Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Reaksie uit Washington

Vr., 29 Februarie 2008 12:35

Beeld-deurloop: Wat loop ná apartheid in Bloem skeef?
Feb 28 2008 09:55:48:100PM - (SA)

Charles Smith

Presies 20 jaar terug is ek so byna uit 'n koshuis op die kampus van
die Vrystaatse Universiteit geskop omdat daar 'n bruin meisie in ons
kamer was.

Helder oordag. Sy het by ons koffie gedrink.

Dit is ironies dat die studente in Huis Abraham Fischer vandeesweek
die plek aan die brand wou steek omdat hulle probleme het met die
administrasie se integrasiebeleid.

Praat het in die Nuwe Suid-Afrika sy AWB gesien.

Die koshuisvader wat my aangespreek het oor my sonde is toevallig nou
hoof van die universiteit se integrasieprogram. 'n Program van
"rugbykoshuise" en "sokkerkoshuise'' is tot onlangs gevolg.

In my tyd - in die jaar van P.W. 1988 - was dit nog 'n wit
universiteit. Jammer - 'n Afrikaanse universiteit. Bruin
Afrikaanssprekendes was welkom - net nie in wit mans se kamers nie.
Natuurlik is die wit meisie met die koffiebeker in die hand misgekyk.

Ons het so bietjie van ons eie koshuis in die groter koshuis gehad.
Die meeste studente het in Abraham Fischer-koshuis gebly (genoem
Vishuis). Ek en Delarey Wagener het in "Bram Fischer-koshuis'' gebly
(vir diegene wat hul geskiedenis ken). As 'n grap, sien.

Maar in die jaar van onse P.W. van '88 het jy nie sulke grappies
gemaak nie. Jy het ook nie gepraat oor dinge soos die End Conscription
Campaign nie (al was ek klaar deur P.W. & Seuns). Die kadette het nie
van sulke opstokery gehou nie.

Een van die soort ouens wat die video's gemaak het, het ook nie
daarvan gehou dat 'n bruin meisie in ons kamer was nie.

Ons deur was oop. Daar hardloop hulle toe na die prof en word ons
aangetree.

Ek moes toe die woorde aanhoor: "Ek kan dit nog verstaan as daar
meisies in jou kamer was, maar hoekom 'n BRUIN meisie? Wat sal jou pa
hiervan sê?!" My pa was toe 'n NP-LP.

Ons was nie modelstudente nie, maar ons het nie brande gestig voor die
koshuis nie. Ek dink die UV-bestuur - en elke universiteit in die land
- moet hare op hul tande hê om al die opstande, brandstigting, getoi-
toi, aaklige video's en druk van die regering te hanteer.

Die prof destyds het seker net sy joppie gedoen. Ek is seker sy kop
sou gerol het as dit bekend geword het dat 'n bruin meisie in een van
sy koshuise was.

'n Sekere tweede-in-bevel van die huidige polisiediens wat toe 'n
staatsleer-dosent aan die UV was, het in 'n klas woedend teen die ANC
te kere gegaan. 'n Jaar of twee later is die ANC ontperk en raai wie
kry 'n senior possie in die SAPD? Die einste.

Die UV is 'n barometer van Suid-Afrika. Dat swart en wit mekaar uit
koshuisforte aangluur, is skrikwekkend.

Maar dit is nie net studente se skuld nie. Die land beleef 'n ernstige
leierskrisis. Mense moor, kaap, verkrag, plunder - en niks gebeur nie.
Dan kry jy sulke waansinnige gedrag soos in die video.

Twintig jaar terug het wit studente aan die UV - inwoners van die
einste Vishuis - naweke in townships gaan bly.

Wat het ná apartheid skeefgeloop?

My pa het my al op skool geleer om respek vir alle mense te hê. Dit is
die les wat te veel mense in Suid-Afrika nou nie meer kry nie.

) Charles Smith is Media24 se verteenwoordiger in Washington, DC.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Reaksie uit New Zealand

Vr., 29 Februarie 2008 12:30

Die waarheid blootgelê maak bitter seer
Feb 29 2008 11:28:55:360AM - (SA)

Louise Luttig

Ná dae van lees oor die sogenaamde walgvideo, waaroor ook hier in Nieu-
Seeland berig word, en nadat die ouers van die studente dit afgemaak
het as studentepret, het ek gaan kyk waaroor die video uiteindelik
gaan.

