Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Boerklong van Gauteng

Di., 02 September 1997 00:00

,
. Ek ken jou nie, dus kan ek nie 'n
> ingeligte besluit neem oor wie jy is nie. Al wat ek weet is dat ek nie
> veel van jou hou nie.
>
> Sies, Gloudina. Mens maak nie so nie.

mense wat net eenvoudig nie met ander in
> vrede/vriendskap wil leef nie.

> H-J
>

A, uiteindelik! Net soos ek verwag het. Hier kom die
boerklong van Gauteng aangejaag op sy stokperdjie.
En hy skiet hier en hy skiet daar, en hy skiet homself
in die voet en dan sit hy sy voet in sy mond. Het jy
al ooit daaraan gedink dat jou oorspronklike opmerkings
oor my die vuurtjie aangesteek het. Jy maak 'n gewoonte
daarvan om vir mense te vertel dat jy nie van hulle nou
nie, lyk dit my.

Dit sal jou miskien interesseer dat op 'n sekere stadium
Vira en ek e-pos kommunikasie gehad oor William Blake.
Hoe weet jy dat ons nie die hele vete gestage het vir jou
delicatessen nie? Ooit gehoor van smoke and mirrors?
Ek gee jou hierdie stukkie Blake om saam te neem vir
padkos, Penkop. Ek sal nie weer van my laat hoor nie.

A truth that's told with bad intent
Beats all the Lies you can invent.
It is right it should be so;
Man was made for Joy & Woe;
And when this we rightly know
Throë the World we safely go.
Joy and Woe are woven fine,
A Clothing for the Soul divine;
Under every grief & pine,
Runs a joy with silken twine.
The Babe is more than swadling Bands;
Throughout all these Human Lands
Tools were made, & Born were hands,
Every farmer Understands.
(William Blake 1757 - 1827)

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

ALLE E-POS LESERS

Di., 02 September 1997 00:00

AAN ALLE E- POS "SUBSCRIBERS"

MOENIE E- POS BRIEWE MET DIE "SUBJECT" JOIN THE CREW OF PENPALS OOPMAAK
NIE.
VERNIETIG DIT ONMIDDELLIK.

DIT KAN JOUJULLE HARDESKYF VERNIETIG!!

Rekenaars & selfone | 5 kommentare

re interaktiewe kuns

Ma., 01 September 1997 00:00

Gert, ten opsigte van kunsmatige intelligensie en kunsmatige lewe in
rekenaar- en interaktiewe kuns, het Christa Sommerer & Laurent
Mignonneau dokumentasie oor twee interessante installasies by:

http://www.mic.atr.co.jp/~christa/link3.html
http://www.mic.atr.co.jp/~christa/link4.html

Dis met die hulp van Silicon Graphics gemaak

Erkki Huhtamo van die Universiteit van Lapland het ook interessante
dingte te vertel oor die dood van die outeur en die eksklusiwiteit van
die unieke kunsobjek. Ek sal die info stuur.

Ten opsigte van die debat oor natuur versus samelewing het Camille
Paglia onder aan te voer dat verkragting nie te wyte is aan die
perverse samelewing nie, maar aan die verswakkende invloed van die
samelewing op die individu, m.a.w. die man wat 'n vrou verkrag en
daarna op 'n staatsdinee gaan poep terwyl hy die president uitvloek,
is nie siek nie, hy moet net meer etiket leer. Alle paaie vanaf
Rousseau lei na Sade. Dus is pornografie kuns, want dis 'n uiting van
die verbeelding in die stryd van die natuur teen die samelewing. Viva
Emsie Schoeman!!

groete

Cobus

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

"Pavane vir 'n Gestorwe Prinses" deur ERNST VAN HEERDEN

Ma., 01 September 1997 00:00

PAVANE VIR 'N GESTORWE PRINSES
Ernst van Heerden

'n Hulsel van kristal het telkens
spanninge van stoot en skok verdra,
die allerlaaste keer die ruwe hand
trotseer, en toe, vermoeid,
met rinkelinge ingestort.

