Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Groepe in en om die kerk

Wo., 17 Januarie 2007 07:13

Ek tob al 'n ruk lank oor verskillende variasies van religiositeit,
of dan meer spesifiek, christenskap. Dis 'n interessante spel, maar
ek vermoed daar is 'n oneindige aantal variasies tussen die
hoofklasse wat ek kon vind. Ook is daar waarskynlik beter maniere om
die tipes te beskryf, maar plek laat my dit nie toe nie. Verskoon dus
die growwe veralgemenings..

Aan die een kant het ons die fundamentaliste, wat die Bybel baie
letterlik interpreteer en bv. glo die wêreld is so 5000 jaar oud.
Hulle verwerp enige wetenskaplike 'bewyse' wat die teendeel
impliseer. Hulle kies self watter Ou-Testamentiese wette om te volg en
is soms nie baie besorg oor redding deur Christus se bloed nie. Hulle
is op 'n kroniese kruistog om die wêreld van alle onreinhede te
reinig.

Dan is daar die super- of C+ christene: hulle het die soendood van
Christus aanvaar en glo dit, maar met 'n stertjie soos groot-doop of
spreek-in-tale of so iets wat hulle van ander, mindere christene
onderskei. As jy nog nie die stertjie bereik het nie, is jy vermoedelik
net so halfpad of driekwart gered.

Dan het ons jou (deursnee?) christen, wat die belofte van Jesus glo dat
sy sterfte op die kruis jou volkome van jou sondes verlos het en dat jy
die ewige lewe het as jy in Hom glo en Hom jou persoonlike Saligmaker
maak; dat jy 'n lewe van dankbaarheid lei maar dat jy nogtans steeds
soms sal sondig. As jy jou sondes bely en berou, is dit vergewe.

Dan is daar die klipchristene, dikwels uit pure onkunde, wat glo dat
'n Christen net gereeld kerk moet bywoon en 'n kuise lewe moet lei
(ly?). Hulle riglyn is die Tien Gebooie. Sommige van hierdie was hul
lewe lank ouderlinge of diakens. Hulle is gewoonlik baie verbaas as
hulle verneem dat hulle waarskynlik nie gered is nie en dat hulle die
soendood van Christus hul eie moet maak; dat Christus se sterfte hulle
van hul sondige aard kan bevry.

Volgende is die skeptici, wat ontnugter is in wat die Bybel
verteenwoordig. Dit kan gebeur deurdat mens deur eie oortuiging besluit
dat die wetenskaplike bewyse tot die teendeel te oorvloedig is, en/of
deur ontnugtering met die optrede, besluite of uitsprake van
veronderstelde groot geestelike leiers.

Hierdie groep het 'n paar keuses: (1) wees intellektueel eerlik en
verwerp alles wat met die kerk en die Bybel verband hou (teen groot
persoonlike koste); (2) behou die bande ter wille van sentiment (die
mooi geestelike musiek!) of ter wille van 'n besef van die bindende
en bewarende rol van die kerk in die samelewing of ter wille van jou
eie, leidende rol in die samelewing; (3) stel vir jouself 'n
alternatiewe godsdiens saam uit die bric-a-brac van ander gelowe (skep
as't ware vir jou 'n god na jou eie beeld) wat met jou oortuigings
saamstem en volg hom/hulle.

Iewers tussenin is daar nog die half-twyfelaars, tipies wetenskaplikes,
wat 'n knaende onrus het oor sommige van die leringe van die kerk.
Hulle verkies dus om hul lewe in kompartemente te bedryf. 'n Deel sal
hul onbevraagtekenend glo (die maagdelike geboorte, die sondvloed, Jona
en die walvis...) terwyl hul nogtans glo in evolusie, die oerknal, die
relatiewe klein rol van die wêreld in die heelal, ensovoorts.

Fassinerend, nie? Miskien kan julle nog groepe identifiseer.

Geloof & kerksake | 30 kommentare

Wat is jul mening?

Wo., 17 Januarie 2007 05:51

Ek praat nou van die geval van die dame wat haar nou op die grondwet beroep
in appèl teen haar vonnis van 4 jaar vir diefstal - sy beweer as sy tronk
toe gestuur gaan word, word die regte van haar kinders benadeel.

As hierdie argument slaag, dan is ons verder op die pad van juridiese
koekoeland as wat ek vermoed het.

Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Afrikaner Kalvinisme

Di., 16 Januarie 2007 19:07

Hierdie stukkie was nogal interessant vir my gesien in die lig van die
bespreking oor uitverkiesing en dies meer. Die huidige Bush regime en
hulle volgelinge se filosofie is ook gegrond op 'n ander vorm van
Kalvinisme wat deur die Hollandse filosoof, Van Til onderskryf word.

http://www.answers.com/topic/afrikaner-calvinism

Afrikaner Calvinism is a unique cultural development that combined the
Calvinist religion with the political aspirations of the white
Afrikaans speaking people of South Africa. From between 1652 to 1835,
settlers primarily from the Netherlands, and migrant and refugee
Calvinist Protestants from Germany, France, Scotland, and elsewhere in
Europe, combined in South Africa to form a distinct people, eventually
called the Afrikaners or Boers. A significant number of the French
progenitors of the Boer people were Huguenots, who were fleeing from
the persecution that lasted for one hundred years after the Edict of
Nantes was revoked. Between the end of the 18th century and the end of
the 20th century, these people increasingly considered themselves
Afrikaner rather than European. They spoke a dialect of the Dutch
language called Afrikaans, and were bound together by a form of
Calvinist religion. Though they lost control of their South African
republics to the British after the Boer Wars, the Afrikaners finally
negotiated a home-rule arrangement 10 years later and firmly
established themselves as the ruling minority in South Africa until
international pressure and increasing chaos within South Africa
compelled them to dismantle their policies of exclusive control,
called Apartheid.

