David Kramer se SO LONG SKIPSKOP breek my hart.
Dit som ook vir my op die manier van leef en praat van 'n
deel van die Suid-Afrikaanse bevolking wat, vredeliewend,
net daar naby die "bloudam se branders" wou bly. Daar
waar hulle voorsate gebly het lank voor die wit en die swart
mense hulle woongebeide binnegedring het.
SO LONG SKIPSKOP
Pak op pak op
Sit jou goedjies op jou kop
More gaan ons weg
Ver van hier weg
Skipskop Skipskop
Wanneer hou die dinge op
Swaarkry lê net voor
Die blou berge oor
Overberg se mens is ek gebore
Op die plek Skipskop
Nes my pa en sy pa ook
Hier deur die duine loop ons se spore
Hier op die beach
Hier langs die see is ek gedoop
Wat ken ek anders
As die bloudam se branders
Die wolke en die winde wat hier waai
Verkoop jou bootjie pak op jou goedjies
Se maar so long Skipskop
Skipskop se goodbye
Linkerhand regtehand
Watse kant lê die plek Misverstand
Ekskuus Meneer ag se tog weer
Is dit die pad wat ons moet more vat
'n Stukkie lê hier en 'n stukkie lê daar
Stukkies van my lewe
Hulle lê so deurmekaar
Tel op tel op vir Shorty en sy Pop
Gaan haal vir Apie en hou daai kindjie dop
Wat ken ek anders
As die bloudam se branders
Die wolke en die winde wat hier waai
Verkoop jou bootjie pak op jou goedjies
Se maar so long Skipskop
Skipskop se goodbye
As ek nou in die vreemde aan Suid-Afrika dink, dan dink ek
aan 'n land wat omring is met water, 'n land met die unieke
vryheid dat hy oor meer as driekwart van sy grense net die see
as buurman het. Alle Suid-Afrikaners loop rond, miskien sonder
om dit aldag te besef, met die wete van die "bloudam se branders"
daar op hulle grense in hulle kop.
Ek lees vanoggend in die Volksblad dat die ANC 'n helse verrassing gekry
het. Een van hulle offisiere het getuig hoe dames (?) in die ANC-kampe te
Angola seksueel misbruik is deur offisiere. Hy het ook verder getuig van
martelings en ander wandade.
Voorspelbaar is hy deur die voorsitter stilgemaak. Sy 50 minute van bieg
en kla was glo verby. Toe die persoon beswaar maak is sy mikrofoon
summier afgeskakel.
Is daar nog enige twyfel is oor die verskuilde agenda van die ANC ?
Louis Leipoldt is ongetwyfeld een van die grootste digters
in Afrikaans. Ons glimlag as ons aan Leipoldt dink: hy is die
digter wat praat oor “somer en son en saffier,” wat ons ver-
tel van die Hantam deur te praat van “waboom-blare, ghnarra-
bosblare.” Hy is die digter wat vir ons “Op My Ou Ramkietjie”
gegee het, en verklaar:
As die maan my aanhoor,
En die sterre knik,
Dan speel ek kordaat voort,
In my skik.
Maar as ‘n mens sy langer gedigte weer deurlees, kom jy onder die
indruk van hoe ‘n donker ondertoon daar in ‘n hele klomp van sy
gedigte is. Hy kan vertel van iemand in ‘n “wêreld orals grys”
Soos ‘n man wat moeg gebuk loop, sy hart deur haat versteen,
Met sy liefde lank verwaarloos, alleen, alleen, alleen!
Hy was ‘n man van diep persoonlike passie, wat kan praat van
‘n geliefde wat dood is in “Die Aakligste”:
Dit is die bitterste dat ek geen hand
Kan uitstrek, hulpvol, meelyend in my smart;
Geen steun kan gee, hoe hard en swaar die stryd;
En dat daar swerwe in die Dodeland,
Verlate, wat ek liefhet in my hart!
