Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

SPRINGBOK RUGBY?

Ma., 11 Augustus 1997 00:00

Help asb., weet julle miskien van iemand wat kan help om ons oorle-bokke
weer die "spring" aan te leer soos in SPRINGBOKKE !!!

Ek het die grootste agting vir Carel, maar die arme man kan werklik nie so
in die diepkant gegooi word nie. Ek kan aanvaar dat hulle(SARVU) iemand op
verdienste gekies het, maar die 70/80's is verby en die jaar 2000 is op ons.

Tye en taktieke verander, en ons rugby is en bly vir my stereotiep.

Laat SA.RUGBY 'n bosberaad(!) hou en laat daar weer terug gegaan word na
die tekenborde, want iets - of is dit iemand, is die kluts kwyt!

Groetnis

EMC :-)

Sport & ontspanning | 2 kommentare

"Nota Bene" deur STEPHAN BOUWER

Ma., 11 Augustus 1997 00:00

NOTA BENE
Stephan Bouwer

'n bondel bene beweeg - (J.G.)
(Vir Dr Lingenfelder en vennote)

Die seer geagte geneeshere het my nie
geopereer nie maar
narratologies
musikaal
empiries
gedekonstrueer

(I) : soos met 'n verhaal was daar
ewewig
disekwilibrium
herbalans

(ii) : soos met 'n simfonie was daar
andante
agitato
adagio

(iii) : soos met 'n steekproef was daar
assonansie
dissonansie
harmonie

Vier lumbale werwels word waargeneem
met die voorkoms van lumbo-sakrale oorgang/
die diskusspasies het nie vernou nie/
Geen spondiloliese artrose of erosies
word gedemonstreer nie/
Geen duidelike gewrigspatologie nie/
Posterior-elemente binne normale perke/

DAAR IS DEFORMITEIT VAN DIE PUBIESE RAMI!
DAAR IS ROTASIE-DEFORMITEIT VAN DIE HEMI-PELVIS!

Geen fokale benige letsels word waargeneem nie/
Die res van die benige bekken
blyk binne normale
perke te wees....
.....
Ek dans dus deesdae nie meer Turks nie
maar - met 'n toegewing aan ballroom - met my onderlyf
"stil en mooi in"

Prosa & poësie | 0 kommentare

Op soek na Steve Hofmeyr

So., 10 Augustus 1997 00:00

Hallo almal,

Ek waardeer enige leidrade om 'n ePos adres vir Steve (of sy aanhanger
groep) te kry.

Sy platemaatskappy is ook welkom om my te kontak.

Groete
Susan

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: die woord hotnot

So., 10 Augustus 1997 00:00

Die woord 'hotnot' waarna daar verwys was
deur die skrywer is juis gebruik om 'n spesifieke
taalgebruik te onderstreep.

Ek die skrywer vra dus om verskoning indien
die woord buite konteks as diskriminerend
verstaan is deur 'n leser.

Vyg Fynbos

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Galjoen se boodskap

So., 10 Augustus 1997 00:00

Galjoen se boodskap is nie deur
my server verskaf nie.

Galjoen kan jy dit dalk aan my epos
asseblief ?

by voorbaat dank
Vyg Fynbos

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Kom gee vir my polfyntjie" deur C.L. LEIPOLDT

Vr., 08 Augustus 1997 00:00

KOM GEE VIR MY POLFYNTJIE
C.L.Leipoldt

Kom gee vir my polfyntjie,
Dit maak nie saak nie wat,
Die kleinste, nietigste lyntjie
Waardeer ek as 'n skat.
Koop waar jy wil, by smouse,
Penswinkeltjies, net wat
Jy kry in Krismiskouse -
Dit bly vir my 'n skat.

Net iets wat jy as joue
Betrag het, gee my dit -
Ek neem dit aan as goue
Gesteente tot besit.
En as jy eenmaal sterwe,
Dan pryk dit nog by my,
Gegee meer as geërwe,
As liefdeblyk gekry.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: "Kom gee vir my polfyntjie" deur C.L. LEIPOLDT

Vr., 08 Augustus 1997 00:00

@igs.net wrote in article ...
>
> KOM GEE VIR MY POLFYNTJIE
> C.L.Leipoldt

Liewe Gloudina

Baie dankie vir jou onbaatsigtige diens,

At de lange

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Onderrig van AFRIKAANS

Do., 07 Augustus 1997 00:00

Indien daar enige persone is wat verder studeer in Afrikaans

Kontak my asb. as volg

kbsc...@fast.co.za
pze...@kragbron.mpm.school.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Wat is 'n Afrikaner? (vir Stef)

Do., 07 Augustus 1997 00:00

ro...@physics.utoronto.ca wrote:
>
[color=blue]>

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Wie wil speel in die ubuntu span van Afrikaanse krieket?

