Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier?

Ma., 11 Februarie 2008 15:36

Jim Alweer het onlangs weer 'n klomp adamiese twak kwytgeraak oor mens, en
submens, die vermoë om te bloos, bleek te word, kroontjies, ens.

Nou gooi ek die vraag vir almal in die midde: Hoe onderskei mens tussen 'n
mens en 'n dier? Wat is dit wat 'n mens tot mens maak, anders as 'n dier?

Koeitjies & kalfies | 54 kommentare

Suidwester

Ma., 11 Februarie 2008 07:36

Die nuwe GWM (Steed) is in Suid Afrika vrygestel. Het hom gister vir die
eerste keer op die pad gesien, en alhoewel ek bitter min weet van hom tov sy
engin, kan ek wel noem dat daar niks met sy voorkoms fout gevind kan word
nie.

Hy kos ook maar net R170 000 en ek voorspel dat van hierdie tipe motors die
meer gevestigde handelsmerke in die nabye toekoms baie kopsere gaan gee.

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Siek vir die winter

Vr., 08 Februarie 2008 15:10

In die verlede het ek altyd vir mense gesê, ek hou
van die winters in Kanada. Dis die somers wat ek
nie kan verdra nie. Maar hierdie winter is ons almal
siek en sat vir die winter. Dis nog net die begin van
Februarie, maar dit voel asof dit al jare winter is.
Dis nie dat ons lae termperature kry nie. Ons gee
nie om as dit baie koud buite is nie. Dan is ons
seker ons kry sneeu wanneer daar presipitasie
is. Maar hierdie winter gaan ons temperature baie
keer op tot bietjie oor vriespunt, en dis dan wat
die moeilikheid begin. Die paaie word gevaarlik
glad, en as die "freezing rain" te lank aanhou,
dan kry ons ice storms, en dit verniel die bome
en laat die elektriese pale omval.
Die sondebok is glo La Nina ( wanneer
die suidelike Stille Oseaan kouer as gewoonlik
is.)
'n Meer onmiddellike sondebok is die
"jet stream" wat vanjaar elke nou en dan
vanuit die verre noorde baie koue temperature
suidwaarts waai tot onder in die suidelike
VSA, waar dit juis eergister verwoestende
tornadoes veroorsaak het. Dan skep dit
redelike warm lug daar in die suide op en
as dit noordwaarts waai, dan kry ons hier
in suidelike en oorstelike Ontario reën in
plaas van sneeu.
Die enigste ding wat my winter
depressie 'n bietjie verlig, is die feit dat
die dae nou merkbaar langer word. Dis
nie meer pikdonker vyf uur in die aand
nie.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

SA se dept Binnelandse Sake - the rot sets in...

Do., 07 Februarie 2008 10:00

'Visa-reëls kan SA knou '
Feb 06 2008 09:44:26:260PM - (SA)

Pieter Malan

Londen. – Dreigemente dat Suid-Afrikaners voortaan nie meer sonder 'n
visum na Brittanje sal mag reis nie, gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie
yslike skade aandoen, sê mnr. Tony Leon, voormalige DA-leier en
deesdae dié party se woordvoerder vir buitelandse sake.

Leon het gister gereageer op voorstelle in die Britse parlement dat
dit moeiliker gemaak word vir Suid-Afrikaners om Brittanje te besoek
weens die groot getal onwettige immigrante wat Brittanje met
Suid-Afrikaanse paspoorte binnekom.

Die Britse agentskap vir ernstige georganiseerde misdaad (Soca) het
vroeër vandeesweek in 'n voorlegging aan Britse parlementslede gesê
meer as 6 000 onwettige immigrante kom Brittanje met Suid-Afrikaanse
paspoorte binne en dat die Britse owerhede ook 'n Al-Kaïda-sel
blootgelê het wat via Suider-Afrika na terroriste-opleidingskampe in
Pakistan reis.

Sir Stephen Lauder, voorsitter van Soca, het gesê dit is hoog tyd dat
visa-voorwaardes vir Suid-Afrikaanse besoekers aan Brittanje strenger
gemaak word. Die Britse departement van binnelandse sake het bevestig
dat hy sulke voorstelle oorweeg.