Ek skaam my. Regtig. My arme, arme alma mater.

Maar die gevoelens wat in my wakker gemaak word, is meer as een van
skaamte.

Iewers, iewers het dinge verskriklik skeefgeloop as jong mansstudente
na al die jare van post-1990 - en selfs vooraf - reken hulle kan so
omgaan met ander mense, en spesifiek dan ook mense van kleur, en van
'n ander geslag.

Swart vrouens.
Op hulle kniee.
Kos opgedwing soos vir 'n dier.
Ingesleep by 'n sogenaamde spel van onderdanigheid en sinspeling op
seksuele aspekte.

Deur jong mans, sowat vier jaar ouer as my oudste kind.

Die rouigheid daarvan wil nie weggaan nie, dit druk swaar op my. Ook
die implikasies vir die Afrikaneragtergrond waarop ek steeds trots
hier waar ek bly in Nieu-Seeland. Ons is mos goed grootgemaak.

Of is ons?

En skielik wonder ek, wie is ons, dan nou regtig. Afrikaners. Want
eenders in uitkyk is ons as groep - net omdat ons Afrikaans praat -
duidelik nie.

Is dit waarvoor vrouens en kinders gesterf het in die groot oorlog 'n
honderd jaar gelede - vir slegte maniere, en disrespek teenoor ander?

Is dit waarvoor jong mans dood is op die grens destyds - sodat ons
mense op hulle knieë kan dwing en verneder?

Is dit hoekom Afrikaanssprekendes al die jare die grond bewerk het, en
gebou het aan die land, waarvoor mense soos Anton Rupert en Elise
Botha, om maar enkeles te noem, 'n Afrikanersskat opgebou het en
Afrikaanse instellings gevestig het, sodat jong Afrikaners,
bevóórregte jong Afrikaners, steeds nie kan opgroei met 'n besef dat
elke mens 'n mens is nie.

Selfs in die donkerste dae van apartheid, was die algemene verhouding
tussen mense van kleur en my mense meestal een van begrip en respek.
Ten spyte van ons verlede. Ten spyte van die optrede van sommige, sou
die optrede van baie 'n verskil maak.

Of so wou ek tot onlangs nog glo.

Hoekom weet so baie jong mense, post apartheid en al, dit nog steeds
nie. 'n Mens is 'n mens is 'n mens, as dink hy nie soos jy nie, al
doen hy nie soos jy nie, al praat en lyk hy nie soos jy nie.

Jy hoef nie met hom saam te stem of selfs van hom te hou nie.

Maar hy bly steeds 'n mens.

Daar was natuurlik uitsonderings, meestal polities, a la Jimmy Kruger:
Dit laat my koud. En Eugene du Kock se gewraakte braai van 'n lyk, of
was dit nou Dirk Coetzee? "The horror, the horror..."

Maar dit was oorlog, kon 'n mens sê, en in oorlog vervaag die grense
tussen dit wat reg en verkeerd is. Maar dit was oorlog, kon mens sê,
en in oorlog vervaag die grense tussen dit wat reg en verkeerd is.

Maar daar was ook die aanranding van 'n swart voetganger deur standerd
nege seuns aan my skool destyds - waarvoor hulle geskors is, as ek reg
onthou, en met 'n misdaadrekord opgeeindig het.

Daar was vele, vele berigte van die mishandeling van aangehoudenes,
die verdwyning van aktiviste, en later die vele stories van die
Waarheids en Versoeningskommissie wat mens, as jy dit nie meer kon
hanteer nie, kon beskou as ongetoetste getuienis.

Maar in die eeu van die televisie oog, van Facebook en Youtube, van
openbaarmaking van die kleinste, intiemste detail, word ek skielik
gekonfronteer met 'n waarheid oor my Afrikanerskap en identiteitsoeke
waarvan ek nie hou nie.

Daar is 'n donker, donker smet op die Afrikaner, en ek voel om te vlug
daarvan.

Die vraag is of ek kan. Twee vriendinne wat hier in Nieu-Seeland
skoolhou vertel nou die dag van die rassisme by Afrikaanse kinders
hier wat hulle verslae laat. Uitgesproke, rou rassisme, van kinders
wat miskien al twee, drie jaar of langer uit Suid-Afrika is, en dit
saamgebring het in hulle bagasie. 'n Erfenis van hul ouers en hul
samelewing wat hulle hier, sonder enige voorbehoud, luidkeels
verkondig: We don't like K**s, miss."

