>
> Nou het ons 'n demokrasie wat met getalle werk. Die Provinsie
> Noord Kaap (Kakamas le ook daarin) het die grootste oppervlak,
> die minste inwoners, die kleinste begroting, die laagste
> persentasie swartmense (Bantoes), die kleinste persentasie
> Engelsprekendes, ensovoorts. Tog is sy regering oorlaai met
> swartes (selfs die premier Dipico is een) en alles amptelik word
> in Engels voorgehou. Wat vir 'n demokrasie!
>
> Wit seuns leef vandag in die Nuwe Suid Afrika (net soos in ander
> Afrikastate noord van die NSA) met die wete dat hulle nooit die
> president van die NSA sal kan word nie. Getalle en velkleur tel.
> teen hulle. Hulle weet dat hulle dit nie eers sal kan fantaseer nie.
>
> Ek sou graag jou kommentaar op hierdie twee sake wil hoor.
At, jy verwag nou van my om verkiesings-analis te
wees ses duisend myl verwyderd van die Noordkaap.
Hier is dus net 'n paar gedagtes vir jou om aan te
dink: Die verkiesing was tog 'n ope proses. Elkeen
wat gestem het, het geweet vir wie hy stem en watter
etniese agtergrond hy gehad het. As daar na die ver-
kiesing nou 'n onbalans van swart lede in die regering
van die provinsie is, wie se skuld is dit? Tog seker net
die skuld van die mense wat gestem het! (Dis wel waar
dat as ek die ANC was, ek daar kandidate sou probeer
werf het wat nie swart was nie.) Ek hoop dat jy met jou
klagte oor die oorwegende aantal swartes in die Noord-
Kaap, nie probeer sê dat daar met die verkiesingsproses
geheul is nie. Dit sou 'n ernstige aantyging wees.
Oor die gebruik van Engels in die Provinsiale Regering.
Wat stel jy voor? In Namibië het hul selfs besluit om net
Engels as enigste offisiële taal te gebruik om dinge makliker
te maak. Ek was so ontroerd toe ek lees dat een van Swapo
se leiers voor die oorgang sy kinders in 'n Afrikaans-medium
skool gesit het, sodat hulle maats kon hê in die trauma van
skielik in Engels te moet klasloop. (Daar was nou 'n prag-
matiese man.) Selfs een van my swaers, 'n oortuigde NP lid,
het kort voor die verkiesing gesê hy dink daar moet net een
offisiële taal wees.Toe ek vra watter een, toe sê hy: Engels.
Hier in Kanada is daar onmiddellike vertaling in die banke
van die Parlement aangebring, elkeen praat Engels of Frans
en die mense wat nie albei tale kan verstaan nie, sit oorfone
aan. Ek wens iemand wil eendag opstaan en in Algonquin
praat sodat ek die uitdrukkings op die mense se gesigte kan
sien.
Oor of 'n wit seuntjie kan fantaseer oor president van SA
te kan word. Daar is niks wat so 'n seuntjie verhoed in die
grondwet van SA nie, dank die Vader. Ek persoonlik sal egter
geen trane stort as 'n wit seuntjie vir die volgende drie-honderd
jaar nie weer president van SA gaan word nie. Wit seuntjies
het hulle kans gehad. Dink daaraan: kon wit dogtertjies met
enige mate van realisme hoop om regeringshoof van SA te word
in al die eeue wat die essensieel patriargale kultuur uit Europa
die subkontinent gedomineer het? Wit seuntjies moet nou ophou
dink hulle is God's gift to the universe en ander mense ook kans
gee.
Jy betreur die rassisme van die hedendaagse Suid-Afrika.
Ek is egter nie so pessismisties oor die toekoms nie. Ons het
wel die wit-rassisme van die apartheidsjare gehad, nou gevolg
deur 'n sekere mate van swart-rassisme in reaksie daarteen.Maar
oor 'n paar dekades is dinge miskien heeltemal anders. Ek het
vertroue in die menslikheid en regverdigheid van die mense van
Suid-Afrika.
Vanoggend wakker geword om na rugbywedstryd te kyk.
Windstil.
Nie eers koud nie.
Geen verkeer.
Net die geraas van die voëls buite in die bome.
Ek was nie op 'n plaas nie.
Ek was in Kaapstad.
Snaaks, dit was wat ek altyd die eerste gemis het wanneer ek
oorsee gereis het. Mens het nooit die voëls gehoor nie.
-
ann...@fast.co.za
Rooiwyn liefhebber ( en ly vandag na gisteraand)
.
Annette sluit af in artikel
...
> ann...@fast.co.za
> Rooiwyn liefhebber ( en ly vandag na gisteraand)
Liewe Anette,
Eens op 'n tyd, 20 jaar gelede, was ek ook 'n rooiwyn
drinker.
Toe kry ek kongokoors. Gelukkig was ek die een uit
25 mense wat dit oorleef het.
