Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Ou Krapende Predekant deur Jaap de Poesie - 1754

Sun, 31 July 2005 00:50

Vat jou gat en fok af het die dominee van Bredaarspoep gese.

Ooe ja, hoe lekker kry ek nou!

Hier is n mooi klein digie wat julle poepholle sal laat twinkle.

Die Ou Krapende Predekant deur Jaap de Poesie - 1754

Ooo, ooo, oo poopie doo!
Tjang-alang tjiekie choo
Ja Jooo Joo Ja
Ooo, ooo, oo poopie doo!

Die maan die berge die stere
Die wind die hemel die meit
Die grond die erf die trein
Die dis Die dat Die alles

Ooo, ooo, oo poopie doo!
Ooooo pooooepie dupie
Hoe lekker kry ik now
En vir mammie en pappie en boetie

Oooo die see die bosveld die dominee
Die kerk die sondag meit stootery
Die ossewa die plaas die muntus
Die gaawe kerels is die Engelsmanne

Ja ek skree JA JA JA JA JA JA
Stoot harder jou klein duiwil
OO OOOooff hai baba slaan die taal
Chi chika chooo vroom gegegege

Ik ist zoo lief vir die ossewaren
Oer die zee komen die skippertjie
Vol stukkies om to pomp
Ik ist zo luilik en vat my pil in my hand

En nou vir julle geskiedenis les.

Jaap de Poesie is oorlede in 1755 terwyl die dorp van Bredaarspoep se dominee uitgevind het dat Jaap al die meite gestoot het en daar was boggeral oorlede vir Dominee to stoot.
Tot vandag beloof al die mense in Bredaarspoep dat die dominee Jaap gevok het met n groot geweer wat hy in Jaap se gat gesteek het en laat ontplof.
Arme ou Jaapie sy gat is heeltemal af geskit. Die dominee het al die meite in die dorp in sy ossewa gepak het en haarstig uit die dorp gevlieg. Dis hoekom dat tot hierdie dag is daar geen meite of dominee in Bredaarspoep.

Bredaarspoep is bekent vir hulle handel in fokal. Fokal is nou die grootste uitvoer van Bredaarspoep. Die mense kry jaloors as iemand anders begin om fokal te uitvoer.

Tot vandag kan jy die plek sien op die grond in Bredaarspoep waar Jaap sy broek gekak het net voer die dominee sy gat weg geskiet het.

Arme ou Jaap.

Julle volgende les sal oor iets anders wees.

Maak seeker dat julle al hierdie lesse leer as julle wil slaag.

Tot more....

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Droë Waterval " deur FERDI GREYLING

Sat, 30 July 2005 20:38

Droë Waterval

In die Klein Karoo vertel ek my kinders
van die werklikheid wat Oudtshoorn was.
Hier waar die tyd stadig uit die skerp lug
'n lewe om my gedrup het.
Hier was nagte soos koue yster
met die veraf klank van aankomende treine
spierwit velde ryp vroegoggend
om die huis
en my ma
wat soos 'n vreugdevolle wetenskaplike
uitvind
in die nag
het die water 'n gletsertjie van ys
by die tuinslang uitgedrup
mense wat veraf in koerante sterf
die geweerskote plat letters op papier
name wat sag weerklink
tussen die beiering van die vier heilige seisoene deur
. Poqo .. Mandela ..
en aande in die agterkop gaan lê
op die beeld van bruin Hermaans die verwer
'n goeie man
wat bakhand voor die agterdeur
die seëning van werk by ander met wit velle moes vra
skoonheid wat onverskillig in 'n meisie brand
terwyl die rook van houtvure
vroegaand oor die blou dorp neersak
en net oor die berge die see
'n reuse blou woud vol gevare en geheime
waatlemoene wat rooi in die somer oopbreek
soos soet halfedelgesteentes
klonte bougainvilleas wat in die warmte
teen die dorp se bome gloei.

Ons ry oor die Swartberge
na waar die Groot Karoo wyd en oop lê.
Ek en my kinders.
Hulle luister verveeld uit hulle helder lewens
na die eggo's
van my verlede.

Op die berg - uitgeplof deur vulkane
en geplooi deur gletsers -
staan ons soos ander toeriste
en kyk na:

Droëwaterval.

'n Mindere geologiese gebeurtenis;
swart oervlekke in strepe teen die rots.
Soos die skaduwee van water.
As jy lank genoeg na die klip staar,
kan jy jou verbeel
jy hoor water,
'n dun verbrokkelde stroom
wat soos vloeibare koelte
in spattende eggo's val.

My kinders dink die naam Droëwaterval is snaaks.
Ek weet dis laf.
Donker vlekke op rots is nie water nie.

Ons klim in die kar en ry.
My kinders giggel om verveling te besweer.
Agter hulle oë, diep in die toekoms,
bruis hul dade reeds onkeerbaar oor dae.
(Kyk!
Hulle ry alleen oor die oop Karoo
en los my by die gevlekte rotse
van my berg!

Op die dun pad
na Beaufort-Wes
en verder noord,
verby Zimbabwe
tot oorkant Olduvai
waar die horing van Afrika
afsplit in 'n nuwe land
ry hulle steeds!

Dit pla hulle nie
Dat vroeë mens en dier
uit die tye van die groen Karoo
vergete in die gestolde klippe lê
waarmee die dun pad gepak is! )

Hulle ry voort.
Hulle ry steeds voort.

