Bababeer gaan by die trappe af en sit in sy klein stoeltjie by die tafel, en hy kyk na sy klein papbordjie.. "Wie't my pappies geëet?, vra hy in 'n huilerige stemmetjie".
Pappabeer kom by die tafel aan en sit in sy groot stoel. Hy kyk na sy groot papbord, en ook die is leeg. "Wie de duiwel het my pap geëet vra hy in 'n bulderende stem.
Mammabeer se kop verskyn in die luik tussen die kombuis en die eetkamer. Haar gesig lyk soos 'n hoëveldse donderstorm. "Genugtig, hoeveel keer moet ons met julle idiote deur hierdie proses gaan?" "Dit was Mammabeer wat eerste opgestaan het. Dit was Mammabeer wat almal in die huis wakker gemaak het. Dit was Mammabeer wat die koffie gemaak het.
Dit was Mammabeer wat die skottelgoedwasser na gisteraand skoongemaak en alles weggepak hat.
Dit was Mammabeer wat in die koue uitgegaan het om die koerant te gaan haal.
Dit was Mammabeer wat die tafel gedek het.
Dit was Mammabeer wat die blerrie kat laat uitgaan en sy sandboks skoongemaak het.
Dit was Mammabeer wat die kat en die papegaai kos gegee en versorg het.
En dit was Mammabeer wat die sitkamer aan die kant moes maak na julle TV-kykery gisteraand."
"En nou dat julle uiteindelik besluit het om julle flenter-beergatte ondertoe te sleep en Mammabeer se kombuis met julle befoeterde teenwoordigheid te kom vereer, moet julle nou mooi luister, en goed luister, want ek gaan dit nie weer se nie:
In celebration of a decade of democracy and the ten year commemoration of
the Truth and Reconciliation Commission as well as 150 years of existence of
the city of Tshwane (Pretoria), the University of Pretoria will host an Arts
and Reconciliation Festival and Conference. The aim of this event is to
redefine and emphasize the role that music, drama, films and the visual arts
play in South Africa, as well as in many other countries, to bring down the
walls of racial, political, socio-economic and cultural divisions and to
help build bridges towards healing and reconciliation.
Nobel prize laureates, Archbishop Emeritus Desmond Tutu and former President
FW de Klerk will act as patrons of this initiative. Archbishop Tutu will
present a key-note lecture and FW de Klerk will deliver the closing address.
The programme consists of a number of activities: academic tracks, practical
workshops and master classes, lunch-hour entertainment, evening concerts, a
drama and film festival, as well as numerous exhibitions. Stories and
experiences from all over the world are brought together in the programme -
from South Africa and other African countries, the USA, England, Scotland,
Northern Ireland, Israel and Palestine, Iran and Iraq and the Holocaust in
Nazi Germany. Themes that will be explored are conflict, guilt, justice,
forgiveness, healing and reconciliation. The role that the arts play in the
prevention of and the fight against HIV/Aids will also be underlined'
In the lunch-hour concerts as well as in the evenings there will be music
and drama performances, film shows and poetry readings. At the opening
ceremony on the evening of Monday 14 March, Michael Moerane's famous My
Country will be performed as well as works from Beethoven and Saint-Saëns.
During the rest of the week the evening programme will include the
following:
* Contemporary South African Films - Amandla, Red Dust and Forgiveness
* Piano and Chamber Music by Jewish Composers who escaped from Nazi Germany
* An open air performance "'n Afrikaner Waarheids- en Versoeningskommissie"
* A contemporary South African rendition of Händel's Messiah (Die
Messias -Die Jirre se seun")
* A Fusion of African and Classical Music
* A Jazz and local Festival
* Photographic exhibition, "Fatherhood" (UNICEF)
* Prominent South African artists will exhibit artworks in which the theme
of reconciliation is explored.
View the website for the detailed programme and to register for this
festival: www.thediplomat.co.za/artsrecon
Registration fees
Full conference package - R950
Day delegates - R400
Student conference package - R300
Opening ceremony and concert - R60
Workshops per afternoon - R30
Drama and Music Concerts - R30
Lunch-hour concerts, Film Track and Art exhibition - Free
Picture: Yes
Submitted by Marga Hofmeyr and Janetje vd Merwe
PR Company: The Diplomat Events Office
Telephone Number: 012 344 3131
Cellphone Number: 082 883 1293
Client's name: Arts and Reconciliation Organising Committee, University of
Pretoria
Website: http://www.thediplomat.co.za/artsrecon
Hoe werk die nuusgroep? Hieronder haal deel van ek 'n post aan, gedateer 3
Feb 2005, wat nog steeds beskikbaar is om te lees:
"Dinsdagmiddae net ná ses was dit Haas Das. Dit onthou ek.
