Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " skaweduwee" deur BREYTEN BREYTENBACH
" skaweduwee" deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #13803] Wo, 08 April 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
2.9 (SKAWEDUWEE)
Breyten Breytenbach

In die nanag is die maan
se haartjies koud
die witrot het gaatjies
in die sluier geknaag

kom na my tuin
waar die donkerrooi rose
ruik na die donkerste
sweetplek van vroue

a, my beminde
waar is die balkon wat loop
na jou kamer
watter huis is gebou
om die binnehoof van jou slaap

die nag is 'n voël
bo die berg van my hart
maar die sneeu is skaduwees
wit op die maan

die sneeu die wyn
die rose en die wind
die nagwitte snare van my lied
die nanag verf my oë blind
Vorige onderwerp: Afrika-dag
Volgende onderwerp: "Lied van die Lente" deur Anna-Marie CONRADIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 11:55:46 MGT 2024