"Frikkie Potgieter" writes: >
>
> Leendert, dankie vir die reguit antwoord wat jy vir my gee....
> Laat ek dit so stel, as izwe of Banzi wel blank is het ek werklik geen
> begeerte om hom te ontmoet nie, want dis hulle soort wat dieselfde is as
> P.W. Bothe, Constant Viljoen en F.W. De Klerk....
> Dis goed dat jy name noem, want dis ten einde `n opregte en reguit man wat
> ek mee gesels, en hulle name kom net soos Gloudina sin op my lysie wat ek
> glad nie sal antwoord nie, want elke persoon het tog maar sy trots of hoe,
> en ek argumenteer nie met iemand wat nie bestaan nie....
Jy sien, ou Frikkie, in hierdie kubereeu
word mense soos jy so deurmekaar gemaak
deur die nuwe werklikhede van die laat
twintigste eeu, dat julle opruk in Bop
in met julle monde en dan julle komoppens
kry wanneer julle die harde werklikheid
in die gesig moet staar.
En ek vra weer: HOEKOM gebruik jy nie
Afrikaans in jou e-posadres nie. Of staan
jy en jou groep nou vir 'n enkel Engelse
taalbeleid in SA? Die Afrikaanse woord
vir "freedom" is "vryheid", ou Frikkie.
> Wat die AWB betref is ek `n offisier en sal so bly tot die dag wat hulle
> ontbind, want gee my nog net een Politieke party ongeag hulle sienswyse wat
> vir hierdie korrupte en tronkvoel regering `n weerstand bied, en jy sal nie
> een kry nie...
> Onthou wat Siener Van Rensburg gesê het... Ons sal hulle nog terugjaag tot
> by die Ewenaar en dit kom so gou in die nag dat die vrouens nie eens tyd het
> om hulle gordyne toe te trek nie, en hy was nog al;tyd reg, en as jy op die
> oomblik na Moorde op plaasboere kyk en die 3de mag wat opereer, dan sien ek
> hierdie visioen nie vér nie. Ek sê nie dis die AWB wat hulle gaan terugjaag
> nie, maar `n blanke vat ook net soveel en nie meer nie..
Die laaste man wat vir my vertel het
wat Siener van Rensburg gesê het
(dat die eerste president van die
nuwe SA 'n bruin baadjie sal dra)
was Jaap Strydom, wat gehelp het
om die opstande van 1976 te veroorsaak.
Nou Jaap het altyd gesê hy hou 'n
bruin baadjie in sy kas aan, just in
case. En ek sou my nie verbaas het
as hy werklik gedink het dat hy 'n
kans het om president te word nie.
Maar nou wonder ek, het Siener van
Rensburg nie gepraat van die werklike
nuwe SA nie. Het Siener van Rensburg
nie die dag van reg en geregtigheid
gesien wat in die negentigerjare in
SA gedaag het nie?
Gloudina Bouwer
>>
>> Want ek sou dit 'n verleentheid vind as iemand namens my die soort dinge
>> plaas wat jy hier plaas - en die taal "verbruik" soos jy dit doen. Jy sien,
>> my indruk is dat daar veel van die BOS is in die bydraes wat jy hier maak.
>
>
> As iemand `n berig in my naam plaas, sal ek eenvoudig net verskoning vra en
> verder aangaan, en defnatief nie die taal gebruik wat in die brief gebruik
> is nie.
> Dis hoekom ek sê die bos is nog in hom, want hy kan nie sulke dinge hanteer
> nie, en as iemand onder jou naam skryf, dan as daar ook niks wat jy daaraan
> kan doen nie.
>
>> Maar as hy nonsens praat moet hy ook bereid wees om die pyn te vat. Net
> soos
>> ek of jy.
>
>
> Dis presies wat ek in die vorige paragraaf gesê het.
>
> Vriendelike groete
> Frikkie Potgieter
>
Die lente is nou uiteindelik werklik hier.
Op die Eksperimentele Plaas, wat hier in Ottawa
in die middel van die dorp op die walle van die
Rideau-rivier is, het ons gister Japannese magnolias
gesien. Hulle is groot en losserig en daar is geen
groen blare in sig nie, net 'n massa wit. Die rooi
magnolias wat wild groei in die Suidelike VSA is
nog nie hier uit nie. Die kersieblomme is nog nie
uit nie. Die crabapple-lanings se pienk is nog nie
daar nie. Die tulpe is hier en daar al mooi. Oral op
die parkweg langs die rivier staan daar plate affodille
en narsings wat oorspronklik daar geplant is, maar
nou wild groei.