En vir 'n Kiwi meisie met 'n Indiese vriend - "Can't you get a white
boyfriend?"

Dis om van te ween.

Waar kom hierdie geslag vandaan, post-1990, om soos 'n siekte oor die
wereld te versprei?

Waar is hulle ouers, wat moet toesien dat hulle van kleins af weet wat
is reg en wat verkeerd?

En waarom wonder ek deesdae of ek iets het om trots te wees oor my
erfenis?

NS. Na werk ry ek by 'n koffiekroeg aan vir 'n koffie. Hulle is toe,
die koffiemasjien skoongemaak, alles weggepak vir die dag.
Maar die man agter die toonbank hoor my aksent. "You Afrikaans?" sê
hy. Ja, sê ek, en jy? "I'm Yugoslavian", sê hy, "but my girlfriend is
South African. From Pretoria." En net daar maak Ilya van Joego-Slawië
vir my koffie, gratis, net omdat ek Afrikaans praat. En skielik is my
dag sommer beter.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Uit " Lewensdood" deur BREYTEN BREYTENBACH

Do., 28 Februarie 2008 15:39

Uit "Lewendood"
Breyten Breytenbach


Luister ( sê Don Espejuelo) die breinblom van 'n hemel 'n Anderplek
blom in bykans alle gelowe uit - en wat is geloof anders
as 'n oorlewering? ... skeef of krom ....
- is die saadjie ons gemeenskaplike onsyn
ons gesamentlike geheue?

want baie verligtes beweer dat van ons voorsate
uit Oorbo afgetuimel het lank en lank gelede:
reisigers van die binneruim, Meesters, ballinge, Dorslandtrekkers,
verdwaaldes, soldate van die versuim, bakterieë, uitvarendes,
krygsgevangenes van Sint Helena en Ceylon, sendelinge,
gebrandmerktes, rebelle, terroriste, vlugtelinge uit 'n strafkolonie,
vryheidsvegters -
en met ons en met hier het hul hul kom meng
met die stof en die slym
die roosblare in die klei
kleidrome

is dit hùlle uitgehunkerde heimwee na 'n land
waar almal pêrels in die kroon is
of die harde besef van 'n retoer
wat ons tot in der bloute toe
besmet het met 'n skuiwergatdroom?

is die hemel inherente erfgoed?
is die hemel 'n Atlantis of 'n Thoel?
is die hemel in ons bloed?

is daar in die laaste instansie 'n hiervóórmaals?

Prosa & poësie | 0 kommentare

Hessie is reg

Do., 28 Februarie 2008 07:39

Julle wit boere is kak.
Julle is nie die moete werd om te tolerate nie.

Gee pad uit Azania voor ons julle uitjaag.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Dom, onbeskaafde fokkers in Bloemfontein

Wo., 27 Februarie 2008 12:52

Kampus-walgvideo
Feb 26 2008 09:10:42:963PM - (SA)

Henry Cloete

Bloemfontein. – 'n Video wat wys hoe werknemers van die Universiteit
van die Vrystaat (UV) op hul knieë vleis eet waarop 'n student
geürineer het, het die rassespanning op dié kampus gister tot 'n
hoogtepunt gedryf.

Die video is na bewering verlede jaar in September deur studente van
die Reitz Kamerwonings-manskoshuis gemaak, maar die bestaan daarvan
het eers gister aan die lig gekom nadat dit wyd versprei is.

Op die video kan gesien word hoe vyf swart skoonmakers van die koshuis
“ingelyf” word. Terwyl 'n gelag gehoor kan word, kan gesien word hoe
die skoonmakers resies hardloop, biere afsluk en dan 'n brousel drink
waarin 'n student sonder hul medewete geürineer het. Die video wys
duidelik hoe die student urineer in 'n bak wat op 'n toilet staan.

Honderde woedende swart studente het gistermiddag langs die biblioteek
op die kampus vergader, protesliedjies gesing en antwoorde geëis nadat
die bestaan van die video bekend geword het.

Skreeuende studente het plakkate met woorde soos “Genoeg is genoeg”
rondgeswaai.

“Ons is briesend. Die probleme op kampus het nou verder gegaan en 'n
ernstige menseregtekwessie geword,” het een student by dié spontane
vergadering aan Beeld se susterkoerant Volksblad gesê.

