Andries wrote:
> Askies tog, hy werk vir J&C Electronics in Bethlehem. Hy sit DSTV skottels
> op. Dis skottels wat 'n mens saam met 'n dekodeerder koop om baie stasies
> op jou TV te kan sien.
O, sateliet TV. Dis darem een ding wat ek nie aangeskaf het nie:-)
Andries Kriel wrote:
> Lorinda het die volgende skrywe gerig:
>
>>> ..... Wat eet jy op jou pannekoek Andries?
>
> Wel, bruinsuiker, kaneelsiuker. of soms roomys met karmel sousie.
> Gaan ons pannekoek eet?
Ek kan pannekoek maak... Maar Speedy is die een wat pannekoek maak
terwyl hy sy hardeskyf formateer, nou wonder ek of hy dit oor 'n oop
vuur doen? Ek het nie gedink hy kook by die hoofkantoor nie, ek het
gedink hy leef van fish & tjips, maar dit was blykbaar verkeerd.
> Trek jy dan ook? Waarheen trek jy? Ek het al begin om al my boeke en CD's
> bymekaar te kry. Ek is ook verbaas oor al die gemors wat ek opgegaar het.
> Goed wat nie eers geweet het ek het nie, kom ek op af. Goed wat ek op
> stadium gesoek het en van vergeet het pop ook op.
>
> My vriend werk vir maatskappy wat Multi Choice skottels instaleer. Hy maak
> oor radios reg en instaleer ''sound'' in karre.
Ek trek maar net 'n paar strate weg na 'n huis toe wat 'n bietjie
groter is. Maar alles moet nog steeds ingepak word. Ek sit hier en kyk
vir die spul goed en dink het ek dit alles nou werklik nodig...
Wat is 'n multi-choice skottel, en waar is die maatskappy waarvoor hy
werk?
Andries Kriel wrote:
> My naweek was lekker. Een van my vriende wat ek lank laas gesien het, het
> sommer net Saterdag hier opgedaag. Dit was lekker om die ou weer te sien.
>
Waar kom jou vriend vandaan? My naweek was okay, maar ek pak in want
ek verhuis môre. Ek kan nie glo hoe ek goed opgegaar het nie, waar is
die dae wat mens maar alles in 'n rugsak kon gooi.. Sug.