Na aanleiding van die storie oor die spul motorfietsryers wat die Namib so
kom omdolwe het, is die nuus nou dat ons plaaslike mense nou in opstand
gekom het teen hierdie spul. Die bikers reken hulle bring groot geld na
die land toe met hul toere, maar gee die feit dat jy betaal om in 'n toilet
te gaan, jou die reg om op die vloer te kak? Stywe boetes is ingestel en
areas is beperk om die euwel aan bande te lê. Oortreders wat gevang word,
se voertuie kan in die regte omstandighede gekonfiskeer word en
gemeenskapsdiens is dalk die voorland.
Eintlik moet mens iemand soos Simon Fourie dankie sê dat hy ons betyds
kom wakker maak het vir die toekoms! Weet net nie wat ons met al die
fietse gaan maak nie en ook wat die ouens se werk in die RSA gaan sê as 'n
ou eers drie maande in Namibië moet bly om sy straf af te handel nie? Daar
is ook sprake dat van regeringskant samewerking gekry kan word om die
toerorganiseerders te kan vasvat, die skade bepaal kan word en die die grens
vir uitgang uit die land vir die hele toer te sluit, die skade vas te stel
en dan die mense te laat bly totdat die hele skuld vereffen is....minus hul
toerusting natuurlik.
Die Bulls storm voort en speel wonderlike rugby. Die Stormers ploeter
voort en bly hoop hul opponente sal vir hulle punte maak want hulleself kan
dit nie doen nie, die Haai word elke keer geslag en die Katte kak sommer
vanself. En volgende jaar. Die 5de streek 100+ punte teen hulle? Ek
hoor nou dat die Bulls en die Cats bymekaar gegooi gaan word om vir die
Oos-Kaap 'n streek te gee. Dit maak nogal streeks-sin, alhoewel dit 'n
finansiële verlies vir beide die bonde gaan beteken.
Iemand vertel my gister van die 5 "liefdestale" nl, aanraking, geskenke,
dade, woorde van bemoediging (words of affirmation) en kwaliteit-tyd.
Waarop dit neerkom is: vir elkeen van ons is één van die 5 goed meer
belangrik as die ander. As jou partner met jou "praat" in JOU liefdestaal,
voel jy geliefd. As hy/sy met jou praat in een van die ander 4 tale, dan is
dit ook goed/nice, maar jy voel nie spesifiek vreeslik geliefd nie.
En wat dan tipies in 'n verhouding gebeur, is dat jy met jou partner praat
in JOU liefdestaal en nie in sy/haar liefdestaal nie en vice versa. Jy hou
bv van geskenke en jou partner hou van dade, so nou oorval jy hom/haar met
geskenke en hy/sy wil graag dinge vir jou doen, terwyl jy eintlik geskenke
wil hê en hy/sy die dade en nie een van julle twee kan verstaan waarom jul
beker van geluk nie oorloop nie!
Die bottom line is dus dat julle moet uitvind wat jou 'n jou geliefde se
liefdestale is en dit kan jul doen deur die vraelys op dié website in te
vul.
President Robert Mugabe's regime has directed national parks officials
to kill animals in state-owned conservation areas to feed hungry rural
peasants - a move that could wipe out what remains of Zimbabwe's
impalas, kudus, giraffes, elephants and other species.
The directive is a major blow to efforts by conservationists to try to
rehabilitate the wildlife sector which was devastated after Mugabe
ordered his supporters to invade and confiscate white-owned farms in
2000.
The chaotic farm invasions saw party militants storming into
conservation areas - both private and state-owned - to slaughter
animals.
Unscrupulous South African hunters also joined in the looting, paying
hefty kickbacks to politicians to go into conservation areas and shoot
lions, leopards and cheetahs for trophies.
My vriendin uit P.E. skryf vir my die boere in S.A. saai hulle
koringkorrels en soja in die winter, in die droë seisoen, as daar min
reen is.