Die botseltjies is al liggroen op al die bladwissel-
ende bome. Maar as jy so ry, dan sien jy orals die
arme bome wat so vermink was in die ysstorm wat so
drie maande gelede soveel verwoesting hier veroorsaak
het. Oostelike Ontario en Westelike Quebec het 'n swaar
paar maande agter die rug. Daar was uitsonderlike erg
vloede orals, as gevolg van die feit dat die vroeër as
gewoonlik warmer weer die sneeu te vinnig en te vroeg
laat smelt het. Nou is die ergste van die waterskade
gelukkig oor, maar die Ottawa-rivier hier naby ons is nog
baie hoog.
En orals is die voëls aan die verbykom, op pad verder
noord. Ons was so geamuseer toe ons by vriende van ons
buite 'n klein dorpie hier naby kuier, en hulle het twee
mallard ducks op hulle swembad. Hulle sê die voëls is
al so gewoond aan hulle dat hulle nie eens wil opvlieg as
mense naby aan hulle kom nie. Nou wonder hulle of die
voëls daar gaan bly vir die hele somer en hulle dus nie
die uitsluitlike gebruik van hulle eie swembad gaan hê
wanneer dit warm genoeg word om te begin swem nie.
@igs.net wrote in message ...
> lou writes:
>>
>> Nou het ek alles gehoor. So dis nou reg om ander mense te onderdruk as
>> jy onderdruk was.
>
> Ou Lou, as 'n Afrikaner wat die
> apartheidsera blykbaar taamlik
> lekker in SA deurleef het, en
> nou nog verskonings maak, dink
> ek dis beter dat jy jou bek nou
> ophou rek oor Hutus en Tutsis
> en Mugabe en Biafra en nog wat.
> JY HET GEEN BEEN OM OP TE STAAN NIE.
Let op hoe die hekstegiek hier werk:
1) Iemand aan wie die etiket "Afrikaner" hang, wat "die apartheidsera
blykbaar taamlik lekker deurleef het" en wat "nou nog verskonings maak" is
nie geregtig op 'n standpunt oor Hutus, Tutsis, Mugabe of Biafra nie.
2) Let veral daarop dat die operatiewe element die een is van "nou nog
verkonings maak". 'n Afrikaner mag dus nie standpunte huldig wat van
Gloudina s'n verskil nie.
> Maar selfs in Zimbabwe is die einde nog
> nie in sig nie. Volgens een koerant hier
> is een-derde van Zimbabwe bos waar net
> diere lewe, een-derde word bevolk deur
> die nie-blanke bevolking, en die ander
> een-derde bevat die omtrent 4000 plase
> waarop die meestal wit boere bly.
En raai watter derde voed die volk van Zimbabwe volgens die wêreldbank?
> Waar
> is die reg en geregtigheid daar. Hoelank
> moet die swart bevolking nog wag vir hul
> regmatige porsie van hulle eie land.
Hulle besit die _hele_ land, Gloudina! Soos die wêreldbank hulle op gewys
het, moet hulle net goeie rentmeesters daarvan wees, en goed wees vir die
handjievol boere wat verhoed dat die res van hulle met ingevoerde kos gevoed
moet word.
Soos Stalinistiese Rusland, wie se grondverdelingsbeleid jy klaarblyklik
hier verkondig.
En nou word die hekse uitgewys:
> En
> wat word in SA gedoen om hierdie onbalans
> reg te stel. Hoop Derek Hanekom doen sy
> werk.
En wat sou dit wees, Gloudina? Vermoor en verjaag die Kulakke?
lou wrote in message ...
> Nico wrote:
>> Kom ons probeer eerder weer saam positief vorentoe, Gloudina. Jy het dit
>> erg nodig. Dink net mooi dinge en sê net mooi dinge oor ander mense! Dit
>> gaan so baie help. Want ek is seker jy is eintlik 'n baie mooi mens! Jy
>> moet net die eerste tree op 'n positiewe pad gee.
>>
>> Nico
>
> Jy mors jou tyd Nico - sy word net erger by die dag.
Die rede, lou, is eenvoudig:
Gloudina het net een retoriese tegniek: stereotipering. Die wyse waarop sy
dit aanwend kom neer op haatspraak.
