Soms is dit gal braak as jy jou vasloop in lae klas Afrikaner. Ek het tyd
vir al my afrikaanse virende, ongeag van politieke oortuiging of
intelligensie. Klas is die probleem. Gelukkig neem ek aan mense van alle
nasies het dieselfde probleeem. Miskien klink dit in jou eie taal net soveel
erger. God, soms dink ek dat mens moet 'n permit kry voordat jy op die
wereld losgelaat word. Dankie vir die klas mense hier op die web wat nie
weghardloop van die gemors nie want as ons dit net aan hulle oorlaat is ek
een van die dae te skaam om te erken ek is 'n Suid Afrikaner.
| So wanneer hou jy op om slegte taal
| te gebruik en jou neus in ander se
| sake te steek?
My neus is ten minste skoon! Jy bewys aan ons dat jy voortdurend net stink
ruik ...
Wanneer begin jy van
| al die mooi dinge om jou praat?
Goed, ek sal van nou af elke keer iets mooi oor iemand of iets probeer sê -
ek daag jou uit om dit ook te doen. Maar sover het jy nog nie op een van
my uitdagings gereageer nie! Jy kan nie, lyk my, en dis jammer - jy sal
seker as 'n baie ongelukkige mens wegkwyn daar in die noorde ...
Jy
| was so hooghartig aan die begin oor
| hoe sleg SA nou is en hoe goed dit
| in Amerika is, dat ek gedink het jy
| bly hier in Noord-Amerika.
Reg gedink, Gloudina! Ek bly in die VSA - het dit nog nooit ontken nie.
En ek bly baie lekker! Ons gesin het meer tyd saam. Ons leef nie in
voortdurende angs en stress nie. Ons kan konsentreer op dinge wat
lewenskwaliteit verbeter - soos om altwee saam die kinders na hulle
swemlesse te vergesel. Ons dink nie eers aan enige vorm van "Crime" nie.
Ons geniet dit om nuus te kyk op TV. Ons geniet dit om mooi motors te kan
bekostig. Ek verwonder my aan die mooi sneeu, al het ons maar min gekry
hierdie winter. Ek luister heerlik na Gert Potgieter se CD, veral as hy
Neapolitaanse liedjies so gemaklik sing. Ek geniet dit om saans vir my
kinders Huppelkind te lees en te hoor hoe lekker hulle die rymery en
alliterasie herhaal!
Gaan terug SA toe, Gloudina, en bly daar net vir een jaar, dan kan jy eers
weer hier kom "waffle". Gaan kyk self, moenie een van ons hier glo nie -
gaan voel dit aan jou lyf!
Intussen kan jy gerus werk aan 'n meer positiewe selfbeeld en uitkyk op die
lewe. Probeer dit nou net een keer: skryf vir ons oor iets mooi wat daar
om jou in Kanada gebeur, iets wat nie met die politiek of rasse te doen het
nie.
Nou sien
| ek jy is net 'n wysneus. En ek hou
| vol - totdat die Afrikaner homself
| distansieer van beterwetende wysneuse
| soos jy,
‘Waar is U towersteen, U fonkelende graal
dat ek my skik na grense
en tevrede met die plek wat U vir my bepaal
- selfs as gedrog langs medemense,
sien dat U regverdig bo die donker skepping straal?
‘Die een word dit gegun en dát word my belet,
tog is ‘n elk en ieder deur ‘n leed,
‘n wellus of ‘n donker vel besmet,
en uiteindelik moet ek tussen ander weet
dat op die aarde elke mens sy boggel het.
‘Sal ek vannag nog met my vliegtuig vlug
na bondgenote wyd versprei:
na Portugese in Angola, Jode in Johannesburg,
of ronkend oor die Skeurvallei
na Brussel of Brahmaanse tempels teen ‘n kerrielug?
‘Maar boos bly boos in Brakfontein of Neo-Baäl,
en goed is goed by Golgota of Brussel;
en deur die eeue is dit reeds bepaal:
die plek en spelers sal voortdurend wissel
maar die spel word telkens in die tyd herhaal.
Ek, die uwe, 'n opregte Afrikaner, bly lekker hier dankie.