Prof. Frederick Fourie, rektor, het gisteraand op 'n mediakonferensie
gesê die skoonmakers is erg getraumatiseer nadat hulle met die sien
van die video besef het hoe hulle misbruik is.

“Die vernedering kom met die manier waarop die video aangebied is.”

Fourie het gesê die video is duidelik 'n verwysing na die
integrasiebeleid wat van vanjaar af by die UV toegepas word. Dié
beleid bepaal dat swart en wit studente persentasiegewys in koshuise
verdeel word.

Voorheen het studente in onderskeidelik wit en swart koshuise gewoon.

Vier studente kan op die video geïdentifiseer word. Twee van hulle
woon steeds in Reitz en is deur die UV-bestuur die kampus verbied.

Die ander twee het reeds klaar studeer.

“Ons sal vinnig en doeltreffend teen die betrokke studente optree en
ook 'n wyer ondersoek na die gebeure begin. Ons oorweeg dit ook om
strafregtelike klagtes in te dien,” het Fourie gesê.

“Ek is diep bedroef daaroor dat studente blykbaar niks daarmee
verkeerd sien om so 'n aanstootlike en vernederende video te maak nie.
Ek het al verskeie keer in die openbaar gesê dat die UV nie 'n plek
vir rassisme is nie.

“Die feit dat dit openlik aan die integrasieproses van die UV se
koshuise gekoppel is, is ook baie ontstellend.”

Hy het gesê gister was 'n hoogs emosionele dag, waartydens die
studenteraad, koshuiskomiteelede en UV-personeellede die video almal
ten sterkste afgekeur het.

Me. Helen Zille, nasionale leier van die DA, het haar ook gisteraand
sterk uitgespreek teen die “walglike mishandeling” van die skoonmakers
deur die studente.

Sy het in 'n verklaring gesê die DA is in besit van 'n kopie van die
video en beoog om dit aan die Menseregtekommissie voor te lê, saam met
'n versoek dat dié spesifieke voorval sowel as die onderliggende
oorsake van rassespanning op die UV-kampus ondersoek word.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Die regter en misdaad

Di., 26 Februarie 2008 09:31

Van www.beeld.co.za

---------------------------------------

Regter vertel hoe hy in misdaadvrees leef
Feb 26 2008 12:56:10:340AM - (SA)

'n Regter het gister in die Pretoriase hooggeregshof beskryf hoe hy
saans ná werk eers om sy huis ry en kyk of sy honde nog lewe voordat
hy dit by sy erf in waag.

Regter Joseph Raulinga het dié roetine ná werk gister geskets toe hy
'n moordenaar gevonnis het.

Hy het gesê “elkeen in hierdie land” moet in staat wees om fiets te
ry, berg te gaan klim, te gaan stap en strand toe te gaan sonder om
misdaad te vrees.

Hy het Sabello Mnisi (26) van Katlehong tot 20 jaar tronkstraf
gevonnis vir die skroewedraaiermoord op mnr. Totozwane Elliot
Hlongwane op 5 Maart 2000 in Katlehong.

Die staat sê in die opsomming van sy saak Mnisi en ander mense het
Hlongwane by sy huis se hek oorval en sy Nissan Sentra beroof. Hulle
het hom in die motor se bagasiebak ontvoer.

Hulle het later langs die pad gestop en hom met 'n skroewedraaier
gesteek. Sy lyk is later langs die pad ontdek.

Raulinga het gesê Hlongwane was 'n wetsgehoorsame mens wat soos enige
ander landsburger op 'n Saterdagaand uitgegaan het. Hy is by sy hek
deur drie jeugdiges oorval.

Misdade word deur jeugdiges gepleeg wat tussen 13 en 25 jaar oud is.

“Dít is werklik kommerwekkend,” het hy gesê.

Die “probleem” is dat daar 'n “tendens” in die land is dat jeugdiges
dié misdade pleeg en nie ouer mense nie.

Of 'n mens na Durban, Pretoria, Kaapstad of Johannesburg gaan, “die
neiging is dieselfde – dit is die jeug”.

Raulinga het gesê Hlongwane se aanvallers was veronderstel om die
“toekoms van hierdie land te wees”.

Mnisi was slegs 17 jaar oud toe hy die moord gepleeg het.

Adv. Russell Sibara, vir die staat, het ter verswaring van vonnis
verwys na die voorval waarin Razelle Botha (18) van Moreletapark,
Pretoria, onlangs vyf keer deur rowers by haar ouerhuis geskiet is.

