Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Omgeruil
Omgeruil [boodskap #127748] So, 15 September 2019 07:10
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Ná tien jaar kom die ma agter dat hul oudste kind nie soos sy jonger sussie lyk nie en gaan doen 'n DNS-toets om sekerheid te kry! Tot haar skok wys die toetse dat nie sy, of haar man aan die kind bloedverwant is nie!

Vrou aan haar man:
"Weet jy dat Kosie nie ons kind is nie?"

Koos gelykmatig:
"Ja!"

Vrou rasend van ontsteltenis:
"Goeie hemel, jy’t geweet, maar hoe het dit gebeur?"

Man:
"Onthou jy, voor ons die hospitaal verlaat het het die baba sy doek vuil gemaak en toe sê jy, gaan ruil hom om!"
Vorige onderwerp: Studieskuld
Volgende onderwerp: Eet jou pampoen!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 12:39:04 MGT 2024