Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Aai, aai, die witborskraai, hiervandaan na Mosselbaai
Aai, aai, die witborskraai, hiervandaan na Mosselbaai [boodskap #116444] Vr, 29 Februarie 2008 14:28
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Kanselier se seun verbind met Dr Death
Adriaan Basson

DIE KANSELIER se seun word geïmpliseer in die hofsaak teen dr Wouter
Basson, leier van die vorige regering se chemiese-en-biologiese
oorlogsprojek.

Dr Frederik Botha, seun van die kanselier, prof Elize Botha, en
broerskind van voormalige minister Pik Botha, se naam verskyn minstens
elf keer in die klagstaat van 250 bladsye.

Die staat se saak teen Basson, ook bekend as "Dr Death", het reeds
verlede Oktober begin. Basson ontken skuld op al 61 aanklagte teen
hom. Dié aanklagte sluit in moord, bedrog en dwelmverwante
bedrywighede.

As voormalige mediese koördineerder van die Burgerlike
Samewerkingsburo (BSB) het Botha, 'n patoloog, glo onder die name
"Koos" en "Frans" opgetree. Hy het na bewering in 1989 die middel
digoksien aan 'n mede BSB-lid, mnr Slang van Zyl, beskikbaar gestel om
mnr Dullah Omar, tans Minister van Vervoer, te vermoor.

Botha word ook betrek by 'n opspraakwekkende voorval in 1989, toe 'n
aapfetus aan 'n boom by die huis van aartsbiskop Desmond Tutu opgehang
is. Botha het glo die fetus verskaf. Basson se hofsaak duur steeds
voort in die Pretoriase Hoër Hof.
Vorige onderwerp: Reaksie uit Brantford
Volgende onderwerp: Reaksie uit New Zealand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 01:20:35 MGT 2024