Ek vra me eie af waarom? Waarom moet hulle saai as die grond bykans
geen water het nie? Hier in Vlaandere moet die boere nie wag vir die
droë jaargety om te saai nie want ons het hier steeds reen. En
saaigoed het tog water nodig om te skiet, nè?
Is dalk enigiemand hier wat weet hoekom?
Het julle dit gesien op Special Assignment vanaand? Skokkend as jy daaraan
dink dat iemand sy ouer(s) net so los om te krepeer en deur ander uitgebuit
te word op hulle oudag.
Dit skrei ten hemele.
So, hoor nou die goeie raad, gratis en verniet : vergeet van jou fancy kar,
jou paleis van 'n huis, jou oorsese vakansies, jou eksotiese minaar/ resse.
Wees met minder tevrede EN SIT 'N PAAR RAND WEG vir jou oudag. Die staat,
jou kinders, jou broer/ suster/ oom of tannie gaan jou nie help nie.
Inteendeel. Lees 'n bietjie rond - net 6 tot 8% van Suid-Afrikaners kan
eendag bekostig om af te tree. Wil jy 'n skrale moontlikheid hê om 'n
TV-ster te word in jou oudag? Ignoreer dan hierdie boodskap.
Testikels afgesny toe dokter glo fout maak
Alet Rademeyer
"Oom, ek voel soos 'n groot aap. Ons het die verkeerde operasie op jou uitgevoer, ons het nooit na jou lêer gekyk nie."
Dít was na bewering die woorde van 'n dokter aan 'n bejaarde man van Volksrust in Mpumalanga nadat dié 72-jarige man se testikels pleks van sy prostaat tydens 'n operasie in die Pretoriase Akademiese Hospitaal verwyder is.
Die man het 'n klag ingedien by die Raad op Gesondheidsberoepe, wat moontlike onprofessionele gedrag ondersoek teen die Pretoriase dokter wat die operasie in 2002 gedoen het.
Weens die "sensitiewe" aard van die saak het dr. P.J. Barnard, voorsitter van die raad se tugkomitee, gister in Pretoria gelas dat die identiteit van die man sowel as dié van die betrokke twee dokters nie in die media bekend gemaak word nie.
Die verhoor van die dokters is saamgevoeg en albei ontken skuld.
In sy klagbrief voer die man aan 'n foutiewe operasie is op hom uitgevoer en dat die verwydering van sy testikels nie die operasie was waaroor hy ingelig en voorbereid op was nie.
Luidens die brief het 'n dokter - nié die dokter wat die operasie uitgevoer het nie - ná die operasie glo aan hom gesê die verkeerde operasie is uitgevoer.
Die dokter wat die operasie gedoen het, word onder meer daarvan aangekla dat hy prof. S. Reif, wat die pasiënt vir 'n prostaatverwydering verwys het, nie gekonsulteer het toe onduidelikheid ontstaan het oor watter operasie uitgevoer moes word nie.
Die man het gister in kruisondervraging gesê die dokter het wel net voor die operasie aan hom verduidelik wat die verwydering van sy testikels sou behels en wat die newe-effekte sou wees. Hy was in daardie stadium tevrede met die dokter se verduideliking dat dit 'n nuwe tegniek is om eers die testikels te verwyder en daarna ook die prostaat indien 'n verbetering nie intree nie.
Dit was eers ná die operasie dat hy weer daaroor gaan dink het en besluit het om 'n klag in te dien.
In sy klagbrief meld hy dat hy emosionele probleme sowel as warm gloede ondervind ná die testikeloperasie.
"Ek is ook humeurig en het sowat 10 kg opgetel," het hy gesê.
Die verhoor duur voort.
Hier het julle wat te kyk - dese slimkop doen ALLES op sy rekenaar.
Daar is honderde afbeeldings, baie is so pragtig, my vrou het vir
onse binnestoep 2 groot formaat posters bestel. Hulle hang nou daar in
in lysie agter glas. Ons geniet dit deurlopend!
Meneer "Olynale" is 'n Fransman - (sy egte naam is Gilles Tran)