Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Re: Boerekos.
Re: Boerekos. [boodskap #10316] Di, 12 Augustus 1997 00:00
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
Annette wrote:
>

> Ek dink dit is Griet wat van Kanada geskryf het oor SA Braaivleisaande.
> Moenie bekommerd wees wie se ma se melktert lekkerder was nie.
> In die vreemde is enige Suid-Afrikaanse melktert lekker.
> Dit is maar net verlange na ma wat praat.
>
> Sal graag wil weet wat die bykos was wat by sulke aande bedien was.
> Kon die Kanadese die Poetoepap baasraak?
>
> Het ander boerekosidees gemis, so miskien is bogenoemde al gemeld.
>
> --
> ann...@fast.co.za
> Red wine lover.

Jong, dit het opgeeindig as 'n proeseltjie-van-alles-en-nog-wat. Die
slagter se boerewors is nie te wat wonders nie, maar word al hoe
lekkerder hoe langer ons hier woon. Nuwe intrekkers trek nog steeds
maar hulle neuse op vir die boerewors wat ons hier as delikatesse
beskou, maar ons sê maar niks nie en twee jaar later smul hulle saam!

Ons het braaipap met tamatie-en-uiesous gehad en 'n groenslaai met
tamatie, komkommer en avokado.

By dieselfde ete het ons egter ook bobotie met begrafnisrys gehad. (My
Engelssprekende vriendin ken dit net as geelrys). Bygereg was komkommer
in suurroom, klapper, blatjang (my kinder vra my: "wat is dit?")

Ook nog Potjiekos, in hierdie geval "Cape Currie" (ek weet nou nie wat
dit in Afrikaans is nie) saam met mieliebrood en potbrood.

Ek het nou voorgestel dat ons volgende jaar 'n safari-ete moet aanbied,
so sal die Kanadese dalk agterkom watter kosse dan nou eintlik bymekaar
hoort.

En ek dreig nog steeds om beskuit te bak voor die einde van die jaar!

Griet
Vorige onderwerp: Boerekos
Volgende onderwerp: Afrikaanse kookkuns
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 13:40:41 MGT 2024