Dít kom nadat die Britse owerhede in 'n vyf jaar lange operasie 'n
smokkelnetwerk blootgelê het wat mense van Indië na Suid-Afrika
gebring het waar hulle vals of gesteelde Suid-Afrikaanse paspoorte
gekry het. Van daar is hulle na Brittanje waar sommige weer vals
Britse paspoorte ontvang het, voordat hulle na die VSA of Kanada is.
Meer as 40 mense is die laaste paar jaar in verband met dié misdrywe
skuldig bevind.

Leon het gister gesê hy het 'n brief aan die Britse hoë kommissaris in
Suid-Afrika, mnr. Paul Boateng, geskryf waarin hy vra dat die Britse
regering die negatiewe impak wat dit op Suid-Afrika gaan hê, in
gedagte hou.

Leon het gesê dit is terselfdertyd ook nodig dat die Suid-Afrikaanse
ministers van binnelandse sake en inligting enige persepsie dat
Suid-Afrika 'n veilige hawe vir terroriste is, uit die weg ruim.

Emigrasie & buiteland | 3 kommentare

" portret... drie kinders by die dam, vroeglente " deur GERT VLOK NEL

Do., 07 Februarie 2008 00:13

Gert Vlok Nel

portret: drie kinders by die dam, vroeglente

in herinnering aan Koos

(sy't die een liefgekry) die arm een met die groot bek.
en die een hartseer oog die dag 10 jare terug by die ingewikkelde dan
toe hy sy hemp uittrek teen die lug, wegkyk & wag dat sy uittrek
& na die swem in sy hemp sy wou sterf in die kleef
terwyl hy haar hare met sy
vingers
kam

(die ander een sou altyd daar wees) herkenning van bloed.
en die bestemde swawels wat elke jaar tussen hier & europa vlieg
altyd wetend & groeiend in hunkering, met noem-noem-bessies
wou hy
haar
voed,
& donkernag toe hulle al 3 hand-aan-hand terugkeer & haar pa wag
sou hy vorentoe
tree &
lieg

(ver weg & lank terug) dit sou haar oë mistig maak soos die berg
in somer & bymekaarmaak sou sy nog die pyn van die vroeëre
droom kon
veel.
maar winter bring realiteit & krag, dié feite sou al haar aandag verg
een is weg & dood, sy i parapleeg, die ander i volslae homoseksueel

Prosa & poësie | 0 kommentare

Barack of Hillary

Do., 07 Februarie 2008 00:07

Wie gaan die volgende president van die VSA word?
Wie sit sy geld op Hillary, wie op Obama?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

afrikaanse liedjies as mp3

Wo., 06 Februarie 2008 17:35

Hallo,

ik kom uit Nederland en heb net op Youtube enkele Afrikaanse songs
ontdekt die ik erg leuk vind. Ik zou enkele van die liedjes willen kopen
als mp3, maar ik kan nergens een webwinkel vinden waar dat mogelijk is.

Om te beginnen gaat het om de liedjes "Boeremeisies Rule" en "Rowwe
diamant" van Rea le Roux en om "Perfekte Wêreld" van Shine 4.

Ook wil ik graag meer afrikaanstalige muziek horen.

Kan iemand mij helpen?

Groeten uit Nederland

Floris

Musiek & liriek | 2 kommentare

Krag-krisis ripple uit

Wo., 06 Februarie 2008 13:51

'SA could face recession'
Feb 06 2008 02:26 PM

Johannesburg - There is a "very real" risk that South African could
face an economic recession as a result of the current electricity
crisis, the SA Chamber of Commerce and Industry (Sacci) said on
Wednesday.

"We have already been going through an economic slowdown [the
electricity crisis] could push us into a recession," Sacci economist
Richard Downing said.

He said annual economic growth could slow down to as little as one or
two percent.

"It is apparent that the shortage of electricity does pose a severe
threat to the production capacity of goods and services, since
critical production time is lost due to electricity power shortages
during working hours.

Even if the loss in output could be limited to five percent to ten
percent of gross domestic product, it will be difficult to attain any
growth in the economy in 2008."

Downing said the effects of the electricity crisis had not been fully
captured in the current Business Confidence Index (BCI) for January
2008.

He said the effects would only be noticeable in the next three to four
months.

The BCI for January 2008 released by Sacci on Wednesday measured 93.8
--after it declined to 94.8 in December 2007.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Ontkenning, ontkenning....

Wo., 06 Februarie 2008 10:49

Ons minister sê:

Hendricks het in die verklaring ook verwys na die suurmynwater wat
by die Harmony-myn se skag 8 uitborrel en in die Tweelopiespruit
beland het, en gesê dié kwessie is "heeltemal onder beheer".