The Calvinism of the Boers of the Transvaal in South Africa developed
in a different way from its European and American counterparts. This
uniqueness is generally regarded as a direct result of geographical
isolation and political and cultural estrangement, which shut out the
influences of the Enlightenment. The cross-currents of change which
arose within the Protestant cultures of Europe in response to the
Enlightenment had minimal effect upon the development of religious
thought among the Boers.

This view of Afrikaner Calvinism implies that it is a purer expression
of what Calvinism originally was, without the diluting effects of the
Enlightenment. Particularly, this view implies that cultural
development under the influence of Boer civil religion is an
illustration of the cultural implications of Calvinism. This is
especially interesting to contemporaries considering that a form of
nationalistic Calvinism arose, which had direct bearing upon the
establishment of the Apartheid policy in 1948.

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Van Melle - Oom Karel neem sy geweer saam

Di., 16 Januarie 2007 10:12

OOM KAREL NEEM SY GEWEER SAAM

Ou oom Karel Stone sit in die koelte langs sy huis en kyk na die veld
wat met geelwit gras wyd uitgestrek lê onder die bleekblou
winterhemel. Die lang bulte lê daar eensaam, stil soos deininge van 'n
oseaan sonder wind" die ligblou vertes verdoesel teen die bleek hemel.
Die lug is sonder wolke, sprakeloos soos die veld, saam 'n eindelose
ruimte, leeg, droewig.
Dit is in die namiddag en stadigaan begin daar meer lewe te kom; die
gras word glansig-peel, glansig-bruin; pers kleure kom pier en daar;
die westerhemel word witter, deurskynend soos 'n pêrel.
Oom Karel sit maar daar; sit en kyk; sit en kyk soms na dinge wat verby
is. 'n Leegte voel hy in hom soos in die veld en in die hemel, 'n
droefenis om dinge wat ontbreek. Wat is daar nog vir hom? Is daar nog
iets om te verwag, om na uit te sien? Leegte en eensaamheid; die
eensaamheid van 'n ou mens. Sy ou vrou is dood. Sy ou jagmaats is dood;
sy ou krygsmakkers is dood en weg. "Hier is sy kinders wel om hom, hy
hom, maar die gevoel vir jou kinders word met die jare swakker.'n Man
is in die opsig enigsins soos 'n dier. So lank as hulle klein is, is jy
baie gek na hulle; jy speel met hulle; hulle sit op jou skoot; jy stel
belang in enige ietsie waarin hulle belang stel; maar dit word al
minder. jy vervreem van hulle. Dit kom. stadigaan, amper ongemerk.
"Hier is hulle nou om hom, in sy huis, op sy werf, en naby op hul eie
grond, getroud, met eie kinders. Almal is goed vir hom; almal
respekteer hom, en hy hou van hulle, van die skoonkinders ook, maar tog
het hulle van mekaar afgeraak. Gaandeweg kom hy opsy te staan, eensamer
elke jaar, hier tussen sy eie kinders en kleinkinders. Graag sit hy
alleen, sommer met sy gedagtes, en stadigaan word hy soos die
winterveld, stil, leeg.
Moeg ook, moeg van die dinge om hom heen, dieselfde dinge in hul
voortdurende terugkeer. Die nuwe dinge is soos die ou dinge, in wese is
alles soos dit van melewe was; die kaal wilgerbome in die vlei lyk soos
die wilgerbome sewentig jaar gelede daar gelyk het. Daar loop sy
kleindogter met haar kappie op net soos die jong meisies vyftig, sestig
jaar gelede geloop het. As hy nou met haar sou gesels, dan sou dit weer
dieselfde ou geselskap wees van altyd.
Die son sak laer; dit word al kouerig en hy huiwer. 'n Vae weemoed kom
hy hom op en hy herinner hom die woorde: en job was oud en der dagen
zat.
Sy kleindogter bring vir hom koffie. Sy is vriendelik. "Sit Oupa nog
altyd hier?" vra sy. "Dit word al koel Oupa."
So is hulle. Hy is soos 'n ou perd wat hulle goed oppas. Jy gee hom
voer, jy sit hom in die stal, maar jy ry hom nie weer nie.
Sy ou vrou is dood en sy maters is dood en weg. Met haar, met hulle het
hy nooit eenkant gevoel nie. Met hulle sou hy nog nie so oud en so
oorbodig wees nie. Met haar, met hulle sou hy nog kan planne maak en
uitkyk na nuwe dinge, na iets anders, iets beters altemit. "Hier is sy
seun, sy skoondogter, en sy kleinkinders wat groot word; dieselfde
gesprekke, dieselfde moeilikhede.
So leef ou Karel Stone teenswoordig; 'n vat wat leegloop; 'n dam wat
aan die opdroë is. Maar hy is nog sterk. Hy weet dat sy kinders, sy
