In article , gar...@iafrica.com says...
>
> A subscriber to the Theatre List has queried if any of us
> know how she might find a copy of a play by Adam Small entitled
> "Orange Earth."
>
> Could someone forward me a possible source or supplier?
>
> Colin
> gar...@iafrica.com
>
> ------------------------------------------------------------ ------------ -------
> \:. Colin George Garvie .:/
> \;, ,;\\\,, PO Box 50216,Musgrave,Durban 4062,South Africa ,,///;, ,;/
> \\\;;:::::::o gar...@iafrica.com o:::::::;;///
> ///;;:::::::: ::::::::;;\\\
> /;' "'/////'' "The garvie sprat" ''\\\\\'" ';\
> ------------------------------------------------------------ ------------
-------
Kan jy nie sien of agterkom dit is 'n nuusgroep oor Afrikaans nie,
nietemin hoekom probeer jy nie volgende keer in Afrikaans skryf nie.
Die wonderlike van David Kramer is dat hy 'n snaar van Suid-Afrikaans wees -
en veral Afrikaans wees (al is hy nie Afrikaans nie) aanraak waarmee almal kan
vereenselwig, veral ons wat in die sestigs en sewentigs grootgeword het. Veral
in die Kaap!
Die Burger (11 Junie 1996) op bladsy 3 berig dat Afrikaans Stereo sy naam moet
verander omdat die SABC nie wil hê dat taal- of etniese groepe geïdentifiseer
moet word in die naam van die tien taalgebonde radiostasies nie. Sweerlik kan
daar nie fout wees met etnisiteit of taal as sodanig nie. So wat is dan die
SABC se probleem?
Enige idees?
Die nuwe naam van Afrikaans Stereo gaan blykbaar Radio Sonder Grense wees.
Enige beter name as dit?
Het iemand dalk 'n e-pos adres vir Eben Venter in Oz ?
Dankie
Franz
_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
j...@its.uct.ac.za http://www-jfd.its.uct.ac.za/
_________________________________
Snoepie oor sy inkleurboek:
"Ek maak altyd die lug blou"
Bobbejaan, bobbejaan, waar kom jy vandaan ?
Bo uit die berge, onder die maan.
Bobbejaan bobbejaan, wat maak julle daar ?
Ons grawe vir uintjies, en stoei met mekaar !
Nou leer ek dit vir my seun. Hier in die buiteland.
Dis mos kultuur. Of is dit net tradisie ?
Charl Durand verklaar dat hy sinies is oor die "damaskus-
pad" ondervindinge deesdae. "Wat ons red," se hy, "is die
ongelooflike verdraagsaamheid aan alle kante: Swart se
verdraagsaamheid van die witte... en wit se vertroue dat hy
nie gaan wraak neem nie." Is dit nie alreeds 'n gevolg van
die funksie wat die Waarheids- kommissie vervul nie?
Onthou, ook, daar is swart gewetes wat swaar dra aan dinge
wat gedoen is in die afgelope paar dekades. Soos die mense
wat 'n jong tuinwerker sommer net daar in die tuin doodmaak,
omdat hy werk toe gegaan het en nie aan die optog deur die
strate van Durban deelgeneem het nie, in die vroegsestigerjare,
net na Sharpville. Ek het altyd gewonder: het hierdie jong seun
selfs geweet van die boikot?
You have been added to list afri...@unseen.aztec.co.za.
The system has recorded your address as
soc.culture.south...@magus.dgsys.com
and in order for your messages to get posted (if the list accepts postings),
you will have to send them from this address, unless the list does not require
subscription for posting.
If a message is ever rejected, please contact the list's owner: p...@aztec.co.za
For information on this service and how to use it, send the following
request in the body of a mail message to lists...@unseen.aztec.co.za:
HELP
All requests should be addressed to lists...@unseen.aztec.co.za.
Die Afrikaanse poslys is 'n informele forum vir die bespreking in
Afrikaans van die taal, die kultuur, die geskiedenis en die toekoms van
Afrikaans. Besprekings is nie beperk tot Afrikaans of tot in Afrikaans
nie, maar daar moet tog gepoog word om nie te ver daarvan te dwaal nie.
Die lys word ge-administrateur deur Johan Ferreira. Enige probleme of
vrae kan gestuur word aan fe...@beldin.sun.ac.za.
Sou 'n posstuk, wat die poslys aan jou pos, bons, sal jy van die lys
verwyder word. Geen vrae sal gevra word nie en geen waarskuwings word
gegee nie.
Wat is Afrikanerskap?
Charles Durand se die "Afrikaner se nasieskap is op 'n einde,
vrinne." Vir my te pessimisties.
Christo van der Merwe se "burgerskap het niks met Afrikaner-
skap te doen nie." Meer in my kraal.
Vir my sentreer Afrikanerskap definitief op die bestaan van die
taal Afrikaans : 'n geweldige soepel taal. Ek wonder somtyds
of die soepelheid tot 'n groot mate gekom het toe die bruin mense
van die westelike dele van die land begin het om die taal van die
wittes te praat. Dit is daarom dat David Kramer so reg in die
Afrikaner se siel kan inpraat. Hy ken die resep. Daar is dinge waar-
oor gepraat moet word, en net mense soos Kramer en Boerneef
ken die kortpad na die hart.