Leipoldt was ook kroniekskrywer van die Afrikaner. Hy laat
vir “Martha van die Markplein-hoek” die storie vertel van Van
Noodt, ‘n greep geskiedenis van die westelike Kaap. In “Oom
Gert vertel” beskryf hy die periode van die Boere-oorlog van
die standpunt van die Kaaplanders wat by die Boere-kommandos
aangesluit het en hoe van hulle aan die galg moes sterf weens
hulle hoogverraad. Hy skryf “In die Konsentrasiekamp” en ‘n
vreeslik bitter “Vrede-aand.” Hier volg twee van sy korter
gedigte, met dieselfde donker ondertoon. Stilisties kan hierdie
gedigte vergelyk met die beste van Opperman se gedigte.
Sekretarisvoel
Sekretarisvoel met jou lange bene,
Met jou penne agter die ore styf,
Met jou stadige stappies, wat maak jy hier?
Sekretarisvoel met jou lange bene,
Met jou vaalgrys vere en lang, lang lyf,
Met jou groot, groot oe, wat maak jy hier?
Die Koperkapel
Die koperkapel kom uit sy gat
En sluip die rantjie rond:
“Dit het gereen, die veld is nat
En nat is die rooi-geel grond.”
Die meerkat kom, en sy ogies blink,
En hy staan orent en wag.
En die stokou ystervark se : “Ek dink
Die reën kom weer vannag.”
Maar die geitjie piep: “Dis gladnie reën!
Dis klewerig, swart en rooi:
Kom jy sulke reën in jou lewe teen -
So glad, so styf, so mooi?”
En die wyse steenuil waag sy woord:
“Dis bloed, dis mensebloed!
Dis lewensbloed wat hierdie oord
Se bossie-wortels voed.
Leipoldt (1880-1947) is gebore op Worcester. Was oorlogs-
korrespondent vir die “Manchester Guardian” gedurende die
Anglo-Boereoorlog. Was die mediese dokter vir Generaal Botha
in die Eerste Wereld-oorlog.
Ek is Portugees en woon nou in Madeira. Ek het vir 18 jaar in Suid Africa gewoon. My
"taal" is nou nie so goed soos dit eenmal was, maar ek will oefen, en welkom eenigeen
om my te skryf.
Manuel
Vertel vir al jou maatjies van die nuusgroep. Ongelukkig het ek nie aldag
tyd om kommentaar te lewer op die usenet nie. of ek kan nie by 'n rekenaar
uitkom nie...
sien julle later
--
Grove Erasmus
Posbus 40
Ellisras
0555
Suid-Afrika
Tel: 083-654-6546
++27-(0)14-763-43854
Jeannette is pragtig
?
Ja, mens vergeet somtyds om te dink aan watter groot
rol al die ander mense speel in die sukses van die werk
van mense soos David Kramer. In sy laaste CD bedank
hy vir Taliep Petersen en Tully McCully en al die mense
wat gehelp het met die liedere.
Ek voel juis dat die sukses van enige band, of dit nou
U2 of Rolling Stones of David Kramer is, afhang van die
kwaliteit en die variasie van die musiek op die agtergrond.
Die stem moet, in meeste gevalle, net nog 'n instrument
wees, en nie die grootste aantrekkingskrag nie.
Ek dink egter dat David Kramer se stem self 'n besondere
verskynsel is. Hy sing op verskillende toonhoogtes vir ver-
skillende karakters of stemminge. Hy bereik, met verander-
ings in sy stem, selfs verskillende politieke effekte.
Hy kies ook om in Engels of Afrikaans te sing, met 'n
fyn gevoel vir wie sy gehoor gaan wees. "Hekke van Paradise"
is in Engels, maar wanneer hy by die refrein kom, dan sing
hy in Afrikaans:
En ek vra jou mos, ek vra jou mos
Ek vra jou mos so nice
Hoekom blaf die honde
By die hekke van paradise
'n Mens weet vir wie hy hierdie lied sing: 'n geslag vir
wie jy net so jammer moet wees as vir hulle swart tyd-
genote wat in die sewentiger- en tagtigerjare groot
geword het.
Waarom gaan jy nie naar alt.gay of soiets nie? Ek is g'n homofoob nie
maar dis nie die plek vir jou soek nie, dis 'n fokken KULTUURgroep g'n
seksgroep nie! En waarom wil jy van SA-moffies hoor? Is hulle besonder
moffies eh?
Karen
^^^^^^^^^
Bedags vleg sy woorde,
koppies tee, 'n helder lag
en 'n paar verlore dinge
tot 'n blou aand in Barossastraat,
waar sy in 'n donker vertrek
van blomme droom
wat in gister se dorpe groei.