bure, onder mekaar daarvan praat dat hy nog so kras is, so sterk
ondanks sy ouderdom. Maar hy weet beter. Hy voel sy lus vergaan. Hy is
soos 'n ou pad, netnou geen pad meer nie; soos 'n blom in 'n glas
water, netnou dood.
Sy herinneringe bly egter duidelik, word amper nog duideliker, en hy
sien dinge uit sy verlecle helder soos in 'n spieël,
oorlogsherinneringe, herinneringe aan sy jagtogte, en 'n verlange begin
in hom groei om nog een maal die Bosveld te sien, nog een maal te ry
waar hy vroeër so menigkeer gaan skiet het; nie met een van sy kinders
nie; nie met sy bure nie, maar alleen, alleen met gedagtes aan sy ou
jagmaats.
Een dag kry hy weer besoek van sy predikant, ook al 'n ou man. As die
kom, sit hy gewoonlik lank. Hulle het wel nie veel punte van ooreenkoms
nie, maar oom Karel is 'n ou man en die predikant is 'n ou man en jy
moet self oud wees om 'n ou mens te kan verstaan.
"En hoe gaan dit nog so?" vra die predikant weer toe hulle al so'n
bietjie gesels het.
"Ja, Dominee," aarsel oom Karel, "hoe sal ek sê? Goed, en darem
nie goed nie. Ek is nou soos 'n man wat wild soek waar hy voor sy siel
weet dat nie meer wild is nie. My tyd is verby, Dominee. Daar bly nou
niks meer oor nie as om klaar te maak vir die end. Oppak en die osse
aankeer; uittrek; huis toe trek."
Die ou predikant knik 'n hele paar maal en sug agterna: "Ja huis toe
trek."
Toe vra hy: "Maar jy is darem tog nog gesond? En alles is verder tog
goed?"
"Nee"" se oom Karel haastig, "daar is niks om oor te kla nie. Ek
voel nog sterk, behalwe, jy weet, so af en toe voel 'n mens darem nie
weer seker van jouself nie, asof jy 'n perd ry wat jy nie heeltemal
baas is nie, of hy jou enige tyd miskien kan afgooi; maar tog, ja, ek
is gesond, ek voel nog sterk, maar soos ek gesê het, dis nou met my
nes of jy gaan skiet het en jy het nou klaar gejag en daar is nou nie
meer wild in daardie kol nie en nou kry jy die gedagte: wat maak ek nog
langer hier? Wat is daar nog vir my om te doen, Dominee? Sê nou wie of
wat het my nog nodig? Ek kan net sowel gaan lê. Dit is wat my nou
begin hinder. Ek word oorbodig. Nie dat iemand my dit ooit laat voel
nie, dit moet Dominee nou nie dink nie, maar jy verstaan my, ek is nou
soos 'n ou hond; jy is goed vir hom, want dis jou ou hond, maar veel
het jy nie meer aan hom nie; hoor kan hy nie weer nie, hy lê maar die
meeste van die tyd en slaap. So is ek nou; ek is soos 'n ou hond, soos
'n ou perd."
Lang rukke sê hulle niks. Oom Karel dink aan die hemel wat voorlê.
Dat hy hemel toe gaan, is vir hom 'n uitgemaakte saak; dit was altyd
vir hom 'n uitgemaakte saak, vandat hy 'n kind was. Maar watter soort
plek dit is, daarvan kan hy maar geen duidelike begrip vorm nie. Hy
dink darem altyd daaraan soos aan 'n plek waar bosse is en kaal veld
met riviere en klowe. Dat dit net 'n stad is, glo hy nie. Daar is tog
ook mense wat nie van 'n stad hou nie; vir hulle sal daar dan tog
vlaktes en berge wees, en diere, wild.
"Sou daar in die hemel ook bosveld wees, Dominee?" vra hy na 'n lang
stilte.
Die predikant kyk hom eers verwonderd aan; toe sê hy: "Ja, Oom
Karel, ek dink so. Waarom nie? Daar sal seker bosse wees ook."
"Ja, ek meen ook so. En wild natuurlik ook?"
"Ja, wild natuurlik ook."
"Ek wonder of 'n mens daar iets sal hê wat na 'n geweer lyk?"
Die predikant moet daaroor lag. "Nee, oom Karel, geweers is daar nie,
daarvan kan jy seker wees. Daar sal nie geskiet word nie. Die een ding
sal die ander ook nie doodmaak nie. Soos daar in Jesaja staan: "De
wolf en het lam zullen tezamen nederliggen en de leeuw zal stroo eten
gelijk de os."
Oom Karel gee nie antwoord nie. Al weet hy self dat dit so is, voel hy
tog teleurgesteld. Hy besef dit. In die hemel sal toestande wees
waaraan jy nog eers sal moet gewoond raak.
"Oor daardie dinge moet 'n mens jou nie bekommer nie," se die
predikant, "dit sal daar alles goed wees, hoe dit ook al is. Maar
vrede sal daar wees, geen stryd, geen moeite, geen leed, geen verderf."
"Ja," stem oom Karel toe" "dis waar, Dominee. 'n Mens moet ook nie
altyd dinge wil hê soos jy dit wens nie."
'n Paar dae later ry oom Karel na een van sy ou vriende in Lydenburg.
Hy ry met kar en perde en het 'n jong naturel hy hom. "Sommer weer
bietjie my ou maat gaan opsoek," se hy. Sy seun wil hom wegbring."Ek
