Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Ek wag nog op repliek, At.

Wo., 06 Augustus 1997 00:00

>>
>>>
>>> Maar jy, Gloudina, _praat_ nie op hierdie nuusgroep nie. Jy laster. Jy
>>> laster soos die Legio. Mag jy ook 'n varktrop invaar en oor 'n krans
>>> verdwyn!
>>>
>>> Leendert
>>
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Ek wag nog op repliek, At.

Wo., 06 Augustus 1997 00:00

@igs.net wrote in article ...
>
>>>
>>>>
>>>> Maar jy, Gloudina, _praat_ nie op hierdie nuusgroep nie. Jy laster. Jy
>>>> laster soos die Legio. Mag jy ook 'n varktrop invaar en oor 'n krans
>>>> verdwyn!
>>>>
>>>> Leendert
>>>
>>
>
>

Spring, At!

Hoe durf jy Haar Boosheid laat wag!

En terwyl jy spring, hiermee sommer ook my reaksie op 'n vroeëre berig van
HB, hier by 6 Julie rond.

Groete, Leendert

Bouwer wrote in article ...
>
>
>
> (1) Leendert, vir iemand wat 'n wetenskaplike is, is
> jou geskrywery 'n aaneenflansing van veralgemenings.

Dankie vir 'n stukkie weldeurdagte, goedgemotiveerde literêre kritiek.
Dit sou help as jy uit my teks voorbeelde gee van "veralgemenings".

> Jy het 'n agenda.

How perceptive of you! En wat sou my agenda wees? Ek het bloot punt vir
punt gereageer op jou stellings.

> Jy sê julle is nou so arm dat julle
> nie meer koppies kan koop nie. Jy moet iets verkeerd
> doen.

Inderdaad. Ek bly hier.

> Die indruk wat ek kry uit ons kontak met vriende
> en kuberkontakte se vriende, is dat die witmense in SA
> nog orals rondry, baie buiteland toe gaan (meer as die
> deursnee Kanadees) en eintlik baie bederf is.

Ek het jou in die afgelope maande al herhaaldelik daarop gewys dat jou
indrukke foutief - of uiters selektief - is. Iemand anders het jou daarop
gewys dat jou vriendekring klaarblyklik uit besonder bevoorregde mense
gekies is. Dit is die soort wat alyd bo uitkom, ongeag die omstandighede -
die soort wat soos die eerste Lord Rothchild glo: "The time to buy is when
the blood is running in the streets". Jou indrukke, Gloudina, gee 'n kykie
op jou vriendekring.

En, tussen hakies, hierdie stelling oor "die witmense in Suid-Afrika" moet
die koek vat - van veralgemenings gepraat! Kom vertel dit gerus vir die
verflenterde "wit Suid-Afrikaanse" vroue wat by elke tweede verkeerslig
staan en bedel.

> As daar
> aan die geld- en mag-strukture van Afrikaanse universi-
> teite gekap word, is dit natuurlik.

Daaroor moet ek voor jou meerdere kennis buig - ek was nog nooit deel van
die "geld- en magstrukture" nie.

> Daar is nou nie meer
> so baie geld om op witvelliges uit te gee nie.Dit was in
> alle geval van voor 1948 al 'n skandaal: al die vet van die
> land bestee aan 'n paar miljoen wittes.

Nou wie is hoogheilig oor veralgemenings? Of wat noem jy hierdie een!

> Dit is wel waar dat daar 'n probleem met geweld
> is. Maar dieselfde familielid van my wat (deur die ou
> regime) as lid van die Goldstone Kommissie benoem is,
> is nou (deur die nuwe regime) aangestel om die regering
> se beleid vir die bekamping van geweld te ko-ordineer.
> Hy is dus geen lakei van "hulle" nie.
> Die regering probeer dus wel iets aan die saak doen.
> Ek dink hulle is net so bekommerd daaroor as jy.

Ek weet nie waarop jy hierdie persepsie van jou grond nie - waarskynlik op
dieselfde soort bronne as die wat jou die indruk gee van bedorwe wit
Suid-Afrikaners. Of dalk wil jy my verduidelik hoe en waar hierdie "kommer"
manifesteer - dat ek dit ook kan sien.

