Is die revolusie op hande?
___________________________________________________________
Dan Roodt
Miskien klink ek dié week onnodig alarmisties, maar gebeure oor die
afgelope paar dae het my onder die indruk gebring dat 'n revolusionêre
klimaat tans besig is om in die land pos te vat.
In die eerste plaas het daar 'n histeriese ideologiese aanval vanaf 'n
groep akademici op Stellenbosch - dieselfde groep wat vir Braam Fischer
se eredoktoraat verantwoordelik was - teen my losgebars. Hulle poog om
my te verhoed om op 12 Maart by die Woordfees op die kampus oor my
boeke te praat omdat ek kwansuis 'n "rassis" sou wees wat in 'n
Engelstalige stuk op die internet "haatspraak" sou verkondig het. Die
naam van die artikel is Adapt and die, en behandel bloot ons
misdaadprobleem, asook die rol wat jong swart mans daarin speel. In die
VSA sou dit geen wenkbrou laat lig het nie.
Sulke histeriese heksejagte op openbare figure soos skrywers of
politici is tipies van onstabiele samelewings soos wat Europa in die
twintiger- en dertigerjare tydens die opkoms van sowel Nazisme as
Bolsjewisme was. Tydens enige revolusie raak ideologiese suiwerheid van
wesentlike belang omdat alle mededingende denkrigtings of sienswyses
teenoor dié van die revolusionêre uitgeskakel moet word.
Ten tweede is daar die huidige betogings van swart studente op kampusse
byna oral in die land. Ek was nog nie self by dié betogings om die
"temperatuur te meet" nie, maar van die slagspreuke wat daar geskree
is, klink uiters radikaal. Op die Mamelodi-kampus van die Pretoriase
Universiteit is daar onder andere gejou: "kill all the whites,
Afrikaans and English", asook "revolution is the only solution".
In die ou dae sou daar seker intelligensiedienste gewees het wat dié
soort dinge monitor. Blykbaar is die gemiddelde kwalifikasie van iemand
by ons intelligensiedienste deesdae 'n persoon met graad tien of
standerd agt in die ou taal. Ons kan dus nie veel vanuit daardie oord
verwag nie.
Die studenteorganisasie wat tans in die nuus is, PASMA (Pan-African
Students Movement of Azania), fassineer my nogal. Blykbaar is dit in
die Kaap gestig en op hul webwerf wat deur die Kaapse Technikon geborg
word, kom mens die volgende interessante leesstof teë:
"PASMA word gelei deur die beginsel van Pan-Afrikanisme, wat die totale
bevryding en vereniging van al die mense in Afrika en in die buiteland
onder wetenskaplike sosialisme beteken. Dié Pan-Afrikanisme word gelei
en is gewortel in, die filosofie van Marxisme-Leninisme (dialektiese
materialisme, wetenskaplike sosialisme en proletariese
internasionalisme) wat die totale bevryding van die hele mensdom deur
die werkersklasrevolusie en die totstandbring en skepping van 'n
klasselose maatskappy beteken."
Ná die stel van sy beginsels, gaan die organisasie voort om sy metodes
te verduidelik, wat die "opleiding" van lojale partylede ("kaders")
behels: "Om net 'n ingeskrewe lid van PASMA te wees, is nie genoeg om
as 'n egte en lojale kader te kwalifiseer nie. Ingeskrewe lede moet
eers opleiding ondergaan sodat hulle as egte en lojale lede van die
party of organisasie kan kwalifiseer. 'n Egte en lojale lid van PASMA
woon die organisasie se vergaderings en byeenkomste by en moet aan elke
opdrag gehoorsaam wees, sonder uitsondering, tensy sodanige
uitsondering aan omstandighede buite sy/haar beheer toegeskryf kan
word. Die organisasie kom eerste. Die opleiding behoort te verseker dat
hierdie houding die kultuur van die organisasie word; lede behoort
PASMA te ken, dit is, sy ideologie, doelwitte, beleid, beginsels en
program en in staat wees om dit met selfvertroue en helderheid te
artikuleer..."
Moontlik gaan dit hier oor studentepret, moontlik nie. PASMA mag
vasbeslote wees om 'n revolusie te begin. Die manier waarop groot
betogings oor die afgelope paar dae landwyd op kampusse uitgeslaan het,
toon dat die PASMA oor organisasie en "egte en lojale kaders" beskik.
Hierdie soort manifestasie van massabewegings interesseer my geweldig,
en ek sal nou verduidedlik waarom. In November 2001 het ek die
sogenaamde "Nasionale Konferensie teen Rassisme" in Sandton bygewoon.