bring Pa you met die motor weg," se hy. "Met die motor is dit nie ver
nie."
"Ek wil langs die pad hier en daar 'n bietjie aanry en so hier en
daar bietjie kuier hy die mense wat ek goed ken," sê oom Karel; "ek
ry maar liewer op my eie geleentheid."
"Nou ja, as Pa dan so wil, waar laat een van die seuns dan met Pa
saamgaan; Pa kan altemit teespoed kry en dan is dit beter."
"Wat se teespoed kan daar nou kom?" vra oom Karel al half-kwaad.
"Julle dink glo "Julle moet my nou al oppas soos 'n babetjie."
So ry hy dan alleen met die naturel. Hy laai komberse op en baie kos en
vat twee geweers saam. Sy kinders beskou dit alles, maar sê niks meer
nie. Hy ry nou bosse toe, dit is duidelik. Hy kon net sowel gesê het :
ek ry Bosveld toe, as dat hy sê: ek gaan kuier.
Hy ry nie hy baie mense aan nie, eet en slaap langs die pad; ry ook nie
na sy ou maat in Lydenburg nie, waar vat sommer reguit koers Bosveld
toe.
Die eerste dag al wat hy daar is" voel hy 'n ander mens. Hy voel
opgeruimd soos 'n voël in die lente.Altyd dieper in ry hy, tot in sy
ou skietveld. Maar daar is dit tog 'n teleurstelling. Dat wild so
skaars geword het, kon hy nie dink nie. En oral kry jy spore van mense;
'n menigte van paaie, elke maal staanplekke van beesboere, selfs lande
hier en daar. Dikwels neem hy een van die perde om 'n draai te ry om te
sien of hy nie 'n bokkie in die hande kan kry nie, maar meestal om al
die ou~ plekke weer te sien. Ag, hoe treurig het alles geword! Wild is
daar amper nie weer nie; of en toe 'n steenbok of 'n duiker, 'n klompie
rooibokke altemit; 'n trop wildebeeste; 'n paar ribbokke, 'n rietbok;
maar niks om van te praat nie. Vroeër was daar van alles volop, leeus
ook en buffels, seekoeie, alles. Nou kan jy ure ry sonder om iets te
gewaar. Dis triestig soos 'n huis sonder mense; soos 'n dooie stad. En
jy hoor niks. Saans ook nie. Hy het ook daaraan meegewerk om dit so te
maak. Maar 'n uitroeier was hy darem nooit nie, daaroor kan hy ten
minste tevrede voel. Net ongedierte, die het hy altyd geskiet as hy die
kans kry.
Maar die bos self is nog mooi. Hy kan urelank ry sonder om 'n spoor van
mense te sien. Deur lappe hoë soetdorings waar sy perd gate trap in
die los, roof grond; deur kalklaagtes waar jy ver kyk oor die lae,
verdraaide boompies en waar elke maal 'n bokkie verskrik onder 'n bos
uit weghol; langs klipkoppies waar plate ruie blouhaakdoring teen die
skuinste opklim; van die een geaardheid van veld na die ander, elk met
sy eie karakter, sy eie skoonheid. Hy ken dit alles so goed as
hoofstukke in die Bybel, nog altyd fris, altyd bekoorlik.
En altyd dieper trek hy die bosse in tot waar dit amper soos vroeër
word. Saans hy die vuur hoor hy soms die leeus brul: 'n rumoer breek
partykeer los. Ongedierte kom tot vlak hy sy slaapplek. Dag na dag voel
hy meer tuis. Die wild word al meer. Groot troppe sien hy party keer
wei. Soms maak hy sy perd vas en probeer die wild bekruip waar hulle in
die koelte van die bome staan. Hy kry ook 'n enkele maal leeuspore. Dit
verskrik hom nie.
Die gee hom 'n siddering van blydskap. "Leeus !" fluister hy en bekyk
die spoor verheug, volg dit 'n entjie om te sien hoe die leeu gemaak
bet" of hy gedraf bet of iets bekruip bet.
Maar na die eerste vreugde om weer in sy geliefde ou omgewing te wees
en die genot van allerlei herinneringe uit sy skiettogte, kom daar weer
die vooruitsig van sy naderende dood en hy vra homself of watter soort
hemel dit miskien sal wees waar hy been gaan. En so gebeur dit soms dat
hy daar op sy perd sit en niks sien van wat daar in die veld aangaan
nie; dat hy werktuiglik, uit ou gewoonte, wel sy perd goed tussen bome
deur en langs stompe en gate stuur, maar dat sy aandag hy dinge van die
toekoms is. Sou daar dan vir hom in die hiernamaals geen plek wees waar
hy hom sal tuis voel nie? Hy is 'n jagter en 'n krygsman, dit is sy
aard. Met jag en oorlog was sy lewe gevul gewees. Hy het die land help
skoonmaak; hy was in die meeste swart oorloë; hy was in elke oorlog
met die Engelse. Hoe sal hy daar in die hemel voel sonder 'n geweer?
Daar moet tog ook nog iets te vegte wees, daar anderkant? Die duiwel is
tog nog nie dood nie. Daar is tog miskien buitekant ons wêreld nog
meer plekke wat moet skoongemaak word; plekke waar jy ongediertes kry
