Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Reaksie uit Brantford
Reaksie uit Brantford [boodskap #116442] Vr, 29 Februarie 2008 12:52
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Teen gister se tyd het ek al besef dat die "walgvideo" uit
Bloemfontein besig is om internasionaal te versprei. Maar
toe my dogter gisteraand vir my op die foon vra of ek die
video al gesien het, toe val ek byna van die stoel af. Want
dis gedurende die week en sy is een van die soort
onderwyseresse wat eers teen ses of sewe uur in die aand
by die huis kom en dan so moeg is dat sy nie tyd het vir
televisie kyk nie. Dus moes iemand by die skool al vir
haar daarop attent gemaak het, neem ek aan.
Die video het nou 'n lewe van sy eie, neem ek aan.
Mense wat dit nie gesien het nie, het opinies daaroor. Ek
vrees dat mense my hier in ons gebou in die gange gaan
stop en begin praat daaroor. Ek vrees dit gaan soos in die
ou dae wees, toe mense my hier in Noord-Amerika aangeval
het "oor wat in SA aangaan" sonder om eers te probeer
agterkom wat my agtergrond werklik is. Ek dink die joggies
daar in die koshuise van Bloemfontein het die wêreld weer
aan die praat oor die "slegte Afrikaners." Hulle het miskien
soveel skade aan die goeie naam van die Afrikaners
aangerig as daardie jong Afrikaners in die kaspirs op die
strate van Soweto.
Daar was 'n tyd toe mens jou kop hoog kon hou
as jy vir mense vertel jy is 'n Afrikaner. Die wêreld het
Afrikaners geassosieer met Jan Smuts, wat 'n geweldige
rol gespeel het in die jare na die Tweede Wêreldoorlog.
Ek is oud genoeg om van daardie tye te weet. Toe kom
die sestiger en die sewentiger en die tagtigerjare en
mens was soms so moedeloos, dat jy gevoel het jy moet
liewer jou Afrikanerskap wegsteek. Gelukkig kom daar
toe 1994 en kon mens weer jou kop hooghou. Maar
nou lyk dit vir my mens sal weer moet begin koes.

Gloudina
Vorige onderwerp: Reaksie uit Washington
Volgende onderwerp: Aai, aai, die witborskraai, hiervandaan na Mosselbaai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 21:35:00 MGT 2024