Ek het nou die dag 'n interesante idiologie gehoor. (Is idiologie die regte
woord vir dit wat ek nou gaan beskryf?)
Die idee is dat SA se probleem le by die fyt dat 3/4 van die SA se swart
bevolking (wat swart heugdiges is) almal in die tyd van die "STRUGLE"
gebore is. Die manne het almel grootgeword met pa's en ma's wat heeldag en
aldag besig was met bom plant en dood maak as deel van hulle "handewerk"
aan die "strugle". Die outjies is almal nou al half oud genoeg om vir hulle
self te sorg.
Die probleem le egter daarin dat al wat hulle weet wat om te doen, is om te
skiet en te moor. Hy het net geen ander ervaring van die wereld gehad om
anders oor die saak te voel nie.
Die outjie is dan natuurlik die een wat 'n man sal dood skiet (veral as die
slagoffer wit is) vir 'n stukkie brood of R10. Vir hom is nog net een lewe
op 'n kerfstok van by die 100 nie 'n groot gewetens probleem nie.
Ek meen, vra jy enige man wat in IRAQ of so 'n plek 'n vyand te midde van
'n vurige skermitseling gedood het, of hy iets gevoel het, is ek seker hy
sal se dit is nie dieselfde as wanneer jy die ou op 'n ander geleenheid sou
dood nie.
Dus:
- Die outjies moet nog meer grootword
- Hulle sal ongeveer oor 10 na 20 jaar bedaar wanner die grys hare op die
koppies begin wys
- Die nuwe generasie van beide wit en swart sal meer vredeliewend wees
- Hoe meer verstandhoudings tussen rasse ontwikkel, hoe meer sal die spoed
van versoening toeneem...
Ons wat uit die gesellige laelande padgegee het
uit die dampkring van die herbergiers
- ons skepe vaamloos oor die see
Ons wat die oortog gemaak het
en onder die kantelende kruismas snags verbysterd
die sterre sien stroom het
Ons wat op 'n nuwe kontinent gewag het
en dit toe self kon werf -
Hier op die strand vol blouklip en suring staan ons
huisloos soos klipvolk soos die blootste strandmens
van die nuwe domein.
Hoor julle hoe huil die jakkals ons aankomslied?
Bou nou vir my die skerm:
skerm wat ook nooit die koue
van ons nuwe vaderland sal afkeer nie -
Hier waar ons intrek by die swart klippers
en die geradbraakte bome,
en maak ons toe met wolkies, wolkies,
want vannag sal dit oor ons ontblote liggaam dou.
Idiome - is hulle nie wonderlik nie? Ultra-kort gediggies, as't ware,
behalwe dat hulle nie in boeke, maar in ons monde leef.
Ek sou graag 'n hele versameling van idiome op my hardeskyf wou hê, sodat
ek hulle een vir een kan uithaal en soos blokkies biltong vir 'n dag op 'n
slag kan kou.
Hoe nou gedaan om die uitruil en versamel van idiome maklik te maak?
Hoe kan ons die kaf van die koring skei?
Met die bogenoemde in ag genome, stel ek volgende reëls voor:
1. Een idioom per boodskap (of wat is die Afrikaans vir "posting"?)
2. Begin die titel van die boodskap met "Idioom:" gevolg deur enige
woord uit die idioom. Dit sal verwarring voorkom, en maak alfabetiese
sorteer makliker.
3. Begin die boodskap met die idioom
4. 'n Verduideliking in soveel tale as wat tot jou beskikking is, kan
die pittigheid Afrikaans vir meer mense toeganklik maak.
5. Gee een of twee voorbeelde, asook 'n klein storie, as verduideliking
van die betekenis of oorsprong saam.
6. Teken gerus met jou naam, of gee dan een of ander verwysing.
7. Vermy afjak en politiek.
Natuurlik is hierdie voorstelle, net soos enige reëls op die internet,
net so kragtig as wat die gebruikers dit maak.
Wie in glashuise woon, moet nie klippe gooi nie.
Die pot verwyt die ketel.
Jy sal jou broek vinniger op 'n stok dra as wat jy dink.
Moet nie 'n gegewe perd in die bek kyk nie.
Pluk 'n lat vir jou eie gat.
As die kat dik is , is die muis bitter.
Kak en betaal is die wet van transvaal.
Waar die hart van vol is loop die hart van oor.