Waarskynlik was daar net twintig blankes in die hele saal, te midde van
750 swartes: een en almal lid van die swart elite wat tans die land
regeer. Telkens as sprekers anti-blanke uitsprake gemaak het, is hulle
met krete van genoegdoening begroet. Tydens die teepouse het ek in
niemand minder nie as Antjie Krog vasgeloop. "Die swart elite maak my
bang," het sy aan my gefluister.
Ná die konferensie was daar sprake dat blankes hulself in die openbaar
moes verneder deur vir apartheid om verskoning te vra by groot
massabyeenkomste. Hierdie plan het my baie onrustig gestem, want oral
waar groot skares opgeruide mense om politieke redes bymekaar kom,
bestaan die potensiaal vir geweld en selfs revolusie, veral in Afrika.
Oral op die kontinent speel jongmense 'n groot rol in die revolusies en
rebellebewegings wat soveel regerings al tot 'n val gebring het. Die
leier van die radikale anti-blanke jeugfaksie wat die blanke Franse
verlede jaar uit die Ivoorkus laat sit het en die krag agter Laurent
Gbagbo se bewind verteenwoordig, is Charles Blé Goudé, die nasionale
studenteleier! Hy sorg vir die skares; hy organiseer die geweld, die
aanvalle en sluipmoorde.
Ons moet ook onthou dat die jeug onder swartes vanweë hul hoë
geboortesyfer ongeveer 40% van die bevolking verteenwoordig, anders as
by blankes waar hulle maar 20% is. Die jeug in Afrika verteenwoordig so
te sê die meerderheid. Daarom is hulle by uitstek die revolusionêre
klas.
Tot dusver was die ANC se revolusie iets wat van bo af gedryf is deur
'n ouerige elite wat eintlik deur F.W. de Klerk "aangestel" is, in dié
sin dat hy en sy amptenare die omstandighede geskep het wat eintlik net
tot een logiese resultaat sou lei: 'n bewindsoorname deur die ANC. Tien
jaar gelede het die gemiddelde swart persoon in Suid-Afrika weinig van
revolusie of "transformasie" verstaan. Maar danksy beheer oor die
massamedia, veral radio en TV wat ook grotendeels aan die ANC in 1994
oorgedra is, is die "opvoedingswerk" sedertdien gedoen. Vandag is die
massa meer as ooit oortuig dat daar groot onreg aan hom gepleeg is en
dat die blankes behoort te boet.
Een van die beste boeke oor massabewegings en skares is dié deur Elias
Canetti met die titel Massen und Macht (Massas en mag). Vir 'n
revolusie om aan die gang te kom, moet daar eers groot skares mense
saamdrom, simbole van die ou orde (soos universiteite, standbeelde,
geboue) moet afgebreek of verkieslik afgebrand word. Canetti bestee 'n
hele hoofstuk aan die rol en aantrekkingskrag van vuur vir die
gepeupel.
Die saad vir revolusie in Suid-Afrika is gesaai, in die vorm van
versugtinge na grootskaalse verandering en transformasie, tesame met
anti-wit gevoelens. Al wat nou kortkom, is die massa-element. Die
huidige gebeure op die kampusse het vir seker die potensiaal, indien
dit wyer uitkring, om die massabeweging aan die gang te kry wat tot
revolusie sal lei. Nie die elite-gedrewe ideologiese revolusie wat ons
tot dusver gesien het nie, maar 'n regte egte revolusie met bestanddele
soos geweld, plundering, vuur en waarskynlik bloed.
Een van my gunsteling politieke denkers is Alexis de Tocqueville. As
Franse aristokraat moes hy die ondergang van sy eie stand tydens die
Franse Revolusie omtrent sestig jaar na die tyd probeer verstaan. Sy
opstel L'ancien régime et la révolution (Die ancien regime en die
revolusie) verteenwoordig steeds die beste ontleding van revolusie wat
daar is. Die groot punt wat Tocqueville oor revolusies maak, is dat
hulle juis plaasvind wanneer die massas se lewensomstandighede
verbeter, veral in tye van ekonomiese voorspoed en groter sosiale
mobiliteit. Voorspoed wek die aptyt vir groter rykdom of bates wat net
deur revolusie bekom kan word
Dink daaraan: die winkels in dié land was nog nooit so vol nie. Daar
was nog nooit soveel opwaartse sosiale mobiliteit vir middelklas- en
veral jong swartes nie. Juis daarom is die potensiaal vir revolusie
tans groter as ooit. Sandton City of Menlynpark se winkelsentrums moet
vir die armes in die plakkerskampe lyk soos Kersvader se slee wat verby
sweef; soveel dinge om net te kan vat sodra die teken daar is.
Ek sou sê dat al wat nodig is vir 'n revolusie soos in die Ivoorkus,
Zimbabwe of watter Afrikaland ook al, om hier plaas te vind, is een
groot, woedende skare van omtrent tien tot twintigduisend mense wat op
loop begin gaan. In Soweto in 1976 het ons 'n polisie- en weermag gehad
wat iets beteken het. Hulle sou so 'n skare kon stuit, met geweld as
dit moet. Ons het dit nie meer nie. Al wat tussen ons en 'n revolusie
staan, is die privaat veiligheidsdienste.
