Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nou kla hulle !!!!

Sa., 19 Maart 2005 04:54

Die vraag is, hoe 'kan 'n mens 'n verraaier ooit weer vertrou? Die
meeste mense wat kamstig so hard veg vir Afrikaans, is almal mense wat
"JA" gestem het in die referendum. Meer as eenmiljoen sogenaamde
Afrikaners het gesê:"Asseblief tog mnr De Klerk, gee vir ons 'n Nuwe
Suid-Afrika. 'n Nuwe Suid-Afrika waar daar 250 000 mense binne die
eerste 10 jaar vermoor kan word. 'n Nuwe Suid-Afrika waar daar binne
die eerste 10 jaar ca 1 700 boere op hul plase vermoor kan word. 'n
Nuwe Suid-Afrika waar duisende bejaardes verkrag, gemartel en vermink
kan word. 'n Nuwe Suid-Afrika waarin God se Naam uit die parlement
geskop kan word. 'n Nuwe Suid-Afrika waar Afrikaans geen plek het
nie. 'n Nuwe Suid-Afrika waarin bedrog en diefstal alle wêreldrekords
kan oortref. Asseblieftog mnr F.W. de Klerk, GEE VIR ONS 'N NUWE
SUID-AFRIKA!!!"

Hierdie Ja-broers het nou die Nuwe Suid-Afrika op 'n skinkbord
ontvang. Gratis en verniet. En nou kla almal steen en been. Moenie
sê u kon dit nie voorsien nie. Toe Jaap Marais al hierdie euwels 35
jaar gelede voorspel het, is hy uitgejou, met tamaties en eiers gegooi
en verneder. Hy is uitgelag. Nou lag ek vir die Ja-broers wat kla.
- Jy moenie nou kla, jou stem was dan ja. -

Amen.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Rehoboth-moord [vervolg]

Vr., 18 Maart 2005 15:04

Die seun van die vermoorde Erasmus-egpaar is in hegtenis geneem oor die
moordenaar glo reken die seun het hom gekontrakteer om sy ouers te vermoor.
Die polisie het die seun in hegtenis geneem.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Rugby

Vr., 18 Maart 2005 10:27

Wat was die lekkings in vanoggend se Super12 wedstryde?
Ek moes in 'n ry iewers gaan staan, en het dit gemis.
Vroegoggend na 7's gekyk in Hong Kong . ons span het ver gewen teen Paraguy
, wat die eerste keer deelneem.
Daar is 'n hardloper in ons 7's span met die van Stick, wat nogal vinnig is.

--
Groetnis
Annette

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

Alan Hendrickse

Do., 17 Maart 2005 04:12

Hy is gister dood aan 'n hartaanval op die PE lughawe.
Hy het bekend geword as die leier van die Arbeidersparty van die
driekamerparlement.

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Afrikaans

Wo., 16 Maart 2005 23:00

I was born in South Africa and emigrated to Canada in 1995 at the age of
seven. My Dad's side of the family were Boers but I wasn't taught much
Afrikaans at home and didn't retain what little I picked up.

I would love to learn how to speak Afrikaans, mostly because I am
planning on moving back after I finish my Law degree (I'm graduating
from High School this year and start pre law next September).

If anyone in this group would consider tutoring me, or recommending a
good book or other resources I'd appreciate it.

Thank you for your time.

Ian

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 6 kommentare

Musica se musiek download website

Wo., 16 Maart 2005 22:11

Het iemand dit al gebruik?

Musiek & liriek | 2 kommentare

Thirsty's

Wo., 16 Maart 2005 14:48

Hi Didi - bestaan die ou plekkie nog - die plan is om so einde April/Mei die
"last outpost" te besoek.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Dan die Groot Vegter

Di., 15 Maart 2005 20:17

Vir Afrikaans neem toe mos vanaand aan FlinkDink deel, en daar weet die man
nie op watse sender RSG uitgesaai word nie....

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Sing in Afrikaans

Di., 15 Maart 2005 12:52

Baie mense soek na 'n webblad met afrikaanse midi's.

Hier is een ...

www.midiboer.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

34 South

Di., 15 Maart 2005 06:48

Gisteraand sien ek toe my naam op die skerm in 'n teater.
Njannies - dis ekke daai.
Die film is 34 South - dit was nogal beter as wat ek verwag het, en gaan oor
ons kleulingjongmense veral wat 'n identiteitsprobleem het aangaande of
hulle Afrikane is of nie.
Die musiek, hoewel oorspronklik, gepas, en innoverend, het ek egter te hard
en versteurend gevind - maar ek vermoed die fliek is op 'n jonger mark
gerig, waar harde musiek so nodig is as suurstof.

--
Groetnis
Annette

TV, flieks & vermaak | 5 kommentare

Bladsye (1835): [ «    316  317  318  319  320  321  322  323  324  325  326  327  328  329  330  331    »]
Tyd nou: Wo. Jun. 10 05:37:26 UTC 2026