Raulinga het Mnisi ook tien jaar tronkstraf vir moord met verswarende
omstandighede en vyf jaar tronkstraf vir ontvoering opgelê. Dié
tronkstraf word samelopend met die 20 jaar tronkstraf vir moord
uitgedien.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Re: Meer oor Chancellor House

Ma., 25 Februarie 2008 17:05

Hessie, toe ek hier geplaas het wat Steve Mulholland in Daily Dispatch oor
die ANC se miljoene te sê gehad het en vraagtekens geplaas het oor waar dit
vandaan kom, het jy my vertel dis "whitey talk". Plaas eerder wat die swart
joernaliste daaroor te sê het.

En nou, wat sê jy nou?

"Ferdi" skryf in boodskap news:i393s3t9o5i5f64u55a5uu68dnfonh7eol@4ax.com...
>
>
> Uit vandag se Sunday Times.
> ------------------------------------
>
>
>
> New ANC probes old guard's shady deals
> BUDDY NAIDU Published:Feb 24, 2008
>
>
>
> 'Heads will definitely roll if anything untoward is unearthed, as
> expected'
> Phosa warns that law will take its course if criminality is found
>
> THE ANC'S new leadership has ordered a forensic audit of all
> empowerment deals and tenders worth billions acquired by the party's
> controversial investment company, Chancellor House.
>
> The Sunday Times has established that the auditing firm Ernst & Young
> has been appointed to look into the company's books and unravel a
> series of "questionable" transactions.
>
> The investigation, started by the ANC leadership elected at the
> December conference in Polokwane, is also expected to look into the
> roles played by President Thabo Mbeki's inner circle, including his
> deputy, Phumzile Mlambo-Ngcuka, and former treasurer-general Mendi
> Msimang, husband of Health Minister Manto Tshabalala-Msimang.
>
> In a move that could be seen as post-Polokowane vengefulness, insiders
> say all the party's secrets could be revealed and those who benefited
> could be named and shamed.
>
> One said: "Heads will definitely roll if anything untoward is
> unearthed, as expected."
>
> Some of the big deals clinched by Chancellor House include:
>
> # A 25% stake in an engineering company, Hitachi Power SA, which got
> Eskom contracts worth R5.8-billion;
>
> # A 25% stake in a mining company, United Manganese of Kalahari, set
> up with Russian investors and worth R1.8-billion;
>
> # A shareholding in Continental Africa Gold Resources Consortium,
> which holds 23% of a mining group, Wits Gold;
>
> # A 5% stake in the logistics and shipping company Grindrod; and
>
> # A 10% shareholding in the engineering company Bateman, whose chief
> executive, Sivi Gounden, was also a founding director of Chancellor
> House. Gounden was director-general of Public Enterprises from 1999 to
> 2003.
>
> It has also long been suspected within party ranks that Chancellor
> House was one of the many beneficiaries of the empowerment stake in
> Telkom in 2006, especially after revelations that Msimang wrote a
> letter to Telkom shareholders saying Mbeki had approved the deal .
>
> ANC luminaries associated with Chancellor House include former
> National Council of Provinces chief whip Henry Makgothi, advocate
> Edith Kuzwayo, businessman Tebogo Makgatho, Irene Charnley, now a
> billionaire shareholder and director of MTN, and Professor Taole
> Mokoena, the chairman. Chancellor House's managing director is Mamatho
> Netsianda, who worked under Msimang in exile in London and is a former
> deputy secretary of defence.
>
> On Friday, the ANC's treasurer-general, Mathews Phosa, confirmed that
> the audit was designed to establish the exact value of these deals as
> well as to ascertain whether there were any conflicts of interest.
>
> He said it was being done to protect the party's reputation and
> promote " ethics and good governance in business".
>
> He hinted that criminal investigations might follow if anything
> untoward was uncovered.
>
> "The law will have to take its course," he said.
>
> Chancellor House Holdings was formed in March 2003, three months after
> the ANC's national conference in Stellenbosch. Questions have since
> been raised about funding received by the ANC, with the party lurching
> from one scandal to the next.
>
> Funding was so secretive that Msimang was reputed to have reported
> only to Mbeki - often keeping secretary-general Kgalema Motlanthe in
> the dark.
>
> Motlanthe, now the party's deputy president, said last year he had
> first learnt of Chancellor House when he read about its existence in
> the Mail& Guardian in 2006.
>
> There have been questions within the party about why it could not pay
> its bills when it was involved in so many deals.
>
> Founded by historian Professor Bernard Magubane, the company is owned
> by the Chancellor House Trust. The trustees are Msimang, former North
> West Premier Popo Molefe and businesswoman Salukazi Dakile-Hlongwane.
>
> After persistent denials by company directors, Msimang admitted in
> December that the company was an "investment vehicle" . In his report
> to the ANC conference in Polokwane he announced a remarkable
> turnaround in the party's financial affairs, from an operating deficit
> of R76-million in the 2002- 03 financial year to an October surplus of
> R67-million, with assets and investments totalling R1.75-billion.
>
> Insiders, however, are now questioning whether he misled the party.
>
> In 2005, for example, Chancellor House signed a manganese mining deal
> with a company associated with Russian billionaire Viktor Vekselberg
> in which its stake is estimated at well over R1.8-billion.
>
> Questions have also been raised about the role of Mbeki in
> facilitating the deals.
>
> Phosa announced last week that the party had ordered Chancellor House
> to withdraw from the Hitachi deal with Eskom because of "ethical
> considerations and corporate governance reasons".
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Artikel deur Johann Rossouw