Hoe goed is hulle opgelei? Hoe lojaal is hul werknemers teenoor die
sosiale stand (of ras) wie se besittings hulle moet beskerm?
Moontlik is dit vrae wat binnekort beantwoord gaan word...
Vir wat moet ons toeskouers geld mors. en die span tyd mors om met/teen
Zimbabwe te speel?
Moet hulle nie maar ondervinding opbou om aan ons provinsiale reeks deel te
neem nie?
--
Groetnis
Annette
"... "She asserts that when plaintiff 'delivered' his sperm, it was a gift -
an absolute and irrevocable transfer of title to property from a donor to a
donee," the decision said. "There was no agreement that the original deposit
would be returned upon request." ..."
Daar is 'n artikel oor die plek in vandag se Argus.
Jannie en Christa se vertoning na KKNK daar word genoem.
Kontakbesonderhede: 0823235538
Web-bladsy - www.langverwagt.co.za
Die prentjie van die teaterstoele lyk snoes en luuks.
Die artikel se ook 80 - 100 toeskouers per vertoning.
Die hoenderhok lyk na 'n ou skuur, en staan glo langs 'n 200jaar oud
eikeboom.
Kaartjies vir vertonings kos R88, wat 'n ligte ete en wyn insluit.
Kan iemand dit vertaal soos in vergelyking met Hasie-grappies..........
Well, Kenny the rooster costs a lot of money, but the farmer decides he'd be
worth it. So, he buys Kenny.
The farmer takes Kenny home and sets him down in the barnyard, first, giving
the rooster a pep talk.
"I want you to pace yourself now. You've got a lot of chickens to service
here, and you cost me a lot of money. Consequently, I'll need you to do a
good job. So, take your time and have some fun," the farmer said, with a
chuckle.
Kenny seemed to understand, so the farmer pointed toward the hen house and
Kenny took off like a shot.
WHAM!- Kenny nails every hen in the hen house - three or four times, and the
farmer is mega-impressed. But it doesn't stop there...
Straight after that the farmer hears a commotion in the duck pen, sure
enough, Kenny the Stud-Rooster is in there.
Later, the farmer sees Kenny after a flock of geese, down by the lake.
Once again - WHAM! He bonks the honk outta all those geese. By sunset he sees
that rabid sex maniac rooster out in the fields quelling quail and
phraternising with pheasants.
The farmer is distraught; concerned that his expensive rooster is gonna
sensually short circuit himself. Sure enough, the farmer goes to bed and
wakes up the next day, to find Kenny on his back, stone cold in the middle
of the yard. Vultures are circling overhead.
The farmer, saddened by the loss of such a vigorous and expensive performer,
shakes his head and says, "Oh, Kenny, I told you to pace yourself. I tried
to get you to slow down, now look what you've done to yourself."
Kenny opens one eye, nods toward the vultures circling in the sky and says,
"Shhh, they're getting closer".
Bababeer gaan by die trappe af en sit in sy klein stoeltjie by die tafel, en hy kyk na sy klein papbordjie.. "Wie't my pappies geëet?, vra hy in 'n huilerige stemmetjie".
Pappabeer kom by die tafel aan en sit in sy groot stoel. Hy kyk na sy groot papbord, en ook die is leeg. "Wie de duiwel het my pap geëet vra hy in 'n bulderende stem.
Mammabeer se kop verskyn in die luik tussen die kombuis en die eetkamer. Haar gesig lyk soos 'n hoëveldse donderstorm. "Genugtig, hoeveel keer moet ons met julle idiote deur hierdie proses gaan?" "Dit was Mammabeer wat eerste opgestaan het. Dit was Mammabeer wat almal in die huis wakker gemaak het. Dit was Mammabeer wat die koffie gemaak het.
Dit was Mammabeer wat die skottelgoedwasser na gisteraand skoongemaak en alles weggepak hat.
Dit was Mammabeer wat in die koue uitgegaan het om die koerant te gaan haal.
Dit was Mammabeer wat die tafel gedek het.
Dit was Mammabeer wat die blerrie kat laat uitgaan en sy sandboks skoongemaak het.
Dit was Mammabeer wat die kat en die papegaai kos gegee en versorg het.
En dit was Mammabeer wat die sitkamer aan die kant moes maak na julle TV-kykery gisteraand."
"En nou dat julle uiteindelik besluit het om julle flenter-beergatte ondertoe te sleep en Mammabeer se kombuis met julle befoeterde teenwoordigheid te kom vereer, moet julle nou mooi luister, en goed luister, want ek gaan dit nie weer se nie: