dis gevaarlik om alleen te reis
deur die kongo deur kanada
selfs deur die herfserige kro.
die alleenreisiger stel hom bloot
aan bedelaars wat dreigend vra
losborsmeisies wat vraend eis
of aan die helder geel en rooi
die aandruik naby richmond na
'n onverdiende laatjaarreën.
die hele karoo is oortulp van vreugde
pers en groen teen die koppies gestrooi.
soveel gedigte gaan verlore verlore
in die koue mis uit die vol weirs
die populiere wat afdryf in moddervore
'n wit lam wat teen die donker huil
en mense bruin en harde mense wat agter
dik klipmure en die oopgevoude bybel skuil
hier stóók 'n mens nog in die winter vuur
as jy wil bad. voëls vlieg : hulle spel
jou naam, jou noemnaam want die regte een
is langer en hulle is so min en moeg.
hoe lank kan so 'n hartséér duur?:
tulpe is giftig die lusern laat die beeste swel
soveel gedigte gaan verlore ingeploeg
deur die dink die veërs wat spook teen die reën.
dis gevaarlik om alleen te reis
o, dis gevaarlik om alleen te reis.
> ag tog,
> ek weet nie hoe om daaroor te voel nie,
> wat sal van die Kaap word daarna ---indien ons dit kry !
> sal al die hoopvolles van Afrika afstroom om 'n
> blitsprofyt te maak ?
Vreemd jy vra nie of Kaapstad se infrastruktuur beter sal wees nie
Vreemd jy vra nie of dit toerisme sal laat groei nie
Vreemd jy vra nie hoe positief dit die eiendomsmark sal raak nie
Vreemd jy vra nie of die Spele 'n saambindende faktor vir die nasie
sal wees nie
Insiggewend dat jy bekommerd is dat meer swartes Kaap toe sal kom.
Suid-Afrika het so pas uit 'n onmenslike bedeling gekom wat op hierdie
soort bevooroordeelde vrese gegrond was.
Mens lees nou gedurig van die X-generasie,
hulle het nou hulself ontdek en 'n naampie gegee. Siestog.
Nou hang hulle dit aan 'n paal en hulle voel hulle is nou "iets",
deel van 'n kliek. Hoe ingenome kan jy nie met jouself wees nie?
So what ? Het julle nou arriveer?
Foeitog, dat mens nou deur so 'n identiteitskrisis moet gaan.
So wie is die afrikaanse generasie X nou eintlik? vlgs "DE KAT":
"Hulle is meestal middelklas, wit en in hul twintigs:
goed opgelei, maar met 'n werk wat min betaal en min aansien het.
Hulle Christelik-Nasionale waardes afgesweer, maar niks in die plek
daarvan gevind nie. En hulle is woedend omdat hulle in die nuwe
Suid Afrika moet maai wat hulle nie gesaai het nie."
.."X-ers se lewenstyl is net moontlik omdat hulle tot lank na
universiteit deur hul middelklas-ouers ondersteun word."
"In sy boek GENERATION X... beskryf Coupland die Amerikaanse Xers
as 'n pessimistiese groep twintigplussers wat die wereld sien as
'n atoombom wat homself gaan vernietig. Daarom meen hulle daar is
vir hul geen toekoms nie".
Ek voel vere vir julle middelklas blues en pseudo-filosofiese stront.
Julle is 'n klom draadtrekkers. Want draadtrek is self-indulgent
en self-behep. Ek hoop julle kom vinnig deur julle puberteit.
Wat betref "maai wat julle nie gesaai het nie": As julle weer wil
sanik, dink aan die swartes en die ouens wat vir julle middelklas
opvoeding moes afkak met 'n R1/R4 in die townships en op die grens.
Hou dan liewer jou bek.
Hoor hoe praat een (De KAT):
"Ons voel so oorweldig deur die komplekse wereld waarin ons leef,
dat ons onself wil isoleer, ons vestig onself in kommunes en
kommunikeer net met mense soos ons. Ons laat ook nie toe dat die
kerk met ons emosies speel nie. Ek is egter nie 'n atteis nie.
Ek skei net kerk en godsdiens. Ons het ook behoefte aan die mistieke,
maar voel dat die afrikaanse kerke sensasie eerder as oplossings bied.