> Die feit
> is egter dat die saad wat in die apartheidsdae gesaai is, nou
> warrelwinde maai.

Hierdie keurige stukkie sinisme is veel nader aan die huidige regering se
standpunt oor misdaad en geweld - dis die slagoffer se skuld dat hy die
teiken daarvan geword het - "blame the victim"!!

> As ten minste al die "Christene" soos
> jy (of jou ouers) in die vyftigerjare opgestaan het en gesê
> het tot hiertoe en nie verder nie, dan sou die hele Suid-Afrika
> definitief nou anders gelyk het. Maar nee, julle het geluister
> na die sogenaamde Christelike predikante wat vir julle
> probeer oortuig het dat apartheid skriftelik korrek is. En
> daardie predikante wat vir julle wou vertel dat iets nie
> reg is nie, het julle onder huisarres geplaas, of deur die
> venster doodgeskiet terwyl hulle met hul kleinkinders gesit
> en speel het.

Ek neem ernstig aanstoot aan hierdie stelling. As jy besef wat jy hier sê,
en dit bedoel, moet jy ook saamstem dat jy ons hier 'n blik gegee het op 'n
mees afstootlike dimensie van jou persoonlikheid. Die laaste sin, in
besonder, is onverhole laster!

Ek hoop jy het desnieteenstaande genoeg ordentlikheid om hierdie beweringe
terug te trek.

> En as julle as Christene en as Afrikaners
> nou julle hande wil was van al daardie dinge, en aangaan
> om die huidige demokraties-verkose regering (NP in die
> provinsiale regering van die WesKaap) aan te val met julle
> better-than-thou instelling, dan beswadder julle nie net die
> goeie naam van opregte Christene nie, maar ook die naam
> van die regte Afrikaner, wat verontwaardig is dat sy goeie
> naam besoedel is deur 'n bende, wat in sy naam 'n land
> oorgeneem en tot amper ondergang gelei het.

Ek het dit al tevore duidelik gemaak - tot vervelens toe - ek moet nog sien
hoe verskil hierdie regering van die vorige waar dit integriteit aangaan.
En dit sluit die spul rowers in die Wes-Kaap in.

[...]

> Ek dink haar opmerking dat die
> swartmense in SA nie lag nie, kom van die feit dat sy in
> Montreal in aanraking kom met mense wat Frans praat van
> Haiti en ander dele van die Karibbiese eilande en wat baie
> meer voor op die wa is met hulle emosies. Ek dink die
> mense uit swart stamme in SA is baie meer beleefd, amper
> "solemn" wanneer hulle vreemdelinge ontmoet, en laat hul-
> self eers toe om loslyf te lag as hulle die saak bekyk het.

En hierdie is 'n totaal ander kontekstualisering as die een waarin jy
aanvanklik Michelle se waarneming geplaas het - nou lyk dit so onskuldig.

Sies Gloudina!

> En ek glo dat dit veral Afrikaners is wat nou moet help
> om 'n gesonde maatskappy daar te stel, sodat ons ten minste
> die nuwe eeu kan ingaan as beskaafde wesens. Ek het eintlik
> baie vertroue dat dit die Afrikaners is wat dit sal teweegbring.

Nie jou soort nie, ou ding!

Gloudina, vandag het jy jouself waaragtig oortref - in oneerlikheid,
eenoogigheid, kleinsieligheid en verwaandheid.

Ek hoop inniglik jy stik daaraan!

Leendert

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Miskien kan ek help.

Di., 05 Augustus 1997 00:00

Hallo,
Ek merk dat sommige mense nie die ê kan skryf nie.
Daar word 'n s - snorretjie - e geskryf.
Miskien is al die programme nie dieselfde nie.
Maar probeer as jy wil "sê " tik:
s - alt136. alt136 tik die ê klank.
Op my rekenaar in elk geval.
--
ann...@fast.co.za
Rooiwyn Liefhebber.

