Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Hoe Die Wind Bekly

Do., 28 Julie 2005 02:55

Whhoooo, Whhoooo, Whhoooo
My maag word styf, my arme sak
Toe hoer ek die woestende wind
Whhoooo, Whoooo, Whoooo

Dis 'n wind wat wai tussen blomme
Dis 'n wind wat waai in die veld
Maar ek stann stok stil onder die maan
En die karkibos word al groote en groote

Whhoooo, Whoooo, Whoooo
Amper soos die ou uil wat toot
Whhoooo, Whoooo, Whoooo
Ek word nou lus vir ou dinge

Whhoooo, Whoooo, Whoooo
O hoe ek verlang vir ou dinge
Whhoooo, Whoooo, Whoooo
My jurre wat sal ek maak

Uitgetrek uit Frik Blignaut se Groot Swart Boek. Dit was geskryf in 1881 toe hy op pad na Ventersdorp was.

I reckon this one will curl your bloody toes!

Prosa & poësie | 0 kommentare

Tweede vraag aan Ferdietjiekie

Wo., 27 Julie 2005 23:01

Jy't maar swak gevaar met die eerste vraag - en, het jy hulp gekry. (Met
hierdie tweede ene word hulp wel toegelaat.)

Bloot dit - Ferdietjiekie - waarom dra moffies snorre?

(Jy mag wel van "vloekwoorde" in jou antwoord gebruikmaak....)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Jislaaik

Wo., 27 Julie 2005 14:45

Is Jislaaik 'n unieke Afrikaanse woord?

Ek sien die Wordweb Dictionary 3.02 gee Jislaaik = Expression of surprised
admiration! Wordweb is 'n gratis Engelse woordeboek wat na installering op
die taskbar sit om maklik jou spelling te tjsek. Jy kan bv 'n woord in
enige window highlight en op die WW ikon kliek om vir jou die woord op te
soek

http://wordweb.info/.

Afrikaans, ons taal | 1 kommentaar

Die Da Vinci Kode...

Wo., 27 Julie 2005 14:28

...is dit heeltemal pure fiksie of steek daar 'n tikkie waarheid in?

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Harry Potter

Wo., 27 Julie 2005 14:20

Ek wil graag hoor wat se die geleerde en geskoolde mense in die groep
van die Harry Potter Mania. Is dit geregverdig, Is Harry Potter groter
as GOD, soos wat beweer word in die Mail en Guardian van 22 Julie 2005.
Is harry Potter Sataniestiese leesstof op sy beste ?

Boeke, tydskrifte & koerante | 2 kommentare

Re: Tweede vraag aan Ferdietjiekie

Wo., 27 Julie 2005 14:14

Want hulle wil soos jy lyk ?

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Vraag aan Ferdie en diegene

Wo., 27 Julie 2005 01:32

Waarom vloek jy/julle allewig op die nuusgroep?
En dan het jy/julle die vermeteldheid om ou Frikkie in die verband aan te
vat?
Is dit opgekropte seksuele frustrasies - of bloot 'n onvermoë om jou/julle
in Afrikaans uit te druk? En, wat word dan van die vrome poëtiese taal?
Ferdietjiekie - dit reflekteer maar sleg op jou opvoeding my ou. Jy wil tog
nie aan die "abuse"-omie gerapporteer word nie? Dink aan die Beeld-opskrif -
"Rubriekskrywer se bek met seepsoda gewas" - of so iets?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Die Sonskyn deur Oppenbach

Di., 26 Julie 2005 09:57

Oo die heerlike sonskyn
Dis wat ek will he
Soos die wind in die hemel
Ek verlang om te le

Le in die veld
Met my hand op my hart
En huil vir die dae
Van die osse en kart

Oo ek sien al die mense
Wat gaan heen en weer
Ek verlang om te staan daar
Net vir een meer keur

Uit Die Mense van Kuikersfontein
Flip Oppenbach 1902

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nuwe Google Groep

Di., 26 Julie 2005 09:46

Ek het vanoggend 'n nuwe google groep begin naamlik Soek en Vind. Ek
hoop julle sal die groep besoek en darrem nuttig kan gebruik

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Wêreld

Di., 26 Julie 2005 07:21

Die wêreld moet wakker skrik. Iets in die 50 mense sterf op een dag
geweldadig in London. Die hele wereld is in rep en roer. Almal huil en
is harsteer. Hier in ons wonderlikke agtergeblewende land sterf meer
mense op 'n dag geweldadig as enige ander plek in die wereld. Maak
iemand hulle slapgat bekke daaroor oop ? Nee hoekom moet hulle.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    279  280  281  282  283  284  285  286  287  288  289  290  291  292  293  294    »]
Tyd nou: Ma. Mrt. 02 21:10:01 UTC 2026