Daar is 'n geestelike gat in ons wat ons nie weet hoe om te vul nie"
Foeitog: As jy nie weet wat jy soek nie verdien jy ook nie om iets
te kry nie. Klim maar terug in jou gat en word eers groot.
Dit staaf net wat mens oor hul lees: dat hulle 'n geslag is wat
te veel TV gekyk het, wat geen morele of kulturele waardes het nie,
vir wie alles relatief is, en wat net belangstel in hul hulself.
Ek het nog nooit tyd gehad vir middelklas blues nie.
Kry julle gat in rat! Kry 'n lewe!
Daar word baiemaal deur mans gesê "Vroue is van 'n ander planeet" of
"Moenie eers probeer om 'n vrou te vertaan nie".
Hoe sien mans vroue? (Hier is hoe ek vroue sien)
+ Vroue is anders. Die verskil tussen mans en vrou is so groot dat mans
vroue as meer as net 'n ander geslag sien...
+ Vroue is ongelooflike skepsele - hulle is inherent goed terwyl amper alle
mans korrup is. (Meeste mans steek dit net beter weg)
+ 'n Mooi vrou se skoonheid kan enige man waardeer sonder om enige emosie
teenoor haar te hê. (Vroue raak te gou jaloers)
+ Mans is bang vir *te* mooi vroue. (Tikkie troos vir die vroue)
+ As ek mooi daaraan dink, mans is *versigtig* vir alle vroue wat hulle nie
ken nie.
+ Daar word beskuldig dat mans net vir mooi vroue gaan, maar in werklikheid
kyk albei geslagte ewe veel daarna. 'n Man sal 'n mooi maar vlak vrou baie
gou los vir 'n minder mooi maar verstandelik en emosioneel aanpasbare een.
+ Mans kan vroue as baie wreed of emosieloos sien. Mans raak baie gouer
verlief as vroue en verwerk verwerping swaarder as vroue.
+ As 'n man lief is vir 'n vrou sal hy selfs sterf vir haar.
+ 'n Man hoef nie 'n rede te hê om 'n vrou lief te hê nie.
+ As 'n man eers 'n vrou werklik lief het bly hy altyd lief vir haar. Die
liefde mag vervaag met tyd of later oorheers word deur 'n nuwe liefde, maar
dit gaan nooit weg nie.
+ Vroue is wonderlike maar verwarrende skepsels!
Ek, Jasper die Barbaar tas nog in die donker rond op soek na my droomvrou.
Fisies
Skraal (maer selfs) en aantreklik. ligte vel (bleek selfs). Pragtige oë
(blou?). Donker hare. 18-22 (Jasper die Barbaar is ook nog jonk)
Emosioneel
Liefdevol. Lief vir kinders. Lief vir diere. half mal met tye maar meestal
rustig. Lief vir gesels (filosoof?). Lief vir die see. Soms onseker, sodat
ek haar anker kan wees.
Intellektueel
Bo normaal
Sosiaal
Asosiaal. Geslote maar sterk vriendekring. (Miskien is dit hoekom ek
sukkel om haar te vind!)
Geestelik
'n Weergebore christin.
--
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Jasper die Barbaar
epitoli_sp...@hotmail.com
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Jasper die Barbaar
epitoli_sp...@hotmail.com
Vera dink ek, het 'n rukkie gelede gevra oor die nuwe en ou vertaling van
die Bybel. Julle kan die volgende program met die Afrikaanse vertalings
van die Bybel kry vir jou rekenaar. Julle kan ook verskillende
engelse vertalings asook Grieks, Hebreeus ens kry.
Die program help jou om enige woord of vers te soek,
en jy kan aantekeninge maak ens. op jou rekenaar. Daar is ook
ander interesante goed soos CD-Roms met Multimedia interaktiewe
prentjies en speletjies oor Noag en sy ark ens. Vir grootmense is daar
argeologiese boeke en kaarte en bv. 'n CD-Rom oor die Dooie See rolle
ens.
Dit is interessant om te sien hoe Afrikaans ontwikkel het tussen die
ou en die nuwe vertaling. Baie van ons Afrikaanse name, plekname
gesegdes ens. kom uit die Bybel. Om die waarheid te se, die Afrikaner
se hele kultuur draai om die bybel. Of dit vandag nog so is, is egter
te betwyfel.
