Net ter opheldering ven my oorsproklike artikel oor Bybelvertalings: sover
ek weet, is die 1933 Afrikaanse Bybel uit die ("oorspronklike") Hebreeuse en
Griekse tekse vertaal. Die Latynse Vulgaat is uit latere (Griekse?) tekse
vertaal.
Ek wonder net of die persoonlikhede wat gifmengers en snellertrekkers was in die strafkampe van Angola ook voor die kommisie gaan getuig?
Sal hulle ook dalk aangekla kan word? Of is hierdie nou net regsgeldige basis om net die "ondredrukkers" te vervolg?
Ek vra maar net vir die ouens wat weet
Pieter van der Dussen gee ons 'n dosis HNP propaganda:
> VERTROUE IN SWART REGIME STORT VOLLEDIG INEEN
[knip]
> Die wesenlike van die saak is dat die Swartbeheerde regime net so min
> in staat is om `n land te regeer as enige Swart regime elders in
> Afrika. Geen rentekoersverhoging of enige ander luttele poging kan
> hieraan iets verander nie.
[knip]
Kom ons vergeet gerieflik van die feit dat Botswana tot onlangs die
wêreld se hoogste ekonomiese groeikoers gehad het, en dat beleggers
uit Suid-Afrika na Botswana en Namibië vlug.
> aflaai. Dit is `n uiting van vertrouensgebrek nie soseer in Manuel of
> Mandela nie, maar in die toestand as geheel wat sedert die berugte De
> Klerktoespraak op 2 Februarie 1990 tot stand gekom het. Solank die
> SAKP/ANC aan bewind is, sal dit met die land e n die Rand slegter en
> slegter gaan. Nie oor hulle sosialisme as sulks nie, maar oor hulle
> onvermoe en die bewese mislukking van Kommunisme elders in die
> wereld.
Nee, die HNP sal natuurlik nie sosialisme "as sulks" kritiseer nie,
aangesien dit self 'n organisasie is wat sosialisme aanhang. Toegegee,
regse, oftewel fascistiese, sosialisme.
> Die enigste verweer teen die verval is dat Afrikanernasionalisme weer
> tot sy reg sal kom. Dit was die dryfkrag wat in die verlede die land se
> ontwikkeling en vooruitgang bewerkstellig het - tot so `n mate dat die
> Rand in die jare-sestig $2,50 werd was. D a arom moet die Afrikanervolk
> toenemend en met ywer dit wat eie aan hom is, weer opbou sodat hy
> gereed sal wees om in die toekoms, wanneer die tyd aanbreek, die land
> te herstel.
Arme HNP! Kan nou nog nie insien dat die gemors wat die ANC veroorsaak
juis die gevolg is van beleide en retoriek wat soortgelyk is aan die
HNP s'n. Dis juis Trevor Manuel se uitvaar teen wat die HNP die
"internasionale geldmagte" noem, wat soveel skuddings veroorsaak. Wat
retoriek en ekonomiese sin betref, kan Manuel maar net sowel 'n lid van
die HNP wees, alhoewel die werklikheid miskien hom 'n paar lesse geleer
het. Die HNP leef nog in 'n sosialistiese droomwêreld.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
>>> Ek wonder waar is al die beleggers wat ons in 'n JA-stem in gedreig
> het met ons ekonomie wat kamstif so swak gaan wees (met 'n NEE-stem)
> nou. Ek sien die rand het vandag al by R4.58 vir 'n dollar gedraai. Ek
> wonder of dit dalk iets is wat ons geagte minister van Finansies gesê het.
> =======================================================>>>
Jou implikasie is dat as ons steeds apartheid in mense se kele
afgedwing het, sou die waarde van die Rand vandag hoog gewees het.
Dis 'n sotlike argument.
> Nou ja, dit is my stuiwer. Ek het geen video masjien nie, dus kan ek julle nie help nie.
>
> Groetnis uit 'n sonnige Kommetjie.
>
> Abel
Dis nou n man so na my hart. Geen Video, maar n Rekenaar en
Internetverbinding. Lyk my jy het jou prioriteite dood reg! Ek het n TV en
Video en kyk daarna as ek verbystap na my PC toe!
Snail mail : Julius Bergh, 32 Koola Dr, Nerang QLD 4211, Australia
Email. . . : jbe...@onthenet.com.au
URL. . . . : http://www.onthenet.com.au/~jbergh
'n Interresante gesprek op SABC 3 Between the Lines, die week wat
verby is, eers kritiseer sy die White Owned Press oor hulle
meerendeels net opinies gee en geen feite opdis nie, en daarna is
sy baie geredelik om self ons in te lig met haar opinies.
Een van haar opinies is die oor geweld en hoe dit endemies in
Suid Afrikaanse kultuur is, natuurlik word dit alles veroorsaak
deur mans met wit velle en as ons kan wegdoen met hulle, sal die
saak opgelos word.