Kaleidoskoop se fokus hunker
na sy ou bestel terug;
die skerwe-stand
kom tot 'n wonderlike eenheid weer,
waar áls byeengeskud en uitgester,
die lig vang en die son,
en sy, donsfyn, verruklik-broos,
haar koninklike intog doen.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Daai verskynsel (was: Re: Lady Di)

Ma., 01 September 1997 00:00

Dit lyk asof roem tog fataal kan wees?

Ek het geleentheid gehad om vir twee jaar in 'n klein Griekse dorpie te
woon - so 300 siele. Iets wat my opgeval het is die groot rol wat skinder
in so 'n gemeenskappie speel. Dis amper tasbaar.

Ek het in 'n stadium gewonder of figure soos Diana / Madonna, die
Amerikaanse sepies (Dynasty / Egoli, take your pick dis dieselfde resep) en
die prulpers (National Enquirer / Beeld - selfde resep) nie in die global
village die behoefte aan "skinder" bevredig nie, nou dat ons nie meer ons
bure ken nie.

Hoe werk skinder op 'n internetnuusgroep?

Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Lady Di

So., 31 Augustus 1997 00:00

Danie skryf:

> as Lady Di op die voorblad is, dan styg hulle
> verkope vir daardie week dramaties. Ek is oortuig dat 'n paar van die
> tydskrifte vir laas van haar gebruik gaan maak op hulle voorblaaie vir so
> 'n dramatiese verhoging in hulle verkope.
>
>
Is al daai mense wat so nuuskierig is oor haar private lewe nie
net so skuldig nie ? Daai lesers wat Lady-Di stories verslind.
Net so skuldig soos daai verslaggewers wat agter haar aan is en die
ongeluk veroorsaak het nie ? Die verslaggewers was weer agter haar
aan omdat hulle weet mense is so nuuskierig oor haar en stories verkoop goed.
Kon sy nie meer privaatheid gegun word nie ? Is daar geen grense aan
inmenging nie ?

Laat my dink aan daai met-opset walglike fotos wat 'n Australiese tydskrif
geplaas het, nadat 'n kamera onwettig in haar gym geplant is.
Sulke tydskrifte se morele standaarde is laer as slangkak op die bodem
van die see.

Groete.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Tuis Onderwys

So., 31 Augustus 1997 00:00

Haai Vira,

V wrote in article
...
> Leendert,
> kan jy glo, juis vandag daag daar op een van my ander nge 'n string poste op
> oor tuis onderwys. Die groep het niks met onderwys te doen nie, en ek was
> verbaas hoeveel van die mense, een na die ander, gesê het hulle volg hierdie
> koers.

Ja. Soos die een Maleiervroutjie in die Kaap vir my sê, haar familie wat
onderwysers is dink sy is gek. Maar sy verduidelik net vir hulle, hulle
moet besef "dis die nineties hierdie, en hulle moet bykom".

>
> Nou wil ek graag meer hoor, maar ek weet nie of daar fout is met my rekenaar of
> iafrica nie. Hierdie Amerikaanse groep gee ook 'n adres aan, en ek kon nie
> hulle s'n of joune kry nie. Is hierdie korrek?:
> http://hagar.up.ac.za/buro/leendert

Jy behoort dit daar te kry, maar probeer
http://hagar.up.ac.za/buro/leendert/tuisndks.html

Ek hou dit ook op http://www.oocities.org/Athens/Parthenon/4535

>
> Is die "Hagar" jou keuse? :)

Nee - my kollegas het ook 'n sin vir humor :-)

>
> Doen jy en jou vrou dit alleen, of is julle 'n groep mense wat almal saam
help?

Alleen. Die SA Skolewet definieer tuisonderwys as: "onderwys by die leerder
se huis".

> Oorsee is daar selfs maandelikse saamtrekkings vir sulke kinders en hulle
ouers.

My vrou het 'n groep wat elke tweede Donderdag bymekaarkom. Gewoonlik is
daar 'n paar pa's ook wat die dag afvat vir die okkasie (dis nou behalwe
vir die pa wat die tuisonderwys behartig - sy vrou werk as onderwyseres
sedert hy 'n pakket gekry het!)

