Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Afrika-dag
Afrika-dag [boodskap #13789] Di, 07 April 1998 00:00
Gideon....  is tans af-lyn  Gideon....
Boodskappe: 25
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Afrika-dag

Die ruwe tekstuur van die langhoringosse
Die wuiwende maanhaar van boere se rosse
Dansende skilde Nguni se mag
Dit alles was deel van die Afrika-dag

Apartheid en dwaasheid en myne en skagte
Hande met wapens beheer van gedagte
Blitsende lemme 'n dodelike slag
Dit alles was deel van die Afrika-dag

Ek is 'n kind van die son en die reën
Afrika se ritme in die murg van my been
Sestien geslagte lê my wortels in dié land
Afrika se stof is vasgemessel in my gees

Noorde en Suide en Ooste en Weste
Afrika Asië, Europa se reste
Eeue se lyding bevryding se krag
Dit alles is deel van die Afrika-dag

Voorspoed en teespoed en swaar stormwolke
Briesende massas en malende kolke
Wuiwende velde uitbundige lag
Dit alles is deel van die Afrika-dag

Ek is 'n kind van die son en die reën
Afrika se ritme in die murg van my been
Sestien geslagte lê my wortels in dié land
Afrika se stof is vasgemessel in my gees

© Gideon van Zyl - 1998
Vorige onderwerp: "Villanelle" deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: " skaweduwee" deur BREYTEN BREYTENBACH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 10:14:04 MGT 2024