LOGOS INFORMATION SYSTEMS
Posbus 48993
Roosevelt Park
2129
tel 011-782-4222 ext 213
fax 011-782-6533
-------------------------------------
LOGOS research systems
2117 200th Avenue West
Oak Harbor,
WA 98277
USA
Tel 1-800-87-56467
Ek is seker die ouens het 'n WWW adres ook. Soek maar onder "LOGOS".
Baie dankie At, vir die moeite wat jy doen om te verduidelik. Dit word baie
waardeer.
> idome is 'n onderafdeling van 'n belangrike saak wat
> ons beeldspraak kan noem. Gelykenisse, analogiee,
> metafore en nabootsings is ander onderafdelings van
> beeldspraak.
Dit is ook wat taal interessant, kleurvol en lewendig maak. Verder, bevorder
dit kommunikasie, omdat dit makliker is om deur "beeldspraak" 'n prentjie te
kry van wat bedoel word. Ek geniet dit terdeë om na iemand te luister wat
Afrikaans goed praat, en wat al die metafore, idiome ens gebruik wat so raak
vat an die idee, dit word amper aantasbaar.
Mens mag veralgemeen en mens mag diskrimineer. Dit op sigself is nie
verkeerd nie. (mens diskrimineer bv. tussen 'n groen en 'n rooi robot,
anders sien jy jou gat). Sorg net dat jou veralgemening waar is en
dat jy nie jou veralgemening gebruik tot nadeel van iemand wat
miskien 'n uitsondering kan wees nie.
Bv: As daar baie australiers is wat lui is, beteken dit nie dat jy
elkeen moet behandel asof hy 'n slapgat is nie. Ek mag miskien sê dat
australiers in die algemeen lui is, maar ek mag nie sê dat omdat iemand
'n australier is, hy daarom noodwendig 'n luiaard is nie.
Die eerste stap tot diskriminasie is om 'n negatiewe ding te veralgemeen.
Die diskriminasie volg dan maklik: Julle swartes...,Julle afrikaners...
ens ens. 'n Tipiese voorbeeld van so 'n redenasie was
bv. die rooinek wat geskryf het oor: "Afrikaaners should help, its the
christian thing to do".
Ek lees hier (Australiese koerant) van die Grahamstadse kunsfees.
Dit gaan oor of die SA kunstenaars aanpas noudat hulle nie meer
apartheidstories het om oor te skryf nie ens. O.A. die vlg:
"The 23 year old director from the JBb black township Alexandra
said he was not impressed by talk of reconciliation
and a `rainbow nation'. `we pretend we understand one another but
actually we dont'. He believes white stereotypes of blacks as
rioters and terrorists had merely been replaced by that of violent
criminals.
Nogal waar dink ek. Ons is maar lief om te veralgemeen/diskrimineer.
As mens so luister na stories wat van mense uit SA kom na ons oorsee,
klink dit asof alle swartes maar dieselfde is, en met 'n geweer om die
garage wag. Ek wonder hoeveel blankes is agter party van die bendes
en diefstal en gesmokkel van gesteelde karre ens?
Oppas, mens trap maklik in die slagyster veralgemeen/diskrimineer,
(ek ook).
Een dag het ek besef dat die intellek die instink onderdruk tot so 'n mate
dat die natuur en alles wat mooi is verrasionaliseerd raak.
Sondag toe ek die TV aansit en die berig sien oor Di se dood, was die
eerste 5 min genoeg. Daarna was dit irrelevant. Ons lewe in 'n tyd van
inligtings oorlading en tot 'n groot mate abstraheer (is dit 'n woord?) 'n
mens al hoe meer. Daar is nie tyd vir details nie. Ek is (uit die aard van
my werk) lang tye op die web en hoofsaaklik lees ek net nuusopskrifte. Die
tempo van verandering neem toe. My Pa het die storie in detail gevolg - ou
koerantman. Hy verstaan nie die inligtingsontploffing nie...
Ek kry GEEN meer tyd vir fiksie nie. Ek verryk net die logiese deel van my
brein en onderdruk al meer die kreatiewe.
Kan 'n mens *te* beskaafd raak?
Jou definisie van instink is anders as myne?
Miskien, die instink waarvan ek praat is nie die behoefte-gedrewe dierlike
luste nie, maar eerder die sy van die brein wat nie rasioneel is nie.
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Jasper die Barbaar
epitoli_sp...@hotmail.com