Laat in die nag
in die huis van drome
leun Karen dan
oor 'n balkon.
En in die middel van haar slaap,
glimlag sy tussen goudgeel blomme.
Gerda
^^^^^^^^^^
Gerda woon in 'n eenrigtingstraat
net bokant die Tuine.
Sy het pikswart hare en donker oe"
vol lag wat 'n mens in jou agterkop hoor.
Haar stem smelt in haar mond
sodat 'n mens net die sagte vorms van haar woorde hoor.
Maar haar hande is vol van woorde
wat sy in die lug voor haar los
as sy met jou praat
in haar woonstel net bokant die Tuine.
In die Kaap se noordweste is daar twee kulture.
Die een is gevorm deur die halfwoestynkarakter van die
land weg van die Oranje-rivier af. Daarteenoor staan daar
'n rivierkultuur, gevorm deur die teenwoordigheid van volop
water en die vrugbaarheid wat daarmee saamgaan.
Donald Riekert is 'n digter wat die land weg van die rivier
besing. Hier volg twee van sy gedigte.
JAKKALSTROUE
Jakkals trou
met wolf se vrou
in die windvlaag geluk
van 'n paar druppels
van die son se skyn
losgeluk vir 'n oujongjakkals
waar die wolke losklos staan
en water afslaan
reis jakkals haarnat gereën
op sy ver wittebrood
in die kromstaandraai
van die reënboog.
DROE LENTE
Dis lente die jaar
die haakbosreentjie bly weg
in droë blom droe wit stuif
lê die steenbokrammetjie met
sy kop op die blare se ophoop
wyl die ooitjie haar kop druk
teen die ram se lies in die koel
skaduwee van die bos In die ooi
se dor oog ryg die jongby
op in 'n droë heuningkoek
en in my hart se vat
kruip die rooi duin
daardie jaar groot woestyn
Die Noordkaapse halfwoestyndele word dus besing.
Ek ken egter geen digter in Afrikaans wat oor die vrugbare
en oordadige lewe dig van gebiede wat deur kanale vol
water besproei word nie, waar die natuur se oorvloed iets
alledaags is. Soos op die eilande van die Oranje.
In die lente in die oggend word jy wakkergemaak deur
die geluid van bye in die bloeisels van die lemoenbome om
jou huis. As jy, met die geur van die lemoenbloeisels in jou
kop, by jou slaapkamer se venster uitkyk, kyk jy vas in die
pienk van 'n perskeboom. As jy vroeg in die lente skooltoe
loop in die more, wonder jy of die eerste groen van die
sultanawingerdstokke nou meer groen of meer silwer is. En
jy besluit dat jy eendag, as jy tyd het, gaan tel hoeveel skake-
ringe van pienk perskebloeisels daar is.
Die granaatlanings wat sewe tot ag voet hoog is, is daar
om in rondgeklim te word, die vrugte en bloeisels as ammu-
nisie vir 'n oorlogspel. Ons eet nie die kwepers nie. Breek net
die vrug oop om by die gom om die pitte te kom. Wat ons wel
vroeg in die oggend eet, voor ontbyt, is die turksvye, spesifiek
verbied deur ons ouers so vroeg in die more. Ons weet, jaar na
jaar, hoeveel stokke ons moet aftel voordat ons by die seldsame
enkele stok van kristaldruiwe kom wat per ongeluk tussen die
sultanadruiwe ingesluip het. Met die sultanadruiwe word daar
rosyntjies gemaak, van die beste in die wêreld.
Ons weet hoe lyk 'n perfekte waatlemoen. Ons weet hoe
grondboontjies lyk as die plant met die boontjies op sy wortels
op die land lê en droog word. Ons weet hoe om katoen te pluk
(ons wil betaal word natuurlik.) Ons laat sak ons koppe tussen
die wilde mint op die walle van die grootvoor. Ons weet hoe
klink 'n paddakoor met tien stemme. Water is iets wat om ons
vloei, in groter en kleiner vore, dag in en dag uit, soos die bloed
in ons are. Ek dink kinders op die Nyl daar in Egipte sal weet
waarvan ek praat.