Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Hart se Punt" deur DONALD RIEKERT

So., 08 Maart 1998 00:00

HART SE PUNT
Donald Riekert

Maar as jy vir my doekpot bak
onder deurdag se kameeldoringkool
pak die lewer en die niertjies
in die gemsbok se skof
alles fyngemaak met ui
hart se punt
ingeknoop met die riem
En as ek na heeldag se jag
koel kalbas kom drink
sal jy met jou loshand
hart se punt
oopknoop vir my

Prosa & poësie | 0 kommentare

"Son op jou tong" deur CHARL DURAND

So., 08 Maart 1998 00:00

SON OP JOU TONG
Charl Durand

daar was 'n godin, 'n lugwaardin
iewers waar ons oor kairo vlieg
het sy my laat lag
oopmond

isis, ek sweer
daar's son op jou tong

skilderye van bont
die lugwaardin teen die muur
van my binnehof
wag dat die kaptein aankom

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Re: VRYBURG MOOI SO MENSE

Sa., 07 Maart 1998 00:00

@igs.net wrote:

> benoem. Daar was duisende en duisende
> en duisende van hierdie hardwerkende
> mense wat deur mense soos jy beswadder
> word wanneer jy so praat.

Moenie so in Afrikaans lieg nie Gloudina - daar was dalk net tientalle
hardwerkende swartes. Die res het afgebrand en afgebreek. Word wakker!

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

DP se "gesteelde" getuienis

Vr., 06 Maart 1998 00:00

Tog te lagwekkend om te sien hoe die ANC baie verbitterd en verontwaardig is oor
die dokumentasie wat die DP "gesteel" het, waarin blykbaar bewys word dat die
ANC geldelik voordeel sal trek uit Virodene. Dit terwyl die ANC ook maar te
lekker geld kan steel. Maar laasgenoemde "steel" is seker nie so erg as
eersgenoemde "steel" nie, nê?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Broers" deur DONALD RIEKERT

Vr., 06 Maart 1998 00:00

BROERS
Donald Riekert

Na die jare kon ons
nie meer praat nie
Hulle voetstappe verby
Gamasep se grootfontein
weggeraak Ons vinknes-
saamsit by die blou water
en die soetriet-eet het
opgebreek in 'n paar stuk
soet herkouseltjies

Prosa & poësie | 0 kommentare

'n Afrikaner in Australia:)

Vr., 06 Maart 1998 00:00

Wat maak ek hier??? Net wat ek gemaak het in Afrika, sonder die
meulsteune om my nek en net om 'n baie ho"er standaard. Ek bring 'n
bietjie van my kultuur na die land, werk hard hier, dra by tot 'n
samelewing wat wil bou en wil vooruitgang.
Wat mis ek??? Niks nie:), die klimaat is dieselfde, die mense is plat
op die aarde en baie vriendelik, ons almal hou van dieselfde sport,
visvang en tuinmaak is die 2 mees popul^ere stokperdjies. Mis ek die
natuur?? Nee, dieselfde natuurtonele as in Afrika, sonder die AK47
agter elke tweede boom. Nee, ek mis nie die leeus nie, het as ek
gelukkig was het ek een 'n jaar in die wildtuin gesien. Ek kan dit nog
steeds een keer 'n jaar sien, enige plek in Afrika met die Aussie $:))
Mis ek Afrikaans??? Nee, ons is 'n hele klomp Suid-Afrikaners hier -
kuier oor en weer - maak biltong, koeksisters, melktert - ek kuier meer
as in Suid-Afrika en praat elke dag Afrikaans.
Vind ek dit moeilik om aan te pas???? Wat is aanpas, as jy in Afrika
kon aanpas, kan jy enige plek gevestig raak.
Is die Aussies rassisties - nie as jy dieselfde velkleur as hulle is
nie:)
Sal jy ooit teruggaan SA toe??? Waarvoor, die meeste SA's is al reeds
hier:)) As alles so dieselfde is, waarvoor wil ek teruggaan.
Wat dink jy van die mense wat sê jy het weggehardloop??? Die wereld
het 'n klein plekkie geword, 'n paar uur op 'n vliegtuig en jy land
enige ander plek. 'n Paar sekondes op die Net en jy is in kontak met
enige iemand enige plek. Die wereld is besig om tegnologies te 'link' -
nasies wat op dieselfde meedingende vlak is, het baie wat hulle kan deel
en uitruil, waarom moet jy op 'n kontinent sit waar daar min sukses is,
mense steeds glo aan kommunisme terwyl dit in die land van oorsprong
basies tot niet is, mense steeds nie snap wat bevolkingsbeperking is
nie, waar diktators steeds koning is, wat steeds hand uithou na die res
van die hardwerkende wereld terwyl hulle al die hulpbronne, arbeid,
vrugbare grond onder hulle voete het.
Ja ....... ek bly baie lekker hier dankie en as jy daar in Afrika wil
bly, sterkte, jy het dit nodig:)))