So., 24 Februarie 2008 14:48

By: Is dit tyd om te emigreer?
Feb 22 2008 04:07:20:490PM - (SA)

Johann Rossouw

Hoe jy op hierdie vraag antwoord, hang af van wie jy is: hoeveel jy
verdien, watter beroep jy beoefen, tot watter kultuurgroep jy behoort
en dies meer.

Te oordeel na die aandag wat die vraag oor emigrasie die laaste weke
in sowel die media as in die alledaagse omgang geniet, is dit duidelik
dat dit (weer) intens bespreek word in die geledere van een van die
belangrikste groeperings vir Suid-Afrika se toekoms: Afrikaners in die
beroeps- of sake?wêreld.

Probeer 'n mens die vraag uit die oogpunt van dié groepering
beantwoord, kan die faktore wat oorweeg kan word, in twee groepe
verdeel word: dié wat met die nasionale omgewing te make het, en dié
wat met dié groepering se kleiner kulturele omgewing te make het.

WAT die nasionale omgewing betref: Een van die misleidendste mites wat
die afgelope 15 jaar of wat geskep is, is dat die jaar 1994 neergekom
het op 'n dramatiese omwenteling en 'n nuwe begin vir Suid-Afrika.

Natuurlik wás 1994 in vele opsigte die begin van 'n nuwe era, waar
almal in beginsel gelyke regte geniet, waar gereelde verkiesings gehou
word, waar die hoofstroom-ekonomie jaar ná jaar goed gegroei het, waar
groter vryheid van spraak gevestig is, ensovoorts.

Maar sekere dinge het nie verander nie: Die land bly afhanklik van
buitelandse beleggings; die gaping tussen ryk en arm is nie verklein
nie; een uit twee Suid-Afrikaners leef in wisselende grade van
armoede; en rassespanning bly hoog.

Boonop het dienslewering verswak; die erkenning van minderhede
agteruitgegaan; geweld minstens konstant gebly, indien nie vererger
nie; die vigskrisis vererger; en nuwe vorme van rassediskriminasie
verskyn.

Daar is twee belangrike konstantes. Eerstens is een rasbewuste
nasionalistiese party (die NP) met 'n ander vervang (die ANC).

Tweedens bly Suid-Afrika wesenlik 'n land met 'n koloniale struktuur,
waar politieke en ekonomiese mag bly in die hande van klein
groeperings wat in die naam van die meerderheid optree as
tussengangers met daardie lande en korporasies wat enorme belange by
die land se minerale en die Kaapse seeroete het.

Die afgelope twee eeue word hierdie kolo?niale struktuur in Suid-
Afrika gehandhaaf.

Wie ook al beheer oor die staat het, moet twee dinge kan doen: die
belange van buitelandse beleggers en die groot sakesektor waarborg; en
die minimum binnelandse stabiliteit handhaaf te midde van groot
klasse- en rassespanning.

As die regering van die dag nie meer hierdie twee dinge kan doen nie,
is sy tyd verby: Dít is wat met die NP aan die einde van die 1980's
gebeur het, en die ANC is vinnig op pad soontoe.