Rekenaars & selfone | 4 kommentare

Lekker Gesels

Ma., 04 Augustus 1997 00:00

Kan niemand op die NG lekker gesels nie, as At nie besig is om met homself
te gesels nie , dan Is Gloudina besig om al wat 'n gedig is op te
grawe..En dan is daar naturlik ons politieke vriende, ..........ai ai
........Wat van lekker gesels, braaivleis, rugby, tot die weer,,,Enigiets,
maar om vadersnaam moet net nie so swaar en swartgallig wees nie
!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Afrikaanse tennis

Ma., 04 Augustus 1997 00:00

"AM de Lange" writes:

>
> Sien julle dit nie raak nie. Elke stukkie "hubris" van Gloudina
> se kant sal Leendert met "giftigheid" beantwoord. En elke
> stukkie "giftigheid" van Leendert se kant sal Gloudina met
> "hubris" beantwoord. In so 'n situasie sal albei nie kan
> wen nie. (Of was ek nou self vol giftigheid en hubris?
>
> Alles van die beste.
> At de Lange
>

Dis nou wat 'n mens afrikaanse tennis noem, At.
gloudina

Sport & ontspanning | 3 kommentare

Onheilige genot

Ma., 04 Augustus 1997 00:00

Verlede Donderdag was ek in Natal, waar die huidige hoof van een van die ou
Engelse families 'n toeris iets van die geskiedenis vertel het. Onder
andere het hy hom uitgelaat oor sy afsku aan "die Afrikaners" wat direk uit
die kerk sou kom en "Voertsek Kaffer", slaan en vloek onder hul werknemers.

Ek verneem toe die Saterdag dat hy net die volgende dag aangekla is van
aanranding op een van _sy_ werknemers. Dit het hom 'n verskoei gekos om die
saak buite die hof te skik.

Ek het nie die hart om die storie vir die toeris te vertel nie, maar ek kan
nie help om iets van 'n "schadenfreude" (is dit die woord, Vira?) te voel
nie.

Maar miskien moet mens die een Biskop van Kantelberg se woorde ter harte
neem. By die aanskou van 'n dronklap in die straat het hy opgemerk: "There,
but for the Grace of God, go I". Dalk pas dit ons almal om maar nie te
heilig voor te doen nie. Miskien is dit inderdaad net Genade dat ons nie
almal Goebels, Beria, of Pol Pot heet nie.

Dit herinner aan 'n verwante verskynsel. Sir Laurens van der Post het op
verskeie plekke gewys op iets wat hy die eerste maal opgelet het by die
verhore van die Japannese wat die bewakers was van die konsentrasiekamp
waar hy (Van der Post) en duisende ander in die oorlog aangehou is, met die
gepaardgaande mishandeling en marteling. Van der Post het opgemerk dat die
mense wat self gevangenes in die kamp was min morele verontwaardiging, haat
en vergeldingsgesindheid teenoor die Japannese getoon het. Hierdie houdings
het feiltik uitsluitlik gekom van mense wat hoegenaamd nie in die kamp was
nie, en net daarvan gehoor het. Hy het soortgelyke verskynsels later in
diverse situasies opgeteken.

Die gedagte hieraan was iets van 'n troos toe 'n Deense toeris (met 'n "dun
ou minusmond" - letterlik) my eenmaal op 'n bus in Europa fisies toegetakel
het toe sy verneem ek is van Suid-Afrika.

Mens sou dink dat dit juis Afrikaners is wat uit ervaring die drang moes
verleer om die geraamtes in ons kas te hanteer deur lekker te kry as daar
'n sondebok oor ons pad kom. Ons ken per slot van rekening die posisie van
die een vir Azazel.

My genot met Peter die Ingelsman se predikament is dus inderdaad
"onheilig".

Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

OORDENKING

Ma., 04 Augustus 1997 00:00

Ons het elke Maandag en Donderdag
'n Christelike oordenking op:

http://www.global.co.za/~pretblad/page7.html

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gloudina

Ma., 04 Augustus 1997 00:00

Gloudina

Ek vermoed jy is in Kanada - is ek reg? Ek sal graag met jou wil skakel.

