Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

" skaweduwee" deur BREYTEN BREYTENBACH

Wo., 08 April 1998 00:00

2.9 (SKAWEDUWEE)
Breyten Breytenbach

In die nanag is die maan
se haartjies koud
die witrot het gaatjies
in die sluier geknaag

kom na my tuin
waar die donkerrooi rose
ruik na die donkerste
sweetplek van vroue

a, my beminde
waar is die balkon wat loop
na jou kamer
watter huis is gebou
om die binnehoof van jou slaap

die nag is 'n voël
bo die berg van my hart
maar die sneeu is skaduwees
wit op die maan

die sneeu die wyn
die rose en die wind
die nagwitte snare van my lied
die nanag verf my oë blind

Prosa & poësie | 0 kommentare

SA na Kanada, hoe gemaak?

Wo., 08 April 1998 00:00

Goeienaand almal,

Imand hier wat my dalk kan help...

Ek is jonk, is 'n programmeerder by 'n plek in Midrand. My planne is om in Kanada te gaan wrk vir so jaar of twee.

Iemand hier idees van watse plek die meeste moontlikhede vir wrk het vir my?? En die stad/dorp moet sentraal wees synde ek nie van plan is om naweke tuis te wees nie...

Is dit 'n helse proses om 'n visa te kry Kanada toe???

Dankie!!
Mike Erasmus

--> Brought to you by World News (Amiga) v0.85

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Hoekom?

Wo., 08 April 1998 00:00

Soos dinge deesdae gaan, sit mens mos maar met verskillende teenoorgestelde
gevoelens en gedagtes in 'n mens se kop. Nou het ek maar 'n lysie opgestel
met redes hoekom ek die land wil verlaat en hoekom nie. Ek sal dit waardeer
as julle maar so-by-so kan aanlas dat ons sien hoekom mense wil en nie wil
nie.

Hoekom ek die land wil verlaat
* 'n Opvoeding vir my kinders
* 'n Loopbaan vir my kinders
* 'n Pensioen vir my en my vrou
* 'n Geleentheid vir my vrou om te werk in die beroep waarin sy opgelei is of
miskien 'n geleentheid vir haar om iets anders te doen
* Dr Zuma
* Sibusisu Bengu
* Aag - wat die hel - Suid-Afrikaanse Politici
* Vryheidsvegters wat nie kan besluit of die stryd verby is, aangaan of nou
eers begin nie
* Maniakke in Taxi's
* Maniakke in BMW's
* Die radio in my motor bly myne
* Die verhoogde kans dat ek by die huis sal aankom en meeste van my meubels
is nog daar
* Die Staalhek aan my voordeur
* Die alarm, immobilizer, Tracker (Ek dink daar is kopiereg op die naam) in
my motor.
* Die Skietvoorvalle by die Waterfront
* My vriende wat al gesterf het in misdaad (wanneer is dit my familie se
beurt?)
* Die vernietiging van armoede deur die vernietiging van welvaart (as daar
nie rykes is nie is daar nie armes nie)
* SABC1,2,3
* MNet
* My Skoonfamilie
* Louis Luyt
* Die NSC
* Afrikaanse "kontemporêre" (lees kommersieel) musieksmaak ( soos Worsie
Visser, Francois Hayes, Rina Hugo et establishment al)
* Die Huisgenoot
* Bike SA
* Radio Sonder Grense

Hoekom ek nie die land wil verlaat nie
* Braaivleis
* Biltong
* Rugby
* Krieket
* Rugby en Krieket op Nuweland
* My Stiefpa se KWV kwota
* My familie
* My vriende
* Die Kaapse strande
* Die Berg
* Springbokke
* Weskuskreef
* Die nuwe Afrikaanse musiek
* KKNK
* Kaktus op die Vlaktes
* Sabie, Hazyview, Graskop
* Gratis publieke toilette
* Punt Radio
* Better the Devil you know...

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Re: Hoekom?

Di., 07 April 1998 00:00

Gideon....@CALTEX.CO.ZA wrote:

> Ek sal dit waardeer
> as julle maar so-by-so kan aanlas dat ons sien hoekom mense wil en nie wil
> nie.