My kinders praat uitstekend Afrikaans en dit is na 8 jaar nog
ons huistaal.
Ek mis natuurlik my land, familie en kultuur soms vreeslik,
maar dit verander niks aan die feit dat ek lekker hier bly nie.
En, terloops, hier is omtrent net soveel redes waarom Suid Afrikaners
hier is as wat daar suid afrikaners is. So moenie veralgemeen nie.
My rede is dat die Apartheidsbewind en meegaande weermagsbetrokkenheid
my te veel ingesleep het by 'n verkeerde beleid. Maar kom ons los nou
maar die politiek vir 'n slag ne ?
Vriendelike groete, vir julle daar tuis,
ek hoop dinge werk goed uit sodat ek daar kan gaan aftree.
NS: En moet my om godswil nie kontak oor raad vir emmigrasie nie,
ek is nou bietjie gatvol vir ryk Suid Afrikaners wat gedurig
hulp en raad wil he om hiernatoe te kom. Is julle bleddiewil
hulpbehoewend ?!! Sit dan eerder skouer aan die wiel en help SA opbou.
On Tue, 03 Mar 1998 13:40:46 GMT, cic...@pixie.co.za (Cicero Rautenbach) wrote:
<<As ons dan nou en dan na heruitsendings moet kyk op die "South African
> Biscuit Company" se kanale, kan ons net sowel kyk na iets wat ons dink
> goed was.>>
Dis lente die jaar
die haakbosreëntjie bly weg
in droë blom droë wit stuif
lê die steenbokrammetjie met
sy kop op die blare se ophoop
wyl die ooitjie haar kop druk
teen die ram se lies in die koel
skaduwee van die bos In die ooi
se dor oog ryg die jongby
op in 'n droë heuningkoek
en in my hart se vat
kruip die rooi duin
daardie jaar groot woestyn
Nes ek gedink het, sy sit met 'n identiteits krisis! So 'n krisis raak
seker erg as 'n mens al glad van jouself sê dat jy denkbeeldig is! :-)
wat 'n klomp sogenaamde (dis JOU naam aan ons - wie sê vir jou ek gebruik
nie 'n mansnaam net as skuilnaam nie!?)
| Afrikaner-mans uitgedink het om
| hulle frustrasies op uit te haal,
... lees maar al die plasings so een na die ander en jy staan uit as die
enigste frustreerde een ...
| noudat die wereld nie meer vir
| wit mans so 'n land van maneskyn
| en rose is nie.
Nog steeds beter om 'n wit man as 'n nie-blanke te wees ...
Veral Nico het
| amper gedurig skuim om die bek.
|
Die arme vrou sien nie eers my gedurige oproepe raak dat sy moet positief
raak nie! Sit 'n pienk bril op, ou tante, dan sal die wereld om jou begin
mooier lyk en jy nie net die negatiewe raaksien nie. Kom ons los die
swartsmeerdery en rassepolitiek - vertel ons eerder van die mooi dinge wat
jy daar in Kanada ervaar!
Bly julle in 'n stad?
Lê daar sneeu by julle?
Skaats julle op mere?
Vertel tog interesante goed wat mense sal wil weet wat nog nooit in Kanada
was nie.
Het jy kontak met ander Afrikaanse mense?
Vir aandag:- Alle Voedsel bestuurders, beplanners, ens.
As u in die voedselbedryf werksaam is en u moet masjinerie vervang,
skakel ons gerus
vir u benodighede. Ons is die Suider-Afrikkanse agente vir verskeie van
Europa se voorste voedselverwerkings maatskappye wat van die grooste
verskeidenheid toerusting, denkbaar vervaardig.
Die maatskappye is:-
= Tecnoceam van Parma, Italië.
= Vericorp van Villafranca, Italië.
Die maatskappye het baie groot kliente op hul boeke(Nestle, Bnduelle,
Valdig, Heinz, ens.) en is verteenwoordigend in al die kontinente. Al
die maatskappye het meer as 40 jaar ondervinding en vernuf in die
voedsel bedryf en word beskou as wereldleiers op hul gebied.