Waarom fokus Pieter Dirk-Uys na 10 jaar steeds op die persoonlikhede van die
vorige regime? Is dit vanweë 'n gebrek aan vindingrykheid of is dit bloot
weens 'n gebrek aan politieke "manmoedigheid"?
Vat as voorbeeld die vise-President. Hy roem hom op 5 vrouens - maar kan nie
vir hulle sorg nie.
Duikbote wat ten duurste aangekoop word, en dan per vragskip hierheen
ge-abba word.
'n Minister van Sport wat aankondig dat regstellende aksies voorrang bo
oorwinning sal geld. Atletiek spanne en andere sal, volgens hom, nie op
meriete gekies word nie. (Is hy so dom om te dink dat verloorspanne sal
bydrae tot rasseharmonie?)
Mens kan voortgaan om voorbeelde aan te haal wat op 'n daaglikse grondslag
op 'n skinkbord aangeloop word.
Maar - wat is vir jou die snaakste? Lewer 'n bydrae. Of, is dit eintlik nie
snaaks nie, maar baie tragies?
(Miskien kan iemand dan die voorstelle aan liewe Pieter gee. Miskien sal
Ferdietjiekie die rol wil vertolk ...)
Jy kan in scene twee op kom as armsalige Jonas wat ingesluk is deur die
swart walvis!
"Jonas" skryf in boodskap news:d07dkn$8gc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Waarom fokus Pieter Dirk-Uys na 10 jaar steeds op die persoonlikhede van die
> vorige regime? Is dit vanweë 'n gebrek aan vindingrykheid of is dit bloot
> weens 'n gebrek aan politieke "manmoedigheid"?
> Vat as voorbeeld die vise-President. Hy roem hom op 5 vrouens - maar kan nie
> vir hulle sorg nie.
> Duikbote wat ten duurste aangekoop word, en dan per vragskip hierheen
> ge-abba word.
> 'n Minister van Sport wat aankondig dat regstellende aksies voorrang bo
> oorwinning sal geld. Atletiek spanne en andere sal, volgens hom, nie op
> meriete gekies word nie. (Is hy so dom om te dink dat verloorspanne sal
> bydrae tot rasseharmonie?)
> Mens kan voortgaan om voorbeelde aan te haal wat op 'n daaglikse grondslag
> op 'n skinkbord aangeloop word.
> Maar - wat is vir jou die snaakste? Lewer 'n bydrae. Of, is dit eintlik nie
> snaaks nie, maar baie tragies?
>
> (Miskien kan iemand dan die voorstelle aan liewe Pieter gee. Miskien sal
> Ferdietjiekie die rol wil vertolk ...)
>
Die departement van waterwese gaan die watersuiweringswerke in
Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, opgradeer nadat drinkwater wat met
ontlasting besmet was, vermoedelik veroorsaak het dat sowat 1 450 mense in
Mpumalanga en Gauteng onlangs deur 'n maagepidemie platgetrek is.
Volgens mnr. Paul Britz, direkteur van distriksgesondheid, was daar 'n skerp
styging in die voorkoms van diarree onder inwoners nadat die chlorineerder
by die suiweringswerke in die laaste week van Januarie oor 'n naweek onklaar
geraak het.
Die chloor was glo op en dit is eers die Maandag besef.
Een van die watermonsters wat getoets is, het besmetting met ontlasting
getoon, maar 'n paar ander monsters was skoon.
Luidens 'n voorlopige verslag deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare
Siektes (Nios) het 1 342 mense in Mpumalanga sedert 22 Ja nuarie en 110 in
Gauteng sedert 25 Februarie siek geword. Die simptome was waterige diarree,
braking en maagkrampe.
Stoelgangmonsters het verskeie patogene bevat, insluitend rotavirus,
Shigella (veroorsaak disenterie) en E.coli.
Dokters en epidemoloë het glo aan die owerhede gesê hulle vermoed daar was
net 'n buitengewone styging in 'n oordraagbare maagvirus of -organisme, maar
die departement het eerder veilig gespeel en begin met ekstra chlorinering.
Die riviere waaruit die water kom vir die Bronkhorstspruit-reservoir is met
ontlasting besoedel.