en soorte swartes of soorte Engelse wat 'n mens moet beveg ? En hoe
meer hy daaroor dink, hoe meer die saak vir hom waarskynlik lyk. Die
Here sal meese soos hy nog kan gebruik: daar sal, solank die algehele
stryd teen Satan en sy magte nog nie uitgeveg is nie, nog kans wees vir
siele soos hy om te gaan jag en om op kommando te gaan.
Sulke gedagtes gee hom 'n ongekende blydskap. Hy sal, as hy netnou
doodgaan, as't ware sy geweer kan saamneem; hy sal dit nog nodig kry.
Die hemel mag wees soos die predikant sê "'n plek waar geen leed en
verderf is nie, maar daar sal ook plekke wees waar stryd en oorwinning
is. Hierdie gedagtes maak hom geesdriftig. So ry hy, 'n ou man van hy
die tagtig, deur bosveld waar 'n man in die krag van sy jare nie graag
alleen ry nie, gehul in drome van 'n seëvierende toekoms na sy dood.
Hy stel hom voor dat hy met sy ou jagmaats, en met ander nuwe kêrels,
kêrels soos hulle, lang togte maak, krygstogte en jagtogte. Alles is
daar groter en geweldiger, die bosse, die berge en klowe, die
ongediertes en die vyande. Maar hulle self is ook dapperder en sterker
met meer uithouvermoë en moed. Lang heldetogte is dit, nie van weke en
maande nie, waar van jare en jare aaneen, vol stryd en worsteling met
allerhande bose magte wat daar is. Maar altyd word hulle deur die Here
beskerm, altyd kom hulle op die end seëvierend terug. En dan kom hulle
weer terug op plekke soos die predikant beskryf, waar die wolf en die
lam langs mekaar lê en waar geen leed en verderf meer is nie.
Dog die winter gaan verby; die warmte kom. Die tambotiebome, die
blinkblaarbome goof hul roof blaartjies en hul ronde geel blare af,
blomme begin uitkom op die nat plekke, die soet gear van die
haakdoringblommetjies vul die lug waar jy daarlangs kom. Vlieë begin
gons om jou en om jou perd, en voëls fluit en kwetter. Hy moet weer
terug na sy kinders. Hulle sal al onrustig wees; sal dink dat hy iets
oorgekom bet.
Vandat hy weer hy die huis gekom het, gaan oom Karel vinnig agteruit.
Hy is swak en bewerig. Lang tye sit hy met sy oë, sonder uitdrukking.
Die dood stap nader. Sy lang skaduwee is al op hom. Hy weet dit self.
Goed.
Eendag sê hy vir sy, seun: "Seun, jy moet die predikant gaan vra om
weer n slag te kom kuier; ek wil hom iets sê. Dis oor 'n saak waaroor
ons gestry het. Ek weet nou seker dat ek reg was. Hy was nie verkeerd
nie, maar ek was reg. Ek wil hom dit nog bewys. Vra vir hom of hy
eendag weer bietjie kan oorkom."
Toe sy seun weg is, dink oom Karel: "Nou moet ek my regmaak om my
gedagtes goed agtermekaar te sit" want die ou sal mos nie sommer wil
ingee nie, en hy is geleerd in die Bybel, baie meer as ek."
So begin hy dan dink en sy bewysvoeringe in orde opstel.
Maar daar begin hy homself weer voorstellinge maak, kleurig en fel. Hy
sit alleen in sy leunstoel in die sitkamer waar die gordyne toe is om
die vlieë en die son uit te hou, en hy raak weg in 'n spel van
verbeelding. Hy sien homself met sy ou maats, ou Koos en ou Flip en
baie ander, en hulle veg weer, veg teen 'n mag wat goddeloos is daar in
die ander wê.ereld. Hy hoor die kanon boem, boem. Hy hoor die gekraak
van kleingewere en masjiengewere soos trommelgeroffel, soos
haeldreuning. Met sy elmboë op die leunings van sy stoel buig hy
vooroor en kyk vorentoe, na die vyand wat kom, geesdrif, krygswoede in
sy verdofde oë, bewend van opwinding. Maar meteens word hy naar; dit
word swart voor hom; hy probeer kyk, maar dit word weer swart; hy wil
opstaan, maar sak opsy oor die leuning en val toe vooroor, sy arms
afhangende op die grond. Nog dink hy: "Hier is dit nou. Ek gaan. Ek
gaan. Goed. Ek het nou al lank genoeg gelê."
Sy kinders kry hom daar so en dra hom na sy bed toe. Hulle was sy gesig
en sy hande, kam sy hare en sy lang, wit baard. Op sy rug lê hy daar
op sy bed" sy oë, toe, sy arms bo-op die kombers. Hy lyk mooi soos hy
nou daar lê. 'n Mooi ou man, kalm, vredig, met iets wat na blydskap
lyk oor sy gesig. Sy hoë voorkop lyk of daaragter nog gedagtes leef;
sy mond lyk of hy nog sal kan praat. Hy lyk of hy nog sommer weer sal
kan opstaan en 'n vyand storm of 'n geweer gryp en 'n leeu afwag.
Swygend staan hulle almal hom en beskou. 'n Vegter wat in vrede
heengegaan het.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