Koeitjies & kalfies | 49 kommentare

Re: 'n Afrikaner in Australia:)

Vr., 06 Maart 1998 00:00

On Fri, 06 Mar 1998 15:04:37 +1100, ch...@irc.com.au wrote:

OK Cheers.
Hopelik hoor ons nie weer van jou nie.

N.S. As jy dink daar is meer as 5 miljoen Afrikaners in Australie" is
dit seker beter dat jy weg is. Die gemiddelde IK hier is nou sekerlik
hoe"r.

steeds een keer 'n jaar sien, enige plek in Afrika met die Aussie $:))[/color]
> Mis ek Afrikaans??? Nee, ons is 'n hele klomp Suid-Afrikaners hier -
> kuier oor en weer - maak biltong, koeksisters, melktert - ek kuier meer
> as in Suid-Afrika en praat elke dag Afrikaans.
> Vind ek dit moeilik om aan te pas???? Wat is aanpas, as jy in Afrika
> kon aanpas, kan jy enige plek gevestig raak.
> Is die Aussies rassisties - nie as jy dieselfde velkleur as hulle is
> nie:)
> Sal jy ooit teruggaan SA toe??? Waarvoor, die meeste SA's is al reeds
> hier:)) As alles so dieselfde is, waarvoor wil ek teruggaan.
> Wat dink jy van die mense wat sê jy het weggehardloop??? Die wereld
> het 'n klein plekkie geword, 'n paar uur op 'n vliegtuig en jy land
> enige ander plek. 'n Paar sekondes op die Net en jy is in kontak met
> enige iemand enige plek. Die wereld is besig om tegnologies te 'link' -
> nasies wat op dieselfde meedingende vlak is, het baie wat hulle kan deel
> en uitruil, waarom moet jy op 'n kontinent sit waar daar min sukses is,
> mense steeds glo aan kommunisme terwyl dit in die land van oorsprong
> basies tot niet is, mense steeds nie snap wat bevolkingsbeperking is
> nie, waar diktators steeds koning is, wat steeds hand uithou na die res
> van die hardwerkende wereld terwyl hulle al die hulpbronne, arbeid,
> vrugbare grond onder hulle voete het.
> Ja ....... ek bly baie lekker hier dankie en as jy daar in Afrika wil
> bly, sterkte, jy het dit nodig:)))
>>>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: VRYBURG ------- MOOI SO MENSE

Vr., 06 Maart 1998 00:00

In dol...@waveland.org (Dolfin) writes:

> ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:

>> On Tue, 24 Feb 1998 17:13:35 GMT, dol...@waveland.org (Dolfin) wrote:

>> >> hoenders in raak en die hel uit die barbare uitslaan.>>

>> Wat 'n wonderlike sin!
>> Absoluut ekonomies. Dit kan nie minder woorde gebruik om die hele ding
>> op te soem nie!

>> > van die rivier wat met graagte sal kom help.>>

>> (Het iemand dalk al aan jou gese dat "hulle" kan terugslaan ook?)

> Ek wens hulle wil. Dit is nog nooit lekker gewees om iets te slaan wat
> soos n m*t skree en die SAP inroep nie. Laat hulle kom. Ek was
> persoonlik al by n paar retaliasie aktiwiteite se organisering
> betrokke op technicon en ander kampusse in die area. Dit help die
> leer proses aan om die TM's net so bietjie op hulle plek te sit en
> neuk.

> As die goed nie wil leer nie, moet hulle terug na die bosse waar hulle
> in elk geval sal eindig.

> Ek het nie geleer toe ek jonk was nie, want my ouers het nie die geld
> gehad nie. Ek het nie n lawaai gemaak en voorgegee dat die samelewing
> en die land my skuld nie. Waar kom die goed vandaan met hulle
> arrogante houding. Neuk dit uit hulle uit.

> toe ek wel kon studeer het, ek die tyd en die voorreg benut en goeie
> punte bekom. Ek het nie gekla oor die slegte kos nie, want ek was nie
> daar om te eet nie, maar om te leer. Wie is die goed om te kla oor
> alles.

