Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

As die vrouwe vegte

Do., 19 Mei 2005 15:27

As die wyfies vegte geniet die manne...

http://www.thesun.co.uk/article/0,,2-2005230117,00.html

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nog oor ingevoerde goed

Do., 19 Mei 2005 09:26

Voorbeeld. Begin April bestel my dogter by CD Warehouse The Band se
Greatest Hits. Hulle plaas die bestelling, sê dit sal R160 kos en
hulle sal haar bel as dit kom.
In Mei in daar nog niks raak sy gatvol en vra my om op die internet te
kyk.
Kry die CD natuurlik by Amazon teen 7,99 dollar. Omtrent R50. Bestel
dit. Betaal so R30 posgeld en vanoggend R19 belasting by die
Poskantoor.

Van CD Warehouse en sy R160 se bestelling is daar nog geen tyding nie.

Om self van oorsee in te voer, is male sonder tal vir die verbruikers
goedkoper en vinniger.

Iemand moet bietjie wakker word.

Ruil, koop & verkoop | 45 kommentare

" Winternag " deur EUGENE MARAIS

Do., 19 Mei 2005 02:54

WINTERNAG
Eugene Marais

O koud is die windjie
en skraal.
En blink in die dof-lig
en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
lê die velde in sterlig en skade.
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.

O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van 'n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk' grashalm se vou
blink 'n druppel van dou,
en vinnig verbleek dit
tot ryp in die kou!

WINTER'S NIGHT (Translated by Guy Butler)
---------
O Cold is the slight wind
and sere.
And gleaming in dim light
and bare,
as vast as the mercy of God,
lie the plains in starlight and shade.
And high on the ridges,
among the burnt patches,
the seed grass is stirring
like beckoning fingers.

O tune grief-laden
on the east wind's pulse,
like the song of a maiden
whose lover proves false.
In each grass blade's fold
a dew drop gleams bold,
but quickly it bleaches
to frost in the cold!

Prosa & poësie | 3 kommentare

Rex Trueform

Wo., 18 Mei 2005 21:12

Ja dis reg.
Rex Trueform se lewe is gered. Een van die Wereld se groetste BEE groepe het dit in die hande gekry.
Ons hoor die nuwe naam gaan miskien Boi Bigbum wees.
Ek dink die eerste ding wat die nuwe swaart baase sal doen is vir al die boeretjies in die maatskappy 'n sjambok pak gee en dan hulle uit skop met 'n groet skop in die gat.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Eiendom verkoop op internet.

Wo., 18 Mei 2005 15:38

Waar is die maklikste plek op die internet om (liefs gratis) jou huis te
koop aan te bied?

Is daar 'n mark in SA om op internet eiendom te verkoop? Hierdie is nie 'n
huis wat mens vir die buitelanders wil adverteer nie.

Ruil, koop & verkoop | 6 kommentare

Vermaak in Nederland

Wo., 18 Mei 2005 14:03

Hoeveel is die gemiddelde Nederlander bereid om te betaal vir vermaak?
Ek weet hulle betaal sommer baie vir blomme.
Sal etniese dansers met grasrompies, veerbene, tromme, ens wat 'n vertoning
lewer aftrek kry?
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Internetbankbedrog

Wo., 18 Mei 2005 14:01

Alweer.
Glo grootskaals, en die keer is die beginpunt FNB.

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Wie gaan

Wo., 18 Mei 2005 07:28

Die Super12 wenners wees?
--
Groetnis
Annette

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

Rex Trueform

Wo., 18 Mei 2005 06:57

Ek hoor vanoggend dat die fabriek nou oorgeneem word deur 'n BEE groep....
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Swart komedie

Wo., 18 Mei 2005 06:30

Het julle gelees Sondag van die lyk wat op pad graf toe uit die kis geval
het toe die bodem van die kis meegegee het?
Ek kan nie bepaal waaroor die familie die meeste ontsteld is nie - oor die
kis se bodem wat met krammetjies geheg was, ipv vasgespyker, of oor die lyk
wat kaal was toe dit uitval nie.
--
Groetnis
Annette

Humor & grappe | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    299  300  301  302  303  304  305  306  307  308  309  310  311  312  313  314    »]
Tyd nou: Do. Mei 14 07:07:09 UTC 2026