Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Omdat ek nie mag nie...

Di., 24 Junie 2003 18:20

beteken ook nie dat ek nie kan nie.

Speedy
op sy stukke vanaand...

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

die kat!!

Ma., 23 Junie 2003 15:41

Ek wil nogmaals oor die kat gesels!!!

Ek het gedink en gedink, hoekom kan ek in Afrikaans niet oor 'n poes praat
nie!

Toen ek klein was en dis voor al die Nederlandse en Vlaamse kinders, ons
leer 'n liedjie oor die poes.

Jy kan dit ook aflaai van KaZaa!!!!!!!!!!!!!!

Die naam poesje mauw.
Dis net soos vader Jacob en slaap kindje slaap, almal ken dit.

Poesje mauw
kom eens gauw
ik heb lekkere melk voor jou
en voor mij
rijstebrij
o wat heerlijk smullen wij

Hondje waf
waf waf waf
blijf jij van mijn lekkers af
kom eens hier
aardig dier
geef me een pootje met plezier.

Ek dink nie dis nodig om te vertaal in Afrikaans nie :-)

Katjie mauw
nee dat klink nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

Speedy

Ma., 23 Junie 2003 09:06

Mister Speedy,DD en wat meer

nou vra ek jou, kan jy my vertel wat die vesrkil tussen Nederlands en
Hollands is??

Jy moenie Andries gek maak nie!!

Holland en Hollands bestaan nie meer, dis Nederland en Nederlands.

en die storie van dei boetie met die vinger in 'n dyk is ook nie reg nie!!!!

Andries vanwaar is jou voorouers??

Gr.Rico, die dit nie altyd gewoon is dat Afrikaners naais teen kaaskoppen is
nie.

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Sateliet stories

So., 22 Junie 2003 22:31

Andries wrote:
> Lorinda het die volgende skrywe gerig:
>
>> O, sateliet TV. Dis darem een ding wat ek nie aangeskaf het nie:-)
>
> Ek ook nie, kan dit nie bekostig nie..ek kyk ook in elk geval nie TV
> nie...so dit pla my nie. Ek was al by mense wat DSTV het..maar daar is
> amper nooit iets wat die moeite werd is om te kyk nie..dis my opinie.
>
> --
> The views here are my own...or maybe it was just what I felt saying at his
> point, okey?

Ek het nie 'n TV nie, ek haat dit om te sit en niks doen. Ek weet om
op 'n rekenaar te sit is nou nie iets dòèn nie, maar nogtans. Ek hou
wel van films en die teater, ek kan gedurende 'n film stil sit mits ek
van die fliek hou. Ek luister darem gedurig na die radio.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

N.V.K. 3

So., 22 Junie 2003 22:24

Andries wrote:

> Mense noem my .....Jakkals
>
> My pa het daarmee begin, blykbaar was ek vreeslik stout toe ek 'n klein
> seuntjie was...ek het graag met vuur gespeel ( nooit bed nat gemaak nie)
>
> Ek het een keer my my ouma-hulle se bed aan die brand gsteek...ek praat nie
> graag daaroor nie ;-))
>
> --
> Powered By Mandrake Linux 9.0

Ek het gewèèt jy het iets aan die brand gesteek, daarom die vlamme
boodskap ...
Ek dink jakkals is 'n oulike bynaam! Ek wens ek was jakkals genoem. Ek
sien nou waarom jy gesê het Speedy sou daarvan hou. So jy is eintlik
Jakkals Kriel. Die naam pas beslis by jou nuwe beroep.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Andries se nuwe mat op in vlamme

So., 22 Junie 2003 22:17

Speedy Conzales wrote:
> On Sun, 22 Jun 2003 22:57:44 +0200, Andries
> wrote:
>
>> Wie almal op die groep is rokers??
>
> Ek sien geen hande nie
>
> Powered By Windows XP (new Pirate Version)

Ek sien dis nou die geveg van die Linux Dragon teen die Windows XP
Rower...:-) Ons sal moet sien waar dit gaan eindig..

Ek steek nie my hand op nie, maar ek het wel 'n vinger in die lug
(seker daarom dat jy dit nie gesien het nie). Ek rook as ek met iets
sukkel.

Het jy iets aan die brand loop steek Andries?

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Van trekkers

So., 22 Junie 2003 22:12

Andries wrote:
> Praat weer later, Lorinda. Hopelik is jy dan al klaar getrek.
> lekker doen wat jy ook mee besig is.
>
> --

Ek sal nie getrek wees nie Andries, ek het jou mos al gesê ek drink
nie (behalwe wyn met ete):-))
Dankie vir die goeie wense, ek sal teen Dinsdag aand of Woensdag seker
weer hier wees.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Ik ga nauw slaapje.

So., 22 Junie 2003 21:05

Praat weer later, Lorinda. Hopelik is jy dan al klaar getrek.
lekker doen wat jy ook mee besig is.

--
Powered By Mandrake Linux 9.0

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Op in vlamme.

So., 22 Junie 2003 20:57

Wie almal op die groep is rokers??

--
Powered By Mandrake Linux 9.0

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

N.V.K. 2

So., 22 Junie 2003 20:46

Driesie wrote:
> Lorinda het die volgende skrywe gerig:
>
>> Waarom? Nie dat daar iets verkeer is daarmee nie..
>
> Ek kan dit ''Andries'' hou. Wil jy weet as wie is ek in die destrik bekend?
>
> Speedy sal dit dalk interessant vind om te weet.

Ek het nie gesê jy moet dit Andries hou nie, ek het net gewonder waarom
jy besluit het om Driesie te word. NATUURLIK wil ons weet as wie jy
bekend is in die distrik!

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    1715  1716  1717  1718  1719  1720  1721  1722  1723  1724  1725  1726  1727  1728  1729  1730    »]
Tyd nou: Vr. Jun. 05 21:16:49 UTC 2026