Die groeiende stemming téén die ANC onder mnr. Jacob Zuma in die
Britse media is een teken hiervan.

OPEENVOLGENDE regerings die afgelope twee eeue het almal een strategie
met groot welslae toegepas om stabiliteit in 'n onmenslike samelewing
te waarborg, naamlik om Suid-Afrika se gemeenskappe te verdeel en oor
hulle te heers.

Die tydperk waarin dié strategie waarskynlik die beste ondermyn is,
was tydens die hoogtepunt van die anti-apartheidsbeweging in die
1980's.

Buitelands het die ANC sy grootste prestasie behaal, naamlik om Suid-
Afrika se vernaamste beleggers te oortuig die NP kan hul belange nie
meer waarborg nie. Binnelands het die United Democratic Front en die
breër anti-apartheidsbeweging Suid-Afrikaners oor die tradisionele
verdelingslyne heen teen die NP verenig.

Omdat die NP nooit die wesenlike koloniale struktuur van die land
gewysig het nie - buiten om sy eie ondersteunerskorps op ekonomiese
vlak daarby in te lyf - het die strukturele onstabiliteit wat die land
sal bly kenmerk totdat 'n beter samelewing vir almal geskep word, hom
ná sowat 40 jaar van regering begin inhaal.

Sedertdien het die vrye vloei van inligting, asook die
lewenskragtigheid van die burgerlike samelewing, nou verseker dat die
ANC skaars 15 jaar ná sy eie magsoorname hom op dieselfde krisispunt
as die NP bevind.

Vanselfsprekend sal dit met groter onstabiliteit op kort termyn
gepaardgaan, waarvan die verkiesing van 'n nuwe ANC-leierskorps en die
Eskom-krisis saam met misdaad en swak dienslewering nou aspekte is.

Maar daar is hoop: As genoeg Suid-Afrikaners betrokke begin raak en
saamstaan, verenig in die besef dat die eintlike gesprek oor 'n nuwe
visie vir Suid-Afrika nó? eers begin, kan die land in die volgende
twee dekades werklik vernuwe word.

'n Struktuur wat twee eeue oud is, verander nie oornag nie.

Wat belangrik is, is om te onthou dat die ANC in feite gewoon die
swart teenhanger van die NP is, en dat die lomp beleid waaronder die
land nou gebuk gaan, nog 'n produk van ons verlede is.

Regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging gaan nog vir die
ANC word wat instromingsbeheer en beskermde nywerhede vir die NP was:
Albei beleidsrigtings berus op 'n rasselogika in 'n ekonomie wat ver
verby ras geïntegreer is, ook internasionaal.

WAAR laat dit beroeps- en sake-Afrikaners? Dié groepering het eintlik
een van twee betreklik eenvoudige maar moeilike keuses.

Die een uitweg is emigrasie. Dít beteken op die oog af gewoonlik twee
dinge: aan die een kant veiligheid en welvaart, aan die ander kant
nimmereindigende verlange na hierdie land en die redelik vinnige
verlies van taal en kultuur, veral onder hul kinders.

Die ander moontlikheid is om hier te bly en Suid-Afrika werklik te
help verander in 'n gemeenskap van gemeenskappe, waar ons elkeen
onsself binne 'n groter "ons" mag wees.

Om dít te doen, is minstens twee dinge nodig. Eerstens moet Afrikaners
van alle oortuigings en inkomstevlakke soek na 'n gesamentlike visie
van selfstandigheid en demokrasie as gemeenskap. Sakelui en burgerlike
instellings moet mekaar ondersteun om hierdie visie te ontwikkel en in
ons gemeenskap te vestig.

Tweedens moet Afrikaners terselfdertyd hul fiksasie op die sentrum
(die regering, grootsake) laat vaar en eerder "van onder af" en
"vanuit die rand" saam met ander gemeenskappe inspring om 'n beter
land te skep, bevry van ras-ondernemers en ideoloë.

Dít sal 'n land wees waar die armstes en swakstes sowel kultureel as
materieel deur die rykes en die sterkes ontmoet word.

In die meer as 350 jaar dat Afrikaners as groep bestaan, het ons ons
heil vir minder as 50 jaar aan die sentrum toevertrou: in die tydperk
tussen 1948 en 1994, waarvan die laste vir ons al hoe groter as die
winste word.

