Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Miskien kan ek help.
Miskien kan ek help. [boodskap #10228] Di, 05 Augustus 1997 00:00 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hallo,
Ek merk dat sommige mense nie die ê kan skryf nie.
Daar word 'n s - snorretjie - e geskryf.
Miskien is al die programme nie dieselfde nie.
Maar probeer as jy wil "sê " tik:
s - alt136. alt136 tik die ê klank.
Op my rekenaar in elk geval.
--
ann...@fast.co.za
Rooiwyn Liefhebber.
Re: Miskien kan ek help. [boodskap #10229 is 'n antwoord op boodskap #10228] Di, 05 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Knormoer[1]  is tans af-lyn  Knormoer[1]
Boodskappe: 16
Geregistreer: Julie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Billy,
Annette het net probeer help. Net soos jy vra of dit nodig is dat ons alles
korrek skryf, wil ek vir jou vra of dit nodig is om altyd 'n argument oor
iets soos 'n blêrrie ê te begin.

Knormoer

billy wrote in article
...
> Annette,is dit nodig dat ons alles korrek skryf.Dit wat in hierdie
> "rubriek"aangaan bewys weereens hoe min belangstellings die "regte"
> "kultuur" Afrikaner werklik het.
> Mielieboer
Re: Miskien kan ek help. [boodskap #10249 is 'n antwoord op boodskap #10228] Wo, 06 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A. Pieter du Toit  is tans af-lyn  A. Pieter du Toit
Boodskappe: 2
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Annette wrote:

> Is kultuur 'n ê met 'n kappie of met 'n snorretjie?
> Help my. Ek is dwalende in 'n moeras.
> Annette
>
> billy wrote in article
> ...
>> Annette,is dit nodig dat ons alles korrek skryf.Dit wat in hierdie
>> "rubriek"aangaan bewys weereens hoe min belangstellings die "regte"
>> "kultuur" Afrikaner werklik het.
>> Mielieboer
>>
>> Annette wrote in article
>> ...
>> | Hallo,
>> | Ek merk dat sommige mense nie die ê kan skryf nie.
>> | Daar word 'n s - snorretjie - e geskryf.
>> | Miskien is al die programme nie dieselfde nie.
>> | Maar probeer as jy wil "sê " tik:
>> | s - alt136. alt136 tik die ê klank.
>> | Op my rekenaar in elk geval.
>> | --
>> | ann...@fast.co.za
>> | Rooiwyn Liefhebber.
>>

Mooi so Annette

Dit is hoog tyd dat iemand vir korrekte en goeie Afrikaans opkom.
Hierdie Verkragting onder die vaandel van permisiewe vryheid met 'n
kleinood laat my gal braak. Afrikaans is 'n besondere taal en enige
verwatering daarvan laat sterk twyfel onstaan oor die sogenaamde
Afrikanerskap waaroor sommige kwansuis so sterk voel. Ek verafsku die
verlaging van die standaard deur "modernisme" of moet ek liewer praat
van die taal- verligtes.

Pieter du Toit

> |
>>
Re: Miskien kan ek help. [boodskap #10259 is 'n antwoord op boodskap #10228] Do, 07 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
Miskien moet ons 'n FAQ begin want dit lyk my hierdie
saak gaan oor en oor opgebring word.

> Ek merk dat sommige mense nie die j kan skryf nie.
> Daar word 'n s - snorretjie - e geskryf.
> Miskien is al die programme nie dieselfde nie.
> Maar probeer as jy wil "sj " tik:
> s - alt136. alt136 tik die j klank.
> Op my rekenaar in elk geval.

Ek weet nie waar die probleem le^ nie maar alt-137 en
soortgelyke karakters kom nie in hul regte vorm hier uit nie.
Ek weet nie of dit sigbaar is in die deel wat ek hierbo
aanhaal nie maar die alt-136 kom as 'n "j" hieraan. Dus klink
dit asof iemand 'n dop weggeslaan het voordat dit geskryf is:-).

(Miskien is dit hoekom ek nie Gloudina se gediggies kan
verstaan nie :-)

Kom ons toets bietjie. Hoe lyk die volgende by julle?

alt-136: ê
alt-137: ë
alt-148: è
alt-139: ï

Stef
Re: Miskien kan ek help. [boodskap #10271 is 'n antwoord op boodskap #10228] Vr, 08 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskap
a  is tans af-lyn  a
Boodskappe: 36
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
ro...@physics.utoronto.ca wrote:

>> s - alt136. alt136 tik die j klank.
>> Op my rekenaar in elk geval.
>
> Ek weet nie waar die probleem le^ nie maar alt-137 en
> soortgelyke karakters kom nie in hul regte vorm hier uit nie.

Die alt- kombinasies werk defnitief nie op alle rekenaars nie.
Dit hang af van twee dinge:

die operateurstelsel (bv. DOS, UNIX, Windows ens)
die possagtewaree (bv. pine, Pegasus ens)
Vorige onderwerp: Onze Taal op Internet
Volgende onderwerp: Gebruik hierdie tekens!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 22:32:53 MGT 2024