Elke skewe pot het 'n deksel
Van bakboord na stuurboord
tong in die kuus(of wat ook al)
Al haar (gloudina) varkies is nie op hok.
Hy het 'n klap van die windmeul weg.
Jy kan nie God en Mammon dien nie.
Jy moet jou gordel in trek
Kla met 'n witbrood onder die arm.
Pyn in die gat. (gloudina)
Jy is my ligstaaltjie. (nie Gloudina nie)
Pis en parafien..(die belasting wat die midde ooste betaal is pis en
parafien)
Van die os op die jas.
Dit reën katte en honne.
Ek ken 'n muishond aan sy reuk. (P.W.Botha...rubikon speech of daar rond)
Gebore met 'n goue lepel in die mond.
Gebore en getoë
Soos water op 'n eend se rug
Al dra 'n aap 'n goue ring bly hy steeds 'n lelike ding.
Jy kan 'n perd tot by die water bring maan jy kan hom nie maak drink nie.
Die appel val nie ver van die boom
Wis die probleem uit met wortel en tak.
Die Wortel van ale kwaad.
Buig die boompie terwyl hy jonk is.
Slim vang sy baas
Jy het die perd nou dik litte gery.(jy het dit oordoen)
Kla soos 'n tannie met 'n nat broek op 'n kerkbazaar (Gloudina)
Ander plein afrikaanse sinne (oorspronklik)
Eendag lag jy en ander dag kak jy.
Daai ou praat hier en slaan daar. (Mafia)
Ek sal jou opvreet vir brekfis.
Moet nie jou tiete vir my uithang nie. (moet my nie verlei nie) {J.A
Potgieter}
| > Toemaar Gloudina, moenie sleg voel oor war jy groot geword het nie - ek het
| > al vir jou gesê om jou terapeut te vra om aan jou selfbeeld te werk.
|
|
| Wel, Nico, siedaar. 'n Mens
| stel vir jou 'n lokval en jy
| loop dom en blindelings daarin.
| Jy verklaar dus dat enige
| maatskappy ('n archaisme wat nie eintlik meer in Afrikaans gebruik word nie)
| wat NIE skelwoorde
| soos "jou moer" gebruik nie,
| agterlik is?
Hoe kry jy die kat so aan die stert beet? (Die idioom is vir Gloudina wat
nie 'n redenasie kan volg nie - seker al te lank nie Afrikaans gebruik nie
- nou kry sy so maklik die kat aan die stert beet)
Nee, Gloudina, dis nie wat ek gesê het nie. As jy wilde afleidings wil
maak, gebruik die bietjie gesonde verstand wat jy nog mag oorhê
In watter omgewing
| het jy grootgeword waar hierdie
| soort woorde aanneemlik was?
Het dit in die weermag en universiteit opgetel, en dit sê BAIE lekker.
Voorbeeld: Die meeste lesers op enige openbare nuusgroep op die internet
neem nie aktief deel nie, maar dan is daar 'n paar wat so stil soos 'n
landmyn is: Hulle sê niks nie, totdat iemand hulle op een of ander wyse
aktiveer.
| Voorbeeld: Die meeste lesers op enige openbare nuusgroep op die internet
| neem nie aktief deel nie, maar dan is daar 'n paar wat so stil soos 'n
| landmyn is: Hulle sê niks nie, totdat iemand hulle op een of ander wyse
| aktiveer.
|
| Stefan Harms
|
Terwyl ek nou die dag deur ons “Dictionary
of South African English” blaai, kom ek op die
volgende af:
“crunchie” (slang) Offensive mode of reference
to an Afrikaner.
Een van die voorbeelde van die woord wat hulle
gee, kom uit ‘n David Kramer lied:
“Call me a crunchie,
And I’ll take jou outside,
I’ll show you just how,
the crunch is applied,
Then you’ll keep .... tjoepstil.
Volgens die woordeboek is die ander pejoratiewe
woorde vir ‘n Afrikaner “ hairyback” en “rockspider.”
Nouja, ek kan nie sê dat ek ooit met enige van hierdie
woorde in aanraking gekom het nie, maar ek kan tog
sien waar dit moontlik vandaan kan kom. Maar
“crunchie” slaan my heeltemal dronk. Vir my het die
woord net assosiasies met ‘n soort sjokolade. (Ek
vergeet nou of die sjokolade hier of in SA te vinde is.)
Is daar enigiemand wat vir my kan verduidelik waarin
hier woord sy oorsprong het?