Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Jislaaik
Jislaaik [boodskap #104652] Wo, 27 Julie 2005 14:45 na volgende boodskap
Deneile  is tans af-lyn  Deneile
Boodskappe: 202
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Is Jislaaik 'n unieke Afrikaanse woord?

Ek sien die Wordweb Dictionary 3.02 gee Jislaaik = Expression of surprised
admiration! Wordweb is 'n gratis Engelse woordeboek wat na installering op
die taskbar sit om maklik jou spelling te tjsek. Jy kan bv 'n woord in
enige window highlight en op die WW ikon kliek om vir jou die woord op te
soek

http://wordweb.info/.
Re: Jislaaik [boodskap #120691 is 'n antwoord op boodskap #104652] Sa, 28 Julie 2018 12:12 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Jislaaik volgens die Verklarende Afrikaanse Woordeboek:
"Uitroep wat verbasing, bewondering of ontsteltenis uitdruk."

Volgens HAT:
"(informeel) Uitroep van verbasing/verwondering/bewondering/spyt/ontsteltenis/ens."

Volgens die WAT:
"Uitroep ong. met die bet. allewêreld, genugtig, maar hoor!"

Groot Woordeboek Afrikaans en Nederlands:
"(druk versterking of verbasing uit) jeetje ≠ jislaaik, dis nou vir jou 'n ding! jeetje, dat is me wat!"

Voorbeelde uit die WAT:
  • Jislaaik, maar dis snaaks, wonderlik, dit wil darem gedoen wees, hoor!
  • Jislaaik, Oom! Dit kan hy mos nooit doen nie (Die Vaderland).
  • Jislaaik, wat 'n verskriklike dag het ek gehad (Weekblad).
  • Ek sê toe:'Jislaaik, die ou skiet goed!' (Mikro).
  • Die seuns het gedink: jislaaik, 'n oulike stuk daardie! (Johannes Meintjes).
Vorige onderwerp: Die oorspronge van Afrikaans
Volgende onderwerp: Spoonerisme
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 14:35:11 MGT 2024