En Donderdae was dit World at War. En Saterdae Columbo. En
Sondagaande was die kerk leeg, want dan het ons saam met Jacques
Cousteau die wêreld onder die see verken."
Maar dan is daar boodskappe wat gepost is onder die hoof "mamma in matriek"
gedateer 19 maart wat alreeds
die boodskap vertoon:
Message is no longer available on the server
Outlook Express is unable to retrieve the requested message because the
server no longer has the message available.
Geagte Lede,
Ek het `n Politieke besprekinsgroep oopgemaak te Yahoo.
Indien U sou belangstel stuur slegs `n lee boodskap aan:
PolitiekSA...@yahoogroups.com
Ons sal iewers die belange van SA moet begin bespreek en aan die gang kom.
Dit kan wraggies nie so aangaan nie.
Laat weet maar die ander Boere wie sou belangstel om saam te gesels. Ons soek def. nie rugreiers daar nie.
Lyk my die grootste skeeuers vir die reg van mense om gehoor te word, is nou
net so daarteen.
Ons praat van muh Yvonne Malan wat die grootste voorskreeuer was vir die
ere-doktorsgraad vir Bram Fischer, maar nou word daar geëis dat alhoewel Dan
Roodt 'n uitnodiging as spreker na die Woordfees ontvang het, dat sy
uitnodiging terug getrek word of dat hy die kampus verbied word.
Lees dat daar nou op Litnet 'n bespreking is oor die saak onder: Waar moet
die pleister geplak word?
Ek sou sê op almal wat hulle 'n gat in die kop laat praat om hulle nie die
geleentheid te gee om hul eie mening omtrent die boks te vorm nie.
Ek lees 'n baie interessante storie gisteraand oor 'n ou wat reken hy's
totaal teen die terugbring van die doodstraf. Hy sê as sy moordenaar
gehang word, dan sal hy, wat die slagoffer is, niks daarvan weet nie en ook
nie gepla wees daaroor nie. So waarom die doodstraf dan? Wat hy eerder
wil hê is die reg om homself te verdedig teen sy potensiële moordenaar deur
hom dood te skiet. Dat hy nie die misdadiger gemaak word net omdat hy
homself teen 'n oortreder op sy eiendom verdedig het nie. Hy reken jy sal
hierdie geweld net stop as die potensiële slagoffers harde teikens word ipv
die sagte teikens wat hulle nou is. Dat die publiek huleself bewapen en
paraat met hul vuurwapens raak. As 'n dief weet as hy by 'n ou se huis
inbreek is die kans dat hy die lewe gaan verlaat, groot is, sal hulle nie
meer so maklik inbreek nie. Géén mens doen iets waar hy weet hy aan die
kortste ent gaan trek nie.
In kort, die slagoffers moet minder slagoffer raak.....
Daar's filosowe in die voorry!
En op paviljoene brand hulle vir bewys van vrye wil
-- Ferdi Greyling
Hoekom kyk mense na rugby of krieket of enige ander spansport? Vir mense wat
nie weet nie, kan 'n paviljoen vol rugby-ondersteuners lyk na 'n
emosie-gedryfde spul barbare wat bar gil om groepwraak -- 'n siening soms
onderstreep deur hul kleredrag (of gebrek daaraan).
Wat dink 'n mens van iemand wat sy gesig blou verf, horings op sy kop dra,
bier gedrink het en hees bulder dat 'n soort geweld nóú gepleeg moet word.
Maar diep onder alles kyk ons eintlik om baie filosofiese redes rugby (of
krieket). En 'n mens praat hier nie van die dun omie met die kravat wat stil
eenkant met heimwee sit en glimlag nie. Hy is maar net 'n
Sharks-ondersteuner wat die werklikheid in die oë moes kyk.
'n Mens praat hier van die res van die gekke. Dié met horings, rooi hoede en
verspotte strepe op hul lyf.
