familielyne en grafte; Wo., 04 September 2019 10:55
Pieterse-lyn: Rhenosterhoek, Olifantspoort, Nooitgedacht Rustenburg Distrik. Baie grafte van Pieterse families is in die distrik van Boons tot Magaliesburg/Rustenburg R24 pad.
Enige familielede hier vanaf daardie omgewing. My naam Ria Pieterse (getroud Pieterse). Afstammelinge van Frederik Jacobus Pieterse van Rhenosterhoek-omgewing. Hy en sy vrou is begrawe op Rustenburg. Sy ouers is begrawe op 'n deel van Rhenosterhoek.
Piet haat sy vrou se kat en besluit op 'n dag om ontslae te raak van die kat.
Hy vat die kat en ry so 2 km ver en smyt hom uit die kar uit.
Toe hy by die huis kom, wag die kat vir hom.
Weer laai hy die kat in sy kar en ry so 5 km weg en smyt hom weer uit.
Hy kom by die huis en hier wag die kat weer vir hom.
Hy laai die kat weer in en ry 'n helse ent, draai links, draai regs, dan 'n ent terug, dan weer links en regs vir kilometers en gooi uiteindelik die kat weer uit.
Na 'n ruk bel Piet sy vrou en vra of die kat by die huis is.
"Ja," sê sy. "Hoekom vra jy?"
Piet antwoord:
"Gee die foon vir die kat. Ek het in my peetjie in verdwaal!"
Meraai sê vir Gatiep:
"Djy moenie dink djy sal by die hemel se hek kan ingaan as djou asem so na drank stink nie!"
Gatiep:
"Dja Meraai, djy hou djou baaaie slim né.
Maar daar is ‘n technical point van hemel toe gaan wat djy nie van weetie.
My asem ganie saamie, ek blaas hom mos hier yt!"
Op sy aandrang is Koos se vrou en skoonma saam met hom op 'n jagtog in die Kalahari.
Die eerste nag maak sy vrou hom paniekbevange wakker.
"Mammie is weg!"
Koos vat sy geweer en met sy vrou agterna stap hy die donker in. Nie ver van die kamp af nie gewaar hulle sy skoonma, rug teen die boom met 'n leeu wat vir haar staan en gluur.
"Ag jittetjie tog!" gil Koos se vrou.
"Wat gaan ons nou doen?"
"Niks nie!" sê Koos kalm.
"Daai leeu het homself in die gemors gekry, hy kan homself daar uitkry!"
Sif die meel en sout saam en maak dit klam met 'n bietjie water (vryf tot groot krummels).
Verhit die melk en botter in 'n kastrol.
Verlaag hitte sodra dit begin kook en voeg die mengsel by.
Prut vir 5 tot 10 minute tot gaar, maar roer aanhoudend want melk brand gou.
Bedien warm met kaneelsuiker.
Kaneelsuiker:
Meng 60ml suiker en 10ml fyn kaneel.
Ek is opsoek na informasie van die Seabornes; Vr., 26 Julie 2019 13:24
Hi julle
Ek is opsoek na informasie oor die Seabornes. Ek het my familie getrek tot by 1867, maar kom nie verder nie.
Ek het die volgende, ek begin met my pa:
Ronald Edward Francis Seaborne - 1962
Alfred Edward Francis Seaborne - 1932-1986
Alfred William Seaborne - 1905-1979
Edward William Seaborne - 1867-1931
Ek het geen informasie oor die laasgenoemde se ouers nie.
Kan enige iemand dalk help?
"Skattie, het jy al ooit ‘n opgefrommelde R20-noot gesien?" vra die vrou.
"Nee," sê haar man.
Sy haal 'n R20-noot tussen haar borste uit.
"Skattie, het jy al ooit 'n opgefrommelde R50-noot gesien?" vra vroulief.
"Uh, nee," sê hy so 'n bietjie meer nuuskierig.
Sy gee hom weer so ‘n stoute knipoog en steek verleidelik haar hande voor by haar panty in en trek 'n gefrommelde R50-noot uit.
"Sê my. het jy al ooit R300,000-noot opgefrommel gesien?"
"Nee," sê hy nou regtig al erg opgewonde!!!
"Wel, gaan kyk dan in die garage..."