Daarmee sal ek nie eintlik sommer wil verskil met haar nie, maar
haar siening dat geweld soos ons dit hier vind in Suid Afrika
glad nie normaal is nie.
Sover ek ingelig is begin die algemene geweldskultuur 'n paar
honderd kilometer suid van Holland in Algerie en strek dit tot
die Suidpunt van Afrika, ook 'n paar honderd kilometer oos van
Holland in Sarajevo en strek dit tot Hanoi, in die Amerika's
begin dit net suid van Montreal en strek tot verby die Falkland
eilande, ek sal eerder aanvoer dat die geweldskultuur as die norm
gesien moet word, en dat die tipe van vrede (of te wel
afwesigheid van geweld) en voorspoed wat 'n land soos Holland die
laaste 50 jaar ondervind het as 'n besondere uitsondering gesien
moet word en nie as 'n norm waarop ons ons self moet vestig nie!
Maar ek moet se ek beny haar die opinie, want dit moet wonderlik
wees om nie in vrees te lewe nie!
Nico Kock skryf oor die �algemene geweldskultuur�
wat onder andere �in die Amerikas begin net suid van
ontreal.� Dit laat my lag. In Montreal stap 'n jong
man in die ingenieursfakulteit van 'n lokale universiteit
in en skiet 17 meisies dood, net omdat hy dink dat dit
nie die plek is waar meisies behoort te studeer nie. In
dieselfde Montreal skiet 'n onvergenoegde professor
vier van sy kollegas dood. Hy het dit gehad teen sekere
professore wat hulle akademiese bydraes volgens hom
op oneerlike maniere bekom het. Maar die vier wat hy
skiet, was net onskuldige mense wat hom probeer keer
toe hy begin skiet. En die moordenaar is nogal 'n Jood
uit Rusland.
Hier in Ottawa sterf 'n jong man, wat sopas uit Engeland
aangekom het met 'n Ph.D. en 'n goeie werk in die rekenaars-
wese, in 'n �drive by shooting.� Die moordenaar wat met sy
maats rondry en 'n man wou skiet ófor kicks,� verklaar
dat hy nie bedoel het om hom dood te skiet nie, want hy
�aimed for the legs.�
Nee, wanneer jy van geweld praat, hoef Kanada nie vir
enige plek op die wereld terug te staan nie. We have been
there, done that. Hoekom is daar nie enige sogenaamde
Indiane in Newfoundland nie? Witvelliges het op een na
almal doodgeskiet. Sy was 'n vrou. Toe lok hulle haar uit
die heuwels met die aanbieding van persente, en toe skiet
hulle haar ook dood.
So 'n dekade gelede toe die Rand begin tuimel het, het ons die volgende
grappie vertel (onthou julle hom nog?):
Het jy gehoor Barend Du Plessis het 'n eredoktorsgraad vir chemie gekry?
Hoe so?
Hy's die eerste ou wat dit kon regkry om die Rand in stront te verander!
Ewenwel: destyds het Brink in een van sy romans (ek meen dis "Dro"e wit
seisoen") geskryf oor die Rubicontoespraak van PW Botha en gemeen dat die
oud-pres. van hoogverraad aangekla moet word omdat hy nie die integriteit
van die land se geldeenheid bewaar het nie. In een van Lincoln se beroemde
toesprake stel hy die instandhouding van die geldeenheid as een van die min,
maar belangrike pligte, van 'n regering. As dit nie gedoen word nie, kom dit
neer op diefstal teenoor die burgery. Hoe lyk dit nou met die snot-en-trane
libbies ("bleeding hearts"): verdien die huidige goewerment nie 'n aanklag
van hoogveraad nie? Die ekonome sal presies vir ons verduidelik wat die
nadele van 'n swak eenheid is, tesame met die enkele twyfelagtige voordele.
Maar ek ervaar nou daagliks in New York: 12 jaar gelede het 'n koppie koffie
in 'n gawerige restaurant hier $1 gekos; dit was R1. Vandag kos hy wragtag
nog steeds net $1; maar dis nou R4-50, en ons ho"e inflasie in hierdie
tydperk "vergoed" nie vir die verskil nie. Maar dis seker nog beter as by
die huis, waar 'n koffie al by die R5 kos teen die tyd. (Ek is darem al 3
weke uit die land uit.)
Groetnis
Chris Claassen
At 02:29 PM 4/26/96 SAT, you wrote:
> Ek wonder waar is al die beleggers wat ons in 'n JA-stem in gedreig
> het met ons ekonomie wat kamstif so swak gaan wees (met 'n NEE-stem)
> nou. Ek sien die rand het vandag al by R4.58 vir 'n dollar gedraai. Ek
> wonder of dit dalk iets is wat ons geagte minister van Finansies gesê het.
> =======================================================
> Freek Eek
>