Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Maria" deur W.E.G. LOUW

Wo., 17 Desember 1997 00:00

MARIA
W.E.G.Louw

Deur daardie tuintjie het sy stil gegaan,
haar hande need'rig oor haar bors gevou,
toe hy, verblindend soos die son, daar staan:
drie wit lelies het hy in sy hand gehou.

Half-skaam, verleë, het sy opgekyk
en is opeens met groot vrees bevang:
sy oë het van haar nie afgewyk,
sy vleuels het oor heel die tuin gehang.

"Geseën is jy onder die vroue" - sy woorde -
of was dit winde? - verruis nog in haar oor,
toe hy teen die son in goue vlug verdwyn...

Sy het haar neergebuig en half-versmoorde
klein snikkies in haar hart gehoor,
van verlossing reeds die vreugde en die pyn.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Soek dringend werk!!!!!!!!!!

Wo., 17 Desember 1997 00:00

Hi

Ek is 21 en ek gaan nou my finale jaar doen in BA Vertaalkunde en
skryfkuns ek wil net graag geld maak om dit te kan betaal. Dus soek
ek dringend werk anders kan ek nie verder swot nie. Enige werk in
Potchefstroom en Pretoria sal goed wees. Ek is veral goed met kinders
en bejaardes. Dis regtig dringend en ek kan naweek en vakansiewerk in
Pretoria doen. Bel my asseblief vir verdere inligting, by die vlg.
nommer 012-8074098 (Willa)

Ek hoop werklik iemand kan my help daarmee.

Dankie
Levinia

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Is Kersfees 'n Christus-Fees??

Di., 16 Desember 1997 00:00

Ek wonder maar net; kyk ons na al die Kersbome & die oer oue gebruik van
Vader Kersfees is dit so dat Christus werklik die kern van Kersfees is?

Sommige Christene glo dat Kersfees 'n Heidense fees is & weier om dit te
vier! Wat is jou standpunt daaromtrent? Ek moet erken ek het maar hierdie
Kersfees self 'n Kersboompie aangeskaf / veral terwille van my klein
seuntjie! My standpunt is egter leer hom die regte betekenis van Kersfees &
soos die Engelse altyd se: "Let's put Christ back into Christmas"

Laat weet my wat jy dink & glo???

Groete uit die Baai (Port Elizabeth/ S.A)
Hein van Wyk
E-Pos: he...@hinet.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Gelofte afgelê deur die Voortrekkers by Bloedrivier

Di., 16 Desember 1997 00:00

Hier volg die gelofte soos afgelê deur die Voortrekkers :

"Vier jou feesdae, o Juda; betaal jou geloftes" Nahum 1:15

Gelofte (Afrikaans)
=======================
Hier staan ons
voor die heilige GOD van hemel en aarde
om 'n gelofte aan Hom te doen dat
as Hy ons sal beskerm
en ons vyand in ons hand sal gee,
ons die dag en datum elke jaar as n dankdag
soos n sabbat sal deurbring,
en dat ons n huis tot sy eer sal oprig
waar dit Hom behaag,
en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat
hulle met ons daarin moet deel tot
nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte
want die eer van Sy naam sal verheerlik word
deur die roem en die eer van oorwinning
aan hom te gee.

Gelofte (Nederlands)
===========================
Mijne Broeders en Mede-landgenoten,
hier staan wij tans op een ogenblik voor een
heilige God van Hemel en aarde om een
belofte aan Hem te beloven,
als Hij met Zijn bescherming met ons zal
wezen, en onze handen zal
geven dat wij hem overwinnen, dat wij die
dag en datum elk jaar
als en verjaardag en een dankdag zoals een
Sabbat in Zijn eer zullen doorbrengen;
en dat wij een tempel to Zijn eer stichten
zullen, waar het Hem zou behagen;
end dat wij het ook aan onzen kinderen
zullen zeggen, dat zij met ons erin moeten
delen, tot gedachtenis ook voor onze
opkomende geslachten.
Want de ere van Zijn Naam daardoor zal
verheelikt worden, dat de roem en eer van
overwinning
aan Hem zal worden gegeven.

Meer inligting:
http://users.iafrica.com/g/gr/groblerj/gelofte.htm
http://users.iafrica.com/g/gr/groblerj/jpgafr.htm

--
Johan Grobler

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Gelofte

Di., 16 Desember 1997 00:00

Hier volg die gelofte soos afgelê deur die Voortrekkers :

"Vier jou feesdae, o Juda; betaal jou geloftes" Nahum 1:15

Gelofte (Afrikaans)
=======================
Hier staan ons
voor die heilige GOD van hemel en aarde
om 'n gelofte aan Hom te doen dat
as Hy ons sal beskerm
en ons vyand in ons hand sal gee,
ons die dag en datum elke jaar as n dankdag
soos n sabbat sal deurbring,
en dat ons n huis tot sy eer sal oprig
waar dit Hom behaag,
en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat
hulle met ons daarin moet deel tot
nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte
want die eer van Sy naam sal verheerlik word
deur die roem en die eer van oorwinning
aan hom te gee.

