Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die regter en misdaad
Die regter en misdaad [boodskap #116411] Di, 26 Februarie 2008 09:31 na volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
Van www.beeld.co.za

---------------------------------------

Regter vertel hoe hy in misdaadvrees leef
Feb 26 2008 12:56:10:340AM - (SA)

'n Regter het gister in die Pretoriase hooggeregshof beskryf hoe hy
saans ná werk eers om sy huis ry en kyk of sy honde nog lewe voordat
hy dit by sy erf in waag.

Regter Joseph Raulinga het dié roetine ná werk gister geskets toe hy
'n moordenaar gevonnis het.

Hy het gesê “elkeen in hierdie land” moet in staat wees om fiets te
ry, berg te gaan klim, te gaan stap en strand toe te gaan sonder om
misdaad te vrees.

Hy het Sabello Mnisi (26) van Katlehong tot 20 jaar tronkstraf
gevonnis vir die skroewedraaiermoord op mnr. Totozwane Elliot
Hlongwane op 5 Maart 2000 in Katlehong.

Die staat sê in die opsomming van sy saak Mnisi en ander mense het
Hlongwane by sy huis se hek oorval en sy Nissan Sentra beroof. Hulle
het hom in die motor se bagasiebak ontvoer.

Hulle het later langs die pad gestop en hom met 'n skroewedraaier
gesteek. Sy lyk is later langs die pad ontdek.

Raulinga het gesê Hlongwane was 'n wetsgehoorsame mens wat soos enige
ander landsburger op 'n Saterdagaand uitgegaan het. Hy is by sy hek
deur drie jeugdiges oorval.

Misdade word deur jeugdiges gepleeg wat tussen 13 en 25 jaar oud is.

“Dít is werklik kommerwekkend,” het hy gesê.

Die “probleem” is dat daar 'n “tendens” in die land is dat jeugdiges
dié misdade pleeg en nie ouer mense nie.

Of 'n mens na Durban, Pretoria, Kaapstad of Johannesburg gaan, “die
neiging is dieselfde – dit is die jeug”.

Raulinga het gesê Hlongwane se aanvallers was veronderstel om die
“toekoms van hierdie land te wees”.

Mnisi was slegs 17 jaar oud toe hy die moord gepleeg het.

Adv. Russell Sibara, vir die staat, het ter verswaring van vonnis
verwys na die voorval waarin Razelle Botha (18) van Moreletapark,
Pretoria, onlangs vyf keer deur rowers by haar ouerhuis geskiet is.

Raulinga het Mnisi ook tien jaar tronkstraf vir moord met verswarende
omstandighede en vyf jaar tronkstraf vir ontvoering opgelê. Dié
tronkstraf word samelopend met die 20 jaar tronkstraf vir moord
uitgedien.
Re: Die regter en misdaad [boodskap #116412 is 'n antwoord op boodskap #116411] Di, 26 Februarie 2008 12:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Tue, 26 Feb 2008 11:31:09 +0200, Ferdi wrote:

>
>
> Van www.beeld.co.za
>
> ---------------------------------------
>
> Regter vertel hoe hy in misdaadvrees leef
> Feb 26 2008 12:56:10:340AM - (SA)
>
>
> 'n Regter het gister in die Pretoriase hooggeregshof beskryf hoe hy
> saans ná werk eers om sy huis ry en kyk of sy honde nog lewe voordat
> hy dit by sy erf in waag.
>
> Regter Joseph Raulinga het dié roetine ná werk gister geskets toe hy
> 'n moordenaar gevonnis het.
>
> Hy het gesê “elkeen in hierdie land” moet in staat wees om fiets te
> ry, berg te gaan klim, te gaan stap en strand toe te gaan sonder om
> misdaad te vrees.
>

Hoofstuk 2.
Die regter en misdaad vervolg:

Poswa, (Justice Ntsikilelo Poswa) 'n regter van die Pretoria se
hooggeregshof, het gesê dat hy nie onderhoud sal betaal aan
advokaat Judith Yolisa Maya nie, al toon bloedtoetse aan dat die kans
99.99% is dat hy die pa van haar kind is. Maya sykkel al 'n paar jaar
om onderhoud vir haar seun, vanaf Poswa te kry. Sy, (Maya) is 'n
raadgewer van Dlamini-Zuma, minister van Buitelandse Sake.

Regter Ian Van Der Merwe het beslis dat die onderhoudsondersoek van
vooraf moet begin, nadat, tipes Suid Afrika, die bandopnames van die
vorige hofsitting in 2002 weg geraak het.

Poswa het verlof gevra om te appelleer daarteen maar Van Der Merwe het
verlof tot appél geweier.

Maya het ook in 'n verklaring gesê dat sy geweet het dat daar 'n kans
is dat Poswa nie die pa van haar kind is nie.

Inligting verkry uit Ferdi se koerant van Maandag 25 Feb 2008 bl 13.
......

Wat het geword van die regter wat dronk in iemand se huis vasgery het?
Re: Die regter en misdaad [boodskap #116418 is 'n antwoord op boodskap #116412] Wo, 27 Februarie 2008 14:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 26 Feb 2008 14:07:02 +0200, Dave wrote:

> Wat het geword van die regter wat dronk in iemand se huis vasgery
het?

