Ek soek See Sonnet 2 ( Twee); Ma, 05 Desember 2022 16:00
Ek soek See Sonnet 2 van Theo Wassenaar. Dit begin met: " Stadig sak 'n glorie volle dag , weg diep in die stille oseaan. Dat die sterre en maan in aanbidding staan ..."
As jy hier uitgekom het is jy uitgevang! Daar is nie 'n woord soos tentoonstel of tentoongestel nie. Die korrekte gebruik is "ten toon stel", en die verlede tyd, "het ten toon gestel".
In hierdie woordgroep is "ten" is 'n voorsetsel ('n ou Nederlandse oorblyfsel), "toon" is 'n selfstandige naamwoord en "stel" is 'n werkwoord.
Nuwe Afrikaanse liedtjie - Lapper; Sa, 05 November 2022 00:31
Hi julle,
Ek wou graag jul opinie hoor - ek het hierdie ding gepen oor 'n jaar terug - en hy het net heeltyd in my laai gelê tot ek vir Magdel ontmoet het. Sy het toe belang gestel om dit te sing - en dit het toe uiteindelik op 'n volwaardige liedtjie uitgedraai.
Opgeneem by Weskus Studio.
Dis nog nie 'n regte musiekvideo nie, ek het net gedink dis effe beter om 'n liriekvideo op te sit as net 'n liedtjie met 'n swart agtergrond.
skaars bewus van jou bestaan
sien ek jou gewoonlik as ‘n klein, swart iets
wat deur die wind vasgewaai is teen die spinnerak wat my veiligheidshek versier
smôrens as ek die deur oopmaak
is die spinnerak daar
‘n brose skepping in ‘n koue wêreld
soms met doudruppels oortrek
of deur ‘n blaar ontsier
maar altyd is jy ook daar
die klein, swart iets
dan verwonder ek my aan die pragstuk teen die hek
en wonder waarom ek nog nooit die skepper daarvan gesien het nie
in ‘n oogwink verwyder ek dan die rak met my wysvinger
en begin my gereedmaak vir die dag wat voorlê
een oggend was my wysvinger te stadig
en jy het soos blits op die hek se traliewerk gaan sit
dis toe dat ek besef het dat jy die spinnekop is
wat my veiligheidshek versier
skaars 'n spikkel op die groot wêreldkaart
daar waar jy aan die voet van reus afrika lê
kompleet asof jy sy beskerming vra
of dalk wil jy sy vergifnis hê
jy is mos geen normale eiland
wat was werklik die doel van jou geboorte
of word jy self deur die reus gestraf
vir al die dood wat jy saai binne jou poorte
geen toeriste baljaar op jou strande
jy is geen tropiese paradys
stormsterk winde verdor jou velde
en die see rondom jou is kouer as ys
tog lê jy op die hoof seeroete
met 'n volle uitsig op die pragtigste baai
binne bereik van die ryk visvelde
maar sonder 'n enkele vis op jou kaai
net soos melaatses en gevangenes op jou moes kom boet
vir dinge wat andere as verkeerd beskou het
word jy ook gestraf vir die blote feit
dat jy hul hier weg van hul geliefdes gehou het
nie ver van hier staan daar ‘n reuse boom
wat gedurende die dag slegs as skaduplek dien
maar soggens vroeg en laatmiddag word dit ‘n voëllughawe
wanneer derduisende voëls uit alle rigtings
in sy ryk blaredos verdwyn
die jongste nuus en die dag se gebeure
word in verskeie voëltale en -dialekte met mekaar gedeel
en soos die nuwe vlugte aankom
word kennise en familie gesoek om boodskappe oor te dra
terwyl nuwe vertrekvlugte saamgestel word
dan begin die eerste vlugte weer vertrek
met tussenposes van enkele minute
op die lang tog na iewers ver van hier
net soos een van die tien miljoen speldeprikgaatjies
in die donkerblou rollerblinding van my ouma se spaarkamer
sit jy vasgeplak aan die naguitspansel
in die middel van die dag
omring deur die kamerdonker
lê ek op die bed
en wens dat ek deur die speldeprik kon vlieg
om die wêreld aan die anderkant te kon ontdek
in die middel van die nag
omring deur die nagdonker
lê ek op die grasperk
en wens dat ek tot bo-op jou kon vlieg
om die wêrelde aan jou anderkant te kon sien
jou stoute kabouter wat so oor my skouers klouter
jy maak my baie seer elke keer as ek probeer
om jou te tug oor die dinge wat jy kwytraak hier op my rug
as ek jou in die hande kry gaan daar niks oorbly
van jou grote bek wat jy so lief is om te rek
maar al slaan ek so woes ontglip jy my houe deur te spring en te koes
eintlik is jy ‘n goeie ou as jy net wil onthou
dat jy moet leer om te luister en in my oor te fluister
eerder as om op jou rug te lê en jou sê te sê
ek skrywe hierdie gediggie vir jou
om te sê hoe oneindig lief ek is vir jou
jy bring ‘n vonkel na my oog
as ek sien hoe die liefde uit jou hele wese ontvou
die totale oorgawe waarmee jy bak en brou
die teerheid waarmee jy ‘n stukkende voëltjie teen jou bors vashou
die sagtheid waarmee jy wasgoed oor die wasgoedlyn vou
jy bring ‘n wysie na my oor
as ek hoor hoe die liefde diep vanuit jou binneste opbou
die warmte waarmee jy klein gebeurtenisse onthou
die fermte waarmee jy die gesin omvou
die manier waarmee jy lagspiere ontklou
jy bring ‘n klop na my hart
as ek besef hoe gelukkig ek is om jou te mag hê as my vrou