Volgens Britz is tenks waarheen water van die suiweringswerke aangery word,
behoorlik skoongemaak.
Die water is vir 'n tweede keer in die tenks gechlorineer en die tenks wat
nie bedek was nie, is van deksels voorsien.
Daar is intussen ook met gesondheidsvoorligting in die gemeenskap begin.
Gaan mos nou per vragskip afgelewer word.
Volgens die koerant is dit omdat die 90 bemanningslede wat 2 jaar in
Duitsland opleiding ontvang het ( saamgestel streng volgens die
bevolkingsamestelling) nie in staat is om dit op eie stoom hier te kry nie.
Volgens 'n politikus vanoggend, omdat al die ander bote glo so afgelewer is.
Feit is, is dat die fregatte wat so afgelewer was net leë doppe was, en eers
hier toegerus is. Die duikbote is ten volle toegerus, en heeltemal in staat
om op eie stoom hier te kom met 'n opgeleide bemanning.....
Wonder net hoe lank neem dit om 90 bemanningslede op te lei, as twee jaar in
die vreemde nie genoeg is nie...
--
Groetnis
Annette
'n Kanker is besig om Afrika te eet en ons gewone mense is eintlik nie eers
bewus daarvan nie want ons word nie direk geraak nie. Ongeag van wat met
die politiek gebeur het in die verlede, daar was deur die jare 'n
staatspensioenfonds opgebou deur bydrae van werkende mense en wat bestuur
word namens die Staat vir die gewone burgers van die land. Weens die
omvang van die bedrae geld betrokke, is hierdie nie 'n taak wat sommer sê
aangepak kan word nie. Ongelukkig, weens regstellende aksie, het meeste
van die mense met die kundigheid en die ervaring, die pad gevat
privaatsektor toe want bevordering en hul toekoms by die staatsdiens het
donker geword. Dit het mense in beheer gelos sonder die nodige
ondervinding. Duer die jare is reeds moerse bedrae geld verloor op wilde
skemas waarin entrepeneurs die bestuurders van hierdie fonds oortuig het om
in hul skema te belê....tot nadeel van die delers van die pensioenfonds
natuurlik! Amper sonder uitsondering spring hierdie entrepeneurs uit en
bou firmas op wat skrik vir niks. Die direkteure word magtige salrisse
betaal en ry groot Benze en X5's, dra Armani en volstruisleerskoene. So 'n
paar jaar later verder, is die hele spul bankrot en die Fonds sit met 'n
groot verlies.
Laas week het die franchise houers van Nando's in Windhoek sy gat gesien
en het die fonds sowat R14 miljoen verloor. Die fotos in die koerant van
die toestand van hul uitlate in Windhoek was so erg dat enigiemand wat
daarna nog Nando's koop, moet sy kop laat lees. Sowat van vuil is lanklaas
gesien en op die persele is nooit onderhoed gedoen nie. Dis natuurlik
onregverdig om ander Nando's uitlate te tipeer volgens hierdie fiasko, maar
so 'n beeld by kleef.
Daar word mos nou gestry deur patoloë of die arme siel dood was voordat hy
vir die leeus gegooi was.
Wat maak dit nou saak, die saak is mos nie of dit moord was omdat hy in die
leeuhok gegooi was nie ?
Iewers moet daar tog 'n wet en straf wees vir die wat 'n lyk wil vernietig
sodat daar geen spoor van is nie?
--
Groetnis
Annette
MOET mos waai een van die dae want sy 3 termyne is verby en nou word almal
laat weet dat die man die plekke gaan besoek en enigiemand wat graag wil
bydra tot sy hêppie aftrede is welkom om vir hom geskenke te gee. Dis nou
bo en behalwe die feit dat hy sy aftreesalaris en byvoordele lewenslank gaan
kry plus 'n moerse pensioen, ens, ens. Die bedelaarskultuur in ons land
strek diep. Staatsdepartemente vind dit niks snaaks om briewe aan kliënte
uit te stuur waarin hulle versoek word om skenkings te maak vir die
Krismispartytjie vir die personeel nie.