>
> Ek het nie geweet dit is in Suid Afrika wettig nie - of wat is die
voorwaardes?

Dis wettig, maar die regering is nog nie gereed met die nodige regulasies,
voorwaardes en prosedures nie. Die gevolg is dat 97% van die mense
eenvoudig aangaan en dit doen - wanneer die regering in rat kom sal hulle
besluit of die voorwaardes en bepalings redelik is. Ons het so pas 'n trust
gestig om regsverdediging te verskaf vir mense wat probleme mag optel.

> Miskien is hierdie inligting op jou webblad, maar soos gesê - no luck there.
> Miskien wil jy ons kortliks vertel. Daars ook mense wat nie Internet access het
> nie, wat dit miskien graag wil hoor.

Spesifieke vrae, soos hieronder, kan ek antwoord. Vir meer algemene vrae
moet jy die webblad nagaan of my boek koop :-)

>
> Moet jou kinders die Onderwys Departement se gestelde eksamens kan slaag?

Nee. Soos gesê, is daar nog nie bepaalde voorwaardes of prosedures nie
(behalwe in die Wes-Kaap en Oos-Kaap, wat "interimbeleid" het, wat wel
bepaal dat jy hulle eksamens moet slaag - die beleid is egter so onredelik,
dat die meeste mense hulle eenvoudig nie daaraan steur nie.)

Ons werk met die nasionale onderwysdepartement om riglyne daar te stel vir
provinsiale beleid. As die provinsiale beleid sou bepaal dat mens die
onderwysdepartement se eksamens moet slaag, sou dit a) indruis teen die
internasionale instrumente van menseregte b) ongrondwetlik wees en c)
indruis teen die bepaling van die SA Skolewet.

My standpunt is (op fundamenteelregtelike en pedagogiese gronde) dat
kinders in tuisonderwys wel ge-evalueer moet word, maar slegs aan die hand
van algemene skolastiese toetse, en nie meer dikwels nie as eenmaal in drie
jaar.

>
> Dit klink of hulle daar anderkant omtrent enigiets vir die kinders laat
leer.

Hier ook. Dit hou onder andere verband met die kind se grondwetlike erkende
reg op vryheid van gewete, sy/haar reg persoonlike vryheid, op onderwys, op
akademiese vryheid en op ouerlike sorg :-)

Groete, Leendert

Onderwys & opvoeding | 4 kommentare

BAIE AFRIKAANS OP DIE NET!

So., 31 Augustus 1997 00:00

Ek het die volgende web bladsy ontdek met 'n horde waardevolle inligting
oor Afrikaans op die internet:

http://www.oocities.org/Heartland/9657/dieknoop.htm

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Akkoord" deur ELISABETH EYBERS

Sa., 30 Augustus 1997 00:00

AKKOORD
Elisabeth Eybers

Jy, heelmaker, opspoorder van verband,
ontleder, agtervolger, agonis,
daag my tot tweespraak, kwalik aangeland
waar sinsbou, klemtoon, ritme anders is.

Ek, wankelaar, my ou houvas verloor,
smekend om redding en maar half bereid
tot nuwe onderhandeling, gee my oor
met klein kramptrekkings van terugwilligheid.

Hoe kan ek, wat voor elke windstoot swig,
jou digtheid balanseer, 'n slypsteen wees,
spitskorrelige weerstand vir jou gees?

Tog: as die dors ons dryf om, en in sig,
toevlug te neem tot die begin, word woord
weer vlees, ontvonk uit friksie oerakkoord.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Vraag

Sa., 30 Augustus 1997 00:00

Haai,

Allereerst wil ik mij verontschuldigen dat ik geen Afrikaans spreek.
Ik ben een jongen van 16 jaar uit België die graag Afrikaans zou leren
spreken. Het probleem is dat ik niet weet waar te beginnen. Zou iemand mij
hierbij kunnen helpen?
Dank U

Pieter De Brue,
deb...@dds.nl

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1491  1492  1493  1494  1495  1496  1497  1498  1499  1500  1501  1502  1503  1504  1505  1506    »]
Tyd nou: So. Mei 31 17:24:48 UTC 2026