Enkele dae gelede is in Kaapstad een Belg verongeluk,syn naam is Patrick Jacobs.
As dit die man is wat ek dink,het hy gewoon in myn gemeente en sou hy daar wyn inkoop vir Delhaize, dit is een voedingsketen in Belgie
Hier het een klein berigt in die koerant gestaan maar niemand kan dit met sekerheid bevestig

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Humorloos

Vr., 11 Februarie 2005 15:52

Toe onse Prez vanoggend praat, toe kon mens agterkom hoe hy die swepie klap.
By die vermelding van Aristide se naam, moes die voorklapper twee klappe
alleen gee voordat die jabroers bygekom het.
Maar toe hy meld hoe ons gaan help om in ZIM 'n vry en regverdige verkiesing
laat gebeur, het niemand gelag of selfs gegiggel nie:))

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Hoe verlig is ek

Do., 10 Februarie 2005 14:01

Ferdinand Mostert is toe skuldig aan moord gevind, en hy sal more gevonnis
word.
Aan die koerante se skrywe was ek bang dat die regter hom gaan vryspreek!:

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Re: Kry die Engelse - charles.jpg (1/1)

Do., 10 Februarie 2005 13:37

Hy look soos 'n gewone rooinek ou balie.........

"Ferdi Greyling" wrote in message
news:soom015karhb49o314j47vu2k7q8bmbcso@4ax.com...

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Kry die Engelse

Do., 10 Februarie 2005 10:07

nou een ekstra publieke vakansiedag op 6 April met Charles se tweede troue?

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Gisteraand

Do., 10 Februarie 2005 04:21

Sweet ek toe behoorlik, en dit was nie net van die hitte nie!.
Daardie SA Engelsman kan 'n krieketbal vreeslik moker!.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Kanada ....

Wo., 09 Februarie 2005 23:11

Steve Hofmeyer raak op 'n onlangse beeldsending van "Kanasie" kwyt dat die
Kanadese so kleurloos en korrek is dat hy nie kan voorsien dat Kanada ooit
'n "ordentlike reeksmoordenaar" sal oplewer nie. Ongeag wat jy van ou Steve
dink - dis voorwaar 'n helder siening.

Darem maar lekker daar onder die ou Skaduboom ...

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Delusies uit vrees

Wo., 09 Februarie 2005 20:00

'n Funksionele Delusie

Toe Friedrich Nietschze aan die begin van die 20ste eeu gesê het: '
God is dood', het dit skokgolwe deur die hele westerse beskawing
gestuur. Niemand kon verstaan hoe iemand 'n 2000 duisend jaar oue
tradisie so botweg kon ignoreer nie. Wat hy eintlik bedoel het was dat
die funksie van georganiseerde geloof in die nabye toekoms sal kwyn.

Wat is die funksie?

Sielkunde leer ons dat die mens se belangrikste behoefde, naas die
biologiese, sekuriteit is. Hy wil veilig en beskermd voel, hy wil in
beheer wees. Ongelukkig is die realiteit dat hy selde is: sy
beoordeling van die werklikheid is dikwels gefaal en sy motiewe (omgeag
hoe suiwer) lei gereeld tot ongewenste resultate. Onsekerheid en gevaar
is dus aan die orde van die dag, neurose die norm. Hoe sal ons die
vrees beveg? Eenvoudig, skep 'n alomteenwoordige, almagtige
ouersfiguur. Hy sal al jou probleme oplos en jou behoed en bewaar -
weg is die kommer. (Inteendeel, dis 'n bevel, jy mag jou nie bekommer
nie!)

Ek dink as Nietschze vandag hier was, sou hy baie teleurgesteld gewees
het in die pas waarteen godsdiens krimp. Die tegnologiese ontploffing
het maar weinig in ons spirituele behoeftes gedoen. Die oorspronklike
dryfvere vir geloof is steeds daar. Die dood is steeds onvermydelik,
die verlies van geliefdes onafwendbaar.

Persoonlik voel ek dat metafisika nie meer 'n plek in moderne
filosofie moet hê nie, dit behoort aan die geskiedenis. Maar vandag is
daar steeds baie wat 'n godsdiens beoefen en in 'n spesifieke
saligmaker glo. Hul tussengangers se name verskil; elkeen se leer
bekragtig dat sy 'God' die enigste is; elkeen het honderde
spesifiek denominasies. Dis duidelik dat die wereld steeds stewig in
die greep van monotheisme is, daar is 'n kerk vir elke klas, vir elke
smaak.

Om my kritiek van godsdiens te lewer sal ek die volgens die 3
oorblywende hooftakke van filosofie orden.

Ontologie

Waar kom alles vandaan? Alles kan tog nie net 'n groot ongeluk gewees
het nie? Algemene vrae, waarvan mense gewoonlik wegstap met
godsdienstige verklarings. Maar wat as alles maar net 'n gelukkige
toeloop van oorsake en gevolge was? Is dit rerig minder waarskynlik as
'n skeppingswerk deur 'n onwaarneembare opperwese?