Dit is eintlik alles 'n obsessie met ons desperate geloof in vrye wil en die
argument begin ver terug, by die astronoom Stephen Hawking van Cambridge.
Hawking argumenteer iewers in 'n artikel dat ons voorspelbare wesens in 'n
voorspelbare universum is.
Hy sê dit lyk of die wette van fisika soos ons dit ken in alle plekke en
alle tye dieselfde is.
Dit beteken byvoorbeeld swaartekrag word hier in Suid-Afrika, in Engeland en
op die maan dieselfde gemeet en vandag dieselfde as laas week. Ons kan dus
aanvaar dit sal volgende week op Mars ook dieselfde meet.
Kortom, een plus een is nie net op die aarde twee nie, maar ook op 'n ander
planeet in 'n ander sonnestelsel.
Hawking sê voorts 'n mens kan ook aanvaar dat ons as mense van atome
aanmekaargesit is. Ons is dus net sulke tasbare dinge soos honde wat
hardloop of klippe wat grond toe val.
Die derde been van die argument is dat die fisieke wêreld (gebou van atome)
voorspelbaar is aan die hand van die wette van die fisika. 'n Mens kan
vooruit voorspel waar 'n kanonkoeël gaan val as jy sy gewig ken, weet hoe
vinnig en teen watter hoek hy die kanonloop verlaat en so meer. Dieselfde
geld materie op atomiese en selfs subatomiese vlak.
Gooi die drie saam, sê Hawking, en 'n mens staan voor die onvermydelike
gevolgtrekking dat ons atomiese boustene ook voorspel kan word. En dat die
kombinasie daarvan (ons) ook voorspel kan word.
Dit is te ingewikkeld om werklik te voorspel wat jou vrou gaan doen as jy
haar met 'n duur sjokoladekoek sou gooi waarop 'n Valentynsboodskap geskryf
is, maar teoreties is ons voorspelbaar.
Aan die ander kant glo ons aan vrye wil. Maar as die lewe om ons die gevolg
is van al die mense wat skielik doen soos hulle wil, dan is daar nie
voorspelbaarheid nie (en die wette van fisika werk mos alle tye en plekke en
ons is mos gemaak van materie).
Hawking sê die idee van vrye wil is misplaas, maar goed vir ons. Dit maak
ons moreel. Hy reken ons het dit deur evolusie opgetel.
Ander mense sê terwyl die wêreld om ons tot groot mate voorspelbaar is, is
alles dalk nie tot die laaste letter voorspelbaar nie. Met ander woorde die
WP géén 'n drie druk, maar hoe jy daarop gaan reageer, is in jou beheer.
So 'n konstruksie los in beginsel 'n gaping vir die individu. Miskien, net
miskien, kan 'n mens iets wat gebeur ook net 'n bietjie beïnvloed?
Miskien gebeur die groot dinge onafwendbaar, maar vul ons baie irrelevante
detail tussendeur in. Detail wat niks aan die groot dinge verander nie, maar
ons belangrik of goed laat voel.
Dis hier waar die rugby inkom. Rugby is nie net 'n spel nie. Dis die konflik
van lewe deur reëls en beperkinge gereduseer tot die punt dat 'n mens die
sentrale dinamieke van die lewe helderder kan sien. (As ek dit nie mis het
nie, was dit die legendariese Springbok Boy Louw wat gesê het elke toets
moet eintlik 0-0 eindig, maar omdat ons as mense feilbaar is en foute maak,
word daar punte aangeteken.)
Dus: Elke rugbywedstryd moet eintlik voorspelbaar wees en elke wedstryd
ontvou grootliks aan die hand van onvermydelikhede (sterk voorspelers,
bewerige heelagter, struktuur van die spel, ensovoorts) maar elke nou en dan
systap iemand onverwags na 'n ander kant toe, vang die hele onvermydelikheid
oorhoops en hardloop deur.
Dit is wanneer die skare so bulder. Hulle juig vir iets wat hulle as 'n
uitdrukking van vrye wil in 'n konteks van onvermydelikheid sien. Altyd
hoopvol daarop, sit hulle by die duisende Saterdag en hulle kyk na die
patrone van die onvermydelikheid wat voor hulle uitspeel. Wagtende op die
teenstrydigheid, op 'n uiting (bewys?) van vrye wil.