Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dom, onbeskaafde fokkers in Bloemfontein
Dom, onbeskaafde fokkers in Bloemfontein [boodskap #116417] Wo, 27 Februarie 2008 12:52 na volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
Kampus-walgvideo
Feb 26 2008 09:10:42:963PM - (SA)

Henry Cloete

Bloemfontein. – 'n Video wat wys hoe werknemers van die Universiteit
van die Vrystaat (UV) op hul knieë vleis eet waarop 'n student
geürineer het, het die rassespanning op dié kampus gister tot 'n
hoogtepunt gedryf.

Die video is na bewering verlede jaar in September deur studente van
die Reitz Kamerwonings-manskoshuis gemaak, maar die bestaan daarvan
het eers gister aan die lig gekom nadat dit wyd versprei is.

Op die video kan gesien word hoe vyf swart skoonmakers van die koshuis
“ingelyf” word. Terwyl 'n gelag gehoor kan word, kan gesien word hoe
die skoonmakers resies hardloop, biere afsluk en dan 'n brousel drink
waarin 'n student sonder hul medewete geürineer het. Die video wys
duidelik hoe die student urineer in 'n bak wat op 'n toilet staan.

Honderde woedende swart studente het gistermiddag langs die biblioteek
op die kampus vergader, protesliedjies gesing en antwoorde geëis nadat
die bestaan van die video bekend geword het.

Skreeuende studente het plakkate met woorde soos “Genoeg is genoeg”
rondgeswaai.

“Ons is briesend. Die probleme op kampus het nou verder gegaan en 'n
ernstige menseregtekwessie geword,” het een student by dié spontane
vergadering aan Beeld se susterkoerant Volksblad gesê.

Prof. Frederick Fourie, rektor, het gisteraand op 'n mediakonferensie
gesê die skoonmakers is erg getraumatiseer nadat hulle met die sien
van die video besef het hoe hulle misbruik is.

“Die vernedering kom met die manier waarop die video aangebied is.”

Fourie het gesê die video is duidelik 'n verwysing na die
integrasiebeleid wat van vanjaar af by die UV toegepas word. Dié
beleid bepaal dat swart en wit studente persentasiegewys in koshuise
verdeel word.

Voorheen het studente in onderskeidelik wit en swart koshuise gewoon.

Vier studente kan op die video geïdentifiseer word. Twee van hulle
woon steeds in Reitz en is deur die UV-bestuur die kampus verbied.

Die ander twee het reeds klaar studeer.

“Ons sal vinnig en doeltreffend teen die betrokke studente optree en
ook 'n wyer ondersoek na die gebeure begin. Ons oorweeg dit ook om
strafregtelike klagtes in te dien,” het Fourie gesê.

“Ek is diep bedroef daaroor dat studente blykbaar niks daarmee
verkeerd sien om so 'n aanstootlike en vernederende video te maak nie.
Ek het al verskeie keer in die openbaar gesê dat die UV nie 'n plek
vir rassisme is nie.

“Die feit dat dit openlik aan die integrasieproses van die UV se
koshuise gekoppel is, is ook baie ontstellend.”

Hy het gesê gister was 'n hoogs emosionele dag, waartydens die
studenteraad, koshuiskomiteelede en UV-personeellede die video almal
ten sterkste afgekeur het.

Me. Helen Zille, nasionale leier van die DA, het haar ook gisteraand
sterk uitgespreek teen die “walglike mishandeling” van die skoonmakers
deur die studente.

Sy het in 'n verklaring gesê die DA is in besit van 'n kopie van die
video en beoog om dit aan die Menseregtekommissie voor te lê, saam met
'n versoek dat dié spesifieke voorval sowel as die onderliggende
oorsake van rassespanning op die UV-kampus ondersoek word.
Re: Dom, onbeskaafde fokkers in Bloemfontein [boodskap #116422 is 'n antwoord op boodskap #116417] Do, 28 Februarie 2008 08:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
thys  is tans af-lyn  thys
Boodskappe: 21
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Junior Lid
as kaffers dit met blankes gedoen, dan seker reg
Re: Dom, onbeskaafde fokkers in Bloemfontein [boodskap #116423 is 'n antwoord op boodskap #116422] Do, 28 Februarie 2008 08:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 28 Feb 2008 10:17:43 +0200, "thys" wrote:

> as kaffers dit met blankes gedoen, dan seker reg

Jy kan nie eers Afrikaans skryf nie, doos.
Re: Dom, onbeskaafde fokkers in Bloemfontein [boodskap #116425 is 'n antwoord op boodskap #116422] Do, 28 Februarie 2008 11:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Thu, 28 Feb 2008 10:17:43 +0200, "thys" wrote:

> as kaffers dit met blankes gedoen, dan seker reg
>

Ek dink hul verweer gaan wees dat die film nie die werklikheid van wat
gebeur het, is nie. En daar is natuurlik 'n X-persentasie kans dat
hulle reg is.
Re: Dom, onbeskaafde fokkers in Bloemfontein [boodskap #116429 is 'n antwoord op boodskap #116425] Do, 28 Februarie 2008 15:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave skryf

> Ek dink hul verweer gaan wees dat die film nie die werklikheid van wat
> gebeur het, is nie. En daar is natuurlik 'n X-persentasie kans dat
> hulle reg is.

