| gadeslaan [boodskap #153119] |
Vr., 02 Oktober 2026 15:09 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26757 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
gadeslaan
Afbreking: ga•de•slaan
Samestelling: gade + slaan
Werkwoord: gadeslaan
Verlede tyd: het gadegeslaan
Betekenis:
• Om aandagtig na iets of iemand te kyk (in die oog hou), dikwels met ongeloof of verwondering.
Gebruik:
• Wanneer 'n geveg op die skoolgrond uitbreek, storm almal nader om die gebeure gade te slaan.
• Die tannie het op die stoep gesit en alles wat in die straat gebeur het gadegeslaan.
Sinoniem:
• aanblik
• aankyk
• aanskou
• aanstaar
• bekyk
• beloer
• besigtig
• beskou
• betrag
• dophou
• loer
• observeer
• staar
• waarneem
Antoniem:
• ignoreer
• miskyk
Vertaling:
Engels: to observe, watch, eye
Nederlands: gadeslaan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|