"Freedom Park"

Di., 16 Januarie 2007 06:39

As daar al ooit 'n aksie was wat geneem is deur die ANC wat bewys dat
rekonsiliasie volgens hulle definisie niks anders is as die submissie van
witmense tov alles waaraan die ANC glo nie, dan is dit hulle besluit om
soldate van die vegters in Angola en Suidwes nie op die muur van herinnering
te plaas in "Freedom Park" nie, maar wel die van die Kommunistiese gemors
vanaf Kuba

Of dalk is dit 'n bedekte seen dat geen een van ons soldate se herinnering
geskend word deur die absolute patetiese verskoning wat as die regering
bekend staan nie.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Pik Botha oor die ANC

Sa., 13 Januarie 2007 15:31

Onder vier oë: 'Wat sou gebeur het as ons tóé al geweet het,'
vra Pik
Jan 12 2007 06:39:09:140PM - (SA)

Pieter du Toit

Sy geslag, sowel as die een voor en ná hom, het beslis grootgeword met
die persepsie dat die ANC "net wil verwoesting saai", sê mnr. Pik
Botha, voormalige minister van buitelandse sake.

"Veral ná 1962, toe die ANC aangekondig het dat hy sy stryd met
geweld gaan verder voer, was dit die geval."

Volgens Botha moet dié idee wat wit Suid-Afrikaners oor die ANC gehad
het, teen die agtergrond van die organisasie se noue bande met
kommunistiese bewegings gesien word.

"Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) was destyds een van
die mees Stalinistiese bewegings in sy soort en het krampagtig aan
Stalin se doktrines vasgeklou. Dít het mense bang gemaak.

"Dit het voorgekom of die ANC sterk deur die kommuniste beïnvloed en
in 'n groot mate oorheers is."

Die drogbeeld wat van die ANC ontstaan het, is nie uitsluitend deur die
Nasionale Party-regering voorgehou nie, maar ook deur die
opposisie-partye in die parlement, sê Botha.

"Hulle was, soos ons, teen terroriste-aanvalle en dies meer gekant.
Hoewel hulle nie die streng wetgewing voorgestaan het nie, was hulle
beslis dankbaar daarvoor."

Die grootste probleem vir die regering destyds, was onkunde oor die ANC
en Botha wonder wat sou gebeur het indien daar in die 1960's besluit
is om met die ANC te praat.

"Wat sou gebeur indien ons tóé al geweet het watter soort mense
hulle is en wat hulle beplan?"

Sy persepsie van die ANC het geleidelik begin verander. Nie net het
"verantwoordelike Westerse regerings" en diplomate oor die gevare
van die regering se miskenning van die ANC gewaarsku nie, maar
vooraanstaande Afrikaners se oë het ook geleidelik oopgegaan.

"Johan Heyns (vermoorde oud-moderator van die NG Kerk) het my eenkeer
kom sien en gesê (oudpres. Nelson) Mandela is nie 'n kommunis nie,
maar 'n Afrika-nasionalis tot in sy diepste wese."

Botha was in 1990 diep geraak toe Mandela tydens die eerste ontmoeting
tussen die regering en die ANC by Groote Schuur 'n uiteensetting van
die Afrikaner se geskiedenis gegee het.

"Mandela het gesê hy kan hom met die Afrikaner se stryd
vereenselwig, maar kon nie verstaan waarom hy (die Afrikaner) nie ná
sy vernedering deur die Engelse die hand na sy swart landgenote kon
uitreik nie."

Botha sê hy het net daar gewonder of hulle nie jare lank die ANC se
menslikheid misgekyk het nie.

"Ek dink nie ons intelligensiedienste en veiligheidsmagte het ag op
die gehalte van die ANC se leiers geslaan nie."

Dit was eers toe Botha as minister van minerale en energiesake in
Mandela se kabinet gedien het, dat hy besef het van watter hoë
standaard die redevoering en gesprek onder ANC-leiers was.

Mandela het baie gedoen om wittes en veral Afrikaners se idee van die
ANC te verander.

"Sy dade van grootmoedigheid en vergewensgesindheid, soos om met die
weduwees van voormalige staatshoofde tee te drink, het mense met ander
oë na die party laat kyk.

"Ons het vergelding verwag, en toenadering gekry."

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Mbeki se rassekaart 'n pitseer wat skaaf

Sa., 13 Januarie 2007 13:43

Mbeki se rassekaart 'n pitseer wat skaaf
Jan 11 2007 05:46:44:413PM - (SA)

DIE ANC het vandeesweek sy 95ste verjaardag gevier. Môre gaan pres.
Thabo Mbeki in sy tradisionele Januarie-boodskap die kans kry om
leiding te gee aan 'n wagtende nasie op wie groot uitdaginge wag in
2007.