> Hoekom ek die land wil verlaat

* My jong familielid wat gesterf het
* My buurvrou wat keelaf gesny is
* Omdat my een oor by die voordeur luister en my ander oor by die
agterdeur luister, as ek net rustig wil slaap na 'n dag se werk.
*Omdat daar biltong in Oz is
*Omdat daar ook oulike mense in ander lande bly
* Omdat ek kan braaivleis hou in Oz
* Omdat ek lekker Kaapse wyn kan koop in ander lande
* Daar ook gratis skoon toilette in Oz is

> Hoekom ek nie die land wil verlaat nie

* Omdat ek moet skoonmaak waar ek gemors het
*Omdat my kinders moet skoonmaak waar hulle gemors het
* Ek dalk my eie hemp moet stryk, gras moet sny....
* Omdat die 'land verlaat' idee 'n obsessie moet wees, anders kry ek
dit nie reg
* My vrou verwyt my dalk
* My man verwyt my dalk
* My kind verwyt my dalk

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrika-dag

Di., 07 April 1998 00:00

Afrika-dag

Die ruwe tekstuur van die langhoringosse
Die wuiwende maanhaar van boere se rosse
Dansende skilde Nguni se mag
Dit alles was deel van die Afrika-dag

Apartheid en dwaasheid en myne en skagte
Hande met wapens beheer van gedagte
Blitsende lemme 'n dodelike slag
Dit alles was deel van die Afrika-dag

Ek is 'n kind van die son en die reën
Afrika se ritme in die murg van my been
Sestien geslagte lê my wortels in dié land
Afrika se stof is vasgemessel in my gees

Noorde en Suide en Ooste en Weste
Afrika Asië, Europa se reste
Eeue se lyding bevryding se krag
Dit alles is deel van die Afrika-dag

Voorspoed en teespoed en swaar stormwolke
Briesende massas en malende kolke
Wuiwende velde uitbundige lag
Dit alles is deel van die Afrika-dag

Ek is 'n kind van die son en die reën
Afrika se ritme in die murg van my been
Sestien geslagte lê my wortels in dié land
Afrika se stof is vasgemessel in my gees

© Gideon van Zyl - 1998

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: SSSSSSSSSSSSSSSS

Ma., 06 April 1998 00:00

In article , ryk...@tn.co.za says...
>
> XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX
> XXXXXXXXXXXXXXX
> XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX

Johanna,

Word wakker ! Moenie op jou kie-bord slaap nie.

Hjalmar
________

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Lewendige radio uitsending in Afrikaans.

Ma., 06 April 1998 00:00

Luister na die lewendige uitsendings van Radio Hoogland in Bloemfontein op
die Net !

http://studbook.co.za/hoogland/afrikaans/hlindeks.html

Die kwaliteit is perfek en die musiek baie goed - en die aanbieders gesels
in Afrikaans :-).
Hilda Hellin.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Tourist to SA

Vr., 03 April 1998 00:00

Of net 10 minute in Jhb se middestad .....
--
Net Nico ...

Dms wrote in article
...
| What is the difference between a tourist and a racist?
| 3 days.
|

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

As SARVU swig

Do., 02 April 1998 00:00

As SARVU moet swig onder die huidige onregmatige druk sou dit beteken dat
ons regstaat van korte duur was en dat dit vervang is deur "mob rule".

SARVU het sy reg uitgeoefen om die regmatigheid van 'n regeringshandeling in
'n hof te laat toets.

Dit blyk toe dat die handeling miskien nie so regmatig was nie. Dit blyk ook
dat die getuienis wat die president van die land gelewer het miskien nie so
betroubaar is nie.

Die hof sal binnekort moet uitspraak lewer oor die betroubaarheid van die
getuienis wat die president gelewer het. Maar dit is ter sake dat dit
wesenlik dieselfde ding was wat Nixon tot 'n val gebring het - en wat
Clinton se situasie bedreig.

Die reaksie van die "mob" is om die stuipe te kry omdat die president se
optrede enigsins in 'n hof bevraagteken is. Nou word SARVU se bestuur
afgedreig om te bedank en, let wel, die hofsaak terug te trek. Want die
enigste manier om te verhoed dat daar nou uitspraak gelewer word oor die
president se getuienis, is as die klaer die klag terugtrek, en die hofsaak
geskrap word. En let wel: die agbare minister van sport sê sy steun toe aan
die "mob".

SARVU se teenstanders beweer aanmekaar dat hy die ondersoek oor sy
bedrywighede onbelemmerd sal laat voortgaan as hy niks het om weg te steek
nie.

Die omgekeerde lyk my nog meer waar - SARVU se teenstanders sal sy hofsaak
onbelemmerd laat voortgaan om die regmatigheid van hulle optrede te toets as
hulle niks het om voor skaam te wees nie.

As SARVU moet swig in hierdie saak, sal dit beteken dat ons handves van
fundamentele regte 'n klug geword het omdat die regering wat die plig het om
dit te handhaaf nie die wil het om dit te doen nie.

Dit sal ons sit net waar ons was voor 1994. Miskien erger.