Gelofte (Nederlands)
===========================
Mijne Broeders en Mede-landgenoten,
hier staan wij tans op een ogenblik voor een
heilige God van Hemel en aarde om een
belofte aan Hem te beloven,
als Hij met Zijn bescherming met ons zal
wezen, en onze handen zal
geven dat wij hem overwinnen, dat wij die
dag en datum elk jaar
als en verjaardag en een dankdag zoals een
Sabbat in Zijn eer zullen doorbrengen;
en dat wij een tempel to Zijn eer stichten
zullen, waar het Hem zou behagen;
end dat wij het ook aan onzen kinderen
zullen zeggen, dat zij met ons erin moeten
delen, tot gedachtenis ook voor onze
opkomende geslachten.
Want de ere van Zijn Naam daardoor zal
verheelikt worden, dat de roem en eer van
overwinning
aan Hem zal worden gegeven.

Meer inligting:
http://users.iafrica.com/g/gr/groblerj/gelofte.htm
http://users.iafrica.com/g/gr/groblerj/jpgafr.htm

--
Johan Grobler

------------------------------------------------------------ ---------------

Ek het al vir baie jare probleme met hierdie gelofte. Is dit regverdig om
'n gelofte met God te maak en jou nageslagte ook te betrek? Ek het gister
met skuldgevoel (daardie ongemaklike emosie wat ek verpes om te koester)
gewonder hoe ek nou die gelofte hier in New Zealand moet gedenk. Hoe voel
julle ander hieroor?

Riana

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Een vuil gat verruil vir 'n ander

Di., 16 Desember 1997 00:00

Tipies aan SA geskiedenis, is daar weereens onmin in Afrikaner geledere.
Hierdie keer word dit veroorsaak deur die verskyning van die internet
weergawe van die Gauteng dagblad Beeld, grootste afrikaanse koerant in die
suidelike halfrond (http://www.ebeeld.com)

In die apartheidsjare het Beeld bekendheid verwerf as kleurvolle
party-politiese smeerpamflet, wat onbeskaamd opgekruip het in die gat van sy
meester, die Nasionale party (en nou te slapgat is dit te erken). In die
na-apartheidsjare, onder aansporing van oa. Tim du Plesis en Arrie Rossouw,
het Beeld probeer tred hou met verwikkelinge in die nuwe Suid-Afrika. Die
hoop was daar dat Beeld 'n tuiste sou skep vir intellektuale afrikaner
denke.

Tot Naspers besluit het dat e-Beeld in engels sal verskyn.

Vir die wat nog nie die e-Beeld op die internet gelees het nie, dis primêr
'n engelse publikasie. Van die berigte is ook in afrikaans beskikbaar, maar
die leser word forseer om eers die engelse berig af te laai. Die strokies is
darem nie (nog nie) in engels nie. Die vraag is: Watter aap gaan eers die
engelse berig aflaai, dit nie lees terwyl daar gewag word op die afrikaanse
weergawe van dieselfde berig?

Dit wil voorkom of die e-Beeld redaksie iets weet van hul lesers (almal
ape?), óf die NP se gat is verruil vir 'n engelse gat.

Maar dan, wat anders kan mens verwag van die klomp backvelders daar in die
ou Transvaal? Vandat Paul Kruger gat-oor-kop weggehardloop het en agter
Wilhelmina se rokspante gaan wegkruip het, was ons vriende aan die verkeerde
kant van die Vaalrivier nou nooit juis bekend as staatmakers nie.

En met sulke vriende het afrikaans nie eintlik vyande nodig nie.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Real Player

Ma., 15 Desember 1997 00:00

Iemand was opsoek na RealPlayer 5.0. Hier is die url vir my HomePage. Ek
sal die program daar laat vir 2 of 3 dae.

http://www.ramlink.net/fantim/rp32_50.exe

Groete

FanTim

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

So word die boere uitgewis

Ma., 15 Desember 1997 00:00

Hier is die lys van boere wat vanjaar in aanvalle op plase ge-
sterf of ernstig beseer is (Landbouweekblad 12 Desember 1997, bladsy
70):

- Mnr. Wicus Fouche van Lichtenburg is op 19 Januarie in sy
bakkie doodgeskiet. Sy moordenaar het 38 jaar tronkstraf gekry;

- Op 21 Februarie is mnr. Herman Prinsloo van Heilbron met 'n
haelgeweer in sy huis doodgeskiet;