Saak is in proses. Gaan eersdaags aan na 'n interne aansoek oor
toelaatbaarheid van getuienis ens.
Re: Die regter en misdaad [boodskap #116419 is 'n antwoord op boodskap #116418] Wo, 27 Februarie 2008 15:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Wed, 27 Feb 2008 16:13:18 +0200, Ferdi wrote:

> On Tue, 26 Feb 2008 14:07:02 +0200, Dave wrote:
>
> het?
>
> Saak is in proses. Gaan eersdaags aan na 'n interne aansoek oor
> toelaatbaarheid van getuienis ens.

Dan dreig dit miskien om 'n Mc Bride tipe saak te word. In ag genome
(as ek reg onthou) dat daar fotos van hom in die kar geneem is en
bloedtoetse ens. Alles getuienis wat toelaatbaar behoort te wees.
Re: Die regter en misdaad [boodskap #116421 is 'n antwoord op boodskap #116419] Do, 28 Februarie 2008 07:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Feb 2008 17:11:38 +0200, Dave wrote:

> Dan dreig dit miskien om 'n Mc Bride tipe saak te word. In ag genome
> (as ek reg onthou) dat daar fotos van hom in die kar geneem is en
> bloedtoetse ens. Alles getuienis wat toelaatbaar behoort te wees.

Die issue - soos ek dit het - was êktually baie straight.
Dit het gegaan oor die toelaatbaarheid van die selfoon-video-opname
wat die huis-eienaar gemaak het.
Die regter se regspan het 'n goeie gap gesien en dit getry.
Die probleem was dat die huis-eienaar die opname gekopieer het op 'n
PC (dink ek) en die kopie toe aangebied is deur die staat. Die
oorspronklike opname was nie meer beskikbaar nie.
Twee probleme daar:
1. Daar ontstaan dan regmatige twyfel of daar nie met die opname
gepeuter is nie - en twyfel tel baie sterk in die beskuldigde se guns
in strafsake.
2. Die hof werk met oorspronklike dokumente/opnames - met kopiee net
as die oorspronklike nie meer beskikbaar is nie en die kopie
gesertifiseer kan word ens. (Dis dieselfde kwessie wat nou deur Zuma
se regspan in Mauritius getry word - hoewel met 'n ietwat ander soort
tweak).

Die huis-eienaar moes sy selfoon dadelik by 'n prokureur in die kluis
laat toesluit het, dan sou die getuienis onaangeraak kon wees.

Maar die landdros het in elk geval beslis die video kan wel in die hof
gewys word. Dit beteken egter nie hy aanvaar dit is 'n ware kopie nie.
daaroor sal daar moontlik later weer getuienis kom.

Dis soos ek dit het - en as ek dit reg het, is dit baie above board op
die oomblik.
Re: Die regter en misdaad [boodskap #116424 is 'n antwoord op boodskap #116421] Do, 28 Februarie 2008 11:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Thu, 28 Feb 2008 09:59:23 +0200, Ferdi wrote:

> On Wed, 27 Feb 2008 17:11:38 +0200, Dave wrote:
>
>
> Die probleem was dat die huis-eienaar die opname gekopieer het op 'n
> PC (dink ek) en die kopie toe aangebied is deur die staat. Die
> oorspronklike opname was nie meer beskikbaar nie.
> Twee probleme daar:
> 1. Daar ontstaan dan regmatige twyfel of daar nie met die opname
> gepeuter is nie - en twyfel tel baie sterk in die beskuldigde se guns
> in strafsake.
> 2. Die hof werk met oorspronklike dokumente/opnames - met kopiee net
> as die oorspronklike nie meer beskikbaar is nie en die kopie
> gesertifiseer kan word ens. (Dis dieselfde kwessie wat nou deur Zuma
> se regspan in Mauritius getry word - hoewel met 'n ietwat ander soort
> tweak).
>
> Die huis-eienaar moes sy selfoon dadelik by 'n prokureur in die kluis
> laat toesluit het, dan sou die getuienis onaangeraak kon wees.
>
> Maar die landdros het in elk geval beslis die video kan wel in die hof
> gewys word. Dit beteken egter nie hy aanvaar dit is 'n ware kopie nie.
> daaroor sal daar moontlik later weer getuienis kom.
>
> Dis soos ek dit het - en as ek dit reg het, is dit baie above board op
> die oomblik.
>

Maak baie sin wat jy sê. Die tipe ding wat die fotograaf nie op
daardie oomblik aan dink nie, en wat ek tot op hierdie oomblik nie aan
gedink het nie. Maar onkunde sal nie die wet verander nie.

Kenners kan egter sê of daar aan die video verander is, en selfs wàt
aan die video verander is, indien wel.

Anders gesien, behoort die video net as bykomstige getuienis gebruik
te word. Daar is, sover ek onthou, tog bloedtoetse geneem en
heelwaarskynlik meer getuies te gewees het. En sy kar was nie gesteel
nie.

Nevermaaind, ek was net nuuskierig oor wat daarvan word.
Re: Die regter en misdaad [boodskap #116427 is 'n antwoord op boodskap #116424] Do, 28 Februarie 2008 12:18 Na vorige boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 28 Feb 2008 13:39:41 +0200, Dave wrote:

> Anders gesien, behoort die video net as bykomstige getuienis gebruik
> te word. Daar is, sover ek onthou, tog bloedtoetse geneem en
> heelwaarskynlik meer getuies te gewees het. En sy kar was nie gesteel
> nie.

Dis soos ek dit ook het
Vorige onderwerp: Re: Meer oor Chancellor House
Volgende onderwerp: Dom, onbeskaafde fokkers in Bloemfontein
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 07:01:22 MGT 2024