_Dit_ dink ek, sal miskien 'n aanduiding wees dat dit tyd is om een van twee
dinge te doen: om te emigreer of om met groot haas 'n onafhanklike volkstaat
af te stig.

Leendert

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Kennis op voetsoolvlak

Do., 02 April 1998 00:00

Nico wrote in message ...

>
> | >Moenie my verkeerd verstaan nie - ek is baie ernstig as ek sê ek sal
> graag
> | >wil sien dat "misbruikte gemeenskappe" regoor die wereld meer op hulle
> eie
> | >regte moet staan.
> |
> | Goed.
> |
> | Maar doen jy iets daaromtrent? Die Skrif maan ons per slot van rekening
> om
> | te "bid en werk". Gebed, hoe vroom ookal, is nie voldoende nie.
>
> Gee asb weer vir my 'n paar voorbeelde.
>
> Al die res wat jy sê is baie mooi en ek kan nie baie fout vind nie.
> Ek dink net egter daar is iets nie reg aan 'n ewigdurende bekhand hou van
> een bevolkkingsgroep teenoor 'n ander nie - is dit nie juis dit wat die
> swartman in Sa se menswaardigheid ondermyn nie? Sal hy nie homself eers op
> gelyke voet met sy blanke landgenote kan stel as hy moue oprol en werk en
> ophou bakhand staan nie.
> Ek weet hierdie is "sweeping statements", maar ek dink die doelbewuste
> veralgemening is waar.

Kom ek gee 'n voorbeeld:

Op Vryburg bring 'n halfdosyn opstandige swart leerlinge die hoërskool tot
stilstand. In die proses word die swart woongebied amper afgebrand, en koeëls
vlieg. Die hele land is in rep en roer daaroor, en Mandela is maar die
soveelste politikus en "kundige" wat die plek besoek om die ding nog meer
prominent te maak. Die wittes in die skool is "rassiste" en die swart
leerlinge is "ongedissiplineerd".

Swartes maak ongeveer 25% van die leerlinge uit. Daar is nie een swart
verteenwoordiger op die bestuursraad nie, ten spyte daarvan dat die wart
ouers en leerlinge se getalle voldoende is om te verseker dat hulle
verteenwoordig word - as hulle sou deelneem aan die verkiesing van die
bestuursraad.

Maar "swart ouers is nie betrokke by die onderwys van hul kinders nie". Die
minister van onderwys sê self so, en die swart ouers wat ek ken sê dit ook.
Swart leerlinge in Vryburg het geweier dat die owerheid met hul ouers
praat - "ons ouers is onopgevoed", het hulle gesê. "Ons sal vir onsself
praat".

Dit is 'n wesenlike probleem - die tempo van verandering in die swart
gemeenskappe is so vinnig dat die generasiegaping besonder groot is. Dit
ontmagtig die ouers wat self miskien net 'n paar jaar op skool was - dikwels
nie lank genoeg om volhoubare geletterdheid te vestig nie. (Maar dis
nonsens, wat gevoed word deur politieke maghebbers, burokrate en
onderwyservakbonde. Ongeletterde mense is selde oningelig, maar hulle word
vreeslik maklik ge-intimideer. Mense wat halfgeskool is leer teen 'n veel
vinniger tempo as hul kinders - mits hulle betrek word by die onderwys van
die kinders. Kinders se prestasie op skool hou direk verband met die mate
waartoe die ouers by hul leerwerk betrokke is, ongeag die skoolvlak wat die
ouers self bereik het.)

Maar dis nie al nie. 'n Swart ouer wat ek ken ('n Christen) stel dit so:
Vroeër jare moes swart ouers hul kinders vir die sendelinge gee om gekersten
te word as hulle wou hê die kinders moet leer. Later moes hulle hulle vir
Bantu Education gee. Nou moet hulle hulle vir die ANC gee. Hulle is gewoond
daaraan.

'n Kollega van my wys daarop dat ouers wat hul kinders na inisiasieskole
stuur aanvaar dat "die ou mans" die kinders daar sal leer - hulle mag nie
eens weet wat die kinders daar leer nie. As die kind in die proses sou
sterf, aanvaar ouers dit gelate - dit is die noodlot.

Luthuli wys daarop dat kinders in tradisionele gemeenskappe eintlik maar
deur die gemeenskap opgevoed word - enige volwassene in die dorp het net
soveel reg as 'n ouer om 'n kind te tugtig of tereg te wys.

Dit is algemeen bekend dat baie konservatiewe swart ouers in die stede hul
kinders van skoolgaande ouderdom terugstuur na die stamgebiede om deur die
grootouers grootgegemaak te word - 'n tendens wat in die skole-onrus van die
tagtigerjare toegeneem het.