Hier maak baie mense 'n groot denkfout, kom ons noem dit die
'Lotto- tatta ma chance -fout'.
Jy koop elke Saterdag 'n kaartjie en wen niks nie, maar jy dink nooit
twee keer hieroor nie, jou kanse is so skraal. Dan een Saterdag wen jy!
Wat beteken dit? Wat wil God vir my sê? Wat wil Hy hê moet doen? Jy
dink dis so onwaarskynlik gewees dat dit iets groter moet beteken, dat
Iemand groter se hand daaragter moes wees...

Maar elke Saterdag wen iemand, partykeer meer as een. Die kans is altyd
daar. Jy vergeet dat as die aarde en lewe op hom nie so perfek
geëvoleer het nie, ons nie hier sou wees om die vraag te vra nie!


Epistimologie

Hoe weet ons wat ons weet? Al ooit die argument gehoor: 'As daar dan
nie 'n God is nie, bewys dit'. Ek hoor hom baie. Dis hier wat ons
moet aandag skenk aan geloof se eeue-oue vyand - wetenskap. Wetenskap
is die ander manier om by feite uit te kom. Dis die waardevolste
gereedskap wat ons het om by die objektiewe werklikheid te ervaar.
Wetenskap is wat ons uit die donker eeue uit gekry het, dis wat jou
lewensverwagting verdubbel het en my die brief laat tik. Tog weet
bitter min mense hoe dit werk, wat die reels is.

'n Teorie is net die beste werkende beskrywing wat die meeste
observasies verduidelik. Dit kan nooit finaal bewys word nie, net
teenbewys word. Die onus is op die propogeerder van die teorie om die
nodige bewyse te lewer, Sukses is wanneer jou teorie beter die ervare
werklikheid verklaar (in meer situasies) as die huidige heersende
teorie.

So as ek sê dat daar onsigbare, onhoorbare, onaantasbare feetjies in
my tuin woon, dan is die onus op my om dit te bewys! Dis onmoontlik om
dit teen te bewys. Eenvoudig nê.

Etiek

Godsdienstige mense hou daarvan om mense te rangskik volgens goed, sleg
, heilig en heidin. Dis simplisties om die minste te sê. Byvoorbeeld,
die rigter Gideon, 'n goeie man, 'n man van God; maar was hy nie
boos vir die Amaniete wie se huise hy verbrand en wie se vroue en
kinders hy vermoor het nie? Is Osama bin Laden nie 'n rigter vir
Islamiete nie? Etiek is nie veronderstel om relatief te wees nie, ons
bly in groot gemeenskappe met 'n onderlinge kontrak: ' Jy mag enige
iets doen solank jy nie skade aan iemand anders rig of hom sy vryheid
ontneem nie'. Weereens eenvoudig, sonder gebooie, sonder
geloofsoorloe en kruistogte...


Die psigiatriese definisie van delusies is:'valse denke waarin die
draer onoortuigbaar glo, sonder enige stawende bewyse', klink nogal
bekend nê.
Ten slotte, ek is nie naief genoeg om te dink dat geloof nie nodig is
nie. Vir miljoene gee dit 'n doel om te lewe en 'n riglyn om
volgens op te tree. Maar omdat dit nodig is beteken dit nie dat daar
nie beter alternatiewe is nie. Rationele mense oral, hoop op 'n beter
wyser more, sonder die verdeeldheid, emosionele waansinnigheid en
manipulasie wat geloof veroorsaak.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Laerskool Mikro, Kuilsrivier

Wo., 09 Februarie 2005 13:45

Ek gaan om de dood nie daardie ander snaar in Engels vertel wat oor 'n
Afrikaanse saak gaan nie.
Hier is die feite soos ek dit sien.
1) Laerskool Mikro is 'n Afrikaanse medium skool.
2) Op die eerste skooldag daag daar toe 23 ouerpare op wat aandring dat hul
kinders in Engels geskool moet word.
3) Daar is 'n dubbelmediumskool binne loopafstand van Mikro.
4) Twee ouerpare het besluit om hul telge na die ander skool te neem.
5) Die kinders is voorlopig in 'n klas geplaas, en 'n onderwyseres gee vir
hul klas in Engels.
6) Sy het 'n verklaring gemaak, wat in die hof voorgelees is, wat verklaar
dat 80% van hierdie kinders se huistaal Afrikaans is, en dat hul glad nie
verstaan wat sy hulle in Engels onderrig nie.

7) My mening - 23 pare ouers, wat heelwaarskynlik teen betaling toelaat dat
hulle 'n politieke speelbal word.
Hulle kon al verlede jaar met die skoolhoof in aanraking gekom het, en hy
sou hulle vertel het dis 'n Afrikaans-medium skool. Nou word die skool
gedwing deur die ouers, en met indryping en blatante ondersteuning van
Cameron Dugmore, om skielik op openingsdag 'n klaskamer en 'n Engelse
leerkrag te organiseer. Hoeveel enkeltalige Engelse, Zoeloe, Xhosa en Sotho
skole is daar nie wat nie aan sulke blatante politieke speletjies onderwerp
word nie.

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1838): [ «    324  325  326  327  328  329  330  331  332  333  334  335  336  337  338  339    »]
Tyd nou: Do. Apr. 24 19:11:03 UTC 2025