Suid-Afrikaners hoef nie bekommerd te wees dat suurmynwater die
ondergrondse waterbronne bedreig nie.>

Die mediese kenners sê:

Dr. Carl Albrecht, hoofnavorser van Kansa, het eergister op
Wêreldkankerdag gesê 'n span deskundiges het onlangs begin navorsing
doen oor die voorkoms van kanker in die besoedelde
Wonderfonteinspruitgebied waar intensief vir goud gemyn word.

Volgens Albrecht is Kansa veral bekommerd oor die hoë vlakke van
kadmium wat in dié omgewing voorkom.

Luidens verslae wat deur die Waternavorsingskommissie gepubliseer is,
lê daar in een van die plaasdamme naby Welverdiend in die
Wonderfonteinspruitgebied kadmiumkonsentrasies wat tot 16 000 keer
hoër is as dié wat normaalweg in die natuurlike omgewing sou
voorkom.>

------------------------------------------------------------ ----------------
Hier is albei stories volledig:

Besoedelde spruit sál glo herstel word
Feb 05 2008 09:22:26:543PM - (SA)

Elise Tempelhoff

Die Wonderfonteinspruit sál herstel word.

Die regering is besonder bekommerd oor die bevindinge van 'n onlangse
ondersoek deur die Nasionale Kernreguleerder (NKR) wat daarop dui dat
verskeie kossoorte in dié gebied met radioaktiewe gifstowwe besoedel
is.

Só het me. Lindiwe Hendricks, minister van waterwese en bosbou,
eergister in 'n verklaring gesê.

Luidens Hendricks se verklaring word net 950 mense in 'n strook van 1
km van die Wonderfonteinspruit geraak deur die besoedeling wat deur
goudmyne in die omgewing veroorsaak is.

Verskeie verslae het in die verlede daarop gewys dat die
Wonderfonteinspruit (wat strek van Randfontein af tot by die Gerhard
Minnebronveenland by die Mooirivier) met uraan, radio-aktiewe lood,
kadmium en verskeie ander swaar metale besoedel is. Almal is
newe-produkte van goudmynbedrywighede.

Mnr. Ben Nell van die Tlokwe-plaaslike owerheid het gister by 'n
vergadering in Potchefstroom waar gemeenskapsverteenwoordigers, die
departement van waterwese en bosbou en die myne teenwoordig was, gesê
die reguleerders is baie ernstig oor die herstel van die
Wonderfonteinspruit.

'n Tegniese taakspan wat bestaan uit die NKR en die ander
reguleerders, sal Vrydag hul eerste vergadering oor dié rehablitasie
hou.

Hendricks het gesê die plaaslike owerhede is sowat 'n jaar gelede
aangesê om skoon drinkwater na die mense in die
Wonderfonteinspruitgebied aan te lê. Mnr. Sas Coetzee van die plaas
Blaauwbank buite Welverdiend sê egter hulle moet steeds gebottelde
water koop.

Hendricks het in die verklaring ook verwys na die suurmynwater wat by
die Harmony-myn se skag 8 uitborrel en in die Tweelopiespruit beland
het, en gesê dié kwessie is “heeltemal onder beheer”.

Suid-Afrikaners hoef nie bekommerd te wees dat suurmynwater die
ondergrondse waterbronne bedreig nie.

Hendricks het verwys na die algemene watersituasie in Suid-Afrika en
ontken dat besoedeling die waterbronne bedreig. "Suid-Afrikaners kan
gerus wees daar is geen waterkrisis weens die regering se sogenaamde
swak beplanning nie." Maar Suid-Afrikaners móét bekommerd wees oor die
land se water, het sy in dieselfde asem gesê. "Suid-Afrika is 'n land
waar water skaars is. Daar is steeds mense wat die water besoedel.
Húlle sal gedwing word om te betaal én op te ruim."

------------------

Kansa kyk na omgewing se aandeel in die vorming van kanker
Feb 05 2008 09:22:28:043PM - (SA)
Druk artikel
E-pos storie aan 'n vriend
Click here to find out more!
Elise Tempelhoff

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) is besig met
baanbreker-navorsing waarmee hulle probeer vasstel wat die rol van
omgewingsbesoedeling in die ontstaan van kanker is.