Beteken dit dat swart ouers nie betrokke is by die onderwys van hul kinders
nie? Ja. Maar wit ouers verskil nie veel nie. In die stadsgebied waar ek
woon kon 8 uit 10 Afrikaanse skole verlede jaar nie 'n kworum kry om 'n
bestuursraad te verkies nie.

Afrikaanse ouers, wat in die vorige eeu van die mees onafhanklike mense was,
is in hierdie eeu ontmagtig tot omtrent dieselfde vlak as swart ouers.

Eers die Tweede Vryheidsoorlog, met die Minlerbeleid van Engelse onderwys
daarna - net enkele ouers was in staat om die CNO-skole te ondersteun.

Toe die depressie, verstedeliking en die armblankevraagstuk. Veral die
kerke, maar ook die onderwysdepartemente het oorgeneem en uiters outokraties
te werk gegaan met kurrikulum, onderwysmetodes, ens - alles met die beste
bedoelings ter wêreld, maar sonder enige ruimte vir teenstand. Vra maar vir
Gloudina hoe outokraties "die Kerk" sy hulpprogramme bestuur het.

Toe "Christelik-Nasionale Onderwys". Die kind moes "deur die Volk gevorm
word". Dit het beteken "kundiges" wat alle besluite oor die onderwys moes
neem. Teen die negentigs kom Piet Marais soos 'n middeleeuse monnik wat
aflaatbriewe verkoop met sy Model C-skole, waar ouers "inspraak" in die
onderwys van hul kinders kon koop! Maar as jy kyk na wat hulle daarvoor
gekry het was dit die reg om gratis arbeid te verskaf vir projekte by die
skool, geld in te samel vir die skool - en miskien om die kleur van die
servette te kies vir die matriekafskeid. Oor die inhoud wat kinders leer en
die metodes waarvolgens hulle leer sou ouers geen sê hê nie - dit was "die
professionele domein" van die onderwyser. Die onderwyser, op sy beurt, was
'n staatsamptenaar wat moes doen soos die department vir hom sê - soos Piet
Marais ook eenkeer beklemtoon het. Dit is die model wat die ANC oorgeneem
het. Hulle minister verklaar trots "alle skole is nou Model C-skole"!

Die enigste gemeenskap waar ouers deur die jare privaatskole in beduidende
getalle onderhou het was die Engelse. Hulle vorm ook die meerderheid van die
ouers wat tans hul kinders tuis onderrig.

Swart en Afrikaanse ouers is min of meer doelbewus ontmagtig sodat die
"staat" (of die stam) beheer kan hê oor die volgende geslag. die paradigma
was nog altyd die paradigma van Loyola: "Gee my 'n kind as hy jonk is". Die
idee dat mens die ouer geslag maar moet "afskryf" en jou hoop vestig op die
kinders wat jy na jou hand kan grootmaak. Die _kinders_ sal hopelik
waardering hê vir jou "kennis uit amerika". Maar al wat gebeur is dat jy die
een geslag na die ander afskryf. En elke geslag is meer ontredderd as die
vorige.

Daar is baie mense wat beweer dat die belhamels onder die swart leerlinge in
Vryheid gemanipuleer word deur politici om die politieke doelwitte van die
politici te bereik. Die nuwe premier van Gauteng het, in sy premiersrede in
Februarie teenoor die opposisiepartye gedreig "ek sal julle kinders van
julle vervreem".

Nou kan mens in Afrikapessimisme jou hande saamslaan en weën. Of jy kan jou
hande uit jou moue steek en ouers begin mobiliseer om hul selfbeeld terug te
eis van die magtiges, die kundiges en die kinders wat hulle daarvan beroof
het.

Slegs as dit gebeur sal gesinne en gemeenskappe daarin slaag om ook die
verandering van hul omgewing te begin bestuur in plaas daarvan om willoos
aan die neus gelei te word en te wag vir die volgende Clinton wat aalmoese
uitdeel.

En jy moet sien hoe gou ouers begin charge vat as jy vir hulle verduidelik
dat 'n kind tot en met sy sesde lewensjaar meer leer as in die res van sy
lewe saam - en dit onder die beheer van sy "onbevoegde" ouers. Dit is
"kennis uit Amerika". Maar as jy hulle deur 'n proses vat met hierdie
kennis, en dit koppel aan hul eie ervaring, moet jy sien hoe vinnig hulle
die waarheid daarvan insien.

Maar dit vereis betrokkenheid. "Bid en hoop" is nie genoeg nie.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1422  1423  1424  1425  1426  1427  1428  1429  1430  1431  1432  1433  1434  1435  1436  1437    »]
Tyd nou: Do. Sep. 17 05:04:51 UTC 2026