Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Blommekykers" deur GEORGE WEIDEMAN

Fri, 13 March 1998 00:00

Some more shit ... when are you going to publish something decent?

Squirrel

Prosa & poësie | 0 kommentare

"Son op jou tong" deur CHARL DURAND

Fri, 13 March 1998 00:00

THAT BLOODY DOES IT.....

shove your stupid poems up your arse.

Are you mentally challenged dickhead

Squirrel

Prosa & poësie | 0 kommentare

Besluite

Thu, 12 March 1998 00:00

BESLUITE

Ongebore besluite lê nog diep in jou hart
Onseker oor die onbekende en bang vir smart
Oorwegings maal en draai in jou hart
Nogsteeds onseker, nogsteeds verward.

Jy dwaal deur die gange van jou gedagtes
Le� gange waarin jy vasgevang is.
Luister na wat jou verstand vir jou sê
Jou hart is vol emosie en wil nie doen wat jy wil hê.

Staan op, maak 'n besluit
Kom uit hierdie gemors uit.
Saam met besluite kom verantwoordelikhede
Maar dit kan gedoen word met gebede.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Duif van Manhattan se Lower East Side.

Thu, 12 March 1998 00:00

"Nico" writes: > Vertel, Gloudina , vertel ...!
> --
> Net Nico ...
>
>
> | Ja, ek het mooi dinge ook daar gesien.
> | Herinner dat ek jou vertel van die
> | gewonde duif in die straat
> |
> | Gloudina
> |
> |

Na ons die Statue of Liberty besoek het, begin ons
terug na die middestad ry. Ongelukkig beland ons in
'n straat wat effens teveel na die ooste loop en begin
dus deur die Lower East Side ry. Sowat van stedelike
verval het ek in my lewe nog nie gesien nie, en ek weet
hoe lyk die East End van London of die vervalle dele
van Parys en Amsterdam. Die enigste plek wat ek
daarmee kon vergelyk, was die stad van Aden (nie die
hawe nie) waar ek laas letterlik bang was om rond te
beweeg.
Boonop het ons nog 'n taamlike nuwe kar wat uitsteek
tussen die ou raserige voertuie voor en agter ons. Ons
ry stadig voort. Die verkeer beweeg al hoe stadiger en
uiteindelik staan alle karre stil. Mense begin saamdring
voor die kar voor ons, en meer en meer mense kom later
daarheen. Ons begin baie ongemaklik voel. Ons sluit
later die deure, net ingeval ons in ons blink kar die prooi
word van 'n kaping.
Na 'n rukkie begin die verkeer weer te beweeg. Toe ons
stadig by die mense wat saamgedrom het verbyry, sien ons
dat hulle 'n duif met 'n gebreekte been in hulle hande het.
Dit is dus daarom dat alles tot stilstand gekom het : om 'n
gewonde duif te red. Ons was almal baie skaam vir ons
ongegronde vrees dat die mense slegte bedoelings teenoor
ons gehad het. En dit was 'n les wat ek nooit sal vergeet
nie en wat ek baie vertel aan veral wit Amerikaners wat
nie in dele van hulle stede wil ingaan nie omdat hulle bang
is, en soms bevooroordeel, teen die aaklige plekke waar
sommige van hulle minder gegoede landgenote moet bly.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Ietsie positiefs oor die Misdaad

Thu, 12 March 1998 00:00

Gloudina, hier is iets positiefs! Iemand het nou net vir my die URL uit SA
gestuur. Dis oor "Crime" maar dis 'n poging om te help eerder as om te
kritiseer. Ek het nog nie na alles gekyk nie - net na die SA Crime
Center.

Die URL is
http://www.anticrime.org.za/crime-awareness.html
--
Net Nico ...

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Johannesburg 1997" deur FERDI GREYLING

Wed, 11 March 1998 00:00

JOHANNESBURG, 1997

Honderd jaar gelede
skiet Bezuidenhout
die laaste leeu in Johannesburg.

In die koppies
waar die Sterrewag nou staan
het hy bruin en fel
op die grond geval en doodgebloei.

Snags hoor 'n mens die stad
- en oggende vroeg -
soos iets wat in die verte grom.

Prosa & poësie | 0 kommentare

LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!!

Wed, 11 March 1998 00:00

Is julle reg vir die Suid Afrikaanse braai ?
Welkom!
Dit is nou 'n goeie ou braai wat deur een van die NP se ou
regeringsdepartemente aangebied word.
(Die wonderlike ou regering met sulke eerbare mense soos PW,PIK ens).
Kom staan om die vuur en dan leer mens hoe om met ouens te maak wat dit
durf waag het om die NP se beleid teen te staan.

Opgedra aan al die mense wat gedurig sanik oor hoe wonderlik
die ou regering was en hoe sleg die nuwe is:

M&G 9/3/98: FORMER Vlakplaas police hit
squad killer Joe Mamasela told the Truth and
Reconciliation Commission amnesty committee in
Port Elizabeth on Monday how the three members
of the Port Elizabeth Black Civics
Organisation who disappeared in 1985 were
interrogated, tortured and systematically
beaten to death by a gang of policemen, as
others watched while having drinks around a
braai.
Speaking at the amnesty hearing of seven Port
Elizabeth security policemen and Askari Peter
Mogoai, who are applying for amnesty for
murdering the Pebco Three, Mamasela described
how he and a group of policemen, abducted the
three at Port Elizabeth airport and drove them
out to a derelict police station near Cradock.
"A braaivleis was then started. I knew then
that the interrogation would start because
interrogations take place with a braaivleis,"
Mamasela said.
After all three were beaten, Warrant Officer
Johannes Koole jumped on Sipho Hashe's chest
and, like a "vicious bull terrier", strangled
him to death. Champion Galela was viciously
assaulted with a steel pipe and had his
testicles squeezed, "until they were the size
of golf balls", and then punched.
"This was the most brutal thing I've ever
witnessed," Mamasela said. Galela died from
his injuries.
Qaqawuli Godolozi survived one more night
sleeping next to his dead comrades' bodies
after he claimed he worked for the National
Intelligence Service. He was beaten to death
the next day and the three bodies were thrown
on a pile of horse manure, Mamasela said.