Ons kan met vrug leer uit die ander drie eeue van hoe om saam met ons
mede-Suid-Afrikaners 'n nuwe land te bou.

Dit sal nie maklik wees nie, maar dit is uiteindelik die beste manier
om onsself te mag bly en word.

Emigrasie & buiteland | 2 kommentare

'" 'n Wit Berk het in die Bos gestaan " deur BAREND TOERIEN

So., 24 Februarie 2008 14:34

'N WIT BERK HET IN DIE BOS GESTAAN - Variasies
Barend Toerien

1
'n Wit berk het in die bos gestaan
drie wit stamme met wit basse aan

dun vingers
met vingertoppe in 'n blou bak blare

2
Die spikkels op die berk
die sproete op jongmeisiebene
die negatief van 'n naghemel-foto

3
As ek net lank genoeg hier wag
sal 'n meisie verskyn en haar lang wit arms
saggies om my slaan. Ag -

4
Waar sit die blaarmatryse?
Soms dink ek hulle is ondergronds
in 'n groot doenigheid
soos die groen deeg uitgerol
en uitgedruk word in soetkoek-vormpies.

5
Herfs is haar blaartjies geel
'n anemiese sitroen
en op vlug van die boom
giggel hulle en jil
en pointe.

6
'n Wurm met 'n mond vol verrotte blare
sê : "Dankie tog, Tannie Berk, dat jy hulle vir my afgooi."
Toe kom daar 'n koor van ver stemmetjies, versmoor:
Sy't my g'n afgegooi nie, ek het self laat los!
(en stiltewaarts gesneeu?)

7
Winters is dit 'n gewedywer
om wie is die witste wit.
Witter as sneeu laat my skyn
kraak die takkies, saggies
en die nuwe bassies.

8
Deur die splete van die hemel
dring die vlokke kapok.
Die berk trek haar nerts net stywer.

9
In die diep sneeu het 'n bokkie kom skuur
teen die stamme, en die bassies geknaag
en toe ek my asem ophou, het dit effe gehurk
en 'n string stomende krale die sneeu ingestuur.

Prosa & poësie | 0 kommentare

net soos met Fifa

So., 24 Februarie 2008 09:32

Julle sal onthou dat ek julle vertel het toe Fifa samesprekings gehou
het hier op die strand, en die polisie die strand area gepatrolleer
het sonder ophou. Dat daar tot mobiele polisiestasies op die strande
was, en dit alles net tot Fifa met hul miljuisende oorsese besoekers,
wat hier was om die wêreldbeker van 2010 te bespreek en te beplan
natuurlik, weer hul ry gekry het. Dit het egter nie voorkom dat een
van die Fifa mense op 'n gholflandgoed doodgeskiet is vir sy selfoon
en beursie.

Nou is die A1 Grand Prix hier. Met besoekers uit alle oorde in die
wêreld. En wêreldwye mediadekking natuurlik.
Ons was gister daar. En ons was vanmôre daar. en ons sal môre daar
wees en ons is elke dag daar, want dit is 'n straatren op die pad wat
my vrou en ek elke dag stap. So, ons behoort te weet wat anders is.
Ons kan nie vol afstand stap nou nie, want deels is afgesper vir die
straatren. En die reisieskarre met hul Japanese hoog roterende enjins
wow..! Wooow..!!! Woooowwww!!!! in die strate en om die draaie,
en jy hoor net tyres sing en fluit op die teer.

Net soos toe Fifa hier was, krioel die polisie weer. En magsvertonings
word gehou deur polisievoertuie met loeiende sirenes. Op die strand
self is daar SAP voertuie en Metro Polisie voertuie en Law Enforcement
voertuie, motorfietse en stap patrollies. Ek het twee lede, 'n man en
vrou, van die stap patrollies, gister na twee swart jeugdiges met
sproeiverf gestuur wat besig was met grafiti vandalisme, en hulle het
die blikke afgeneem.

Maar waaroor ek eintlik kommentaar lewer, is die magsvertonings
wanneer groot getalle oorsese besoekers hier is, veral wanneer dit
iets is soos nou se A1 Grand Prix wat wêreldwyd gebeeldsend word.
En die manier waarop die sekuriteitsbeheer verdwyn saam met die
oorsesenaars.

Veiligheid & wapens | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    142  143  144  145  146  147  148  149  150  151  152  153  154  155  156  157    »]
Tyd nou: Vr. Des. 19 00:57:17 UTC 2025