Dit werk soos volg:
Die eerste stap is om die idee te vestig dat daar bepaalde groepe mense is
wat nie oor fundamentele regte beskik nie - dis nou mense soos nazi's,
fasciste, apartheidsvarke. Interessant genoeg, noem sy nooit mense soos
staliniste in hierdie kategorie nie.
Van mense aan wie hierdie etiket van onaanraakbaarheid kleef, mag jy
enigiets beweer, en almal moet dit as die waarheid aanvaar. Sulke mense mag
nie verdedig word nie, en niemand mag glo wat sulke mense sê nie. Hulle is
nie daarop geregtig om gehoor te word nie, en kan desnoods (of verkieslik)
sonder verhoor gemartel en verbrand word. Dis dieselfde tegniek wat hier by
ons rond gebruik word wanneer iemand deur 'n sangoma as 'n "heks" uitgewys
word voordat hulle die necklace kry.
Die tweede stap is dan om een van die etikette van onaanraakbaarheid te hang
aan almal wat nie met jou saamstem nie.
Ek let op dat Windows 95 voorsiening maak vir 'n Afrikaanse keyboard. Weet
iemand dalk waar mens die Afrikaanse layout kan kry? Dit sal handig te pas
kom met letters soos �.. ens.
>> Vorster was so embittered that he refused a visit from PW Botha in hospital,
>> even though he knew he was dying. Vorster forbade the whole cabinet, except
>> Mr Lapa Munnik
>> to attend his funeral and he also refused a state burial. His wishes were
>> ignored and mr
>> PW Botha ordered a huge state funeral which was attended by the whole
>> cabinet, him
>> included.
Let op die hekselaggie!:
> Ha, ha, ha. He He He.
> Dom vet ou ooms wat nie die skrif teen
> die muur kon sien nie.
>
>
> En Leendert, laat ons nou jou opinies oor hierdie
> ou sakies hoor. Vir my lyk dit net na 'n klomp
> dom apartheidsvarke wat onder mekaar baklei.
Eintlik eenvoudig, Gloudina.
Vanoggend op die SABC se program "Monitor" was daar kommentaar op die
gehalte van die joernalistiek rondom 'n geval van 'n boer wat 'n swart kind
doodgery het. Die SABC (let wel) vind feite wat radikaal verskil van die
"feite" wat die Sowetan, en John Kwellane (dis hoe die verslaggewer die
uitgespreek het - sy kon seker nie die klapklank van Qellane bykom nie) in
"The Star" rapporteer (laasgenoemde twee koerante verskil ook drasties in
die "feite" wat hulle opdis, maar toon 100% solidariteit daarin dat hulle
probeer voorgee dat die
boer die kind doelbewus doodgery het (terwyl hy getuies, in die persoon van
swart werkers, in sy voertuig gehad het, nogal!)
Die SABC het Van Zyl Slabbert gevra om kommentaar te lewer op die verskynsel
dat joernaliste bereid is om hul bloot te stel aan lasterklagte ten einde 'n
politieke persepsie te skep - (in hierdie geval, nog 'n poging om die boer
in die media te verhoor ten einde wat oor is van objektiewe regspleging te
vernietig, sodat die howe die uitsprake sal gee wat die people wil hê.)
Van Zyl Slabbert se oordeel kom daarop neer dat die feite van die saak nie
eintlik ter sake is nie - politieke stemmingmakery is die werklike vlak
waarop die beriggewing beweeg. Dit gaan dus daaroor om die hekse in die SA
samelewing uit te wys - en uit te dryf!
Ons het natuurlik net hierdie week ook so 'n voorbeeld op hierdie nuusgroep
gesien met die stukkie "Die ware PW" wat Sizwe geplaas het, en wat
Onrusstoker (en jy waarskynlik ook) met graagte gesluk het.
Van Zyl Slabbert is verder van oordeel dat die meeste koerante tussen 1994
en 1996 probeer het om redelik by die feite te hou, terwille van versoening,
maar dat hulle in die afgelope twee jaar weer polariserend te werk gaan,
deur berigte soos hierdie te skryf wat hul lesers wil lees.
Die soort ding wat "frikkie" hier plaas kan jy lees in 'n boek
"Volksverraad" wat enkele maande gelede die onderwerp van 'n lastersaak was,
en wat die skrywer 'n groot klomp geld gekos het nadat hy die saak verloor
het.