Selfs al is hulle reg, is dit nie die punt nie. Hierdie
is 'n klassieke geval van wat die Engelse uitdrukking
"hoisted with your own petard" beskryf.
Toe die Volksfront hulle misnoë met die geval
uitspreek, toe gebruik hulle as argument dat dit hulle
saak verswak. Die VF spreker sê dat hulle die
afgelope tyd die "high road" kon neem in hulle
argumente teen die ANC, spesifiek oor hoe die
wit studente selfs in hulle agitasies hulself nie
te buite gaan nie. Nou kan hulle nie meer nie.
Ek sê al lankal - die afgelope tyd is daar
'n nuwe vlaag van bedekte rassisme onder die
witmense in SA. Ek sien dit in die soort grappe
wat dié deel van ons familie ( wat tot en met
1994 teen alles waarvoor die "Nuwe SA" voor
gestaan het, was) vertel. Ek sien dit in die
SA koerante. En dis altyd gebaseer op die
premise dat "ons beter as hulle is" en
"dat hulle net eenvoudig onbeskaafd is."
Hulle praat nie daarvan dat daar taamlik
wit op wit geweld in SA is nie, gerapporteer
in hulle koerante. Dis 'n gebrek aan leierskap
deur die toonaangewende Afrikaners, wat
lyk dit my hulle perspektief verloor het.
Die video self ( behalwe die urine-byvoeg
aspek daarvan) lyk vir my sover ek kan sien
'n soort speletjie, waarin die onwetende swart
werkers amper laggend meegedoen het. Hulle
self moet verbaas wees oor die hoo-ha wat
dit opwek. Ek hoop hulle dagvaar daardie
ouens in die kriminele hof vir die urine-episode.
Daardie ouens, en hulle ouers, moet finansieel
opdok totdat dit seermaak.
Intussentyd, soos ek sê, is al die
skynheiligers, wat altyd dink "ons is beter as
hulle," hoisted on their own petard. ( Ek wonder
wat die Afrikaans is vir hoisted on your own
petard" ?)

Gloudina
Re: Dom, onbeskaafde fokkers in Bloemfontein [boodskap #116431 is 'n antwoord op boodskap #116429] Do, 28 Februarie 2008 16:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Thu, 28 Feb 2008 07:31:51 -0800 (PST), Hessie wrote:

> Dave skryf
> ( Ek wonder
> wat die Afrikaans is vir hoisted on your own
> petard" ?)
>
> Gloudina
>
>

Dit is eintlik 'Hoist by your own petard'
en ek dink die Afrikaanse weergawe daarvan sal wees
'cut your nose to spite your face'.
Re: Dom, onbeskaafde fokkers in Bloemfontein [boodskap #116432 is 'n antwoord op boodskap #116431] Do, 28 Februarie 2008 16:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Thu, 28 Feb 2008 18:19:21 +0200, Dave wrote:

> On Thu, 28 Feb 2008 07:31:51 -0800 (PST), Hessie
> wrote:
>
>> Dave skryf
>> ( Ek wonder
>> wat die Afrikaans is vir hoisted on your own
>> petard" ?)

>> Gloudina


>
>
> Dit is eintlik 'Hoist by your own petard'
> en ek dink die Afrikaanse weergawe daarvan sal wees
> 'cut your nose to spite your face'.

...of 'val self in die gat wat jy vir ander grawe'.
Re: Dom, onbeskaafde fokkers in Bloemfontein [boodskap #116433 is 'n antwoord op boodskap #116431] Do, 28 Februarie 2008 19:43 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave skryf

> en ek dink die Afrikaanse weergawe daarvan sal wees
> 'cut your nose to spite your face'.

Vreeslik baie dankie vir hierdie
vertaling van die Engels in
AFRIKAANS. Ek sê mos altyd,
hoe regser, hoe dommer, hoe
minder Afrikaans-bevoeg.

Penkop van die Derde Republiek
Vorige onderwerp: Die regter en misdaad
Volgende onderwerp: Hessie is reg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 03:41:33 MGT 2024