Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Galjoen se boodskap

So., 10 Augustus 1997 00:00

Galjoen se boodskap is nie deur
my server verskaf nie.

Galjoen kan jy dit dalk aan my epos
asseblief ?

by voorbaat dank
Vyg Fynbos

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Kom gee vir my polfyntjie" deur C.L. LEIPOLDT

Vr., 08 Augustus 1997 00:00

KOM GEE VIR MY POLFYNTJIE
C.L.Leipoldt

Kom gee vir my polfyntjie,
Dit maak nie saak nie wat,
Die kleinste, nietigste lyntjie
Waardeer ek as 'n skat.
Koop waar jy wil, by smouse,
Penswinkeltjies, net wat
Jy kry in Krismiskouse -
Dit bly vir my 'n skat.

Net iets wat jy as joue
Betrag het, gee my dit -
Ek neem dit aan as goue
Gesteente tot besit.
En as jy eenmaal sterwe,
Dan pryk dit nog by my,
Gegee meer as geërwe,
As liefdeblyk gekry.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: "Kom gee vir my polfyntjie" deur C.L. LEIPOLDT

Vr., 08 Augustus 1997 00:00

@igs.net wrote in article ...
>
> KOM GEE VIR MY POLFYNTJIE
> C.L.Leipoldt

Liewe Gloudina

Baie dankie vir jou onbaatsigtige diens,

At de lange

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Onderrig van AFRIKAANS

Do., 07 Augustus 1997 00:00

Indien daar enige persone is wat verder studeer in Afrikaans

Kontak my asb. as volg

kbsc...@fast.co.za
pze...@kragbron.mpm.school.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Wat is 'n Afrikaner? (vir Stef)

Do., 07 Augustus 1997 00:00

ro...@physics.utoronto.ca wrote:
>
[color=blue]>

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Wie wil speel in die ubuntu span van Afrikaanse krieket?

Do., 07 Augustus 1997 00:00

@igs.net wrote in article ...
> Ongelukkig speel ek nou nie krieket met
> mense in kleinlike ligas nie. Net met
> mense in groot ligas. Soos At.

Liewe Gloudina,

Jy laat 'n mens dink. Moenie opslagballe, spookballe
ofstreepballe of wydlopers boul nie. Ons sien darem party
van hulle aankom.

Ek voel soos aan my bas dat hier Afrikaans krieket
gespeel word. Maar wie is die twee spanne?

Dis nie buitelanders teen binnelanders nie.
Dis nie wit teen swart nie.
Dis nie mans teen vroue nie.
Dis nie liberaal teen konserwatief nie.
Dis nie die NSA teen die OSA nie.
Dis nie dommes teen slimmes nie.
Dis nie vleeslikes teen geestelikes nie.
Dis nie eters teen dinkers nie.
Dis nie eers chaos teen orde nie.

Wat is dit dan? Probeer jy dalk 'n leidraad gee
met kleinlikes? Is jy doelbewus vaag?

Het dit met kleinlik te doen?
Het dit met hardvogtig te doen
Het dit met verraad te doen?
Het dit met domastrant te doen?
Het dit met hoogmoed te doen?
Het dit met tonnelvisie te doen?
Het dit met verguising te doen?
Het dit net beskuldigings te doen?
Het dit met wanstellings te doen?
Het dit met skoorsoek te doen?
Het dit met grootwaan te doen?
Het dit met terugvalle te doen?

Ek is eerlik, ernstig, nederig en vurig met die volgende:
Ek speel vir die ubuntu span in Afrikaanse krieket omdat
ek wil.

Waarom hou julle aan om vir my fakse te stuur?
Ek weet dat ek myself vir die span gekies het, maar
dis die enigste manier hoe die span gevul kan word.
Of begryp julle nie dat daar nie 'n ander manier is nie?

Hier is die reels, soos ek dit begryp, hoe die ubuntu span
saamgestel word.
1 Elke speler word deur die persoon self gekies om deel
van die span te wees.
2 Geen spelers hoef ooit iewers toestemming te vra
om opgeneem te word nie.
3 Elke speler bly lewenslank 'n spelende lid van die span
ongeag van beserings, gebrek aan talente, ens.
4 Net die speler self kan homself/haarself ontslaan uit
die span en ook net wanneer die speler nie meer
lid van die span wil wees nie.
5 Bewys van lidskap van die span moet ten alle tye
met alle soorte versoeke geduldig gegee word.
6 Vreugde word betoon met elke speler wat aansluit
of wegval en smart word betuig met elke ontslaande
speler.
7 Die unbuntu span sal nooit 'n kaptein kies nie - nie
permanent nie en ook nie tydelik nie.
8 Die leuse van elke speler van die ubuntu span is:
om in liefdevolle harmonie te lewe met God, met
al die ander mense en met die natuur.

Miskien moet ek vir die verstrooides net vertel wat die
nuutgevonde idioom "om vir iemnd 'n faks te stuur"
beteken.

Rugby is nie meer wat dit was nie - geld het in die
spel gekom. Ongelukkig moet mense nog leer hoe
om Mammon sonder teegevolge te aanbid. In hierdie
toestand van onnoselheid (voor die leer plaasvind) word
twee groot foute gemaak.
1 Die spelers tree pateties op as 'n span.
2 Die bestuurders tree pateties op as leiers.
Een bestuurder is berug daarvoor dat hy afdankings
sommer per faks stuur aan sy mense wat nog daar
doer is.