Dr. Carl Albrecht, hoofnavorser van Kansa, het eergister op
Wêreldkankerdag gesê 'n span deskundiges het onlangs begin navorsing
doen oor die voorkoms van kanker in die besoedelde
Wonderfonteinspruitgebied waar intensief vir goud gemyn word.

Volgens Albrecht is Kansa veral bekommerd oor die hoë vlakke van
kadmium wat in dié omgewing voorkom.

Luidens verslae wat deur die Waternavorsingskommissie gepubliseer is,
lê daar in een van die plaasdamme naby Welverdiend in die
Wonderfonteinspruitgebied kadmiumkonsentrasies wat tot 16 000 keer
hoër is as dié wat normaalweg in die natuurlike omgewing sou voorkom.

Kadmium word veral in batterye en plastiekstowwe gebruik en is 'n
kragtige kankervormende metaal.

Volgens Albrecht is Kansa besig om doodsertifikate by Statistieke
Suid-Afrika deur te werk om te probeer vasstel hoeveel mense in die
omgewing van die Wonderfonteinspruit - van Randfontein af tot by die
Gerhard Minnebron-veenland wes van Carletonville - aan kanker dood is.

Kansa gaan ook probeer vasstel aan hoeveel verskillende soorte kanker
die mense in die omgewing ly.

Nier- en beenkanker sal waarskynlik toegeskryf kan word aan die
radioaktiewe besoedelstowwe wat in die lug, grond en water hier
voorkom.

Volgens Albrecht is die omgewing se rol in die vorming van kanker tot
nou toe feitlik geïgnoreer.

Hy het verwys na navorsing wat in die vroeë 1980's deur sir. Richard
Doll en prof. Richard Peto, twee Britte, gedoen is waarin gesê is
omgewingsfaktore is vir net 2% van alle kankergevalle verantwoordelik.

Doll en Peto het gevind dieet en rook is elk vir 30% van kankergevalle
verantwoordelik.

"Dit het 'n soort dogma oor die wêreld heen geword dat
omgewingsfaktore 'n baie klein rol speel in die vorming van kanker.
Niemand het ook vrae gevra nie."

Dit het ná Doll, wat as die grootste epidemioloog en kankernavorser
van die 20ste eeu beskou is, se dood bekend geraak dat hy deur
chemiese nyweraars betaal is om nie navorsing te doen oor
omgewingsfaktore en kanker nie.

Kansa gaan nou ook kankerkaarte opstel vir die land en sogenaamde
"warm kolle" uitwys.

Die "warm kolle" sal gebiede aantoon waar die hoogste voorkoms van
kanker is.

"Daar bestaan nie so 'n kaart in Suid-Afrika nie. Daar is ook geen
vigskaart nie. Dit is noodsaaklik dat dié navorsing nóú gedoen word."

Albrecht het gesê hy meen die rol wat chemiese besoedeling by
kankervorming speel, is tot dusver erg onderskat.

"Kankernavorsing behoort ook in plekke soos Sasolburg, waar groot
chemiese nywerhede bedrywig is, gedoen te word," het Albrecht gesê.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Inter-godsdienstige Kerk(e) om te verhoog ? en/of Meemaak van Kosmiese Reise om te verhoog ? Vorentoe vervorming (aansluiting) voorstel (Inisiatief)

Di., 05 Februarie 2008 16:54

Inter-godsdienstige Mandir(e), Tempel(s), Sinagoge(s) en/of Kerk(e) om
te verhoog ?
en/of
Meemaak van Kosmiese Reise om te verhoog ?
Vorentoe vervorming (aansluiting) voorstel (Inisiatief)

-

Vry en regverdig, die blou-groen lig word hiermee gegee.
Aan Geestelike, Godsdienstige en/of Inter-godsdienstige,
en/of
Aangename uitkomste Bereiking,
(Lede en/of) Leiers.

Voor, tydens en/of na,
die hou van debat(te), menings peiling(e), referendum(s), en/of
verkiesing(e).

Vir die ((skep), vervorming en/of) ondersteuning,
van 'n Eenheids Christelike en/of (God)s,
Mandir, Tempel, Sinagoge en/of Kerk,
(ongeag Taal),
(indien wel so verkies word).

