Soekenjins soos Google werk taamlik goed, maar weens die grootte van hierdie webwerf, kan hulle onmoontlik nie al die inligting wat ons bied indekseer nie. Vir dié rede het ons moeite gedoen om seker te maak dat die werf se soekfunksie goed werk.
Om vir iets te soek, tik doodgewoon die woord of frase in die relevante veld en druk 'enter' om die resultate te sien. As u te veel resultate kry, beperk die soektog verder. Maak o.a. seker u in die regte forum soek. As 'n mens 'n grappie soek, gaan jy dit byvoorbeeld nie in die woordeboek kry nie.
As daar geen resultate is nie, sal ons die soekfrase se spelling nagaan en voorstelle maak.
As voorbeeld, soek vir iets soos "eetlepel", maar laat een van die e's uit.
Die resultaat is: Bedoel u: eetlepel eetplek...
Vir blokkiesraaisels, gebruik "_" om 'n enkele karakter uit te laat en "%" vir 'n hele greep.
As voorbeeld, watter woord pas "_ar_lo_p"?
Kyk self by http://gesellig.co.za/s/_ar_lo_p
Wie van julle het al Lui maar op Belinda gekyk. Dit word ook gewys op Showmax en dis skreeu snaaks. Brumilda is Belinda en saam met haar speel Annalise Weiland, Eric Nobbs en nog meer. Elke episode sover is snaaks. Dis lekker ontspanne kyk stof.
Dit was 'n diep stil donker nag.
Ver poep 'n Boesman sag.
Met dowwe geplof,
val 'n drol in die stof.
Maar o wee,
hoor ek 'n geskree.
Die Boesman het sy hol...
met 'n kaktus afgevee!
Hier is 28 gebruike vir die Afrikaans woord "moer" (soos op Twitter gedeel):
1. Verbasing: Wat die moer?
2. Opgee: De moer hiermee.
3. Moeilikheid: O Moer!
4. Sukkel: Hoe de moer moet ek dit verstaan!
5. Verwarring: Wat de moer!
6. Verdwaal: Waar die moer is ons?
7. Aggressie: Ek moer jou!
8. Belofte: Jy gaan gemoer word.
9. Ongeloof: Nie 'n moer nie!
10. Waarskuwing: Pasop, sy's die moer in.
11. Pyn: Eina Moer!
12. Onsimpatiek: Ek gee nie 'n moer om nie!
13. Ontkenning: Not de moer!
14. Aanwysing: Vlieg in jou moer!
15. Suspisie: Wie de moer is jy!?
16. Admirasie: Dis nou moer mooi!
17. Afguns: Ag, sy moer!
18. Misnoeë: Sies moer!
19. Twyfel: Ek weet nie wat de moer om te doen nie.
20. Tydsberekening: Moer lank.
21. Afstandsmeting: Moer ver.
22. Hoogtebepaling: Moer hoog.
23. Dieptebepaling: Moer diep.
24. Paniek: Ek's moer laat!
25. Vreugde wense: 'n Moerse lekker naweek vir jou!
26. Roep: Kom hier jou moer !
27. Stukkend: In sy moer in!
28. Eskom: Moer toe.
Kan iemand asseblief vir my sê of oom Hans (laaste pos in 2000) nog leef? Hy het destyds op Koeitjies en kalfies die kostelike storie van Dopsteekhoogte en die Robbertses van Outjo geskryf. Ek sal baie graag met hom (of dalk van sy kinders of familie) wil kontak maak - ek wil toestemming vra om bogenoemde storie in my volgende boek in te voeg.
Hoe om my voorvaders te vind wat weg kruip?; Di., 09 Februarie 2021 14:58
Goeie dag almal
Ek sit al vir 'n geruime tyd met voorouers wat se inligting of ouers ek glad nie kan opspoor nie. Dit is ongelooflik frustrerend om al die oop spasies op my "ancestor chart" te sien.
Ek sukkel vir al met my Louwrens, Nel/Nell, de Klerk, Lubbe, Opperman, Brits, Heymans en Strydom voorouers.