Prosa & poësie | 2 kommentare

Godsdiens

Thu, 28 July 2005 14:21

Godsdiens is 'n teer saak. Die bybel klink ook baie soos fiksie soos HP en
kie, ouens met vlerke, 'n ou wat met 'n wolk opstyg en 'n man wat op water
kan loop. In vandag se tyd van swaar kry nie net finansieel nie maar swaar
kry in die lewe wonder miljoene mense of daar 'n God is. Mense leef verder
weg van die Woord en kerk. Wonderwerke gebeur dan nie meer nie, en die
wereld ervaar nie meer'n liefde van God nie. Wie weet wat in godsdiens
aangaan?? Horde verskillende gelowe wie weet watter een is reg wie weet wie
se god bestaan nie. Kyk na die Boesman, Amerikaanse Indiane en sulke native
stamme hulle het 'n dier of 'n ding of iets aanbid as 'n hul God voordat die
settelaars Christenskap op hulle gedwing het. Wie weet tussen al die gelowe
wat daar is, was daar seker ook kompetiese en so ook die "my God is better
as jou God want hy laat 'n dooie mens weer leef". Net 'n skoot in die
donker....Soos dinge in die Bybel staan en soos 'n Openbaring waar die
duiwel gebind was vir 'n 1000 jaar wie weet of die "duiwel" nie dalk God was
nie dat sy mag gebind is? Dat die duiwel die werklik agter die Bybel staan
nie? Ons weet nie....

Oor God....God is 'n jaloerse God en 'n genadiglike God....babas wat dood
gaan onskuldige god vreesende mense wat die slegste goed oorkom. Gaan 'n
baba so onskuldig dood oor die sondes van sy ouers? Soos ook in die Bybel
te vertel het Jesus in sy laaste asem gevra "My God hoekom verlaat jy my?"
As God sy eie seun kon forsake hoekom nie vir ons nie?

Geloof & kerksake | 11 kommentare

Wapenstilstand!!!

Thu, 28 July 2005 13:52

Die IRA het beloof om vanmiddag 17:00 die wapens vir altyd neer te lê.

Met al die Moslems het mens al amper van die IRA vergeet...

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

The Corporation

Thu, 28 July 2005 09:19

Ek weet nie of een van julle die film "The Corporation" gesien het nie.

In die film beweer Michael Moore (die dikke van 911F) dat Coca-Cola, in die
tyd van Nazi Duitsland, Fanta ontwikkel het, sodat hulle kan geld maak uit
Duitsland, maar dat Coca-Cola se naam nie met die Nazi's geassosieer word
nie.

Hoe waar is dit?

Daar word ook beweer dat IBM die ponskaarte vir die konsentrasiekampe gemaak
het...

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Harry Potter

Thu, 28 July 2005 08:11

Graag wil ek julle meings hoor oor Harry Potter. Is Harry Potter groter
as GOD ? (Opskrif Mail en Guardian 22 Julie 2005). Is die boeke
satanisties geinspireerd ?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Hoe Die Wind Bekly

Thu, 28 July 2005 02:55

Whhoooo, Whhoooo, Whhoooo
My maag word styf, my arme sak
Toe hoer ek die woestende wind
Whhoooo, Whoooo, Whoooo

Dis 'n wind wat wai tussen blomme
Dis 'n wind wat waai in die veld
Maar ek stann stok stil onder die maan
En die karkibos word al groote en groote

Whhoooo, Whoooo, Whoooo
Amper soos die ou uil wat toot
Whhoooo, Whoooo, Whoooo
Ek word nou lus vir ou dinge

Whhoooo, Whoooo, Whoooo
O hoe ek verlang vir ou dinge
Whhoooo, Whoooo, Whoooo
My jurre wat sal ek maak

Uitgetrek uit Frik Blignaut se Groot Swart Boek. Dit was geskryf in 1881 toe hy op pad na Ventersdorp was.

I reckon this one will curl your bloody toes!

Prosa & poësie | 0 kommentare

Tweede vraag aan Ferdietjiekie

Wed, 27 July 2005 23:01

Jy't maar swak gevaar met die eerste vraag - en, het jy hulp gekry. (Met
hierdie tweede ene word hulp wel toegelaat.)

Bloot dit - Ferdietjiekie - waarom dra moffies snorre?

(Jy mag wel van "vloekwoorde" in jou antwoord gebruikmaak....)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Jislaaik

Wed, 27 July 2005 14:45

Is Jislaaik 'n unieke Afrikaanse woord?

Ek sien die Wordweb Dictionary 3.02 gee Jislaaik = Expression of surprised
admiration! Wordweb is 'n gratis Engelse woordeboek wat na installering op
die taskbar sit om maklik jou spelling te tjsek. Jy kan bv 'n woord in
enige window highlight en op die WW ikon kliek om vir jou die woord op te
soek

http://wordweb.info/.

Afrikaans, ons taal | 1 kommentaar

Die Da Vinci Kode...

Wed, 27 July 2005 14:28

...is dit heeltemal pure fiksie of steek daar 'n tikkie waarheid in?

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Bladsye (1838): [ «    277  278  279  280  281  282  283  284  285  286  287  288  289  290  291  292    »]
Tyd nou: Sat Jan 11 12:55:17 UTC 2025