Neil

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Die 'vermiste' NG artikels

Ma., 04 Augustus 1997 00:00

Nuusgroepe behoort tot die wêreldwye netwerk genaamd UseNet wat deel uitmaak
van die Internet. Die UseNet bestaan bloot uit 'n spul nuusbedieners (news
servers) wat aanmekaar geflans is. Hierdie nuusbedieners se taak is om nuwe
artikels te ontvang van gebruikers wat aan hulle gekoppel is, en dan hierdie
artikels aan al die ander nuusbedieners (wat aan hom bekend is) beskikbaar te
maak. Nie alle nuusbedieners ondersteun alle nuusgroepe nie en,
vanselfsprekend, is alle nuusbedieners nie aan mekaar gekoppel nie - hulle vra
informasie van mekaar aan en so word almal op die ou einde opgedateer
(teoreties). Wat dus kan gebeur is dat ek 'n artikel op
soc.culture.south-africa.afrikaans pos. My nuusbediener is nou al plek waar
die artikel sit en net mense wat ook aan presies dieselfde nuusbediener
gekoppel is sal die informasie kan lees. Van tyd tot tyd sal ander
nuusbedieners nuwe artikels by my nuusbediener aanvra. Nou kan dit maklik
gebeur dat my nuusbediener se enigste skakel met die res van die wêreld 'n
Amerikaanse nuusbediener is. Dit is net wanneer die Amerikaanse nuusbediener
artikels van die res van die wêreld ontvang (selfs van .za) dat ek daardie
artikels in die hande sal kry en dit is net wanneer daardie selfde
nuusbediener my artikel ontvang dat dit aan die res van die wêreld beskikbaar
word. Dit is egter nie so eenvoudig nie, want nuusbedieners sal tipies by meer
as een van sy maats nuus aanvra, so dis glad nie onmoontlik dat ek 'n
opvolgartikel kan ontvang voordat ek die oorspronklike artikel ontvang nie. In
za is ons baie afhanklik van oorsese skakels en dis waar die probleem lê:
ironies genoeg is dit baie moontlik dat die korste pad tussen my en 'n ander
Suid Afrikaner op die nuusgroep via Amerika en Europa is.

Mense wat al op die groot internasionale IRC netwerke gespeel het sal die
situasie goed verstaan: daar word dieselfde probleem as 'lag' ondervind wat,
onder die ergste omstandighede, kan lei daartoe dat jy iets tik, dan ontkoppel
van die bediener, dan weer koppel maar aan 'n ander bediener en JOU EIE getik
voor jou oe sien afspeel en jouself selfs sien ontkoppel! Dis maar diesefde
ding wat hier gebeur, net in 'n ander konteks. Net EEN kinkel in die kabel
(miskien in Amerika) kan tot gevolg hê dat ek en At byvoorbeeld nie mekaar se
artikels vir 'n paar dae kan sien nie en hulle dan een dag almal in 'n bondel
ontvang. Intussen het ander mense die artikels gelees en daarop gereageer.

Die Internet is vinnig besig om te oorlaai en die groot ruggrate bly net-net
voor met die verkaffing van bandbreedte. Ek dink nie ons hoef te bekommerd te
wees nie, net bietjie meer geduldig: die meeste van die tyd is die Internet
immers betroubaar en BAIE beter as enige mededingende kommunikasiestelsel wat
vir Jan Alleman bekostigbaar is.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n Gedig van JOAN HAMBIDGE

So., 03 Augustus 1997 00:00

Ongerymdhede dring die dag binne
my shrink (soos my heiland) hoor my nie
my vriende versaak my
misverstande tussen my en haar
word woedende stiltes
die natuurskoon bedreig my
die oseaan woed 'n springgety
en 'n skip sukkel om oor die einder te verdwyn
en die here weet:
ek kan nie eers meer 'n fokken vers fabriseer nie
dus wag ek, geduldig,
voel die vesels van die vers
laat die dices weer val
draai die rymwoordeboek, speel Russiese Roulet
ongerymdhede in 'n vrye vers
praat van dae gevul met stiltes
my vriende en my shrink begryp nie meer
misverstande tussen my en haar stapel op
soos onbetaalde rekeninge
die natuurskoon pas nie in nie (dis geen natuurvers)
en 'n skip sukkel om oor die einder
van dié vers te verdwyn
en die oseaan bly immer magtig, wydgestrek.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1499  1500  1501  1502  1503  1504  1505  1506  1507  1508  1509  1510  1511  1512  1513  1514    »]
Tyd nou: Wo. Mei 20 04:06:08 UTC 2026