Nou is dit so dat die toegewyde lesers van Sowetan en The Star die
lasterlike weergawes van die dood van die swart dogtertjie waarskynlik
sondermeer sal glo - en 'n hofuitspraak wat nie daarmee ooreenstem nie sal
bevraagteken. Insgelyks sal toegewyde lesers van geskrifte soos
"Volksverraad" waarskynlik "frikkie" se bydrae as volkome waar aanvaar. So
ook mense soos jy, wat nie normaalweg daardie tipe literatuur te siene kry
nie, en nie juis kan oordeel oor die geldigheid daarvan nie.
Want soos ons weet, Gloudina, lees jy doelbewus selektief. Jy lees
byvoorbeeld nie eens Die Burger nie, want dit plaas nie genoeg berigte wat
jou vooroordele masseer nie. Hulle mag dalk net feite en perspektiewe plaas
wat jou heksejag mag bemoeilik, nie waar nie?
Soos ek tevore al getoon het, is daar in wese geen verskil tussen jou
benadering en die van jou verregse eweknieë nie. Jy glo ook maar net wat jy
wil glo, en sal met groot gedruis en skelname enigeen aanval wat jou
vooroordele probeer bevraagteken aan die hand van bevestigbare inligting.
Net soos hulle (en die Sowetan en die Star) is jy besig met niks minder en
niks meer as 'n heksejag nie.
My opinie, dus, Gloudina:
Bydraes deur "frikkie" en bydraes deur Gloudina moet maar met dieselfde
kritiese bril ondersoek word.
Uiteindelik: Magic Madiba gee vir ons die gesaghebbende riglyne vir
politieke korrektheid in die NSA!
Let op hoe gebruik Madiba die Magic hekstegniek (sy mees onlangse vrou was
natuurlik 'n meester hiervan, met noodlottige gevolge vir vele onderdruktes,
soos mens uit getuienis voor die heksejagkommissie gesien het):
1) Madiba gooi sy black magic spell deur opposisieparty daarvan te
beskuldig dat hulle "dislojaal" teenoor die land is. In ten minste een geval
gaan hy so ver om te kla dat hulle dislojaal teenoor die _regering_ is!
2) Opposisiepartye (NP, DP) wys daarop dat hulle die regering geen
lojaliteit verskuldig is nie, maar wel (soos dit hoort) lojaal is aan die
grondwet en die bevolking van SA.
3) In sy begrotingstoespraak kom Madiba met ses beginsels vir
Suid-Afrika. Beginsels wat hy uit die grondwet haal, en verklaar dat SA
daarsonder nie kan "suksesvol" wees nie.
4) Madiba verklaar dat enigeen wat nie aan sy "beginsels" getrou is nie,
"dislojaal" is teenoor die land, sy mense, en by implikasie die toekoms.
Baie mooi. Nou word daar 'n objektiewe standaar gestel waaraan die
lojaliteit van opposisiepartye en ander individue en instellings gemeet kan
word. Maar een of twee probleme:
1) Uit die ganse grondwet selekteer hy ses beginsels. Ander mense mag
dalk ses ander selekteer as hulle gevra word. Magic Madiba impliseer dat
sulke mense dislojale hekse is - reg vir die necklace.
2) Ons grondwet, soos alle ander, bevat beginsels en bepalings wat
teenstrydig mag wees, en wat in elke bepaalde situasie teen mekaar opgeweeg
moet word. Selfs die selektiewe ses wat Madiba kies ontkom nie hieraan nie.
Hy impliseer noodwendig daardeur dat iemand wat van hom verskil oor watter
beginsel in 'n bepaalde situasie voorrang moet kry 'n dislojale heks is.
3) Omgekeerd, natuurlik, is die implikasie dat enigeen wat dieselfde ses
beginsels as Magic kies, en wat hulle op dieselfde wyse toepas, 'n goeie
lojale burger is.
Ek kan nog sien hoe Mandela se ses beginsels die ses beginsels van politieke
korrektheid word.
Hoe langer ek hier in die VSA studeer, hoe meer dink ek dat Suid-Afrika
tog nie te sleg is nie. Dis tog snaaks hoe mens eers besef wat jy werklik
het as jy vir 'n rukkie buite jou eie nasionale/etniese konteks moet bly.
Alhoewel ek dit lankal vermoed het, word dit nou eers vir my duidelik dat
Amerika soortgelyke rasse-probleme gehad het....en nog steeds het!