Groete.
Hoop julle vergeet nooit hoe "wonderlik" die ou regering was nie.

Koeitjies & kalfies | 62 kommentare

Re: Rob McBride proves Nelson Wrong

Wed, 11 March 1998 00:00

Mafuta Sefebe:

> is a good example of the tribe from SHAKA zulu (who jumped over his
> brother's dead body in order to be chief) to minister of health in a first
> world.

Ek was nog altyd onder die indruk dat Dingaan oor Shaka se liggaam gespring
het, maar dis goed om te sien met tyd kom nuwe kennis en insigte. Nou moet
ek nog net hoor dat Retief vir Dingaan vermoor het...

Goete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Afrikaner ?

Tue, 10 March 1998 00:00

Hier is hoeveel - 15 /20 mense wat hier deelneem aan die NG ...O Ja en
natuurlik die verskynsel ( Gloudina ) , almal sogenaamde Afrikaners ( en
die verskynsel ) en hier is meer as 50 opinies !

Is dit nou nie die beste aanduiding van ons probleem nie? Al sedert Van
Riebeeck (Nederlander - ek weet dit so moet asb. nie die stelling as
vertrekpunt gebruik nie) kon ons mense nog nooit saamstem of saamstaan nie.
Al stem meeste van ons in ons harte saam oor 'n ding, sal ons steeds en
vierkantig (hardegat) volhard by 'n vorige stelling deur ons gemaak of idee
of konsepsie omdat ons miskien:-

1) Te hardegat is
2) Te slapgat is
3) Te vol gate is
4) Te veel deur ons gate praat
5) Net met ons "gat" praat ....Gloudina?

Kom ons kyk of ons minstens 2 (selfs 3 sal goed wees) groepe kan vorm hier
wat saamstem, en sodoende die ander "aanvat" en kyk na goed en sleg, mooi en
lelik, lekker en nie-so-lekker en erens kan kom nie - magtig as ons tussen
15 so stry is dit geen wonder dat ons nou sit waar ons sit nie.

Ons almal (behalwe miskien Gloudina) het darem groot geword en gelewe in SA,
ons het nie net slegte ondervindinge gehad nie ( behalwe Gloudina) en ons
sien en ervaar SA daagliks (behalwe Gloudina). Ons kan praat oor goeie tye
(behalwe Gloudina...die verskynsel (s?) kry ek jammer ...glo ook seker nog
dat seks net daar is as jy moet / kan voortplant ) oor probleme en nog meer
belangrik oor oplossings.

As die oplossing is dat ons 'n BETER LEWE sal he^ in Kanada (behalwe
Gloudina - shame!) , VSA, Australie of waar ookal - is dit goed en wel - AL
ons voorvaders het immers diesefde gevoel !!!!! As die oplossing vir die wat
nie 'n beter lewe vir kind en nageslag kan kry in die buiteland nie, is om
in SA te bly en vrede te maak met hulle posisie dan is dit goed so - maar om
nou skielik "martie martelgat" te trek en op jou kniee te val en vir almal
jammer te se ( so terwyl hulle jou vrou of buurvrou verkrag of jou motor
steel) dan is dit ook goed so vir hulle. Dis die realiteit van lewe in
Afrika (of nie) - ek kom terug na die punt hier - kom ons soek oplossings en
"gesels" saam daaroor en redeneer sinvol (jammer Gloudina...) om so te sit
en kak ('n goeie Afrikaanse woord..) te praat en te stry oor nonsens beteken
niks. Kyk net na ons "leiers" van die verlede ...baklei oor nonsens en kyk
waar het dit ons gebring.

So terloops Gloudina Gen. De Wet & Smuts - ek is 'n verraaier ???
Ongelooflik om dit uit jou "mond" te hoor !! Is hulle nie ook varke nie
...lyk my jy ken nie die geskiedenis van SA nie !

Ek dwaal af.. maar Gloudina het nou maar die vermoee om dit te doen aan 'n
mens !

Ek voel voorlopig dat daar minstens 5 van die mense hier oor die algemeen
met my saamstem en ek met hulle, dan is daar so paar ander (radikaal
jammer-ek-leef "Afrikaners), so paar absolute dwarstrekkers (nog altyd ne^)
en dan ...Gloudina ! (ek is seker ons almal geniet die ou suurpruim, maar
die ding se steliings is absurd - en het sy al OOIT direk en reguit
geantwoord op enige vraag bv. wat het sy gedoen, hoekom is sy steeds in
Kanada as sy SO LIEF is vir SA ens...)

Sien julle kans daarvoor?

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

tipies afrikaner

Mon, 09 March 1998 00:00

As ek die boodskappe in die nuusgroep lees, kan ek nie anders om te dink
dat dit tipies is hoe die afrikaners is nie, nog steeds die mentaliteit wat
gemaak het dat gewone mense nou moet betaal vir n sekere elite groep se
sondes

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1434  1435  1436  1437  1438  1439  1440  1441  1442  1443  1444  1445  1446  1447  1448  1449    »]
Tyd nou: Sun Jan 12 15:39:58 UTC 2025