Dit sal Mbeki loon om breër te kyk as sy verwagte pogings om die
groter wordende eenheidsbarste in net die regerende alliansie te
probeer herstel.

Nasiebou het onder Mbeki se leierskap agteruitgegaan. Die ideaal van
'n inklusiewe reënboognasie staan verweer en verwaarloos terwyl die
laaste fase van Mbeki se termyn aanbreek. In die plek van die vorige
apartheidsregime, het Mbeki se ongesonde beheptheid met velkleur 'n
nuwe geestelike apartheid geskep wat alles in die land versuur. 'n
Bose nuwe rasse-pitseer is geskep.

Dit behoort vir die ANC wat in sy struggle-jare groot klem op
nie-rassigheid geplaas het en wat dit ná 1994 onder pres. Nelson
Mandela in stand gehou het, tot kommer en nadenke te stem.

Met die voorbeeld van die rassekaart wat Mbeki links en regs speel, het
dit 'n gerieflike verskoning vir talle geword om kritiek teen die
foute van die ANC en regering te probeer afmaak en verdoesel.

Speel die rassekaart, het in die Mbeki-era die nuwe "towerstaf"
geword om lastige vrae en kritiek oor foute te probeer ontduik.

Dit stook verder die vlamme van 'n oorbeklemtoning van ras wat tot
onder meer ongesonde toepassing van regstellende aksie lei. Mense word
op grond van velkleur uitgedryf, afgeskryf, maak nie saak of
dienslewering en kundigheid skade ly nie.

In 'n hoofartikel hieronder word gewys op die skade byvoorbeeld in
die onderwys, waar 'n bekwame onderwysman op grond van kleur nie
geakkommodeer word nie. Dit terwyl die onderwys, soos ander instansies,
mank gaan aan kundigheid. Miljoene Suid-Afrikaners, die nuwe
Suid-Afrika, ly hieronder. Tog hou talle in die ANC en regering met
Mbeki aan die spits, vol met die speel van die rassekaart en die skep
van nuwe apartheid.

Die SAKP se jeugliga, die Jong Kommuniste-liga (JKL), het onlangs na
Mbeki verwys as 'n "diktator" wat "verskonings soek" vir die
probleme in sy party en wie se "taktiek" aan die apartheidstyd
herinner.

Volksblad sou kon byvoeg: Taktiek uit die apartheidstyd, skep
noodwendig naderhand nuwe apartheid en dieselfde soort
velkleur-vergrype as dié van die vorige regime. Dit hoort nie in die
nuwe nie-rassige Suid-Afrika nie. Dis 'n onding.

Bostaande is egter nie die enigste harde oordeel uit die binnekring van
die ANC-regeringsalliansie self nie. Cosatu het Mbeki bygekom weens die
rassekaart wat hy speel.

Dit kom nadat onder andere Cosatu en die SAKP hul misnoeë uitgespreek
het oor kabinetslede en ander ANC-hoës se aandeelhouding in die
peperduur Gautrein-pojek.

Nadat Mbeki die kritiek probeer afmaak het deur te sê "die
rassistiese beskouing van swartes as geneig tot korrupsie,
omkoopbaarheid en wanbestuur" is die rede agter die kritiek, het
Cosatu gesê hulle is "veral ontstig" oor Mbeki "se gebruik van
die rassekaart".

"Boonop laat die president se styl veel te wense oor. Hy probeer
altyd om diegene met wie hy nie saamstem nie, se ware besorgdheid wan
voor te stel ten einde hulle te verkleineer en hul integriteit aan te
val," het Costatu gesê.

Dis die kern van die saak. Hier lê die pit van 'n bose pitseer wat
Mbeki self in die nuwe Suid-Afrika geskep het.

As iemand kritiseer, maak hom verdag, val sy bona fides aan. Die
rassekaart kom hierin uiters handig te pas.

Dié laakbare taktiek is vandeesweek weer in Volksblad duidelik
geïllustreer.

'n Gerespekteerde, verligte joernalis en patriotiese Suid-Afrikaner,
Ferdi Greyling, het geskryf wat hy en sy gesin onder misdadigers moes
verduur.

Hoe hy sy vertroue in misdaadbekamping verloor het weens sovele ander
Suid-Afrikaners wat in dieselfde bootjie sit en ook nie gehelp word
nie.

Hangwani Mulaudzi, as woordvoerder van die departement van veiligheid
en sekuriteit, se reaksie hierop was 'n teksboek-voorbeeld van wat
Cosatu oor Mbeki uitgewys het.

Ons nuwe Suid-Afrika móét daarsonder. Staak dit. Dit skep 'n
pitseer op 'n plek wat elke dag skaaf - die strewe na
nie-rassigheid. Dit vergiftig die lewensnoodsaaklike nie-rassige
lewensbloed van ons nuwe Suid-Afrika.
http://www.news24.com/Die_Volksblad/Hoofartikel/0,8523,5-87_ 2053846,00.html

Nuus | 1 kommentaar

Vrou lieg oor verkragting

Vr., 12 Januarie 2007 15:04

Ek't gejok - plaasvrou
LUCILLE BOTHA 11/01/2007 09:43:47 PM - (SA)
RAWSONVILLE. - Die jong vrou wat valslik beweer het dat vier boere
haar verkrag het, het gister met trane in haar oë vertel hoe dankbaar
sy is dat "die leuens eenkant toe geskuif kon word".