Alles van die beste
At de Lange

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Die kinders

Do., 07 Augustus 1997 00:00

Ek was vandag in 'n winkel in Oakville om die bestanddele vir
Peppermint-Crisp tert te kry. Mens kry nie Pepperment-Crisp in Kanada
nie, en mens het behoorlik onttrekkingssimptome vir die eerste ruk!

My kinders woon nou al drie jaar hier, maar aangesien ons finansieel
maar so bietjie hot-agter gekry het aan die begin , kon ons nie baie
gereeld by die winkel uitkom nie. Vandag toe ken hulle glad nie eers
Chappies nie, en hulle het gedink droee" wors is biltong. My oudste
proe vir die eerste keer in drie jaar weer groen "Cream Soda" en vra toe
vir my waarna dit proe? Dis seker nog in sy onderbewussyn as iets wat
hy behoort te herken.

Hy weet egter wie in Oakville woon. Hy kon nie wag om vir die kassier te
vra of hy weet waar Donovan Baily woon nie!

" Ja, Donovan bly net so om die draai en ek het saam met hom skool
gegaan en my vriend se broer het op skool nog teen hom gehardloop, maar
destyds was Donovan Baily nie juis baie vinnig nie. Sy broer het meer
potensiaal getoon!"

Die kassier is 'n Kanadees wat al twee jaar in die winkel werk en ken al
'n hele paar Afrikaanse uitdrukkings. Hy groet my kind: " Totsiens!"
" Bye!" is al antwoord wat hy kry...

Oppad huis toe smul ek aan Nougat en vrugte gommetjies. Die boerewors
word in die vrieskas gesit vir baie spesiale geleenthede en die vye- en
appeliefie konfytbotteltjies word agter in die kas weggesteek vir die
grootmense!

Griet

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Boerekos

Do., 07 Augustus 1997 00:00

Ek het 'n Engels-sprekende vriendin hier in Kanada wat velede jaar met
'n baie oulike idee vorendag gekom het:

Sy stel die mense aan Suid-Afrikaanse kos bekend deur 'n
" Suid-Afrikaanse braai " as 'n item op hulle skool se jaarlikse veiling
te plaas. Ons vind dat die mense dan heel nuuskierig is om uit te vind
wat dit dan behels!! Verlede jaar het sy so 300 dollars ingesamel vir
die skool en hierdie jaar 400 dollars. Intussen help al die
Suid-Afrikaners wat intussen bykom met die koop en maak van die geregte,
die aandra van boeke, ornamente, foto's, inligting, musiek,
storie-boeke (hier is heelwat ou-mense wat nog Nederlands kan lees) ens.

Ons het so lekker gelag die eerste jaar, want nie een van ons het nog
ooit koeksisters self gemaak nie, sommer maar altyd by die basaar
gekoop. Ons het in Suid-Afrika nooit eers daaraan gedink om dit self te
probeer nie (gans te warm) ! Die eerste toetslopie doen ons toe met
Kersfees (dis nou die koeksisters, nie die braaivleis nie)! Deel van
die resep vra dat mens die stroop moet koud hou. Ons het sommer die
kinders buitentoe gestuur om die wasbak vol sneeu te maak!

Met hierdie jaar se braaivleis begin daar 'n so 'n klein probleempie sy
kop uitsteek:

"Jou melktert smaak nie soos my Ma s'n nie en ons het ons trifle altyd
so en so gemaak..."

En ons voel seergemaak as mense met kleintyd herhinneringe begin
peuter...

Griet

Kos & resepte | 0 kommentare

Re: NEW PAPER

Do., 07 Augustus 1997 00:00

AM de Lange (amde...@gold.up.ac.za) wrote:
: Prince Giovanni Terzaghi y Pilo Boyl wrote in
: article ...
: > Cari amici,
: > a settembre esce un nuovo piccolo giornale che parla della cultura
: > Africana,
: > stampato in Italia,gratuito.
: > Se qualche Africano vuole collaborare,puņ mandarci una e-mail.
: > Cordiali Saluti.

: Sal ons aan hom skryf oor die Afrikaners?

: Wat sal ons skryf?

Ou AT,

die ou lig ons maar net in dat daar van September 'n nuwe tydskriffie sal
verskyn oor Afrika-kultuur (in Italiaans, natuurlik..) As jy iets wil
skryf, skryf aan die prins by juanpilo@hotmail.com...

Groetnis :)
http://www.nis.za/~vanreet/index.html

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Greetings and Salutations - soos die ingelse sal se

Wo., 06 Augustus 1997 00:00

Wel mense, dit was nou vir my 'n aangename verrassing om hierdie nuus
groep te vind. Ek is nou vir die afgelope 3 maande hier in Alabama.
Soos julle almal seker weet was hierdie DIE slawerny staat maar dit daar
gelaat.

Ek het twee versoeke aan julle mense tuis.

1) Kan die dame wat all hierdie gedigte so rondstuur dalk vir my 'n paar
van Koos Du Plessis se liedjies stuur?

2) Kan enige iemand vir my regte boerekos resepte stuur?

By voorbaat dank

Neels
--
Notice : !!! Anti-spamming in place
change .z to .com in email address before replying

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1498  1499  1500  1501  1502  1503  1504  1505  1506  1507  1508  1509  1510  1511  1512  1513    »]
Tyd nou: Wo. Mei 20 03:25:46 UTC 2026