----
Let op!
Na 1 januari 1998 nieuw homepage-adres: http://www.wxs.nl/~brien en http://www.wxs.nl/~btv
emailadres wordt na die datum ook aangepast in: br...@wxs.nl en b...@wxs.nl
de oude emailadressen blijven tot 1/2 1998 in gebruik.
Ons kan baklei soos ons wil. Afrikaans sal nie nou al uitsterf
nie, maar oor 50 jaar van nou af sal dit net ons ouer generasie
wat Afrikaans praat. Ek glo Afrikaans skole sal uiteindelik verdwyn.
Ek is 'n Afrikaner en sal een dood gaan, maar ons moet ook realisties wees,
die besigheids wêreld is Engels. As ons iewers wil kom moet ons daardie rooi
taal leer en ons kinders aanspoor om dit weer vir hulle kinders te leer.
> Ek dink dit is Griet wat van Kanada geskryf het oor SA Braaivleisaande.
> Moenie bekommerd wees wie se ma se melktert lekkerder was nie.
> In die vreemde is enige Suid-Afrikaanse melktert lekker.
> Dit is maar net verlange na ma wat praat.
>
> Sal graag wil weet wat die bykos was wat by sulke aande bedien was.
> Kon die Kanadese die Poetoepap baasraak?
>
> Het ander boerekosidees gemis, so miskien is bogenoemde al gemeld.
>
> --
> ann...@fast.co.za
> Red wine lover.
Jong, dit het opgeeindig as 'n proeseltjie-van-alles-en-nog-wat. Die
slagter se boerewors is nie te wat wonders nie, maar word al hoe
lekkerder hoe langer ons hier woon. Nuwe intrekkers trek nog steeds
maar hulle neuse op vir die boerewors wat ons hier as delikatesse
beskou, maar ons sê maar niks nie en twee jaar later smul hulle saam!
Ons het braaipap met tamatie-en-uiesous gehad en 'n groenslaai met
tamatie, komkommer en avokado.
By dieselfde ete het ons egter ook bobotie met begrafnisrys gehad. (My
Engelssprekende vriendin ken dit net as geelrys). Bygereg was komkommer
in suurroom, klapper, blatjang (my kinder vra my: "wat is dit?")
Ook nog Potjiekos, in hierdie geval "Cape Currie" (ek weet nou nie wat
dit in Afrikaans is nie) saam met mieliebrood en potbrood.
Ek het nou voorgestel dat ons volgende jaar 'n safari-ete moet aanbied,
so sal die Kanadese dalk agterkom watter kosse dan nou eintlik bymekaar
hoort.
En ek dreig nog steeds om beskuit te bak voor die einde van die jaar!
I am interested in learning Afrikaans, both spoken and written. I
currently speak only english and a very small amount of Russian. If
anyone knows of a good self study type course in english (tapes or cds
with materials), please forward this info via email.
Thank you in advance,
Greg Landry
Greg Landry
Morris, IL U.S.A.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Showed up late, still we played Bert's Bar,
then the hurricane came . . . so it ain't there now.
Help asb., weet julle miskien van iemand wat kan help om ons oorle-bokke
weer die "spring" aan te leer soos in SPRINGBOKKE !!!
Ek het die grootste agting vir Carel, maar die arme man kan werklik nie so
in die diepkant gegooi word nie. Ek kan aanvaar dat hulle(SARVU) iemand op
verdienste gekies het, maar die 70/80's is verby en die jaar 2000 is op ons.
Tye en taktieke verander, en ons rugby is en bly vir my stereotiep.
Laat SA.RUGBY 'n bosberaad(!) hou en laat daar weer terug gegaan word na
die tekenborde, want iets - of is dit iemand, is die kluts kwyt!
'n bondel bene beweeg - (J.G.)
(Vir Dr Lingenfelder en vennote)
Die seer geagte geneeshere het my nie
geopereer nie maar
narratologies
musikaal
empiries
gedekonstrueer
(I) : soos met 'n verhaal was daar
ewewig
disekwilibrium
herbalans
(ii) : soos met 'n simfonie was daar
andante
agitato
adagio
(iii) : soos met 'n steekproef was daar
assonansie
dissonansie
harmonie
Vier lumbale werwels word waargeneem
met die voorkoms van lumbo-sakrale oorgang/
die diskusspasies het nie vernou nie/
Geen spondiloliese artrose of erosies
word gedemonstreer nie/
Geen duidelike gewrigspatologie nie/
Posterior-elemente binne normale perke/
DAAR IS DEFORMITEIT VAN DIE PUBIESE RAMI!
DAAR IS ROTASIE-DEFORMITEIT VAN DIE HEMI-PELVIS!
Geen fokale benige letsels word waargeneem nie/
Die res van die benige bekken
blyk binne normale
perke te wees....
.....
Ek dans dus deesdae nie meer Turks nie
maar - met 'n toegewing aan ballroom - met my onderlyf
"stil en mooi in"