Me. Anneline Davids (22) het gesê sy is deur 'n vriend, Anthony
Ntonzeni (15), se familie "gedruk en gedruk om te begin lieg".

Hulle het beweer Anthony is wreed deur die boere aangerand en sy is
verkrag. Die direkteur van openbare vervolging het egter besluit daar
is nie voldoende getuienis om met die saak voort te gaan nie.

Drukgroepe het ná dié bewerings oorlog teen die boere verklaar, en
dit het tot optogte gelei.

"Ek weet self nie waarin ek my ingedruk het nie," het Davids met
haar kop onderstebo gesê.

"Wat my die meeste bekommer, is wat die leuens aan ander mense gedoen
het. Hulle het daaronder gely. Die boere kon só baie verloor het: hul
plase, vroue, huise."

Davids het gesê mnr. John Matimba en mev. Rebeca Ntonzeni, Anthony se
grootouers, het haar gedreig om met hulle saam te stem.

"Die mense van Women on Farms het hier aangekom en hulle (Matimba en
Ntonzeni) het vir hulle die storie vertel. Ek moes net saamstem."

Volgens haar het sy nog nooit probleme met die boere gehad nie en weet
sy ook nie van die sogenaamde vergrype teen plaaswerkers in die
omgewing nie.

"Ek wil nou net dinge regmaak wat verkeerd is, maar ek weet nie of ek
die moed het om te kan praat nie. Dit sal swaar wees om hulle in die
oë te kyk.

"Ek wil baie graag om verskoning vra. En ek hoop hulle sal dit
aanvaar, want anders sal ek die res van my lewe daarmee moet
saamleef," het Davids gesê.

Volgens haar is daar eerder 'n probleem tussen die bruin en swart
mense (Ntonzeni se grootouers) in die omgewing.

"Hier is 'n helse ding aan die gang. Hulle kom nie reg met dié
plaas se mense nie."

Volgens gerugte bedryf Matimba en Ntonzeni 'n sjebien en het daarom
'n houvas op baie van die plaaswerkers. Die egpaar het ook verblyfreg
op die plaas Groenvlei.

"Dit is wrede mense. Hulle het nie 'n hart vir ander nie. As hulle
jou kan omry, dan sal hulle.

"Dit het in die gesprekke opgekom dat hulle twee van die boere se
plase en geld wou gehad het. Hulle het gesê die boere sal met hul kaal
voete hier uitstap, want hulle sal nie eens 'n ryding oor hê om hier
weg te ry nie," het Davids gesê.

Oor die moontlikheid dat sy vir regsverydeling en meineed aangekla kan
word, sê Davids: "Ek kan nie sê hoe ek daaroor voel nie. Solank die
waarheid nou uit is, kan alles maar kom soos dit wil. Ek het so ver
almal om die bos gelei, maar nou kan ek nie verder nie. Ek het myself
in die gemors gebring, nou moet ek myself daaruit kry."

Sy het intussen ook tot bekering gekom.

"Ek moet nou net op God vertrou. Hy is ál Een wat kan vergewe, want
die mense op aarde vergewe nie."

Een van die boere wat van die verkragting beskuldig is, het gesê hy
hoop nie dié mense kom weg met die leuens nie. Hy het 'n beroep
gedoen dat hulle vervolg word.

"Beskuldig my van enigiets anders, maar nie van verkragting nie.

"As die mense wat die leuens versprei het nie aan die pen gaan ry
nie, waarheen gaan ons same­lewing dan?"
http://www.dieburger.com/Stories/News/13.0.1835254256.aspx

Nuus | 0 kommentare

Skole in die NSA

Vr., 12 Januarie 2007 10:31

Gloudina - Hier is vir jou as eks onderwyser 'n interesante link om na te
gaan kyk. Wonderlik wat die ANC vir die kinders beteken is dit nie. Het
hulle die swartetjies op jou dae ook so deur gehelp ?

http://www.int.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=105 &art_id=vn20070111075623238C742746

Onderwys & opvoeding | 2 kommentare

Familie vermaak met opvoedkundig verskil

Vr., 12 Januarie 2007 09:07

Hierdie boodskap is in Engels.
Hoekom?
Die malle Hollander dink dat hy nie Afrikaans foutloos kan skyf
nie........

It's weird but passionate and in South Africa.
Ever time travelled with Albert Einstein?
Ever seen such an extraordinary wisdom in a Philosopher Garden?
Heard such a number of fantastic stories in a few hours?
Got lost in a huge maze?
Seen such a variety of succulent plants under the open sky?
Had such a personal welcome by hosts?

Well try to find your way to this very special place:

Everything you always wanted to know about sex ..... between plants but

never dared to ask.

It's family entertainment with an educational difference!!!

Enjoy Life.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    193  194  195  196  197  198  199  200  201  202  203  204  205  206  207  208    »]
Tyd nou: Vr. Des. 19 11:54:05 UTC 2025