> Hulle het eers gekla dat die WIT BASE in LUUKSE kamers woon in die
> koshuise terwyl hulle in die gramadoelas moes woon. Nou breek die
> goed die koshuise af want dit voldoen nie aan hulle vereistes nie. WIE
> EN WAT DINK DIE GOED IS HULLE.

> SKIET DIE GOED VREK. VERGIFTIG HULLE KOS. VERSUIP HULLE. SIT N
> MASKER OP JOU KOP EN VOETER HULLE IN HULLE IN DIE NAG.
> Doen enige iets, maar onsla van die gemors op die kampusse. Let wel
> dat ek nie van kleur praat nie. As die tekkie pas, trek hom aan. Ons
> weet wie die gemors op die kampusse en skole oor die land is. Kyk net
> TV>

> n opvoedkundige instelling is daar om te leer en niks anders nie. Ek
> weet nie wat dink die TM wat hulle daar doen nie. Al wat die meeste
> van hulle doen is mors die tyd, hardeware, en so voorts van die
> kinders en studente wat wel wil leer.

> Dit is ook snaaks dat die die meeste gebeur net voor eksamens. Hoekom
> vra hulle nie sommer vir die Graad en betaal vir die ding nie. teen
> die huidige spoed van agteruitgang, sal geen NUWE SUID AFRIKAANSE
> graad in elk geval die papier werd wees wat die op geskryf is nie. Ek
> hoor UNISA is van 3de in die wereld na 22ste van dat die REDDER ANC
> die land oorgeneem het.

> Hulle kry geld vir studies, en dan hoer hulle dit uit. Aan die einde
> van die jaar DRING HULLE NET AAN, dat hulle punte aan hulle gegee
> word. die begin van die nuwe jaar het hulle nog nie betaal nie, en as
> die owerhede hulle nie verder wil toelaat om verniet die sisteem op te
> voeter nie, EIS hulle die bedanking van die mense wat meer weet as wat
> hulle ooit in hulle misrabele bestaan sal weet.

> Laat hulle terug slaan. Dit gee net meer rede om die maksimum geweld
> teen hulle te gebruik in "SELF VERDEDIGING"

> EK WAG EN EK GENIET

En ek wag vir jou snotneus. Ek sal jou lekker light jou skuimsel. Wie
het nogal vir jou vertel dat mense bang is vir jou. Skyn vir my dat die
"opvoeding" wat jy so oor spog nie veel vir jou of enigeiemand beteken
nie want jy klink nog steeds so dom en onnosel soos voor jy jou sg.
"graad" verwerf het.

Word groot poepsak.

--
Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
Internet: cc...@hippo.ru.ac.za uucp: ..!uunet!m2xenix!quagga!hippo!cctj

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Leendert vra: wie is 'n Apartheidsvark?

Vr., 06 Maart 1998 00:00

Nee, Leendert, vers en kapittel asseblief. Om
jou te sien as nie 'n apartheidsvark nie, moet
ek weet wat jy aktief gedoen het om te probeer
daardie bose stelsel tot 'n einde te laat kom. Al
daardie mense wat lekker agteroor gesit het terwyl
die ellende om hul aangaan, was apartheidsvarke.
Al daardie mense wat aangehou het om te stem
vir 'n groep mense wat stelselmatig die regte
en vryhede van 80 persent van die land se bevolking
weggevat het, is apartheidsvarke. Al die mense wat
nou sit en kekkel oor hoe sleg alles is in die nuwe
SA , is ook nog maar apartheidsvarke. Al daardie
mense wat nie wou luister toe 80 persent van die
SA bevolking gesê het hulle kan die ellende nie meer
verduur nie, is apartheidsvarke. Dis hulle wat hul nou
die reg toe-eien om oor alles te kla wat nie na hulle
smaak is nie. Wat kla dat Afrikaans nie sy �regmatige�
plek kry nie, terwyl dit juis die apartheidsvarke was
wat die taal so onpopuler gemaak het onder die land
se bevolking.
Ek vind dat ek deesdae my konsep van wat 'n
apartheidsvark is, wyer maak as oorspronklik. Nou
kort gelede skryf 'n ou kamermaat vir my uit SA dat
ons seker bly is dat ons so vroeg uit die land is - sy was
besig om te praat van 'n ander kamermaat van my wie
se hele familie nou al in Noord-Amerika sit, en die pa
en die ma kom ook nou oor. Nou, hierdie vriendin het
presies geweet hoekom ons uit Suid-Afrika is in die
laat-sestigerjare. Nogtans kies sy om te vergeet dat ons
die land verlaat het om te ontsnap van die stank van
apartheid. Sy probeer ons nou blykbaar sien as in die-
selfde groep as die ouens wat nou trek omdat dit nie
meer so maklik en so lekker daar is nie. Nou, ek dink
sy is ook 'n apartheidsvark. Ek het dit net nooit besef
nie. Ek moes dit miskien geweet het. Sy het haar
voorgedoen as 'n baie diep Christen. Ek het dit egter
snaaks gevind dat sy altyd weggeskram het as ek probeer
praat oor die gruwele van apartheid terwyl ek nog in SA
was. Waarvoor was sy bang? Wat in my het vir haar
ongemaklik gemaak? In watter kompartementjie het sy
haar Christelike beginsels gehou? En waar is die verstaan
dat die betaaldag nou aangebreek het?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 61 kommentare