Do., 07 Augustus 1997 00:00

@igs.net wrote in article ...
> Ongelukkig speel ek nou nie krieket met
> mense in kleinlike ligas nie. Net met
> mense in groot ligas. Soos At.

Liewe Gloudina,

Jy laat 'n mens dink. Moenie opslagballe, spookballe
ofstreepballe of wydlopers boul nie. Ons sien darem party
van hulle aankom.

Ek voel soos aan my bas dat hier Afrikaans krieket
gespeel word. Maar wie is die twee spanne?

Dis nie buitelanders teen binnelanders nie.
Dis nie wit teen swart nie.
Dis nie mans teen vroue nie.
Dis nie liberaal teen konserwatief nie.
Dis nie die NSA teen die OSA nie.
Dis nie dommes teen slimmes nie.
Dis nie vleeslikes teen geestelikes nie.
Dis nie eters teen dinkers nie.
Dis nie eers chaos teen orde nie.

Wat is dit dan? Probeer jy dalk 'n leidraad gee
met kleinlikes? Is jy doelbewus vaag?

Het dit met kleinlik te doen?
Het dit met hardvogtig te doen
Het dit met verraad te doen?
Het dit met domastrant te doen?
Het dit met hoogmoed te doen?
Het dit met tonnelvisie te doen?
Het dit met verguising te doen?
Het dit net beskuldigings te doen?
Het dit met wanstellings te doen?
Het dit met skoorsoek te doen?
Het dit met grootwaan te doen?
Het dit met terugvalle te doen?

Ek is eerlik, ernstig, nederig en vurig met die volgende:
Ek speel vir die ubuntu span in Afrikaanse krieket omdat
ek wil.

Waarom hou julle aan om vir my fakse te stuur?
Ek weet dat ek myself vir die span gekies het, maar
dis die enigste manier hoe die span gevul kan word.
Of begryp julle nie dat daar nie 'n ander manier is nie?

Hier is die reels, soos ek dit begryp, hoe die ubuntu span
saamgestel word.
1 Elke speler word deur die persoon self gekies om deel
van die span te wees.
2 Geen spelers hoef ooit iewers toestemming te vra
om opgeneem te word nie.
3 Elke speler bly lewenslank 'n spelende lid van die span
ongeag van beserings, gebrek aan talente, ens.
4 Net die speler self kan homself/haarself ontslaan uit
die span en ook net wanneer die speler nie meer
lid van die span wil wees nie.
5 Bewys van lidskap van die span moet ten alle tye
met alle soorte versoeke geduldig gegee word.
6 Vreugde word betoon met elke speler wat aansluit
of wegval en smart word betuig met elke ontslaande
speler.
7 Die unbuntu span sal nooit 'n kaptein kies nie - nie
permanent nie en ook nie tydelik nie.
8 Die leuse van elke speler van die ubuntu span is:
om in liefdevolle harmonie te lewe met God, met
al die ander mense en met die natuur.

Miskien moet ek vir die verstrooides net vertel wat die
nuutgevonde idioom "om vir iemnd 'n faks te stuur"
beteken.

Rugby is nie meer wat dit was nie - geld het in die
spel gekom. Ongelukkig moet mense nog leer hoe
om Mammon sonder teegevolge te aanbid. In hierdie
toestand van onnoselheid (voor die leer plaasvind) word
twee groot foute gemaak.
1 Die spelers tree pateties op as 'n span.
2 Die bestuurders tree pateties op as leiers.
Een bestuurder is berug daarvoor dat hy afdankings
sommer per faks stuur aan sy mense wat nog daar
doer is.

Alles van die beste
At de Lange

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1497  1498  1499  1500  1501  1502  1503  1504  1505  1506  1507  1508  1509  1510  1511  1512    »]
Tyd nou: Vr. Jul. 24 21:32:14 UTC 2026