Alleen en/of gesamentlik,
(a)
Met die Christelike Bybel as Primêre Handboek,
en/of
Kwoteerde Handboek(e) as Sekondêre en/of Primêre Handboek(e),
(b)
Met die PPK en/of Geesteskundige Liedere Boek(e),
as Sekondêre en/of Primêre Liedere Boek(e),
en/of
Vervoming na dieselfde Liedere Boek,
(c)
Doop deur Onderdompeling en/of Besprinkeling,
en/of
soos verkies,
(d)
(onder andere),
(e)
Die gee van die blou-groen lig / hoër prioriteit,
aan (Beter en/of) Nuwe Argument(e)),
vanuit Eksetoriese na / laer as Esetoriese Bron(ne),
,
(indien wel moontlik).

Voor, tydens en/of na,
die gee van die blou-groen lig,
om bestaande en/or (beter en/of) nuwe,
voor, tydens en/of na Rubikon,
Aangename uitkoms (Organisasie(s) en/of) Sentrum(s),
se Name te vervorm na ingeslote Aangename uitkoms Administrateur,
(bv. CATKV en/of ATKV),
(indien wel so verkies word).

Asook,
(b)
Om bestaande pad / lug / ruimte vervoer netwerk te vervorm,
na meer leesbare Aangename uitkoms (Organisasie en/of)
Sentrum,
se kompromie en/of onderhandelinge,
in die vorm van Pad / Lug / Ruimte Teken(s),
(en/of slegs Ry Voorrang),
(indien wel moontlik).

Om groter sukses te kan bereik,
met verkeers vloei,
en/of
Aangename uitkomste (Bespreking, Beplanning en/of) Bereiking,
voor, tydens en/of na, die bereiking daarvan.

En/of
(c)
die ((skep), vervorming en/of) ondersteuning,
van www.Planeet.Aarde.com (www.Lonely Planet dot com),
na die gee van 'n blou-groen lig,
om met 'n rugsak na bestaande en/of nuwe, roete(s), te reis,
(indien wel so verkies word).

Om van, (verder as), en/of na,
g(lobale)ww.Kosmos.com,
te vervorm.

Voor, tydens en/of na,
die installeering van
Sein versterker, Tele-kommunikasie Mas(te), en/of Satelliet(e).
In die vervorming om die Ekn,
van, (verder as), en/of na,
hoër vlak(ke).

En/of
(d)
Die insluiting hiervan, (en/of aangepaste weergawe),
in die Aanhef tot die (Grondwet) van Suid-Afrika, Saog en/of
AU,
(indien wel so verkies word).

Vir die Leser daarvan,
self te besluit,
hoeveel geluk gesamentlik,
genereer gaan word.

In die versoek van die blou-groen lig,
om (Mev. en) President J Zuma verby te draf,
om die President van
die Vereenigde (Volksgroepe en/of) Nasie(s)
en/of
Suid-Afrika, Saog en/of AU, te word.

Voor, tydens en/of na,
beraadslaag (is), is en/of gaan word,
met (Lede en/of) Leiers van -
G-20, G-8, G-7 (Lid), en/of EU, VSA, VK Land(e),
(indien wel nodig),
en/of
(soos verkies en/of ondersteun).


(By voorbaat baie dankie. )
(U ondersteuning, (in die verband), sal inniglik waardeer word. )


(Ontwikkel en/of gestuur,
voor, tydens en/of na die lees van,
die ((huidige), huidige, beter en/of) nuwe,
Upanishads en/of Vedas,
Bagavad Gita,
Dhammapada,
Heilige Koran,
Send-Avesta,
(Torah),
en/of
(Christelike) Bybel. )


(Vir 'n (ondersteun), (vrye en/of regverdige), langer,
(ondersteun) Aangename uitkomste (ondersteunings en/of) Bereiking
(Inisiatief),
,
verwys (onder andere), na -
,
(ondersteun) Verkose vers(e) van -
www.Bahai.org, (www.bahai-education.org/ocean),
(gesamentlike) ((Handboek(e) )) (Inisiatief),
,
www.SriSathyaSai.org.In, (www.srisathyasai.org.in),
(gesamentlike) ((simbol(e) )) (Inisiatief),
,
www.LcdBible.org,
en/of
www.BibleDatabase.org, (Inisiatief). )


(Indien hierdie 'n Vorentoe vervorming (aansluiting) voorstel
(Inisiatief) is,
lees aub. van bo na onder, links na regs. )

Geloof & kerksake | 6 kommentare

Bladsye (1835): [ «    145  146  147  148  149  150  151  152  153  154  155  156  157  158  159  160    »]
Tyd nou: Ma. Jun. 01 02:50:02 UTC 2026