warme Thailand

Do., 05 Maart 1998 00:00

groete,

ek het die artikels gaan trek op usenet, en
vra om verskoning vir die's wat ek nie
geantwoord het nie, my IDV trek nie al
die artikels nie.

- antwoord Henri-John Kock:

ek het nie verwys na die huidige midde-ooste
konflik situasie nie, maar n algemene stelling
gemaak..

dink jy dat jy presies weet wat daar aangaan ?
ek dink nie so nie, indien jy dan wel weet
hoekom lig jy my nie in nie ?

ons het almal die media gelees en gesien,
en weet wat die media te sê het daaroor,
het jy meer inligting daaroor ?

my persoonlike opinie is dat die weste oor
die algemeen te veel pik op muslims en muslim
kultuur.. (ja Sadam is nie n engel nie, maar was
PW Botha en vorige NP regering ?)

- antwoord (LLaubscher)

ek haal jou aan:
-Tog se jy net 'n paar lyne later dat "die Thais (is)
-verskriklik geldgierig" wat 'n vooroordeel is en 'n
-persoonlikheidstrek aan 'n hele groep mense
-toeskryf bloot op grond van hul rassevoorkoms en etniese
-identiteit. As jy dit kan doen, is dit maar 'n klein
-sprong na ander soortgelyke vooroordele (die
-jode is suinig; swartes stink; amerikaners is arrogant).
-Hopelik sien jy nou die waarde van "politiek" en "bitchy"
-besprekings.

ek dink nie ek is voorbeoordeeld nie, dis die waarheid,
hier in Thailand woon 60 miljoen + mense, daar was
onlangs n hengse ekonomiese boom, met heelwat
internasionale beleggers wat allerhande westerse
kultuur soos KFC, MacDonalds..ens hier kom bou
het,, die boom het nie lank gehou nie, maar die thais
het vir m kort rukkie baie geld gesien, en hulle hou
daarvan..

die thai kultuur sluit in n obsessie met goud , goud kan
hier gekoop word volgens gewig (22 en 24 karat) en
weer ingeruil word vir kontant.

In Thailand kan respek gekoop word, met ander woorde
sekswerkers (der duisende in Thailand), kan deur middel
van duur klere/juwele. voertuig ens (die wys van geld),
respek koop.. daar word ernstig neergeyk op arm mense,
en die arm mense is die laer klas, alhoewel die
bevolking hier almal grotendeels arm is, maw, 98% van
die thai bevolking is arm.

Ek voeg by, dat "arm" hier arm is volgens westerse
middelklas tot onder middelklas standaarde, wat die thais
ongelukkig op hulself toepas, hulle will amerikaans wees,
hulle is baie beinvloed deur die media.(amerikaanse tv).

Korrupsie is deel van hulle kultuur ook, (bribery) is die
norme om iets gedoen te kry, meeste thais kan gebribe
word.

..ek hou van die thais. van hulle vriendelikheid, hulle
buddhisme.

Thailand IS n stink, polluted land, dis die waarheid,
Afrika IS a wilde gevaarlike kontinent.

nou goed, miskien moes ek nie gesê het thais is
geldgierig nie,
ek verander dit na:MEESTE thais IS geldgierig

ons is al 14 maande hier en gaan die einde van
die jaar terug Kaap toe.

groete
Vyg

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1436  1437  1438  1439  1440  1441  1442  1443  1444  1445  1446  1447  1448  1449  1450  1451    »]
Tyd nou: So. Mei 17 22:51:00 UTC 2026