- Mnr. Eddie Freese en sy vrou,Inge, van Dalton is op 16 Maart in
hul huis met 'n bofbalkolf en
kapmes aangerand;

- Op 25 Maart is mnr. Werner Gathmann naby Grevtown in sy
voertuig doodgeskiet;

- Mnr. Peter Campbell van Vryheid is op 26 Maart deur 'n groep
aanvallers doodgeskiet;

- Mnr. Brett Kjonstad is op 26 Maart naby Margate doodgeskiet
toe hy sy dogter van aanvallers wou red;

- Mnr. William Struckmeyer van Rietvallei in die Natalse Mid-
delland is op 3 April in 'n aanval met 'n mes gesteek;

- Op 30 Junie is mnr. Reg Evans van Camperdown doodgeskiet en sy
vrou ernstig gewond;

- Mnr. Peter Ellson van Thornville is op 3 September doodgeskiet
en sy vrou, Lucille, ernstig beseer;

- Vier dae later is mnr. Pietie du Plessis van die Legkaart
omgewing by Pietersburg doodgeskiet;

- Mnr. Theo Pieterse is op 10 Oktober op sy plaas naby Bult-
fontein vermoor;

- Op 18 November is mnr. Servaas Dreyer van Charlestown by sy
bakkie doodgeskiet.

- Op 26 November het mnr Wayne Botha van Highflats gesterf nadat hy
op sy plaas geskiet is;

- Mnr. Nicolas en mev. Magda Marais van lngogo is 30 November vermoor;

- Mnr. Nico Boonzaaier van Schweizer-Reneke is op 1 Desember vermoor;

en

Mnr. Gerhard en mev. Nelie Scheepers van Ermelo is op 2 Desember
doodgeskiet.

Daar het intussen nog 'n aantal aanvalle plaasgevind. Die jongste is op mnr
Eben Marais wat Vrydag 12 Desember in die distrik Burgersfort in sy bakkie
doodgeskiet is.

Wat is die sentrale motief en hoekom reageer die ANC en sy polisie
negatief teenoor die plan van Constand Viljoen waarin hy pleit vir
pro-aktiewe optrede ???

Groete

Francois

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

HELP...merry Christmas and a happy new year

Di., 16 Desember 1997 00:00

Can anyone help me? I have to send s few cards this year to S.A. to
family who are Afrikaans and I have forgotten how to spell merry
Christmas and a happy new year in Afrikaans? Please help and I hope you
all have a wonderful Christmas and a great New year. Have a dop on me!
Preferably 25 year old KWV.

Thanks

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 1 kommentaar

Kalkoene en Kersfeesliggies

So., 14 Desember 1997 00:00

Hier is ons nou byna deur die tydperk waarna hier verwys word as die
holidays. As jy van 'n ander land af kom, soos ons, kan jy dalk die fout
maak om dit ter verwar met 'n konsep soos ons Kersvakansie in
Suid-Afrika, wat in die somer saamval met die skoolvakansie en 'n soort
algemene werkstilstand wat van drie tot ses weke of meer duur. Nie hier
nie. Hier werk jy tot Oukersdag, en  die dag na Kersfees is almal weer
terug op kantoor. Die holidays verwys na  Halloween, Thanksgiving en
Kersfees, met Nuwejaar om alles mooi af te rond. Met tussenposes van van
ongeveer 'n maand word daar pret en jolyt gevier. As jy godsdienstig is,
het Kersfees (vir die Christene) of Hanukkah (vir die Jode) natuurlik ‘n
heel ander dimensie. Halloween en Nuwejaar is die groot pretfeeste.
Thanksgiving het 'n ander, inniger karakter, met die klem op gesins- en
familiebyeenkomste. In Philadelphia is Nuwejaar die dag van die Mummers'
Parade. Dis 'n soort Kaapse Klopse en uitbundige Mardi Gras ineengevleg.
Mense wat daaraan deelneem, ding met mekaar mee om die uitspattigste en
aanskoulikste kostuums denkbaar aan te trek. En natuurlik word alles oor
die TV aan die hele bevolking vertoon, sodat almal kan delneem aan die
pret.

Oor Halloween het ek reeds geskryf; dus gaan dit nou net oor die ander
twee feeste; een is reeds verby; die ander is op pad.