Kongokoors is soos bosluiskoors, maar net veel erger.
Tydens die hoogtepunt van die koors het bloed uit my
ore, neus en o"e geloop, sowel as my uriene en otlasting.
Dit neem 30 dae langer as bosluiskoors om van kongokoors
gesond te word.
In elk geval, die eerste rooi wyn wat ek toe na die aanval
drink, het my laat dink dat my kororner gaan spring. Die pyn
aan die likerkant van my bolyf en arm was oor weldigend.
Na toetse bepaal die doketer toe dat dit gewone jig is.
'n Jaar later probeer ek toe weer rooiwyn. Was beide my voete
nie pynlik nie.
Nou los ek die rooiwyn uit. Ek vermy ook kosse uit die
Solanaceae (tabak) familie soos tamaties, aartappels en
eiervrug. Hulle maak net soos rooiwyn (osbloed)..
South African Veterans Association SAVA run by veterans for veterans
Hi
Ons is besig om 'n Veteraan Self-Help program in Suid Afrika te lanseer vir
getraumatiseerde ex-soldate (en hulle families). Ons is al die laaste vyf
jaar besig met die projek en word die eerste groep nou in Kaapstad gestig.
As jy meer wil weet oor oor ons program, e-mail ons by:
savet...@hotmail.com
langs ou opstalle en waterlope
is turksvy, wegloopden en mak-sering
tekens van 'n ingedringde
makgemaakte aarde, die doringknope
van ondeurdringbare garingboomlanings
hou indringers veilig buite, maar binne
die vleie, in syerige turflaagtelinne,
groei soetdorings digter binne stanings
as buite. die langbaardpioniers en pagters
van hierdie gramadoelas veg steeds ononderbroke
teen die geil groei daarbuite. hul voorvaderspoke,
sê hulle, onbewaak, is immer wakende wagters
wat onsienlik soos die skurwe boom-aalwyntjies insmelt
met die rantjies van die ruwe vuursteenrotse
buite die toegeëinde bakens, hulle eer God se
kleim op beskawing hier met so 'n skoongekapte veld.
DIE KP is reeds op soek na bondgenote vir die 1999-verkiesing. Dit
moet almal insluit wat
aan een of ander vorm van selfbeskikking glo. En dit sluit uiteraard
nie swart bondgenote uit
nie.
Predikant gedagvaar vir laster
BEIDE die HNP en sy leier, mnr. Jaap Marais het ds. Hector Jooste en
Volkspers, uitgewers
van Patriot, gedagvaar vir laster. Dit is na aanleiding van 'n brief
in Patriot van 14 Maart
vanjaar waarin ds. Jooste die HNP bestempel as "'n giftige en
dodelike kanker".
Piet Gous het onderneming nie nagekom
DR. PIET GOUS, president van die Vrystaatse Landbou-unie het nie die
moed gehad om
ondernemings wat hy gegee het dat hy mnr. Marais sou ontmoet om die
IDASA-komplot met
hom te bespreek, na te kom nie. In 'n brief aan dr. Gous konfronteer
mnr. Marais hom oor sy
lafhartigheid, en die wyse waarop hy die Vrystaatse boere om die bos
gelei het.
Buitelandse Sake weier om te reageer
NA aanleiding van die Dokument van Buitelandse Sake waaroor genls.
Constand Viljoen en
Tienie Groenewald 'n indertdik teen mnr. Marais en Die Afrikaner
verkry het, is 'n brief aan
mnr. Pieter Swanepoel, Direkteur: Mediaskakel by Buitelandse Sake
geskryf om by hom te
verneem waarom hy beweer het dat die Dokument by die eerste oogopslag
as "'n vervalsing"
ge�ien is.
RUBRIEKE
Hoofartikel
KP se ware kleure ontbloot
Woord en Wêreld
Deuskant die nuwe aarde (1)
Gawie
Die Geldmagmagnate
Rig op die Regterflank
Met wie wil die biegtende predikante versoen?
Haak en Steek
Wat is die waarheid oor Chris Hani?, Deur Klaas Waarsegger II
----
Let op!
Na 1 januari 1998 nieuw homepage-adres: http://www.wxs.nl/~brien en http://www.wxs.nl/~btv
emailadres wordt na die datum ook aangepast in: br...@wxs.nl en b...@wxs.nl
de oude emailadressen blijven tot 1/2 1998 in gebruik.
Ons kan baklei soos ons wil. Afrikaans sal nie nou al uitsterf
nie, maar oor 50 jaar van nou af sal dit net ons ouer generasie
wat Afrikaans praat. Ek glo Afrikaans skole sal uiteindelik verdwyn.
Ek is 'n Afrikaner en sal een dood gaan, maar ons moet ook realisties wees,
die besigheids wêreld is Engels. As ons iewers wil kom moet ons daardie rooi
taal leer en ons kinders aanspoor om dit weer vir hulle kinders te leer.