Thanksgiving is toe nie, soos ek gedink het,'n dag waarop die
Amerikaners die aankoms van die Pilgrim Fathers uit Engeland herdenk
nie. Dié groepie was die eerste koloniste wat in 1620 hierheen gekom het
om godsdienstige vervolging in Engeland te ontsnap. Hulle het in die
Mayflower hier aangeland nadat hulle meer as twee maande ter see was in
haglike omstandighede. Hulle eerste winter hier was glo erg; die helfte
van die groepie het omgekom, daar was 'n verskriklike droogte,maar nadat
die eerste reëns geval het, kon hulle saai en plant. Hulle eerste oes
was baie goed. Daar was mielies (Indian corn), gort en genoeg vleis.
Hulle het daardie eerste oes gevier met wilde kalkoene wat hulle gejag
het; daar was baie vis wat hulle kon vang en die Indiane het 5 takbokke
geskenk. Altesaam 90 Indiane het drie dae lank saam met die groepie
koloniste fees gevier. So het Thanksgiving ook die ondertone van 'n
danksegging vir die oes behou, wat vandag nog beklemtoon word.

Die Puriteine het die tradisie gehad om een dag per jaar opsy te sit vir
danksegging. So het hulle die tradisie in die Nuwe Wêreld kom voortsit,
en metteryd, meer as 200 jaar later, het die veldtogte begin om dit 'n
wettige vakansiedag verklaar te kry. Abraham Lincoln het dit as 'n
nasionale danksegginsgdag verklaar in 1863, en van toe af word die
vierde Donderdag in November gevier as 'n dankseggingsdag. Dan word daar
dankie gesê vir alles waarvoor mense dankbaar behoort te wees. Dis 'n
gesinsdag en mense reis ver, net om die dag met hulle gesinne en familie
deur te bring. Meer as 'n miljoen en 'n half mense het glo hierdie jaar
op Thanksgiving kruis en dwars oor hierdie land gevlieg om bymekaar te
kan wees; altesaam 27 miljoen het per pad, spoor en vliegtuig gereis.

Die dag is ook gevier met kospakkies wat uitgedeel word: die
Philadelphia-polisie het glo meer as 700 pakke kos, wat kalkoene en al
die trimmings insluit, by behoeftiges gaan aflewer. Hawelose mense is
met busse bymekaar gemaak en aangery na plekke waar hulle 'n gratis
kalkoenete kon geniet. Daar is ook minstens twee groot optogte hier aan
die Ooskus: die Macy's optog in New York, en die optog in Philadelphia.
Meer as 6000 mense het glo deel aan die optog in New York deelgeneem, en
byna twee miljoen mense was  in die state om daarna te kyk. Daar was
sierwaens, reuseballonne, trompoppies, orkeste en wie weet wat nog
alles. Dis soos 'n reuse-opvoering in die buitelug, want elke kort-kort
stop die hele optog en dan word daar eers die een of ander dans opgevoer
of uittreksels uit bekende rolprente, soos Beauty and the Beast, Little
Mermaid en so aan. Van 9-uur af is dit op TV uitgesaai. Ek is net baie
bly ek was nie daar nie, want die wind het die dag erg gewaai, en die
temperatuur was so om en by -6 Celsius in die wind.

Nou is Kersfees in aantog. Dis natuurlik by uitstek 'n koopfees, soos
dit seker maar oral oor die wêreld is waar daar mense is wat koop en
ander wat verkoop. Die koopwaansin begin met Swart Vrydag, die dag direk
na Thanksgiving. Dit word Swat Vrydag genoem omdat die handelaars daarop
staat maak dat die verkope op daardie dag hulle bankbalanse sal red uit
die rooi. Winkels maak reeds om sesuur die oggend oop, en toue mense
ding mee om die winskopies wat aangebied word.. Van daardie dag af, tot
na Kersfees, is daar minstens een kettingwinkelgroep waarvan ek weet -
Walmart - wat 24 uur oop is vir inkopiejagters. Die groot winkelsentrums
in ons omgewing bly meestal tot middernag oop in hierdie tyd.

En mense bestee honderde, selfs duisende, om hulle huise te versier.
Liggies word in bome opgehang, huise word versier met liggies en alles
word gedoen om 'n Victoriaanse atmosfeer te skep met groot rooi strikke
en Kerskranse wat van dennenaalde gemaak is. Werklik 'n tyd om jou aan
die nostalgiese verlange na "die goeie ou tyd" oor te gee. Byna elke
huis het 'n uitstalling in die voortuin: takbokkies, Kersvaders met
slee, figuurtjies uit die Neutekraker-ballet, kriptonele en wat nog ook
versier die tuine. Een huis waarby ek dikwels verbyry, is heeltemal
oortrek van liggies, sodat dit lyk soos die stel van 'n feë-opvoering.
Pragtig verby! Nog 'n gebou lyk soos 'n reusagtige Kerspakket, met groot
rooi lint reg rondom en kolossale strik voor, in die middel.

Selfs ek het geswig onder die druk en 'n paar stringe gekleurde liggies
gaan koop om om die struike in die voortuin te drapeer.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    1461  1462  1463  1464  1465  1466  1467  1468  1469  1470  1471  1472  1473  1474  1475  1476    »]
Tyd nou: So. Jan. 18 16:16:53 UTC 2026